Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die beste skokbreker op 'n pad vol stampe en stote is 'n uitstekende sin vir humor.
VERLOSSING UIT GENADE
Hannes Ollewagen
Efesiërs 2:1-10
Vers 8&9: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”
Watter wonderlike gawe het ons as kinders van God om die GAWE van geloof van ons Vader te kon ontvang, en dit sonder enige verdienste! Dit alles net oor Hy ons eerste liefgehad het en ons hierdie gawe wóu skenk!
Wat maak ek en u met hierdie gawe wat ons van Hom ontvang? Waardeer ons dit opreg en probeer ons dit koester en laat groei om meer soos ons Meester, Jesus Christus, te word of is ons slegs bewus van die gawe wat ons ontvang het, en dit is waar dit eindig?
2e GROOT TREK (2)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
"...ons voorste kultuur-, kerk- en sakeleiers op daardie tydstip reeds op hoë vlak affiliasie gehad het met die United States-SA Leader Exhange Program (USSALEP), 'n Sionisties-geïnspireerde liberalistiese breinspoel-organisasie, wat uiteindelik ook groot politieke, maatskaplike en godsdienstige veranderings in Suid-Afrika sou teweeg bring... ...en siedaar: die aanslag teen die Christelik-nasionale geestelike van die ware Afrikaner is vervolmaak. Die soort mens wat nooit deur die wêreldoorheersers wat uit 'n Sionistiese sameswering sou voorkom, regeer sou kon word nie, moes uitgedoof word in 'n proses van evolusie wat verhaas moes word deur die voorgaande breinspoelende masjinerie."
'n Oorsig van die politieke verloop in SA sedert 26 Mei 1948, die rol van die Internasionale Geldmag daarin, hoe dit die Afrikaner op maatskaplike, ekonomiese, kerklike, opvoedkundige en kulturele terreine beïnvloed het, en die pad vorentoe...
Skaars onverwags aan bewind, sou die maghebbers meteens weer gekonfronteer word met die geploeter wat binne die raamwerk van die sg demokratiese Anglo-Joodse staatsvorm verwag kan word. Die NP was met 'n skrale meerderheid aan bewind.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
OUDERDOM HET OOK VOORDELE...
* Goed wat jy nou aankoop gaan nie opgebruik word nie.
* Jy kan aandete eet teen vieruur die middag.
* Jy dink nie meer spoedbeperkinge is uitdagings nie.
* Jy bodder nie om jou maag in te trek nie, maak nie saak wie loop in die kamer in nie.
* Jou ledemate is meer akkurate weervoorspellers as die weerburo.
* Jou geheime is veilig by jou vriende omdat hulle dit nie kan onthou nie.
* Jy maak elke dag nuwe vriende want jy onthou nie die oues nie...
OM CHRISTEN TE WEES
Ds AE vd Berg
“Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” - Mt.16:24
Wat is ’n Christen? Mense het verskeie antwoorde op dié vraag. Sommige glo dat om lidmaat van ’n kerk te wees, van jou ’n Christen maak. Ander weer dat die doop en aanneming van jou ’n Christen maak. Die meeste mense glo egter om godsdienstig te wees en sedelik rein te leef, van jou ’n Christen maak.
Ongelukkig is nie een van hierdie antwoorde reg nie! Jesus waarsku dat nie almal wat sê hulle Christene is, dit is nie: ”Nie elkeen wat vir My sê Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie…” (Mt.7:21). Wat beteken dit om ’n Christen te wees?
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
WAAROM DIE KP NIE MEER BESTAAN NIE...
Waar maar raar: In 1982 sit prof Daan Swiegers en sy medekeurders van die SA-Rugbyraad op Loftus Versfeld, ernstig besig om die Springbokproewe dop te hou.
'n Briefie word deur 'n lid van die publiek aan hom oorhandig met die volgende inhoud:
"Professor Swiegers, doen ons asseblief 'n guns: kies vir Errol Tobias in die plek van Naas Botha, dan verseker jy die KP van 10 setels" ...
