Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
En dink aan ju Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie – Prediker 12.
AFRIKA SE WIT REUS (1)
Klaus D. Vaque
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Hier volg werklike statistiek, vyf jaar vóór swart oorname. Vergelyk dit gerus nou in 2013 met die land se huidige stand ná amper 20 jaar se agteruitgang onder ANC-bewind.
Dat die meeste Afrika-staatshoofde Suid-Afrika, of dan "die wit reus van Afrika" in 1989 met afguns aanskou het, kon 'n mens hulle dit nie kwalik neem nie, waar Suid-Afrika teenoor hulle heeltemal onopsetlik 'n superioriteit aan die dag gelê het, en waaroor hulle slegs maar kon droom. Enkele statistieke kan dit illustreer:
Suid-Afrika produseer meer elektriese energie as Italië, net soveel ru-staal as Frankryk, meer koring as Kanada, meer wol as die VSA, meer wyn as Griekeland en meer vis as Groot-Brittanje.
Die RSA huisves binne sy grense net 6% van die totale bevolking van Afrika en beslaan net 4% van Afrika se hele oppervlakte en tog lewer dit (in 1979) meer as 50% van die gesamentlike elektriese krag, het 74% van alle ge-elektrifiseerde spoorlyne, produseer meer as 24% van die gesamentlike brutonasionale produk en besit 25% van die hele Afrika se telefone.
Van al die laerskoolonderwysers van Afrika werk daar 70% in die RSA asook 4 uit elke 5 dokters.
GODDELIKE WAARSKUWINGS (5)
Lees reeks by Goddelike waarskuwings
SUID-AFRIKA EN DUITSLAND
In Julie 1921 sien Siener van Rensburg hoe die Boere optrek na Lichtenburg en daarna na Prieska. Boy Mussmann en dr SH Rossouw het beide aantekeninge oor hierdie visioene van Siener gemaak.
In Lichtenburg kom ons bymekaar en daar kom 'n man met 'n bruin pak klere en hy spreek ons toe. Daarna draai ons terug en trek weer hier af, net soos in 1914, maar dié keer op óns tyd.
In Mei 1925 sien Siener ook hoe Europa in hierdie tyd in oorlog verkeer: In Europa staan twee groot potte en daar is vuur onder... In Europa trek waens met rooi osse; agter hulle is groot blauw osse. Die wêreld word zwart na die Unie toe. Die buitelandse oorlog sal Suid-Afrika wel in 'n mate raak. Duitsland sal 'n groot rol speel in hierdie oorlog; Siener het 'n visoen gehad waarin Duitsland aan die kop van 'n groot tafel sit saam met talle lande waaronder ook Suid-Afrika; Engeland was egter glad nie aan die tafel nie. Siener het voorspel dat Engeland heeltemal onder die water sal verdwyn as straf van God vir al die ellende wat hy deur baie jare aan talle wêreldlande veroorsaak het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIERETUIN-RUGBY
In die jare veertig speel Floors Perry, fris Noord-Transvaler vir Tukkies in die intervarsity teen die Potchefstroomse Universiteit. In 'n losskrum-onderonsie kry hy vir Wynand Malan van die Pukke in 'n stewige kopklem beet. Al manier, so het die praktyk bewys, om uit so 'n kopklem te ontsnap, is om jou teenstander se arm te byt. En dit is toe presies wat Malan doen – met mening ook! Floors los vir Malan soos 'n warm patat en hy hardloop na die skeidsregter, wys die bloederige bytmerk op sy bo-arm en roep ontsteld uit:
"Mr Ref, are we playing against the Zoo?!"
KERSFEES 2013
Ds AE van den Berg
“In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Hy het na sy eiendom gekom…” - Joh.1:1,2.11
’n Mens praat dikwels met iemand oor die foon wat jy nooit ontmoet het nie en beeld jou ’n prentjie in van hoe die persoon moet lyk. En wanneer jy hom ontmoet is jy dikwels teleurgesteld omdat hy nie met jou voorstelling van hom kom ooreenstem nie. Met God is dit presies dieselfde - mense het ’n sekere idee/verwagting van Hom wat dikwels nie met die werklikheid ooreenstem nie. Die probleem lê egter nie by God nie, maar die voorstelling van Hom.
