Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige vader, Vredevors" - Jes.9:5
AFRIKANER-LIBERALISME (1)
Lees reeks by Afrikaner-liberalisme
'n Volk wat sy geskiedenis vergeet en die waarde en ideale wat hom deur die geskiedenis gedra het, afsweer, is geen volk meer nie maar het geblus tot 'n massa individue.
DIE LIBERALISME (1)
Prof. P.S. Dreyer
Die woord liberalisme het 'n lang geskiedenis, ook hier in Suid-Afrika. In die Westerse wêreld het die woord oor die algemeen 'n gunstige betekenis. Mense hou van 'n liberale politieke beleid, liberale teologie, liberale beskouing oor sedelike sake en so meer. Selfs die mense wat hulself konserwatief noem, is dikwels teologies en godsdienstig konserwatief, maar polities liberaal. Daarby hoor ons dat in die VSA die Republikeine konserwatief en die Demokrate liberaal is, maar dit lyk asof ons onder die woorde heeltemal iets anders as die Amerikaners verstaan.
Onder ons behoudende Afrikaners het die woord liberaal meesal 'n ongunstige betekenis. Ons hou daarvan om onsself konserwatief te noem. As ons egter nou vir mense vra wat hulle onder liberaal verstaan, sien ons baie gou dat dit vir die meeste mense 'n vae begrip is. Meesal gebruik ons die begrip in die vorm van liberalis: Ons sê iemand is 'n liberalis. Wat is 'n liberalis?
CLINTON OF TRUMP...
...IS DAAR 'N VERSKIL?
Later vanjaar vind die Amerikaanse presidentsverkiesing plaas. Op hierdie stadium lyk dit of die twee kandidate van die Demokrate en Republikeine onderskeidelik Hillary Clinton en Donald Trump gaan wees.
Trump lyk na 'n beter keuse gesien die feit dat hy (op die oog af) nie deel is van die magskliek in die VSA nie. Onlangs het Newt Gingrich, wat speaker in die Huis van Verteenwoordigers was en 'n bekende is in die Amerikaanse politiek, die volgende op Fox News te sê gehad:
“He’s an outsider, he’s not one of them, he’s not part of the club, he’s uncontrollable. He has not been through the initiation rights, he did not belong to the secret society.”
Ja, jy moet "ingelyf" wees in die geheime "Skull and Bones" om 'n presidentskandidaat van die VSA te word. Daar verkoop jy jou siel aan die duiwel.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (SLOT)
Toe die oorlogsjare in 1945 verby is, is dit kompleet of die skemering duidelik oor Totius begin daal. Die laaste bundel gedigte heet dan ook Skemering. Die afloop na die lewenseinde word ’n werklike belewing en soms word dit seifs ’n intense verlange en heimwee na "die blyer dag”:
Sal die dag dan nimmer daag nie
dat geen wurm in my sal knaag nie?
Maar my leeftyd gaan al om,
en die dag het nie gekom.
Daarom maak ek my gediggies
somaar onder kruis en kwelling ...
’n Bitter swaar "kruis en kwelling” het in hierdie tyd op die kerklike terrein en in die boesem van die Teologiese Skool op Potchefstroom ontwikkel. Dit was oor die beweerde dwalings van prof. dr. C. J. H. de Wet wat uitgeloop het op ’n spesiale sinode op 6 Februarie 1946.
IS DIT VERBY MET SUID-AFRIKA?
Ds Andrè van den Berg
“Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie” - Jes.43:18
In tye van droefheid toon God Hom al vir baie eeue lank aan gelowiges as ʼn versorgende God. Ongeveer 700v.C. sê Hy vir Juda wat in nood verkeer het: “As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie....” (:2). God is by almal wat Hom eer, betrokke of dit volke of enkelinge is: “Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe” (:4).
Die afgelope paar jaar het daar met talle gelowiges bitter onaangename dinge gebeur wat hulle hul toevlug opnuut na God laat neem het. Onmin, eerloosheid en geweld was deel van die pakket. Moord en roof het die hoogte ingeskiet. Korrupsie deur hooggeplaastes en hul politieke kaders het ons ekonomie vir die soveelste keer sedert die aanvang van die skrikbewind lamgelê. Berigte van opstand, geweld en burgerlike ontwrigting het mediaberigte oorheers.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (16)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
JARE VAN FEESVIERINGE
Einde 1933, verskyn Totius se Passieblomme. Die leed en verdriet wat toe reeds jare lank as gedigte op velle papier van verskillende formaat - soms flentertjies - opgeskryf is, word op aandrang van prof. Gerrit Dekker diep onder uit ’n laai gehaal en nou kan almal dit lees. "Waarom die verse nie al eerder gebundel is nie?” vra Totius in die Voorwoord, "kan ek eintlik geen goeie antwoord gee nie. Miskien is ’n sekere mate van skroomvalligheid waar dit ’n persoonlike en intens-deurleefde smart betref, die hoofoorsaak dat ek die gediggies so lank agterweë gehou het...”