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (4)
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en staatsbeskouing
"Die staatsowerheid se roeping is tweërlei van aard: Altwee tafels van die Wet moet bewaar word deur eerstens te verseker dat die erediens onbelemmerd kan voortgaan en ongeloof bestry word; en tweedens, deur die reg, rus en vrede in stand te hou... elkeen sal van sy dade verantwoording moet doen, hoe hoog sy pos ook mag wees."
"Volgens die volkstaatgedagte, veral soos dit deur Paul Kruger vertolk is, is burgerskap die voorreg van volksgenote en kan vreemdelinge nie daarop aanspraak maak nie. Die getal vreemdelinge is dus nie van belang nie, want die staat behoort aan die volk en die volk besluit oor watter van sy lewensverbande vir vreemdelinge oop is en watter nie."
“Dit, na my mening, en in besonder onder die Hollands-sprekende mense van die vroeëre Republieke, is steeds hulle hoop gewees, en is vandag nog hulle hoop, en ten slotte is dit die mees verhewe hoop wat ’n volk kan koester, naamlik onafhanklikheid. ” (Genl. J.B.M. Hertzog)
BELANGRIKHEID VAN RAS EN VOLK
Die belangrike plek wat ras en volk in die Afrikaner se staatsopvattinge beklee, mag nie uit die oog verloor word nie.
2e GROOT TREK (1)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
"Mag hierdie werk dien tot bemoediging vir 'n volk wat op die vooraand staan van 'n ander louteringstog – 'n nuwe Groot Trek".
'n Oorsig van die politieke verloop in SA sedert 26 Mei 1948, die rol van die Internasionale Geldmag daarin, hoe dit die Afrikaner op maatskaplike, ekonomiese, kerklike, opvoedkundige en kulturele terreine beïnvloed het, en die pad vorentoe...
Moord, roof en plundering aan die 'Oosgrens'; die onvermoë of onwilligheid van 'n Blanke liberale Britse bewind om wet en orde te handhaaf; Swarte Ommegang; die Reads en Van der Kemps se gepamperlang van 'natuurkinders' in die naam van Christelikheid; die gewapende Pandoere, Slagtersnek, ens. Dit was die faktore wat die lewensruimte van ons voorsate sodanig ingekort het dat hulle in 1836 georganiseerd Kaapland verlaat het. Hierdie Godvresende voorsate van ons het hulle met hierdie daad die onmin van die Britse regering op die hals gehaal. Wat egter skokkend was, is dat die Kerk van hierdie stoere geslag, in die koor saamgeskel het op die "hardekoppe en dwarstrekkers". Ja, die volk het sonder sy predikante getrek.
GEEN 'F' VIR MUSEWE
Kriewelkop
"Ek pleit by alle swart middelklas Suid-Afrikaners om die leuens te beveg; die leuen dat om blankes se eiendom te vat welvaart sal meebring; die leuen dat swartes daarop geregtig is om te vat wat nie aan hulle behoort nie. Dit is alles leuens en werk nooit in die praktyk ten goede nie; inderwaarheid vernietig dit alle vooruitgang soos ons hier in Zimbabwe gesien het. Daar is niks wat harde werk en geduld kan vervang nie! Die arm swart massas in Suid-Afrika gaan hulself tekort doen as hulle Malema se valse beloftes glo en uitvoer. Hier in Zimbabwe het daar niks van al die beloftes gekom nie en het die swart massas reguit teruggekeer na hulle armoede nadat die swart politici oorgeneem en hulself alleen verryk het."
Dit is die woorde van Vince Musewe, 'n baie swart ekonoom in Harare wat by swart Suid-Afrikaners pleit om Malema en sy uitgangspunt te beveg.
Musewe het opsigtelik nie 'n F op skool gekry nie. Sy insig spreek helder uit sy mening dat 'n land se grootste vyand die klomp swart politici is wat die massas opsweep om goedere te versamel waarvoor hulle nie gewerk het nie om hulself dan daarmee te verryk. Musewe praat openlik oor Malema se gevaarlike poging om die swart massas tot gewelddadige opstand op te lei met die belofte dat hulle alles van die witman mag inpalm.