Het u al gewonder hoe God lyk? By geleentheid wou Moses ook sien hoe God lyk waarna God op skrikwekkende wyse by Moses verby gegaan het terwyl hy sy gesig bedek het. Filippus het ook gewonder hoe God lyk en vir Jesus gevra:”…Here, toon ons die Vader en dit is vir ons genoeg” (Joh.14:8). Jesus antwoord hom: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien”.
Mense het geen probleem om Jesus as ’n goeie mens te sien nie, veral in die Kerstyd - ’n kindjie in ’n krip, leermeester of profeet nie, maar nie Immanuel (God onder ons) nie.
WONDERBAAR!
Ds AE van den Berg
“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige vader, Vredevors" - Jes.9:5
In die Bybelse tyd het voorname betekenis gehad; vandag nie meer nie. Byname vertel ’n mens in werklikheid meer van ’n persoon. So het ek aan die Weskus ’n omie geken wat net hier en daar ’n tand in die mond gehad het. Almal het hom as vendusie-klavier geken!
In die Bybel lees ons ook van mense wat benewens hul eie name ook byname gehad het. Volgens die Bybel het ons Here Jesus 256 byname gehad! Die rede daarvoor is dat een naam te kort geskied het om Hom te beskryf. Van al die name wat Hy gehad het, wil ek by een stilstaan – Wonderbaar; voorwaar ’n gepaste naam wat 800 jaar voor sy geboorte deur ’n profesie aan Hom gegee is.
Wonderbaar beteken voortreflik , d.w.s. anders as die normale; so gepas by Jesus. Alles van Hom was wonderbaar. Let maar net op sy geboorte. Dit was wonderbaar omdat daar nog nooit so ’n geboorte op aarde was nie.
HOE GROOT IS MY GELOOF?
Hannes Ollewagen
Matt. 14:22-36
Wanneer ons hierdie gedeelte lees en in eerlikheid ook ons eie geloof moet beoordeel, waar sal ons dit op die weegskaal plaas? Is my geloof so sterk soos dié van Petrus? Dalk is my geloof volgens my ‘n bietjie sterker as wat syne was en reken ek dat ek nie bang sou geraak het en begin twyfel het soos hy nie? Dalk is ek eerlik genoeg om te erken dat ek só kleingelowig is dat ek nie eers my voete op die water sou gewaag het nie.
Wanneer ons ‘n ware verhouding met God Drie-enig het en in liefde sy Woord bestudeer om Hom beter te leer ken, sal ons weet dat een van die eienskappe waarvan Hy niks hou nie, ongeloof of selfs net kleingelowigheid is. Waarom sal ons dan aanhoudend aanhou twyfel in plaas daarvan om te glo? God openbaar Homself en sy Grootheid en Almag aan ons in die natuur rondom ons wat ons elke dag met ons eie oë kan aanskou;
GODDELIKE WAARSKUWINGS (4)
Lees reeks by Goddelike waarskuwings
Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.
Die Slag van Pretoria - visoene en drome hieroor
FR se droom in 1966
Swaar gewapende VN-soldate kom van oos, wes, noord en suid in Kerk- en Paul Krugerstrate afgemarsjeer. Die standbeeld van oom Paul word getref en net 'n stuk van sy een been bly oor. Soldate val links en regs van my. Ek hurk en skuil agter een van die standbeelde aan oom Paul se voet en kyk na die verwoesting van die middestad.
Dan roep iemand my oor 'n radiosender en sê die aanval by Wonderboomkop moet afgeslaan word. Die volgende oomblik bevind ek my nie meer op Kerkplein nie maar iewers hoog bo-op die Wonderboomrant noord van Sinoville.
Op die vlakte anderkant Piramied, in die swart woongebied van Mabopane, sien ek duisende en duisende verwoeste plakkershutte wat nog smeul. In Sinoville self en die omgewing is daar ook skade maar nie so erg nie, tog sien geen mense nie. Die woongebied is verlate en slegs op die paaie sien ek ons mense in militêre voertuie ry.
EMILY HOBHOUSE... (7)
...heldin uit die Vreemde
Rykie van Heerden
Lees reeks by Emily Hobhouse
Die eerste week in Februarie 1901 is ’n ongesonde week vir ’n middeljarige vrou om alleen in die Vrystaat te gaan treinry, veral van Bloemfontein af in die rigting van die Grootrivier.
