Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Onvergenoegdheid en ewige gefoutvindery met alles is soos gif in mens se gestel. Daar is net een entstof om dit weg te neem: dankbaarheid. Wanneer probleme oor ons pad kom het 'n gees van dankbaarheid 'n strelende antiseptiese uitwerking.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (12) (SLOT)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies.)
" ...so weerspieël die nuwe konstitusionele riglyne van die ANC bepaalde toegewings en aanpassings om op die korttermyn nie te veel weerstand op te wek nie, ten einde die langtermyn-strategieë van die Marxistiese revolusie te bereik."
SOSIALISTIESE LEGALITEIT EN DIE ANC SE NUWE KONSTITUSIONELE RIGLYNE
Wat is Sosialistiese Legaliteit?
Volgens die klassieke Marxisme bepaal die ekonomiese substruktuur van ’n samelewing die bowe-struktuur daarvan. Aldus het Karl Marx probeer bewys dat die kapitalisme op alle terreine van die samelewing weerspieël word, naamlik op sosiale gebied, op juridiese gebied, op politieke gebied en op die terrein van die geesteslewe. Wat die kapitalisme in besonder betref, het Marx probeer bewys dat daar twee sosiale groepe is, naamlik die bourgeoisie, wat die produksiemiddele besit, en die proletariaat, wat die sosiaal onbevoorregte klas is (Marx en Engels, Werke (1961-1965, vol. 2, pp.324-407 (Engels, Die Lage der arbeitenden Klasse in England)).
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (2)
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
Dr Willie Lubbe
VRYHEID
...sy spoor in ons geskiedenis
Die Nederlandse erfenis
Die drang na vryheid loop soos ’n goue draad deur die geskiedenis van die Witman in Suid-Afrika. Vir die Afrikaner met sy Nederlandse afkoms en sy Calvinistiese inslag het dit veral gegaan om die vryheid van die individu en die reg van opstand. Ten einde sy vryheid te verseker, het die Afrikaner die grootste mate van seggenskap in die landsbestuur vereis. Ook by die Engelse, wat in die sewentiende eeu ’n hewige stryd tussen koning en parlement beleef het, was daar ’n begeerte om ’n deel aan die landsbestuur te hê. Afgesien van die Engelse se bydrae tot die instelling van selfbestuur in die kolonies, was dit die Afrikaners wat die vryheidstryd gestry het, ’n stryd wat hy ook teen die Engelse moes voer.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (1)
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
Dr Willie Lubbe
"’n Bepaalde gemeenskap of volk wat wrywing of botsing wil vermy of verminder deur homself landelik af te grens - nie in eensame afsondering nie, maar in goeie naasbestaan - mag die voorreg om dit te doen nie ontsê word nie. Wanneer die blanke volk hier in Suid-Afrika, wat ’n selfstandig en erkende volk is met eie nasionale belange, byvoorbeeld vir hom ’n leefruimte wil skep, homself wil bly sonder oneerlike bybedoelings, behoort dit hom gegun te word. Dit is ook vryheid in geregtigheid en liefde."
Is daar nog ’n drang by die mens soos die drang na vryheid? Die begeerte om vry te wees, is oermenslik, is algemeen menslik, is wesensdiep in die mens se natuur ingeskape. Dit kom voort uit die suiwerste en edelste roersele van die mens se gees. Tot watter offers - van goed en bloed - het die wil om vry te wees die mensdom nie al gedryf nie! Wie het dit meer raak en roerend gesê as ons eie Leipoldt oor ons eie konsentrasiekampkind:
“Jy het van ons jou plig geêrwe –
Plig om as kind vir ons land te sterwe!
Al wat jy wen, is dat ons onthou:
Meer was die vryheid as kind of vrou!”
Die ou Romeine het al eeue gelede namens alle mense vir alle tye gesê: “Dis soet om vir die vaderland te sterwe.” Waarom is “die vaderland” iets besonders? Omdat dit die simbool, ja, die waarborg is van onbelemmerde vryheid. Eie vryheid sonder eie vaderlandsbodem kon geen volk op aarde geniet nie.
VERSAMEL ONS UIT DIE NASIES!
Kriewelkop
Elke dag hoor ons van nog blankes wat wreed en barbaars om die lewe gebring is – soos vandag weer in die nuus. Waarom hou dit aan en aan? Waarom gaan dit so sleg met die Afrikanervolk onder die hand van hulle haters wat oor hul heers? Waarom in die eerste plek het hierdie volk in dié posisie beland? Waarom lees ons elke dag van nog moorde, verkragting en barbaarse aanvalle op ons volksgenote? Wat is die ooreenkoms van ons Afrikanervolk met die volk Israel van destyds? Ons sal verbaas wees as ons moeite doen om dit na te lees.
