Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soos wat jy tot jou eie verbasing pêrels mag vind tussen die afgesakte plankton op die seebodem, so vind jy soms kosbare vertroosting deur gebed tussen al die swart slyk van lewensprobleme wat jou dikwels wil versmoor.
DIE REBELLIE VAN 1914 (1)
Lees reeks by Die Rebellie van 1914
'n Kort reeks van ses aflewerings oor 'n volk in opstand, 'n verhaal oor verraad en van heldedade tydens die rebellie van 1914. Ons helde, De la Rey, De Wet, Maritz, Kemp, Beyers en Jopie Fourie, staan hier in skerpe kontras met verlooptes soos Smuts, Botha en diesulkes sonder vaderlandsliefde.
GENL. KOOS DE LA REY - EERSTE SLAGOFFER VAN DIE REBELLIE
deur L. W. Bienedell
"De la Rey is deur Smuts en Botha mislei, bedrieg, uitgebuit, ontnugter, en daar is misbruik van sy vertroue gemaak... 'Kyk wat het julle gedoen. Julle het genl De la Rey doodgeskiet'.Een van die polisiebeamptes het toe uitgeroep: 'We have shot the wrong bugger! ' Vir sy vorige verraad is Louis Botha in 1912 tot 'eervolle' generaal in die Britse leër bevorder – wat 'n skande vir die Boerevolk!' "
Met die Vrede van Vereniging op 31 Mei 1902 was daar baie afgevaardigdes wat nie die Britse Vredesvoorwaardes wou aanvaar nie. Hulle was bereid en in staat om voort te veg. Een so ’n man was genl. Koos de la Rey wat nooit ’n veldslag verloor het nie. De la Rey se biograaf, Johannes Meintjies, skryf in sy boek: De la Rey, Lion of the West, dat De la Rey die vredesooreenkoms kon verhoed het deur te verklaar dat hy gaan voortveg.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIE EINDE VAN PRONKVOËL...
Die hoenderhaan stap die Paasoggend rustig soos elke oggend die werf vol en skrop-skrop agter elke bossie.
Onverwags kom hy op 'n vreemde klompie eiers onder 'n doringboom af. Hy bekyk die snaakse spulletjie van links na regs, van bo na onder; daar's bloues, groenes, perses, geles en bontkleurige gespikkelde eiers. Só iets het hy nog nooit gesien nie!
Hy staan 'n hele rukkie koponderstebo die bontspul en bekyk.
Skielik spring hy soos blits om en hardloop dat die stof staan dwarsoor die werf tot reg voor die pou, gee hom een vuil kyk voor hy hom bevlieg dat die vere waai en foeter hom ses-nul op...
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (17)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Baas bo baas met sê
Ek kom by ’n oom en ek sê vir hom: “Dag Oom, hoe gaan dit?”
Hy sê: “Nee jong, goed. Net warm en dro.”
Ek sê: “Ja Oom, vir die warmte kan ’n man lyf wegsteek; jy kan darem af en toe onder ’n boom inkom of bietjie innie huis gaan sit, maar wat die droogte betref, is daar niks te make nie.”
Hy sê: “Ja, dis mos wat ek ook sê, maar dis nie allie mense wat dit verstaan nie. Want baie van hulle dink nie eens oor droogte en reën na nie, jong. Wat sal hulle dan nou nog iets daarvan leer?”
En voor ek nog kan vra waarom hy nou juis so sê, val hy vanself met sy storie weg:
Dit het ek nou annerdag gesien. Hier kom ’n kêrel van die Landbou aan, maar toe hy daar by die hek inkom, toe lyk dit vir my hy kom veg verkiesing, want hy het daar ’n arm pampiere by hom wat jy nie aldag sal sien nie.
En hy sê vir my: Dag Oom, ek is vannie Landbou.
Ek sê: Dag jong. Kom sit.
VOLKSHOOP (16)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Monetêre beheer
Ons voorsien dat die Reserwebank onder staatsbeheer die monetêre gebied van die land sal manipuleer. Ons verwag dat die land se Reserwebank ook die monopolie in die land se bankwese sal hê. Die monetêre ekonomie sal na alle waarskynlikheid ondergeskik wees aan die reële ekonomie met die doel om as katalisator te dien in die welvaartskeppende proses. Derhalwe sal die agterliggende oogmerk wees om produktiwiteit te stimuleer en om spaar eerder as verbruik te bevorder.