Die Britse leër is in rep en roer. De Wet wil weer Kolonie toe en dié keer, sweer genl. Knox, dié slag gaan hulle hom vang. Op Bloemfonteinstasie is dit ’n geharwar. Die befaamde Boeregeneraal het deurgebreek by die forte op Thaba Nchu en Sannaspos. Genl. Knox het sy kolonne omgeruk, terug Bloemfontein toe. Van daar word manne, perde en berge voorrade inderhaas op die trein gelaai na die Bethulie-spoorbrug oor die Oranje, want daar iewers, glo hy, sal De Wet vandeesweek die rivier probeer oorsteek. Daar’s gerugte van Boerekommando’s hier, daar, oral — op Springfontein ... by Norvalspont. Hulle breek spoorlyne op, hulle keer treine voor. Anderkant Norvalspont het genl. Froneman die spoor voor en agter die Hoopstadtrein die lug in geblaas.
En in die geharwar klim ook op Bloemfonteinstasie op die trein: mej. Emily Hobhouse, hoedjie op, kantkragie om die nek van haar bloese, met haar koffer en haar trommeltjie padkos wat Caroline Fichardt vir haar ingepak het.
HABAKKUK
Ds AE van den Berg
"Waarom talm God so lank in sy oordeel aan die suidpunt van Afrika? Waarom verbrand Hy nie die trotse, goddelose bewindhebbers en afgodsdienaars tot as soos wat Hy met Sodom en Gomorra gedoen het nie?... ...Ons staan op die vooraand van ’n nuwe jaar. Die skade wat die getygolf van onreg, geweld, korrupsie en afgodiese verering van booswigte hierdie land deur eie toedoen getref het, sal nooit bereken word nie."
“Hoe lank, o Here, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! - maar U help nie? Waarom laat U my onreg sien …..Ja, verwoesting en geweld is voor my oë….” - Hab.1:2+3
Habakkuk se naam is ’n beskrywing van sy lewe en beteken omhels of worstel. Hy was regverdig, het die Wet van God omhels en met God geworstel. Hy het egter ’n probleem gehad; dit het vir hom gevoel asof sy geloof hom niks baat nie. Sy samelewing was weens verraad ontwrig, booswigte het al hoe ryker en gelowiges al hoe meer veronreg geword. Gevolglik vra die profeet: “Here, U kan mos iets hieraan doen, waarom doen U niks nie?”
Wat in Juda gebeur het, gebeur ook in Suid-Afrika – gelowiges kry bitter swaar in hierdie onreg-bedeling!
GODDELIKE WAARSKUWINGS (3)
Lees reeks by Goddelike waarskuwings
Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.
Die profesiekongresse onder leiding van Zunata Kay
'n Groep toegewyde gelowiges onder leiding van Zunata Kay, het in 1999 in Transvaal 'n aantal profesiekongresse gehou waartydens aandag geskenk is aan die visioene van Johanna Brandt, Rick Joyner, Siener van Rensburg, profesieë in die Bybel, en 'n paar ander.
Daar is spesifiek gesoek na raakpunte uit bogenoemde bronne om sodoende 'n rooster of 'tydlyn' op te stel oor moontlike gebeure; die verslag sluit die volgende in:
- Die gras sal groen wees, dan weer wit (winter) en weer groen word voordat ernstige moeilikheid begin. Daar sal 'n abnormale gang van seisoene wees, baie reën, storms, ens.
- Die goudprys sal na 'n tydelike opswaai baie laag terugval. Dit sal tot gevolg hê dat oa goudmyne sluit. Die olieprys sal die hoogte inskiet en Suid-Afrika se wankelende ekonomie baie ernstig raak.
- 'n Tweede Parlementsitting sal skielik opbreek en uitmekaarspat nadat 'n bekende leier en andere aan gewelddadige oorsake sterf.
- Beide Siener en Johanna het gesien dat groot geweld oor Johannesburg spoel wat na Pretoria sal uitkring.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
PLATTELANDSE RUGBY BIETJIE ANDERS...