1933 was ook die jaar van groot droogte. Aan prof. Van Gelderen skryf hy op 14 Mei van daardie jaar reeds: die land beleef ’n droogte "soos ek dit sedert 1903 nie gesien en beleef het nie. Die hele Suid-Afrika het geen weiveld vir die winter nie en die vee sal by duisende doodgaan. Nou sterf hulle alreeds in menigtes.” 1933 bring ook vir Totius kommer oor die binnelandse politiek en hy skryf verder in sy brief:
DIE AFRIKANER SE DAE GETEL?
Hannes Ollewagen
2 Timótheüs 3:1-9
“...mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. ...”
Was die Afrikanervolk nie vroeër ‘n volk wat allerweë beskou is as ‘n Godvresende volk nie? Ons was ‘n volk wat geleef het uit die krag van ons geloof in God Drie-enig. Ons geloof in God was die dryfkrag agter alles wat ons aangepak het en sy Woord was die rigtingwyser waarmee ons koers gehou het.
Die Afrikanervolk sal nie die eerste volk wees wat die Woord iewers verloor het en op ‘n dwaalweg geraak het nie. Die krag van ons geloof het al swakker begin raak totdat daar maar net ‘n leë dop oorgebly het wat met die kleed van godsdienstigheid oorgetrek is – anders gestel, het die gedaante van godsaligheid stand gehou, maar die krag van die geloof en Godsvrees verlore gegaan.
HOE HOU MENS DIT!
AGUR
E. van Nantes
Die King James vertaling verwys na “bewe” as “disquieted” terwyl Dictionary.com die woord omskryf as ‘n gebrek aan kalmte, vrede of gemak; angstigheid of onrustigheid.
Met hierdie beskrywing in gedagte kan mens die stelling maak dat die nuwe Suid-Afrika homself voorwaar in ‘n toestand van bewing bevind. En hoe bewe hierdie aarde nie!
Van die parlement in Kaapstad tot elke universiteit in die land, bewe dit. Of dit nou Zuma, opposisie partye, die efektebeurs, droogtetoestand, studente, die een of ander protes-optrede of die begrotingsrede is...dit bewe.
En hoekom bewe dit? Miskien kan die antwoord hierop in Spreuke 30, uit die woorde van Agur, vasgestel word. Alhoewel Agur in vers 2 sy gebrek aan verstand verklaar, is skrywer van mening dat Agur se woorde salf vir wonde is en gerus maar mildelik aangewend kan word. Sonder enige intensie van disrespek, wil skrywer tog sy woorde op ons huidige tydgleuf van toepassing maak in ‘n poging om dit beter te verstaan. Luister na Agur se woorde wanneer hy oor bewing praat :
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (15)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Die hofsaak in die Kaap
Die jaar 1931 was weer vir Totius ’n "lydingsjaar”. Om hom na sewe jaar op die afgesonderde Krugerskraal weer van nuuts af in die gewoel op die Bult van Potchefstroom aan te pas, was nie maklik nie. Hy moes weer voltyds sy teologiese klasse behartig en die maalstroom van die kerklike lewe het hom weer so ingetrek dat dit byna sy kragte ooreis het. Versoeke om oral in gemeentes en op die volksterrein op te tree, het eenvoudig ingestroom, want "Totius is weer terug”. Ook familiesorge het byna te veel geword. In ’n brief aan sy goeie vriend prof. Van Gelderen stort hy sy nood uit - een van die weinige briewe waarin ons Totius ooit hoor kla: "Wat my verhinder het om te skrywe is dat ons die laaste ses weke meer geswerf as geleef het.