Die bestaande geldstelsel sal na alle waarskynlikheid met ’n nuwe munt en nootstelsel vervang word. Omrede die ontwikkeling van ’n nasionale staat met ’n soewereine owerheid een van die groot oorsake is wat aanleiding gee tot Merkantilisme, is dit tog belangrik om na die kern van Merkantilisme te kyk. “Dit was slegs ’n proses van praktiese denke wat ingestel was op die versameling van edelmetaal omdat edelmetaal aanvaar was as die basis van nasionale sterkte en die bron van nasionale welvaart....Die mag en welvaart van die staat word weerskaats op die individu."
Veral beoordeel teen die agtergrond daarvan dat die Boere ’n land sou oorneem wat ryk is aan onontginde edelmetale voorsien ons dat die regering mettertyd oorweging kan skenk om selfs weer ’n goue muntstuk in sirkulasie te bring. In soverre dit note betref, voorsien ons dat die land sy eie goudstandaard sal implimenteer.
VEROOTMOEDIG, BOEREVOLK!
AFKERIGHEID TOT GOD?
Hannes Ollewagen
Jer. 8:4 -22
In die opskrif van die gelese gedeelte sien ons reeds die waarskuwing van die straf wat onafwendbaar is en MOET kom omdat die volk van God afvallig geword het.
Nie alleen het die volk afvallig geword van God en gesondig teen Hom nie, maar hulle weier boonop om in berou na Hom terug te keer. (Vers 5). Dit is natuurlik nie net Jerusalem (die volk Israel) wat van God afvallig geword het om agter nietige gode aan te hoereer nie. Ons eie volk het ook van God afvallig geword om agter nietige gode (soos die geld-, sport- en genot-gode) aan te loop en dit is asof dieselfde weiering om na God terug te keer in ons volk se gees teenwoordig is as wat daar in die destydse volk Israel se gees teenwoordig was. Waarom is ons volk dan steeds afkerig?
As God die volk Israel dan gestraf het vir hul oortredinge teen Hom en hul verset teen bekering, is daar hoegenaamd 'n kans dat Hy ons van óns afvalligheid en afkerigheid sal verskoon en ons oortredinge ons nie toereken nie?
VOLKSHOOP (15)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Ekonomiese stelsel en volkshuishouding
Oom Niklaas het vir die Boere ’n voorspoedige ekonomie voorspel. Vroeër in hierdie reeks het ons tot die gevolgtrekking gekom dat ’n onafhanklike politieke orde met ’n onafhanklike of geslote ekonomie die antwoord sal wees teen die komende Wêreldoorlog. Met ander woorde ons sal vanweë die komende Wêreldoorlog genoop wees om ’n onafhanklike ekonomiese stelsel geïsoleerd van buitelandse investering en -handel daar te stel.
Omrede ons grootliks as gevolg van die impak van die komende wêreldoorlog vir ’n tydperk van minstens twee dekades in ’n staat van beleg (“a state of siege”) vasgevang sal wees, voorsien ons ’n oorlog-ekonomie (’n ekonomie wat voorbereid of paraat is vir oorlog). Ons is van mening dat die grootste gedeelte van die Derde Wêreldoorlog nie meer werklik die Boere se oorlog sal wees nie; dat dit in die vastelande van Europa, Noord-Amerika, Asië, Klein-Asië en Noord-Afrika sal afspeel. En die oorlog wat Siener dan 'sien’, sal dwarsoor die noordpool gevoer word, van Ysland na Moskou en van Groenland en Alaska tot daar in die verre Siberië.
Terwyl hierdie oorlog aan die gang is, sal die volkshuishouding hier na ons mening feitlik die enigste ekonomie in die Westerse wêreld wees wat vooruitgang sal toon. Tog sal die ekonomie immers voortdurend voorbereid moet wees om ’n toestand van oorlog ter enige tyd te kan hanteer.
STAAN JY BY DIE WAARHEID?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“...en baie sal hulle verderflikhede navolg en om hulle ontwil sal die weg van die saligheid gelaster word” - 2 Pet. 2:2 .
Wat bedreig die kerk van Christus die meeste? In die tyd van die apostels het gelowiges geglo dat dit geloofsvervolging is. Petrus skryf juis aan Christene wat t.w.v. hul geloof in Christus moes vlug. Vervolging is erg, maar nie die grootste bedreiging van die Christendom nie. Bo-aan die lys staan dwaalleer omdat Satan en sy agente dit gebruik om die waarheid te ondergrawe.