Op 'n dorpie in die Oos-Transvaalse platteland het twee dorpe se spanne mekaar op 'n dag in 'n derdeligawedstryd getakel onder geesdriftige toejuiging van die hele omgewing se inwoners. Die rugbyveld was een van daardie regte beeskraalvelde wat in die middel van die winter al fyngetrap was sodat die spelers vaal van die stof was binne enkele minute ná die aanvang van die wedstryd. Die motors het reg rondom teenaan die veld geparkeer sodat die aanhangers in die motors kon sit en kyk.
Dit was 'n verbete stryd wat kort voor die einde nog geen punte opgelewer het nie. Die spanning het hoog opgelaai. Net voor die eindfluitjie blaas, ontstaan daar 'n woeste losgemaal in die hoek feitlik op die doellyn van die tuisdorp. Al wat mens kon sien, was 'n stofdamp en 'n gestoei op die grond.
EMILY HOBHOUSE... (6)
...heldin uit die Vreemde
Rykie van Heerden
Lees reeks by Emily Hobhouse
Daar is mense wat wil hê Emily moet daarop aandring om al die konsentrasiekampe te besoek. Daar is nou al sprake van ’n stuk of elf. Maar sy glo ’n halwe eier is beter as ’n leë dop. Sy kan later weer praat. Hoofsaak is : sy het Kitchener se verlof om na die oorlogstoneel te kom.
Die volgende dae is sy druk besig. Milner stuur vir Walrond om haar te help. Sy koop met haar £300 12 ton se goed (groothandel): 6 ton kosware, 6 ton klerasie . . . mens is net so in die duister, voor jy self daar was, weet jy nie wat regtig nodig is nie. Die spoorweë — doen Milner ook hier ’n woord ? — stel ’n skameltrok vir haar beskikbaar, so groot dat sy dit tot haar spyt nie eens heeltemal kan volpak nie. Sommer daardie aand sal haar trok vortgaan, sy self die aand daarna. Voor haar vertrek reël mev. Koopmans de Wet nog ’n byeenkoms dat mense haar op die vooraand van haar groot ondememing kan ontmoet, miskien adresse kan gee van mense in Bloemfontein oor wie hulle spesiaal bekommerd is, dat sy kan laat weet hoe dit met hulle gaan.
"En waar sal u in Bloemfontein tuis gaan?”
ONS GENADIGE, LIEFDEVOLLE GOD
Hannes Ollewagen
Jeremia 31:1-40
Van Genesis tot Openbaring is daar een aspek wat kop en skouers bo die res uitstaan naamlik God se liefde en genade vir sy kinders en ons volk. Ons volk se geskiedenis is ‘n duidelike bewys van hoe Hy Hom meer as een maal oor ons ontferm en uit situasies van doodsbenoudheid verlos het. Dit is dan ook hierdie liefde van Hom wat tot gevolg gehad het dat ons volk vandag die enigste geloftevolk is wat die aardbodem bewandel, die enigste oorblywende volk wat deur ‘n gelofte aan Hom verbind is.
Hy het ons só lief dat Hy sal doen wat nodig is om te verhoed dat ons vir ewig verlore gaan. As ons liefde of goedertierenheid nodig het, sal Hy ons daarmee nader trek (Vers 3), maar as ons tug en straf nodig het om ons nader aan Hom te bring, sal Hy ook dit nie terughou nie, selfs al is dit vir Hom swaar (Vers 20).
DIE BOEREVOLK AANBID 'N STEEDS REDDENDE GOD
Ds AE van den Berg
“En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen” - Mt.28:20 (1 Sam.1:9-19)
Op 16 Des.1949 het dr. D.F Malan tydens die inwyding van die Voortrekkermonument sy bekende Quo Vadis toespraak gehou: Suid-Afrika, waarheen gaan jy? Hy was bekommerd oor sy volk wat van die Voortrekkergees afvallig geword het en het hulle baie ernstig vermaan om na die Christelike lewensweg terug te keer. Vandag, 64 jaar later, vra ons met baie meer kommer in ons hart: Waarheen is die Boerevolk op pad? Van die eertydse Christelike lewenswandel is daar weinig te sien; God word nie meer gevrees nie.