Die antwoorde is voor die hand liggend:
- Ons het, net soos hulle, die wonderwerke van God in ons geskiedenis vergeet, dinge soos die Geloftes wat ons aan Hom gemaak het;
- ons verag ons geestelike leiers wat die ware Woord verkondig en maak nie meer onderskeid tussen die dwaalleraars wat ons volk verlei, en die geestelike leiers wat God vir ons beskik het nie;
- en wanneer ons God wel aanbid doen ons dit soos óns dit graag wil doen op allerhande onwaardige wyses in plaas van in groot eerbied voor Hom te kom;
- ons bedryf saam met die heidende Sondaghandel sonder om 'n oog te knip;
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (11)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies.)
" Mag dit ons gebed in hierdie dae wees om nie deur cliche’s van 'herstrukturering' en 'openheid' en oproepe van 'menseregte' en 'demokrasie' self-vernietigende kompromieë te sluit nie."
“GRONDWETLIKE RIGLYNE VIR ’n ‘POST-APARTHEID’ SUID-AFRIKA”
In ’n vorige uitgawe van Roepingen Riglyne (jaargang 36, Maart 1988) het ek daarop gewys dat enige interpretasie van die Freedom Charter teen die agtergrond en op die grondslag van die uitgangspunte van die revolusionêre ANC/SAKP-Alliansie beoordeel moet word. Ook is daarop gewys dat daar vandag heelwat standpunte in omloop is wat die inhoud van die Freedom Charter beoordeel, sonder om met die werklike bedoelinge van die ANC en die SAKP met hierdie dokument, rekening te hou. Hierdie naïewe aanvaarding van die idees van die ANC/SAKP-alliansie is egter nie tot die Freedom Charter beperk nie, maar betref ook die nuutste konstitusionele riglyne van die ANC wat onlangs die lig gesien het.
OM TE LEEF IN DIE GELOOF
Hannes Ollewagen
2 Pet. 1:3-21
Deur sy goddelike krag het Jesus ons in staat gestel om God te ken. Hy het ons lewens nie alleenlik só gerig dat ons van Hom kennis dra en bewus is van sy bestaan nie, maar ook só dat ons kon kies om Hom as ons Verlosser en Saligmaker, en ons God en Vader, aan te neem.
Omdat ons gekies het om Hom aan te neem en te dien as ons God, verkies ons ook om die verdorwenheid te ontvlug en nie deur die wêreld se begeerlikhede oorweldig te word nie. (Vers 4). Ons sien uit hierdie gedeelte dat Petrus ons leer dat die bevestiging dat ek waarlik glo, gesien kan word wanneer ek die keuse maak om my rug te draai op die slegte wêreldse begeerlikhede en kies om agter Jesus aan te loop.
LEER ONS KINDERS BID!
MARY’S LAMB
Mary had a little lamb
His fleece was white as snow.
And everywhere that Mary went,
The Lamb was sure to go.
He followed her to school each day,
It wasn’t even in the rule.
He made the children laugh and play
To have a Lamb at school.
And then the rules all changed one day,
Illegal it became;
To bring the Lamb of God to school,
Or even speak his Name.
Everyday got worse and worse,
And days turned into years.
Instead of hearing children laugh,
We heard gunshots and tears.
What must we do to stop the crime
That’s in our schools today?
Let’s let the Lamb come back to school
And teach our kids to pray!
(Onbekend)
OPREGTE VRIENDE...
... BEMOEDIG JOU IN NOOD
Ds AE van den Berg
"Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie. Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê. Vriendskap gaan goud werd wees... Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug. Daar is twee groepe: enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie."
“Daarop het Jonathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God…” 1 Sam.23:16
Oorlog, opstand en stakings het huishoudelike woorde geword. Let op die plaaslike en internasionale nuusberigte – toenemende anargie; een van die kenmerkende eindtekens van die naderende wederkoms van Jesus Christus. “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie….Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander…En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel…” (Mt.24:6,7 en 12).
Aan die einde van die tyd sal nog ’n vorm van oorlogvoering uitbreek: die lelikste burgeroorlog, wanneer volksgenote die wapen teenmekaar opneem! “En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak” (Mark.13:12).
DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES
Ds AE van den Berg
Hand.2:1-13
Oral waar die tempel van Christus verrys, rig Satan sy kapel van misleiding op. Jesus berispe die kerklui van Sy tyd: “….Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mt.22:29). Dwaalleer is die gevolg van ’n gebrekkige kennis van die Bybel. Dis ook die tweelingbroer van ongeloof. Dwaalleer en ongeloof is soos twee kouse wat van dieselfde materiaal gemaak is.