Die Christelike kerk is op die fondament van die waarheid gebou en dwaalleer soos ’n reuse koevoet wat hierdie fondament stukkend probeer slaan sodat dit val en die ware kerk inmekaar tuimel. En om dit reg te kry, kom Satan nie met weermagstewels op die kerk afmarsjeer nie, maar op die punte van sy tone, ja, baie subtiel soos in die tuin van Eden gebeur het!
Satan gebruik mense om sy bose werk vir hom te doen, veral dwaalleraars; mense wat die Bybel nie radikaal verloën het nie, maar verdraai om mense ter wille te wees: “...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie; maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede” (2 Tim.4:3).
GELOFTEVOLK IN ONS GELOFTELAND
Dr JP Botha
"Die Here sal aan ons dink om tog weer aan ons verdrukte geloftevolk in ons gelofteland Suid-Afrika moed te gee en weer vir ons ‘n Josua te stuur wat nie bevrees of verskrik word deur die vyand nie, maar ons van die bose magte oor ons sal help verlos."
Moses wat die volk uit Egipteland en deur die woestyn gelei het, is dood en die Here het vir Josua gekies om hulle uiteindelik die beloofde land binne te lei. Maar die Here weet dat Josua daarvan bewus is dat dit ‘n geweldige groot taak sou wees, want hy en Kaleb was immers twee van die twaalf spioene wat die land reeds verken het en dat hy weet hoe moeilik dit gaan wees om die heidennasies te verdryf. Daarom sê die Here weer vir hom: “Wees net baie sterk en vol moed ... sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.” Josua 1: 7. Die Here vind dit nodig om hom nog ‘n derde keer aan te moedig deur in vers 9 weer vir hom te sê: “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.”
Josua het moed geskep en onbevrees die baie vyande in die land oorwin en die beloofde land in besit geneem.
Dierbaar Suid-Afrika is ook ‘n gelofteland wat eenmaal in besit was van sy geloftevolk. Van die twaalf spioene wat vir sy veiligheid moes waak, het net twee kans gesien om die aanslae van die bose magte die hoof te bied en hulle te oorwin, terwyl die ander tien gesê het die oormag is veels te groot. Daarom het ons nie weerstand gebied nie maar die winde van verandering oor ons laat waai en saamgehelp om ‘n donker reënboognasie te skep.
Die Here sal aan ons dink om tog weer aan ons verdrukte geloftevolk in ons gelofteland Suid-Afrika moed te gee en weer vir ons ‘n Josua te stuur wat nie bevrees of verskrik word deur die vyand nie, maar ons van die bose magte oor ons sal help verlos.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei).
NA DIE DUIWEL MET HOM!
Uit ons kerklike lewe het daar al baie staaltjies te voorskyn gekom, meesal waar, maar dalk met 'n kinkel - geniet hierdie een maar tong in die kies...
Op ’n dorpie met die naam Vredesfontein het die gemeente jare lank in die skoolsaal diens gehou. En almal het pragtig saamgewerk en geld ingesamel vir die bou van hulle droomkerk.
Maar kerkbou is nie sommerso 'n ding nie; jy moet vir hom rus-rus pak, soos die gemeentetjie ook gedoen het. Eers het hulle vir ’n behoorlike neseier gesorg en daarmee ’n stuk grond gekoop. En toe moes hulle van vooraf wegspring en elke jaar die boufonds met ’n stewige stoot laat klim, want dis ’n lang leer voor jy by die balansstaat se weerhaan kom.
Maar hulle werk, en uiteindelik is die boufonds so sterk dat hulle die gebou kan oprig sonder om ’n enkele sent te leen. En dit sê veel, want kontant by die troffel vind ’n mens in ons tyd nie meer so dikwels nie.
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (8)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
DIE SAMESWEERDERS AAN DIE WOORD
"Nelson Mandela, die beskuldigde nommer een, is die eerste verdedigingsgetuie. Hy lewer sy getuienis nie onder eed af nie (en daarom kan hy nie op grond van daardie getuienis gekruisvra word nie) en het sy getikte toespraak van sestig folio’s byderhand toe hy in die getuiebank kom. Mandela erken dat hy sabotasie beplan het en dat Umkhonto We Sizwe inderdaad verantwoordelik is vir ’n aantal sabotasiedade soos in die klagstaat aangevoer. Vier vorms van geweld is moontlik: sabotasie, guerrilla-oorlog, terrorisme en openlike revolusie. Daar is besluit dat sabotasie as eerste stap aanvaar word in die nuwe veldtog. Voorbereidings het egter voorsiening gemaak vir en rekening gehou met guerrilla- oorlog. Later sou dit blyk dat Mandela se hofverklaring vroegtydig deur die gewone linkse kanale versprei is om daardeur ’n publisiteitstorm ten gunste van die beskuldigdes in die saak, en guns in die oë van die wêreld, te verwerf."