Op die vraag waarheen ons op pad is, moet ons vra: Waar kom ons vandaan? Het ons ’n doel aan die suidpunt van Afrika? Hieroor is daar meningsverskil. Daar is volksgenote wat onwrikbaar glo dat God die Boerevolk vir ’n bepaalde doel wil gebruik. Daar is egter ook van ons eie mense wat so deur vrysinniges gebreinspoel is, dat hulle eerder aan toeval as goddelike bestiering glo. Dit sal ek, te oordeel na ons geskiedenis, veral Bloedrivier, nooit as te nimmer glo nie!
IS JY VRY, OF GEBIND?
Ds AE van den Berg
“Toe sê die Here vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie”- 1 Sam.8:7
Kerstyd is ’n tyd van blydskap en vreugde want ons herdenk God se koms na die aarde in Christus Jesus, onse Here. Dis egter geen ydele blydskap nie, maar iets anders; ’n blydskap wat ’n mens nederig maak, want dis die verhaal van ’n Koning wat teruggestaan het. God het in Christus vir ons teruggestaan.
In die OT sien ons iets hiervan in 1 Sam.8 toe Israel God as koning verwerp en soos die heidenvolke ’n aardse koning bo Hom verlang het. God het hulle hul sin gegee en letterlik vir ’n aardse koning teruggestaan. Dit was ’n hartseer stuk geskiedenis in Israel se volkslewe met bittere gevolge vir die volk.
Israel wou nie verder onder God vry wees nie, maar eerder slawe wees.
DIE GELOFTE VAN NEHEMÍA 9
HOU 'N VAS- EN BIDDAG!
...En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders.
En hulle het van hulle plek opgestaan... belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid... en met 'n groot stem die HERE hulle God aangeroep:
...U het tekens en wonders gedoen... maar hulle, naamlik ons vaders, het vermetel gehandel en hulle verhard en nie na u gebooie geluister nie; ja, hulle het geweier om te luister en nie gedink aan u wonders wat U by hulle gedoen het nie; maar hulle het hul nek verhard en in hulle wederstrewigheid 'n hoof aangestel om terug te gaan na hulle slawerny.
MANDELA DIE MOORDENAAR
MANDELA SING ONDER EED OM DIE BLANKES VAN SUID-AFRIKA TE LAAT UITMOOR
"We, the members of MK, have pledged ourselves to kill them, the Ama Bhulu" (die blankes)
Wat is fout met die blankes in Suid-Afrika dat hulle nie die waarheid kan sien nie? Selfs Amerikaners berig oor die moordenaar Mandela en sy bomplantende terroriste wat net een strewe gehad het en deur hulle opvolgers uitgevoer moet word, naamlik om die blanke van Suid-Afrika uit te wis.
Is die witman in hierdie land doof, blind, totaal gebreinspoel of breindood? Gaan kyk na hierdie video waar Mandela hom voor die hele wêreld verbind om die blankes in Suid-Afrika uit te moor - gaan kyk voordat dit ook van YouTube afgehaal word soos alle 'sensitiewe' materiaal wanneer dit deur die ANC ontdek word:
http://www.youtube.com/watch?v=fcOXqFQw2hc&feature=share
"We the members of MK, have pledged ourselves to kill them, the Ama Bhulu (die blankes)". Hierdie gesang word uit die diepte van die hart gesing deur die terroris Mandela en sy bomplanters. Lyk dit na dieselfde persoon wat so verafgod word vir sy wonderlike landsbydrae en sy sogenaamde vrede en versoening in Suid-Afrika ?
As jy nie 'n kommunis is nie, en jy is nie swart nie, en jy is nie 'n liberalis nie, en jy word nie deur geldmagte betaal om die Groot Mandela-Leuen te verkondig nie, wat op aarde is met jou fout om deel te wil wees van een van die heel grootste sataniese bedrogstukke ter wêreld?!
7 DAE VAN VEROOT- MOEDIGING
IS U BESIG MET VEROOTMOEDIGING?
Soos wat die Voortrekkers voor die slag van Bloedrivier vir sewe agtereenvolgende dae 'n gelofte afgelê het, behoort ons weer sewe dae lank 'n nuwe gelofte aflê; die sewe dae voor 16 Desember en voor Mandela begrawe word waarvan daar nou slegs vier oor is. Hierdie verootmoediging voor God mag u nie nalaat nie!