Dwaalleer versprei tans soos ’n Middeleeuse plaag deur Protestantse kerke en vervreem mense van die waarheid. As ’n kerk die waarheid nie meer beskerm nie, het dit geen bestaansreg nie, want die kerk is waar die Woord van God suiwer verkondig word.
Dis moeilik om te sê watter dwaalleer die kerk die grootste skade aanrig omdat die leuen altyd skade veroorsaak.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (10)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies.)
ROL VAN DIE FREEDOM CHARTER
IN DIE REVOLUSIONÊRE AANSLAG VAN DIE ANC/SAKP-ALIANSIE
"Selfs die kerke is nie gevrywaar teen die opportunistiese pogings van die kommunistiese partye om beheer daarvan oor te neem nie. Die gedagte vind aansluiting by die bolsjevistiese oogmerk dat soveel as moontlik “frontorganisasies” tot stand gebring moet word, sonder dat al die lede van hierdie organisasies noodwendig kommuniste is."
In ’n uitgawe van Umsebenzi (vol.3,1987, p.4), mondstuk van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), verklaar die SAKP dat hy sy ongekwalifiseerde steun aan die Freedom Charter toesê. In geen onduidelike taal nie, verklaar die SAKP dat die verwesenliking van die doelstellings van die Freedom Charter die dringendste en onmiddellike behoeftes van die Suid-Afrikaanse bevolking sal bevredig en die grondslag vir die voortgang van Suid-Afrika, langs nie-kapitalistiese weë, na ’n kommunistiese en sosialistiese toekoms, sal lê.
DIT IS DIE WEG, WANDEL DAAROP
Hannes Ollewagen
Jesaja 30:1 – 26
Wanneer ek besig is met ware Godsdiens en my Vader aanbid en liefhet soos wat Hy vir my voorskryf in sy Woord, sal ek daarna uitsien en verlang om op ‘n gereelde grondslag stil te word voor my God.
Die grootste probleem met kommunikasie tussen partye, is seersekerlik die feit dat die boodskap verkeerd oorgedra of verstaan word. Die hoofredes vir die foutiewe oordrag en vertolking van inligting kan aan die volgende faktore toegeskryf word:
- Geraas
- Haastigheid
- Ongeduld
Wanneer daar ‘n onaardige geraas rondom my woed terwyl ek met iemand anders probeer kommunikeer, vind ek dit moeilik om die boodskap korrek te vertolk. Dalk is ek die oorsaak van die geraas omdat ek nie wil stilraak om te luister nie. . .
RASSEBELEID EN SKRIF
Prof. dr. J. D. du TOIT (TOTIUS) en prof dr. S. du TOIT
Lees reeks by Rassebeleid en Skrif
" ...maar vandag nog wil die liberaliste ons vertel hoedanig ons as volk moet wees en hoedanig ons moet optree, en dit terwyl ons vaders altyd besig was en ons, na ek hoop, besig wil wees om die bestel van die hoë God uit te lewe!"
Die rassevraagstuk is vandag meer aktueel as ooit. Trouens dit het tans ’n ernstige twispunt tussen Nasionale Afrikaners geword. Wat meer is, albei kante probeer om hulle standpunt vanuit die Bybel te regverdig. Die wyse waarop met Bybeltekste gewerk word — meesal uit verband geruk — is met een woord skokkend.
Tydens die onthulling van die Totiusmonument in Februarie 1977 is die volgende gesê: "Totius was die verpersoonliking van sy mense deur sy geloof in God en in die roeping van die Afrikaner en hy het by elke geleentheid vir die Afrikaner in die bres getree. Daarom het in sy tyd die stem van Potchefstroom die stem van die Afrikaner geword. Daarom is dit goed dat juis in hierdie jaar fees gevier word waarin hierdie sake betwyfel word. As die Afrikaner in S.A. val, val almal met hom saam. Om bogenoemde redes kon sy stem die stem van S.A. word."
Die sienswyses hierin vervat sal heelwaarskynlik deur sommige as verouderd afgemaak word. Die antwoord daarop sou wees dat die Bybel dan ook verouderd is.
HISTORIESE DVD'S
ERFENISPROJEK VERDER UITGEBOU
Frikkie Strauss
Dit is vir ons by Suidland Media 'n voorreg om inligting te verstrek aangaande die verdere uitbouing van ons historiese erfenisprojek in die vorm van die toevoeging van 'n reeks van tien nuwe DVD’s tot ons versameling. Dit bring ons totale aantal titels nou op 100 te staan. Ingeslote die volledige lys.