DIP opsienbarende Rivoniaverhoor loop van 1963 na die nuwe jaar toe oor. Die Staat se saak, gehanteer deur dr. Percy Yutar en sy kollegas, word op 4 Maart 1964 afgesluit. Daar kom nou ’n verposing van ’n rapsie meer as ’n maand om die beskuldigdes se advokate die geleentheid te gee om die verdediging voor te berei.
Die verposing word egter langer gerek nadat die verdediging twee keer van die hof uitstel vra en dit verkry. Maar op 21 April 1964 word die verhoor voortgesit, en hierdie keer word die soeklig gerig op die beskuldigdes self.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (16)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Alias alias alias
My weg kruis nou annerdag met mense wat ek nie geken het nie s’n, en hulle nooi my uit om later by hulle te kom inloer, en die kansie doen hom toe voor en ek begeef my sountoe en ek klop. Maar dis stil, en ek klop weer, en toe kom daar sommer oormaat lewe binnekant.
“Lovie, jy speel weer met my,” skree die vrou. “Die deur is nie gesluit nie, my Ding.”
Ek stap toe maar in, en ek het kwalik my sit gekry, toe loer die vrou om die deur om te sien of dit rerig Lovie is wat ingekom het. En toe sy my sien, was dit of sy so ’n effense kleurtjie kry en sy slaan met haar hand op haar kastige gaap.
“Ek skaam my dood,” sê sy. “Ek dag dis Pieta; hy het net gou ’n brood gaan koop.”
Ek sê: “Nee, ek het aangeneem jy dink dis Piet, maar ek wou nie aanhou klop solat jy dalk dink dis hy en hy probeer tempteer jou nie. Toe kom sit ek maar.”
Sy wou nog iets sê, maar hier kom Piet met ’n koerant en nog alles behalwe ’n brood.
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (7)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
HANDSKRIFTE VERKLIK:
DIE SOGENAAMDE VREDES-IKOON, MANDELA: 'N BOMPLANTER EN GUERRILLA-TERRORIS
MANDELA: "Daar is niks heiligs of inherent superieur omtrent nie-gewelddadige strydmetodes nie... ...Treffende kenmerk is wydverspreide anti-blanke gevoel en heftige teenkanting teen enigiets wat ruik na die begrip van vennootskap tussen swart en wit." En die 'wonderlike' reënboognasie dan, Mandela!?...
Dr. Yutar dien meer as tien dokumente in Mandela se handskrif in. Een daarvan bevat aantekeninge oor basiese en gevorderde militêre opleiding en oorlogvoering en is vryelik geïllustreer met diagramme en sketse van verskeie militêre posisies. ’n Dokument van 26 bladsye handel oor guerrilla-oorlog en die Chinese kenmerke van ’n guerrilla-oorlog.
"Die hoofladings van ons plofstowwe was dinamiet of geligniet . . . Ons het ook ’n lont gebruik . . . wat teen ’n koers van 40 sekondes per voet brand. Ons het dit alles verkry deur strooptogte op myne of kwarriemagasyne of dit van werkers daar gekoop.”
"Dit is absoluut belangrik dat die persoon wat die revolusie beplan, onbekend moet wees,” teken Mandela aan. "Vir die mense en die wêreld moet die opstand voorkom as ’n populêre revolusionêre beweging. Vir die vyand moet dit voorkom as ’n opstand deur slegs enkelinge."
"ONDER ’n Kommuniste-regering sal Suid-Afrika ’n land van melk en heuning word ... In ons land word die stryd van die onderdrukte mense gelei deur die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty en geïnspireer deur sy beleid.”