AAN DIE VOETE VAN JESUS
Ds Andrè van den Berg
“ .... en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf” - Luk.7:38
By geleentheid loop ʼn man by ʼn klompie verveelde seuntjies verby. “Waarom speel julle nie?” vra hy. “Ons wil graag oorlog-oorlog speel, oom, maar ons kan nie” antwoord een mismoedig. “Maar waarom nie?” vra die man verbaas. “Omdat elkeen van ons die generaal wil wees” antwoord die mismoedige outjie. Dit onderstreep een van die grootste probleme van ons tyd; ʼn selfverheffing en grootheidswaan wat weg van Jesus af lei en die gelooflewe oneindige oneer aandoen.
Enersyds stoot niks jou so ver van Jesus af weg as die eie-ek nie. Andersyds bring niks jou so naby as nederige onderdanigheid nie.
DIE KLIPPE ROEP LANK REEDS UIT!
OPE BRIEF AAN ALLE OWERHEDE EN GESAGSLIGGAME
Ds Faan Visser
Tydens die sogenaamde apartheidsjare is van Kerke en geestelike leiers verwag om hulle teen apartheid uit te spreek en dit selfs aktief te beveg en tot ʼn einde te bring. Baie het dan ook daaraan meegedoen. Dit kan dan sekerlik ook van Kerke en geestelike leiers verwag word om hulle teen enige ander politieke stelsel wat menseregte misken en waar menseregte inderdaad geskend word, uit te spreek en mee te werk ten einde hierdie vergrype te beëindig.
Ongelukkig is dit so dat op die oog af daar geen begeerte by die oorgrote meerderheid Kerke en geestelike leiers is om konsekwent te wees in hulle beoordeling van onreg nie, waarskynlik uit vrees vir viktimisasie en ter wille van sogenaamde politieke korrektheid. Integriteit gaan ongelukkig in die proses verlore. Is dit omdat die “verkeerde” bevolkingsgroep in die visier is?
WEG MET BESKAWING!
Dr JJ Snyman
Terwyl die onluste in die land al meer momentum kry word die prentjie nou baie duidelik: Die beskawing moet val! Dis net die liberale idiote wat nog dink dat daar meriete in die onlusmakers se griewe is. Die res van ons Blankes (dis nou diegene wat nie aan die geldmagte uitverkoop is nie), weet van die eerste dag af dat die 1994-bestel gedoem was tot mislukking. Dit was net 'n kwessie van tyd. Al waarom dit 22 jaar moes neem was vir die vyande van die Blanke (en die Afrikaner by name) om alles in plek te kry om die laaste aanslag te loods. Duidelik dink hulle dat die laaste slag nou gelewer kan word.
Ai foeitog, en dan is daar steeds diegene wat hulle hoop op die Grondwet vestig. Wat doen die Grondwet tans vir Afrikaans? Wat doen die Grondwet om onteiening te keer! Gaan lees mooi; onteiening word goedgekeur. Ai, hoeveel keer moet ons dit nog sê: Die Grondwet is ons grootste vyand. Die enkele bepalings wat ons moet beskerm is 'n suigstokkie om aan te suig. Rome brand en die liberalis dink 'n grondwet sal ons beskerm...
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (14)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Ons Bybel en Psalmboek
Om die Bybel in Afrikaans te kon vertaal en om die Psalms in Afrikaans te kon berym - dit was eintlik Totius se grootste lewenswerk. Hy was nog maar ’n dertienjarige seun toe hy al direk daarmee te doen gekry het. Dit was 1890 in sy ouerhuis in die een vleuel van die Patriotgebou, in die Paarl. Daar het hy sy vader soms tot laat in die nag in die lig van ’n olielamp gesien - daardie geboë figuur oor die Bybels en woordeboeke. Dit het hom aan ’n kloosterheilige laat dink wat met al sy toewyding woord vir woord die ou perkamentrolle naspeur. Dit was in die dae toe ds. S. J. du Toit sy grootste armoede beleef het. Merkwaardig dat hy toe die vertaling van die Bybel in Afrikaans met die grootste passie beoefen het en dit volgehou het tot met sy dood in 1911. So het die jong seun Japie du Toit grootgeword in ’n huis waar Bybelvertaling dikwels ’n daaglikse roetine was. Die gloed van sy vader se vuur vir die saak het hy voortdurend gevoel.
Toe gaan hy in 1896 na Burgersdorp.
BESNY DAN DIE VOORHUID VAN JOU HART!