MY EIE-EK
C J Langenhoven
Lees meer by Gedigte
My vyand haat ek, nie omdat
dit hy is wat ek haat;
ek haat, verafsku hom omdat
dit ek is wat hom haat.
Ek het my vriend nie lief omdat
dit hy is wat ek min;
ek het hom lief ter wille van
die grille van my sin.
BESIT EN GEBRUIK
C J Langenhoven
Lees meer by Gedigte
Jou krag beteken niks; 'n perd het meer as jy,
maar jy kan dit gebruik om hom te tem en ry.
En jou geduld is niks; 'n donkie't meer as jy,
maar jy kan dit gebruik wanneer jy op hom ry.
Jou kennis is ook niks: 'n boek het meer as jy,
maar jy kan dit gebruik om meer nog by te kry.
ONHER- ROEPELIKE KINDERDAE
C J Langenhoven
Lees meer by Gedigte
Ek sou nie graag my lewensweg
'n tweede maal vervolg, want reg
sou ek hom tog nie kry; en wat
daar skoon en lief was op my pad,
kan die herhaling my laat mis.
Maar as ek iets terugwens, is
dit dat ek by my ouderdom
my kinderhart weer mog bekom -
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die skooljuffrou was besig om die kinders in klas te help met voorligting oor hulle beroepskeuses.
Dit was Jannie se beurt en sy vra hom:
"Jannie, wat wil jy eendag word wanneer jy groot is?"
Sonder skroom kom die antwoord vinnig:
"Ek gaan defnitief 'n ruimtereisiger word Juffrou."
Die juffrou knik instemmend oor sekerheid van hierdie besluit en sê:
"Dit is baie mooi dat jy reeds weet wat jy graag eendag wil doen Jannie. Vertel vir my waarom het jy besluit om 'n ruimtereisiger te word?"
Sonder aarseling antwoord Jannie:
"My pa het gesê daar is niks op aarde waarvoor ek goed is nie Juffrou."
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (3)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
Twee vryheidsoorloë
Die Groot Trek het weliswaar twee onafhanklike republieke aan die Afrikaner besorg, maar dit het ook verwydering tussen die Afrikaners in Suid-Afrika gebring. Slegs familiebande het hulle gebind, want daar was geen sprake van politieke eenheid of van ’n saambindende nasionalisme nie. Prikkels van buite sou nasionalisme egter aanwakker.
PRIKKELS VAN NASIONALISME
In die Vrystaat was dit die bedreiging van die Basoeto’s en die oorloë wat teen hulle gevoer is, wat ’n mate van saamhorigheid onder die Vrystaters bewerkstellig het. In Transvaal was daar nie so ’n prikkel nie. In Natal en die Kaapkolonie het die Afrikaners gevaar geloop om te verengels. Britse optrede sou die prikkel verskaf vir die ontwikkeling van Afrikanernasionalisme dwarsdeur Suid-Afrika.
IS JY ONDERVOED?
'n Leser skryf 'n brief aan 'n tydskrif en beweer dat dit vir hom geen sin meer maak om deesdae kerk toe te gaan nie.
Hy skryf: "Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, en ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3,200 preke geluister, maar ek kan nie een onthou nie. So, ek dink ek mors my tyd, al die ander mense daar mors hulle tyd, en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek".
'n Paar weke ná publikasie van hierdie lesersbrief antwoord iemand soos volg daarop: "Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie.
GIDEONSBENDE
Hannes Ollewagen
Rigters 7:1 -25
Wanneer ons vers 2 lees, klink die woorde van God geensins logies vir ons menslike verstand nie. Hoe kan die manne wat optrek in die stryd te veel wees? Is daar dan nie krag in getalle nie? Daar mag dalk krag in getalle wees, maar in God se Hand is daar oorwinning!!!
God wou nie hê die volk moet optrek in die stryd met die gesindheid in hul hart dat hul nou hul eie verlossing gaan bewerkstellig nie. Hy wou hulle herrinner dat dit hul uiteindelike doel is om sy Naam te verheerlik, daarom dat Hy die Gideonsbende (300 van die aanvanklike 32 000) van 0,94% van die aanvanklike manskappe wat wou optrek, uitkies vir die stryd. Dit is nie toevallig dat dit God se eerste opdrag is dat die manne wat bang is en bewe moet omdraai en teruggaan nie.