So lui uittreksels uit die dokumente in Nelson Mandela se handskrif wat dr. Yutar by die hof indien. Dit is slegs ’n paar van die tussen 200 en 250 dokumente wat in die loop van die saak as bewysstukke dien.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (13)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
TWEE KAALKOPPE EET TESAME... OF NIE
Ai-ai, ek moes vandag weer glimlag
Vir die sogenaamde nuus van die dag
Joernaliste berig nou vir dae aaneen
Oor die Tibettaanse visum-probleem
Aartsbiskop gaan sy tagtigste lewensjaar vier
En begin om uitnodigings die wêreld in te stuur
Noord, Suid, Oos en Wes, vlieg koeverte vinnig weg
En kort voor lank laat al wat gas is, weet hul’s reg
VERSTOMMENDE VOLKSLOGIKA...
...OF BEPLANDE VOLKSVERRAAD?
Kriewelkop
Vanoggend tydens ontbytsake bespreek die omroeper by Radio Pretoria (die "volk se stasie"...) en die stasie se politieke ontleder die huidige stand van swart politiek vanuit 'n realistiese en wakker oogpunt. Diegene wat hierna geluister het sou heelhartig met die stasiepersoneel se sieninge oor die gekleurde probleme in die land saamstem.
Net hierná tree die omroeper telefonies in gesprek met 'n woordvoerder van ABBA-Aannemings, 'n organisasie wat hom beywer vir die aanneem van weeskinders in Suid-Afrika. In hierdie gesprek word opsigtelik geen melding van kleur gemaak nie en daar word met groot deernis gepraat oor die tragiek van die eskalerende aantal weeskinders (glo goed oppad na die vyf miljoen indien daar nie nou iets drasties gebeur nie).
Die tragiek is glo die feit dat ouers deesdae nie meer so geredelik kinders aanneem nie, lui die gesprek. Maar dit is hier waar die kriewelrigheid begin.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (15)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Die dinges is ’n watsem
Ek en my vrou ry eenkeer by mense aan by wie ons vir jare nie ’n draai kon maak nie. En ons kom so teen skemeraand daar aan. En na ons die tante gegroet en vir haar gesê het ons vertoef so ’n bietjie om darem weer ’n slag ’n paar murgbene saam uit te stamp, toe het sy eers ’n rukkie nodig gehad om tot verhaal te kom van die blydskap. Want die mense het gewoonlik ook maar net mekaar se geselskap gehad en nie dikwels besoek ontvang nie.
En na sy eers so ’n rukkie geweifel het voor sy ons die huis innooi, miskien om sy gewonner het oor hoe sy die kuier moet aanvoor lat hy sy loop lekker kan neem, toe sê sy: “Nou maar kom, dan wys ek net vir julle waar die dinges is, lat julle kan watsem as julle wil. Ek het mos nou ’n dinges innie huis.” En sy wys ons die badkamer. Ek sê: “Dankie Tannie. Dit sal darem lekker wees om ’n slag die stof van ’n mens se gesig af te spoel.”
KIÉS JOU BESKUTTING
DIE WAPENRUSTING VAN GOD
Hannes Ollewagen
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Efesiërs 6:10-20
In hierdie gedeelte beveel God ons (soos Paulus die Efesiërs van ouds) om die VOLLE wapenrusting van God aan te trek. Hieruit weet ons dat ons voorbereid moet wees vir ‘n volskaalse stryd waarin ons menige en ook felle aanslae van die vyand te wagte kan wees.
In teenstelling met dwaalleraars wat verkondig dat ons alles en almal moet liefhê en in vrede en harmonie moet saamleef, leer God se Woord ons om nugter te bly en betyds gereed te maak om die bose te beveg. Ons word in vers 11 gewaarsku dat ons aangeval sal gaan word en dat ons gereed moet wees teen hierdie aanslae van die vyand sodat ons die aanval kan afweer om staande te bly.
VOLKSHOOP (14)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Die opkoms van ’n Boere Empire (Ryk) in politieke verband
Die Boererepubliek sal nie staties wees nie maar een wat geskoei is op ’n visie wat berus op die opkoms van die Boer as die wêreldleier van die 21e eeu. Derhalwe moet besef word dat die Boer die leiding in terme van die politiek wat Afrika betref, sal neem. Die Boer sal ’n ordestelsel in die lewe moet roep wat sal tred hou met ’n gepaardgaande Boere-imperalisme.