Sommige van die nuwe toevoegings is heeltemal onbekend aan die publiek en slegs enkele individue weet van die bestaan daarvan. Dit dek persone en gebeurtenisse waarvan baie hedendaagse Afrikaners nog net gehoor het en vul op dié wyse belangrike leemtes in ons historiese kennis aan. Hieronder volg die besonderhede:
- Die Geskiedenis van Pretoria
Pretoria, eers hoofstad van die ZAR en later van die RSA, was die stille getuie van groot gebeurtenisse in ons geskiedenis.
DIE DUISENDJARIGE VREDERYK FEIT OF FABEL?
Ds Andrè van den Berg
Openb.20
In Openbaring gaan dit oor twee basiese waarhede - God se oordeel oor die goddelose en sy bewaring en latere verhoging van sy getroue gelowiges. God straf, maar bewaar ook; ’n tema wat soos ’n hoogspanningsdraad dwarsdeur Openbaring loop. God se oordeel begin, soos Petrus skryf, by die kerk: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…” (1 Pet.4:7). Daarom loop Jesus in hoofstuk een tussen sewe kandelaars (:13) terwyl ’n skerp tweesnydende swaard uit sy mond gaan (:16).
Die sewe kandelare het die Christelike kerk van daardie tyd voorgestel. Hoofstukke 4-5 vertel van Christus wat koninklik in die hemel heers en hoofstukke 6-11 van sy eerste oordele wanneer die sewe seëls oopgemaak word.
DIE EENHEID VAN GOD
Ben Biggs
Lees reeks by Lig vir die regverdige
Die dissipels van Jesus (wie se verstand geopen is om die skrifte te verstaan (Lukas24,45); wie verstand gegee is om die ware God te ken (1 Johannes 5,20); wie met die Heilige Gees gedoop is, van die Eenheid van God die Vader, Seun, en Heilige Gees, kry opdrag van Jesus soos aangeteken in Matthéüs 28,19: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Handelinge 2,38: En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle, (kom tot geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (9)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies.)
DIE KONSTITUSIONELE RIGLYNE VAN DIE ANC
UITVLOEISEL VAN ’N NUWE OPPORTUNISME?
"Die ANC het toenemend besef dat die verwesenliking van sy einddoel in Suid-Afrika, naamlik die vestiging van ’n Marxisties-sosialistiese gemeenskapsorde, nie deur middel van gewapende geweld alleen bewerkstellig kan word nie. Gevolglik probeer die ANC die beeld van groter “inskiklikheid” en “openheid” skep ten einde steun vir sy konstitusionele oogmerke te verkry, sonder om sy langtermyn Marxistiese doelstellings te laat vaar."
Die “nuwe konstitusionele riglyne van die ANC vir ’n demokratiese Suid-Afrika” het in die laat tagtigs reeds die lig gesien. Hierdie riglyne maak onder andere voorsiening vir:
’n onafhanklike, demokratiese en nie-rassige eenheidstaat in Suid-Afrika (klousule 1);
soewereiniteit behoort aan die bevolking as geheel en sal uitgeoefen word deur een sentrale wetgewende en uitvoerende administrasie (klousule 2);
alle regeringsorgane insluitend justisie, veiligheid en die gewapende magte sal verteenwoordigend van die hele bevolking wees, demokraties wat hulle struktuur betref, en funksioneel vir en opgedra aan die verdediging van die beginsels van die konstitusie (klousule 4);
STIL TOT GOD
Hannes Ollewagen
Psalm 62
Vers 2: “Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.”
Wanneer laas het ek my siel waarlik laat stil word voor God? Is my lewe dalk so gejaagd en vol spanning, werk, verantwoordelikhede en probleme dat die beste wat ek kan doen is om gou in die oggend ‘n paar Bybelversies deur te jaag en ‘n gebed af te rammel om so gou moontlik met my druk skedule te kan begin?
Dalk het ek soveel verantwoordelikhede, probleme en hartseer in my lewe dat AL my “stiltetyd” daaraan bestee word om God om hulp te smeek en my klagtes voor Hom uit te stort. Natuurlik mag ek my probleme na God neem, maar is daar darem ook tyd om voor Hom stil te wees sodat Hy met my kan praat en ek na Hom kan luister? Hoe kan ons raad en leiding van ons Vader verwag as ons nie stil word voor Hom om sodoende sy Stem te hoor nie? Ons moet altyd in gedagte hou dat ons veronderstel is om besig te wees met Godsdiens, m.a.w. dat ons vir God dien en nie Hy vir ons nie.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (8)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)
"Dat die ANC nie ’n ware regstaatmodel in gedagte het nie, maar ’n magstaat in stand sal hou, blyk uit die wye reeks vae misdrywe waarvoor in die Kode voorsiening gemaak word... Dat die reg en regsnorme vir die ANC bloot ’n noodsaaklike euwel is, waarmee by die eerste beste geleentheid weggedoen moet word, kom ook na vore... ... Die beheer en kontrole van die ANC se gesagsliggame oor die regbank, in die lig van die geweldoogmerke van hierdie organisasie, behoort enige staatsonderdaan wat nie aan die kommunistiese party behoort nie, met skok en afkeer te vervul."