"O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het. Ek sal die wesens van die aarde oor julle aanstel sodat die donker magte julle sal teister dag en nag tot julle na My sal uitroep om genade, en terugkeer na My. 175 Jaar gelede op hierdie dag het ek julle, My diensvolke se smeekgebede aangehoor, en met julle 'n Gelofte aangegaan, vir julle die wonderbaarlike oorwinning gegee teen die swart hordes. Daardie dag was daar vir My 'n nuwe volk gebore, en 'n mooi land is aan julle gegee. Dié dag moes julle as 'n gedenkdag by julle nageslag inskerp, en dié dag aan My toewy as 'n Sabbat vir ewig. Wee dié wat nalaat om die Gelofte te hou."
SIENER VAN RENSBURG: BOODSKAPPER VAN HOOP
(Ons plaas weer 'n paar artikels oor Siener van Rensburg op ons voorblad omdat dit tans meer aktueel as ooit is)
Ds. A.E van den Berg (Sr.)
"Benewens 'n groot slagting sien Siener iets wonderlik gebeur; iets wat ons aan die slag van Bloedrivier herinner. Mense gaan weer laer trek en soos wat niemand destyds in die Bloedrivier laer gesterf het nie, sal niemand wat binne die nuwe laer is, sterf nie. Waar gaan hierdie nuwe laer wees? Hoe gaan dit lyk? Daar gaan nie fisies laer getrek word nie. Siener sê iets baie belangrik: Elkeen wat Jesus as persoonlike Verlosser ken en sy volk liefhet, is binne-in die laer, ongeag waar hy bly. Dis 'n geestelike laer. Wat 'n bemoediging! Wie is buite die laer? Diegene wat Jesus nie as Verlosser ken nie asook volksgenote wat lid van volksvyandige instansies is. Hulle is buite die laer en in ernstige lewensgevaar!"
1. Agtergrond
(i) Wie was Siener van Rensburg?
Nicolaas Pieter Janse van Rensburg beter bekend as "Siener" van Rensburg is op 30 Aug 1864 op plaas Rietkuil naby Wolmaransstad gebore en in Maart 1926 in die ouderdom van 61 jaar oorlede. Hy was ’n merkwaardige, geseënde figuur in ons volksgeskiedenis.
(ii) Ongeletterd.
Behalwe dat hy kon lees en skryf, was hy verder ongeletterd. Hy het slegs 20 dae skool gegaan. Nogtans het bekendes soos genl. Koos de la Rey en Christiaan de Wet hom dikwels geraadpleeg. Siener het al op 20 begin grys word en was soos een wat geen jeugjare gehad het nie.
WEDER- GEBOORTE VAN DIE BOEREVOLK
Siener van Rensburg se visioene
Lees meer by Allerlei oor Siener van Rensburg
Adv PJ Pretorius
"Hulle [Amerikaners] is baie doelbewus en hulle spioene is oral. Daar is baie mense in die land wat beweer dat hulle groot nasionaliste (regs) is maar hulle is dit nie. So sal dit ook in die polisiediens wees – (dit het ons pas weer met die onthulling van die Boeremagsaak gesien, hoe dat die polisie en militêre intelligensie agter die hele saak gesit het). Wanneer hulle klaar is, sal hulle ook die swartes en gekleurdes uitnooi en aanhits om deel te neem aan die opstand wat hulle dan sal begin. Dit sal 'n rewolusie wees en ons vrouens en kinders sal in die grootste gevaar verkeer."
Daar is genoegsame bewys dat Siener van Rensburg inderdaad oor 'n vermoë beskik het om in die toekoms te sien. Daar is ook by kere deur bekende generaals van sy intuïsie of insig oor toekomstige gebeure gebruik gemaak om die Engelse leer te uitoorlê. Meer onlangse gebeure soos die totstandkoming van die Republiek van Suid Afrika, die opkoms en die verval van Kommunisme, die burgeroorlog in Bosnië, die koms van 'n swart meerderheidsregering in Suid-Afrika, die moord op dr. Verwoerd, die kernontploffing by Chernobyl, Kodesa, die val van die Berlynse Skandmuur, Hitler se 'Blitzkrieg' en die Eerste- en die Tweede Wêreldoorlog is bewyse van Siener se vermoëns.