Hannes Ollewagen
Deut. 10:10-22
“Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.” (:16)
Die besnydenis was natuurlik die sigbare verbondsteken wat God aan Abraham gegee het. Hierdie teken het ‘n duidelike onderskeid getref tussen die uitverkore nageslag van God, deur die aartsvader Abraham, en die heidendom. Hierdie verbondsteken was dus onder andere ‘n teken van andersheid, van afgesonderdheid van die heidendom om aan God gehoorsaam te wees.
Die gebruik in Israel was dat ‘n persoon deur die besnydenis in die volkslewe van Israel ingelyf word. Dit was dus ‘n teken van wyding aan God in die Ou Testamentiese tyd. Ons lees egter in die Ou Testament al van die vroegste tye dat God meer van sy kinders verwag as bloot 'n uiterlike godsdienstige vertoon. Hy verwag dat sy kinders Hom sal aanhang, Hom sal liefhê met hul hele hart, siel en verstand.
AFSONDERLIKE ONTWIKKELING EN NASIONALISME
Die beleid van apartheid was niks anders nie as die praktiese uitvoering van nasionalisme. Dit gaan immers by nasionalisme om die handhawing van die eiesoortigheid; die afsonderlikheid van elke volk – presies wat die beleid van apartheid ten doel gestel het. Indien enige party of organisasie weghardloop van die beleid van apartheid, soos wat meeste gedoen het, word terselfdertyd weggehardloop van nasionalisme.
As dit dan vasstaan dat God volkere gewil het (vgl Handelinge 17), en dat volke nie deur toeval ontstaan het nie, dan spreek dit vanself dat daaruit sekere pligte en opdragte vir ‘n volk voortspruit. Een daarvan is dat ‘n volk verplig is om daardie roeping (as afsonderlike volk) te handhaaf. Dit is daarom elkeen se Christelike plig om nasionalis te wees. Owergesetsynde is die versuim op hierdie gebied sonde.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (13)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Huislike smart
Passieblomme
Drie weke lank brand die lig elke nag in die huis langs die Teologiese Skool in Molenstraat. Prof. Du Toit was op 10 Oktober 1920 maar pas terug van die uiters spannende sinode op Colesberg. Die moeilike strydpunt oor die inkorporasie van die P.U.K. (Potchefstroomse Universiteitskollege) by die Universiteit van Suid-Afrika het hom ontsettend afgemat. En nou na die terugkoms: dadelik harde werk en eksamens van studente. Maar dan so gou die pynlike gewaarwording: die eenjarige klein Francois is siek, sommer baie siek en die koors bly hoog. Miskien is dit griep, maar na ’n paar dae word dr. Boyd self baie onrustig. ’n Intensiewe ondersoek volg en die diagnose is skrikwekkend: Meningitis - breinvliesontsteking!
Dit word meëdoenlose, spanningvolle dae.
MURE VAN HEIL; POORTE VAN LOF
Ds Andrè van den Berg
“ Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie – van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie, maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof” - Jes.60:18
God het elke volk op die aarde gemaak, elkeen met sy eie taal, kultuur en geskiedenis. Hierdie eiesoortigheid is ʼn gawe van God en moet gevolglik waardeer en beskerm word. Dis soos ʼn muur wat God om elke volk bou, nie net om hulle van mekaar te onderskei nie, maar ook teen mekaar te beskerm. Want daarsonder sou geeneen voortbestaan nie.
Geen volk was meer op hulle eiesoortigheid gesteld as oud-Israel nie. Hulle was immers die enigste volk wat die ware God aanbid het. Daarom het God met hulle ʼn verbond aangegaan en hulle beveel om hul eiesoortigheid op te pas deur nie met die heidene te vermeng nie.
Ongelukkig het daar met verloop van tyd wel vermenging met heidene plaasgevind.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (18)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
God se oordeel ontvou – die eerste vier seëls
Openb.6:1-8
1. God straf die goddelose
Openb.6 volg logies op hoofstuk 4-5 wanneer die einde vinniger op die verhoog verskyn. Die seëls is God se vonnisoplegging op die sonde en word een vir een oopgemaak om die laaste oordele te laat voltrek. Ongelukkig beland gelowiges ook in die spervuur soos wat in Openb.2-3 gesien is. God se oordeelsvoltrekking is egter teen die goddeloses gemik. Sonde word nie ongestraf gelaat nie.