KORSIES VAN PASTEI
EEN MAORIE IN DIE SPAN...
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In 1971 is die eerste veelvolkige atletiekbyeenkoms in Kaapstad onder blyke van groot openbare belangstelling aangebied. Omdat dit 'n politieke waagstuk was, was baie mense onseker en selfs ontevrede oor hierdie gewaagde sosiale eksperiment.
Ivor Potgieter, die bekende atletiekafrigter, was een van die voorstanders van hierdie konsep, hoewel hy en andere deur heelwat mense gekritiseer is. Die aand vóór die groot byeenkoms bevind Gert Potgieter en Fanie du Plessis hulle by Hannes Botha in sy woonstel waar verskeie internasionale gaste onthaal is. Ná die onthaal besluit Fanie om Ivor 'n streep te trek deur hom af te dreig, omdat hy so sterk ten gunste van die sogenaamde "oop" sport was.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
AFRIKAANS IS VEILIGER!
Die SA Atletiekkampioenskappe van 1953 is in die destydse Rhodesië gehou. Die verskillende provinsiale spanne het almal per trein daarheen gereis. Humor op die trein het natuurlik nie ontbreek nie. Die reis was maar lank en manne soos Fanie du Plessis, John Short en Vic Dreyer het dors geword.
Toe hulle die kelner naderhand nader roep om bier te bestel, antwoord die kêrel in swak Engels dat hulle slegs Engels praat op die trein. Tog was dit duidelik dat die klener eintlik Afrikaanssprekend was. Dit was nie goed genoeg vir Fanie nie. Hy rig hom tot sy makkers en sê:
”Kêrels, kom ons laat die man maar bietjie Afrikaans praat!"
REÏNKARNASIE...
...FEIT OF FABEL?
Andrè van den Berg
Meer as een biljoen mense op aarde glo aan reïnkarnasie. Hulle glo dat ’n mens se gees ná sy afsterwe keer op keer in ’n ander liggaam hergebore word. Dit laat my so dink aan bande wat versool word! Wat sê die Woord van God oor reïnkarnasie? Hoegenaamd niks nie! Salomo sê in Pred.12:5 dat die mens na sy ewige huis gaan en die skrywer van die Hebreër-brief: “En net soos die mens bestem is om eenmaal te sterwe en daarna die oordeel” (Heb.9:27).
Nêrens in die Bybel is daar die geringste aanduiding van mense wat ’n tweede kans op lewe op die aarde gekry het nie. Jesus sê vir die misdadiger aan die kruis: “….vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:43). Jesus sê nie vir hom dat hy ’n tweede geleentheid op die aarde gaan kry om reg te maak wat hy verbrou het nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Moet nooit met die aap onderhandel terwyl die draaiorrelspeler in die kamer is nie - Winston Churchill
MAAK GEREED VIR DIÉ REIS!
LEWE NA DIE DOOD
Ds AE van den Berg
“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” - 2 Kor.5:10
Een van die grootste leuens van alle tye is dat alle mense gelyk is. Ons is slegs in een opsig gelyk – ons lewe en sterwe almal. Ja, die dood klop aan elkeen se deur. Of ons oud of jonk is, ons is almal op ons laaste vaart.
Ons weet almal wat voor die dood gebeur want dis die lewe, maar wat gebeur daarna? Is daar nog ’n lewe of gaan ons soos diere dood? Die Bybel sê dat daar ’n lewe na die dood is en dat ’n mens daarvoor moet voorberei. Niemand pak ’n reis sonder voorbereiding aan nie; allermins nie die een na die dood nie!
Christene is egter nie die enigstes wat aan ’n lewe na die dood glo nie; ook talle heidene. Die ou Egiptenare is ’n voorbeeld hiervan, heidene wat vir meer as 3000 jaar in ’n lewe na die dood geglo het asook ’n oordeel!