Uit die aard van die saak moet ons ook die implikasies daarvan verreken. Die eise wat hierdie eiesoortige imperialisme aan ons Boere gaan stel, is feitelik soortgelyk aan die imperialisme wat die historici uitwys gedurende die Negentiende-eeuse Wêreldorde (1770/1815-1914). Hierdie imperialistiese visie moet gepaard gaan met ’n sterk Boerevolksgevoel en goed geïntegreerde Boerevolkstaat. Boere met hulle eie Moses se teokrasie sal geld.
Met ander woorde dit sal ’n direkte imperialisme wees waarin ons Volk die bordjies gaan verhang. Dit sal ’n Ryk of Empire wees waarin die Skrif die oorheersende rol sal speel in die formulering van die grondwet wat neergelê sal word. Dit sal nie aan ons voorgeskryf word deur Volksvreemdes soos wat ons sedert die einde van die Anglo-Boere oorlog in 1902 aan gewoond geraak het nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
TIK-TOK...
'n Man sterf en kom by die hemelpoorte waar 'n engel by 'n ontelbare klomp muurhorlosies staan. Die man vra aan die engel waarvoor die baie verskillende horlosies gebruik word. Die engel verduidelik aan hom dat dit as leuenverklikkers dien. Elkeen op aarde het so 'n horlosie wat aandui hoeveel leuens hy tydens sy lewe vertel. Met elke leuen stap die wysers 'n kerfie aan.
Die man sien 'n horlosie wat heelwat kerwe gevorder het en vra wie s'n dit is. Die engel sê dit is Paulus s'n maar het op die pad na Damaskus tot stilstand gekom.
Die man sien 'n ander horlosie wat slegs vier kerwe aangestap het en wil weet wie s'n dit is. Die engel sê dit is Petrus s'n.
'n Entjie verder is daar 'n groot klomp waaiers wat teen so spoed waai dat niemand dit naby waag nie. Die man wil weet waarvoor die waaiers nodig is. Die engel sê: "Dis nie waaiers nie, dis Suid-Afrika se kabinetshorlosies".
VLUG, VREK OF VEG...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
MIER EN SPRINKAAN
Die meeste mense wat nog weet hoé om te lees het seker al die ou weergawe van Mier en Sprinkaan gelees - dis nie heeltemal soos Jakkals en Wolf nie, ook nie soos Hasie en Skilpad nie; dis bietjie anders.
Onthou nog hoe Mier altyd getrou besig was om huis in stand te hou en in warm somers voedsel bymekaar te maak vir die lang koue winters? In hierdie ouer storie het Sprinkaan mos gedink dis gekheid dat Mier so hard werk terwyl hyself met 'n deel van Mier se geld een woeste wuif-en-lê-partytjie ná die ander hou, tot op 'n dag toe die winter in alle felheid toeslaan met geen kos en skuiling vir hom oor nie. Maar genadiglik vrek die ou lui, ewig vretende alles-verterende Sprinkaan in hierdie storie reeds hier.
Die nuwe weergawe lui egter so: Mier werk nog getrou aan behuising, voedsel en alles wat nodig is om selfonderhoudend te wees en hy gee steeds 'n groot deel aan Sprinkaan terwyl ou lui Sprinkaan steeds alles verteer wat hy kan tot hy naderhand niks meer oor het nie.
Maar toe belê Sprinkaan 'n aanklagkonferensie omdat hy haweloos en honger die winter moet verduur terwyl Mier geborge en versorg is.
HOMO- SEKSUALISME
Ds AE van den Berg
“En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het, soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle al twee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word” - Lev.18:22 en 20:13
Min sondes plaas ’n groter skandvlek op volke as homoseksualisme. ”Geregtigheid verhoog ‘n volk, maar die sonde is ‘n skandvlek vir die nasies” (Spr.14:34). Waar homoseksualisme eers geheim gehou is, word dit deesdae skaamteloos op die voorgrond gedryf. Daar is gereeld homoseksuele saamtrekke en selfs huwelike. Die koningin van Engeland het onlangs goedkeuring aan sulke huwelike in Brittanje verleen.
Waar homoseksualisme eers as ‘n skandvlek op ‘n gesin gesien is, word dit vandag as ‘n wisselvorm van seksualiteit aangebied. Elke samelewingsfeer van die kerk tot die openbare media en van die onderwys tot by die regbank word in die stryd om die aanvaarding van homoseksualiteit betrek. Die Bybelse maatstaf is met ‘n eietydse kultuurmaatstaf vervang. Wat God sê, tel nie meer nie; alleenlik die mens!
Homoseksualisme is so oud soos die mensdom en ’n gruwel in die oë van God.