Die oopmaak van die eerste seël vind in die hemelse troonsaal plaas. God en Christus is by elke oordeel volledig betrokke. Christus is alreeds besig om sy Messiaanse koningskap te beoefen. Alles in die wêreld stuur op die dag van afrekening af (Jes.2:19-21;1 Pet 2:12). Die voltrekking van oordeel bring altyd skeiding mee (Joel 3:12,13; Mt.13:36-43). Die sewe seëls in Openbaring vertoon baie ooreenkoms met die drie sinoptiese Evangelies met ooreenstemmende temas soos stryd, oorlog, hongersnood, dood, vervolging en aardbewings.
ONSTABIELE S.A. - GELDMAGTE SE SKULD
WAAROM BEGEER DIE GELDMAGTE 'N ONSTABIELE SUID-AFRIKA?
Dr JJ Snyman
Dit mag vir baie mense vergesog klink om te beweer dat die Amerikaanse geldmagte 'n onstabiele Suid-Afrika begeer. Juis omdat 'n ekonomie van 'n land mos eerder floreer in stabiele en vreedsame toestande. Die probleem is net dat dit vir die geldmagte nie gaan om 'n ideale vryemark situasie in vreedsame toestande nie; of soos ons dit altyd genoem het — kapitalisme — nie, maar eerder 'n verworde kapitalisme.
Wat word daarmee bedoel? In 'n landsekonomie waar daar stabiliteit is en aan elkeen die volle geleentheid gegee word om sy talente te ontwikkel is daar kompetisie en daardie kompetisie is meestal heilsaam vir al die inwoners van die land. Dit het deurgaans as kapitalisme bekend gestaan. Die Blanke veral was ten gunste van hierdie soort kapitalisme.
Wat egter wêreldwyd gebeur het is dat sterk maatskappye die oorhand begin kry het; hetsy deur onbillike bevoorregting van regerings of deur die kleiner maatskappye eenvoudig uit die mark te dwing deur byvoorbeeld prysoorloë, ensomeer.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (12)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Dit is tien maande ná die onthulling van die Vrouemonument in Bloemfontein op 16 Desember 1913 waar daar 20 000 Afrikaners vergader het om hulde te bring aan die vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe gesterf het. Dit was die laaste keer in die geskiedenis waar al die Boeregeneraals nog in ’n hegte eenheid saamgebind, in geselskap verkeer het met pres. Steyn omring deur Botha, Smuts, De Wet, De la Rey, Hertzog en ander.
Nou, Saterdag 19 September 1914, stroom meer as 10 000 mense na Lichtenburg in Wes-Transvaal, want die volgende dag is die begrafnis van genl. Koos de la Rey. Nie alleen die hele land nie, maar selfs die buiteland is geskok deur die tragedie dat ’n koeël die beroemde generaal in Johannesburg getref het. Die lug is swaar van spanning. Volksemosie het by ’n breekpunt gekom, en met bitterheid word Botha en Smuts aangegluur. Ook Totius is daar - en ook al die studente - want ’n dringende boodskap na Potchefstroom het versoek dat die jong professor deel moet hê aan die leiding by die begrafnis.
WIE SIT AGTER JULIUS MALEMA?
Dr JJ Snyman
EN WAAROM...
Terwyl die publiek hulle blykbaar verlekker in die manewales van die hanswors Julius Malema, en veral die feit dat hy vir Jacob Zuma 'n steen des aanstoots geword het, word die situasie in Suid-Afrika al meer plofbaar en kan die "beheerde chaos" dalk eersdaags totaal onbeheerbaar word.
Die vraag is egter: Hoe was dit moontlik dat iemand met so 'n agtergrond soos Malema, en wat vir alle praktiese doeleindes die einde van sy politieke loopbaan bereik het toe die ANC die hom rug gekeer het, nou skielik soveel aanhang kan geniet? En dit sonder dat die ANC-regime, op die oog af, min daaromtrent kan doen?
Die antwoord is baie duidelik dat 'n ander mag agter Malema sit. Hyself het nie die politieke, finansiële en intellektuele vermoë om 'n duik te maak aan die politieke landskap nie. Maar die magte agter hom het wel. Feit is dat die Amerikaanse geldmagte Malema finansier én met 'n doel: Hy moet die chaos aanwakker wat die VSA graag in elke land van die wêreld wil implimenteer. Die VSA het reeds grootliks geslaag om die Midde-Ooste te destabiliseer (met net Rusland wat nog in sy pad staan), maar sy agenda sluit Afrika ook in soos Soedan, Libië en talle ander Afrikastate die bewys van is. Suid-Afrika is nie uitgesluit hiervan nie.