DIE KRIMINELE EN SIVIELE KODE VAN DIE ANC: ’N AANSLAG OP DIE REGBANK
Sedert 1984 het die ANC ’n heftige aanval op die Suid-Afrikaanse regbank geloods. Aldus verklaar die ANC (Februarie 1985, Sechaba, pp.l, 2) dat die Suid-Afrikaanse regbank ’n onderdrukkende instrument te midde van ’n beleid van “hervorming” geword het. In ’n volgende Sechaba (Maart 1985, pp. 19-20) verklaar die ANC dat die howe deel van die terrein van revolusionêre stryd (fields of struggle) geword het.
SUID-AFRIKA SE STRYD
FLUWEELGORDYN VAN NASIONALISME
Kriewelkop
"Hierdie stryd is nie meer ver nie. Dit sal 'n stryd wees waarin Suid-Afrika geïsoleerd van die buitewêreld staan; eerstens 'n stryd tussen klasse wat bewusmaking deur forsering beleef het, maar 'n stryd wat eindelik weer die skeidslyn sal trek tussen volkere; 'n stryd wat die fluweelgordyn van nasionalisme tussen rasse weer sal toetrek; 'n stryd van etniese suiwering wat talle slagoffers van dood, verminking en ontheemding sal oplewer. Maar uiteindelik 'n stryd wat weer vrede en harmonie sal bring in 'n land waar God weer gedien en geëer sal word."
Dalk was die sluipende prof Samuel Huntington wel in die kol met sy teorie om internasionale konflik in die toekomstige Nuwe Wêreld te verklaar. Sy basiese uitgangspunt lui dat die grootste oorsaak van konflik nie eerstens ideologiese of ekonomiese oorsake gaan hê nie, maar die rede vir die ergste konflik sal wees: die verskille tussen kultuurgroepe . Huntington meen dat dinge soos taal, geskiedenis, geloofsoortuiginge ensomeer, in die toekoms baie swaarder gaan weeg vir politieke- en geo-veranderinge dwarsdeur die wêreld, as enige ander invloed – anders as wat die Kommuniste glo.
Soos met talle ander sake is die Kommuniste weer verkeerd met die leer wat hulle verkondig dat klas die allerbelangrikste is, en nie die volk nie – dat dit glo die natuurlike skeiding in die samelewing sal vorm. Die Marxisme-Leninisme erken wel die bestaan van nasionalisme en etniese trots as sodanig, maar hulle glo dat dit vanself sal verdwyn namate die belangrikheid van klas op die voorgrond forseer word. Maar etniese gevoelens verdwyn nêrens in die wêreld nie; dit kan ten beste slegs tydelik onderdruk word. Wanneer Kommunisme in 'n land in duie stort, borrel nasionalisme weer in dubbele mate na bo.
BEPROEF DINGE
Andrè van den Berg
“Beproef alle dinge; behou die goeie” - 1 Thess.5:21
" Elke oortreding van die waarheid is’n dolksteek in die siel van ons volk. Stel alles op die proef, onderskei tussen waarheid en leuen en hou aan die waarheid vas al is dit ook hoe ongewild. "
Die OuTestament leer ons dat God reguit houe met krom stokke slaan. Die Nuwe Testament leer ons dat God gelowiges help om reguit tree op krom paaie te gee. Sodra ’n mens tot bekering kom, wil jy geestelik groei, die Bybel leer ken en diensbaar in God se koninkryk wees – en daarvoor moet jou geestelike vuur hoog brand.
Geloof is nie soos ’n voorafvervaardigde huis wat in ’n kits staangemaak word nie, maar ’n lang groeiproses - soos ’n baba wat gebore word, groei en groot word. Ongelukkig kwyn baie se geestelike vuur na ’n tyd en begin ander dinge hul belangstelling prikkel. En dis hier waar dwaalleraars hul voet in die deur kry en geestelike weerlose mense mislei!
Hoe kan ons misleiding voorkom? Paulus gee ons twee riglyne: