Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Stilte is kosbaar. Wie met die stilte leer saamleef, word 'n vriend van die stilte. Stilte is nie leeg nie, net so min as wat 'n hemel sonder wolke leeg is. Stilte is soos slaap, dit verfris die wysheid. Geseënd is hulle wat niks het om te sê nie en nie oorgehaal kan word om dit te sê nie.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (7)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)
DIE FREEDOM CHARTER - GRONDSLAG VAN DIE REVOLUSIE
" Volgens die ANC moet alle besit genasionaliseer word... Hierdie uitgangspunt vind ook sy neerslag in die opvatting van die ANC dat die herverdeling van grond in Suid-Afrika nie sal geskied aan individue nie, maar dat die grond sodanig verdeel sal word dat kollektiewe plase naas staatsbeheerde plase sal bestaan."
In De Kat van 26 November 1986 skryf prof. J. van der Westhuizen oor die Freedom Charter dat dit ’n dokument is wat deur die ANC opgestel is en dat dit eerder anti-kapitalisties is as wat dit pro-sosialisties is.Hieraan voeg hy toe dat die stryd wat die ANC met hierdie dokument wil voer eerstens een vir bevryding en nie vir ’n bepaalde ekonomiese filosofie is nie. Ook verklaar hy dat die Freedom Charter as ’n basis vir onderhandeling en as ’n nuttige bron by die opstel van ’n menseregtehandves kan dien.
(3 - SLOT) BEGRAFNIS OF...
...LIGGAAMSVERBRANDING?
Ds Hendrik Hefer
Lees reeks by Begrafnis of liggaamsverbranding?
BEGRAFNIS IN DIE LIG VAN DIE SKRIF
"Ons behoort nie aan onsself nie - daarom kan ons nie met ons liggame doen wat ons wil nie. Ons behoort aan die Here. Hy is ons Skepper."
Die voorbeeld van die volk van God
In die lig van die Bybelse gegewens oor "nie-begrawe" en liggaamsverbranding is dit nie vreemd dat die volk van God in die Ou-Testamentiese bedeling hul ontslapenes begrawe het nie. Lees ons die geskiedenis van die aartsvaders is dit opmerklik dat hulle hul geliefdes begrawe het. Abraham koop eiendom by die Hettiete en begrawe sy vrou, Sara, met groot sorg. Toe Abraham sterf begrawe sy seuns, Isak en Ismael, hom by sy vrou in die Makpelatgrot. In Genesis 35 lees ons dat Debora, Ragel en Isak na hul afsterwe begrawe is. Hoofstuk 47 vertel hoe Jakob vir Josef beveel om hom nie in Egipte nie, maar by sy voorvaders te begrawe en in hoofstuk 50 lees ons dat Josef sy broers opdrag gee om sy liggaam saam te neem wanneer God hulle uit Egipte verlos. Uiteindelik is Josef in Sigem begrawe.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (6)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)
GLASNOST, KAIROS EN DIE ANC
Die Kerk en die KPSU
Deur die jare was die Kommunistiese Party van die Sowjet-Unie (KPSU) berug vanweë sy skerp aanslag op die godsdiens en die kerk. Hierdie aanslag het gespruit uit die opvattings van die klassieke Marxisme in hierdie verband. Van die godsdiens verklaar Marx en Engels (Works, vol. 1, p.385) byvoorbeeld:
“Religion is the sigh of the oppressed creature, the soul of a heartless world, the spirit of sculless stagnation. It is the opium of the people”.
Op sy beurt verklaar Lenin dat die godsdiens alles wat laag is verteenwoordig.
OM U WIL TE DOEN, O GOD
Hannes Ollewagen
Hebreërs 10:1-18
“Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – om U wil te doen, o God.” (Vers 7).
Is hierdie nie die gesindheid wat in elkeen van ons as kinders van God moet heers nie? Dieselfde gesindheid wat in ons Meester, Jesus Christus, se lewe geheers het met sy koms na die aarde om ons een maal te heilig en van ons sondes vry te koop! Nie om Homself te verheerlik nie, nie om iets daardeur van die Vader te ontvang nie, maar juis omdat Hy berus het by die wil van ons Almagtige Vader en na die aarde gekom het om Homself te offer om sodoende die wil van God te doen.
Jesus het nie alleen vir ons sondes aan die kruis gesterf en daardeur ons ewige saligheid verseker nie, Hy het ook vir ons kom dien as Rolmodel en voorbeeld van hoe ons as God se kinders moet leef – soos wat God se eniggebore Seun op aarde geleef het. Hy het vir ons kom wys dat daar in ons lewens versoekings sal wees, aangesien Hy self versoek is.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (28)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Durban: Vasco da Gama-gedenkteken
Ligging: Reg langs die hawe van Durban, teenoor die klein-vaartuie-hawe, langs Margaret Mncabilaan.
Toegang: Die monument is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Geen by die standbeeld nie, maar wel in die nabyheid.
Onthul: 1897, tydens die 400-jarige herdenking van Da Gama se naamgewing aan Natal op Kersdag 1497.
Hierdie gietysterfontein gedenk Vasco da Gama, die eerste Europese skeepskaptein wat langs die kus van Natal verby gevaar het. Dit is gepas dat Vasco da Gama met 'n monument in Durban gehuldig word, want hy was vir die benaming Natal en die eerste vermelding van hierdie gebied op wereldkaarte verantwoordelik.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
By die Ierse huweliksonthaal (dit kon net sowel 'n groot Afrikaanse bruilof wees...) was dit tyd vir familiefotos en het die fotograaf hard uitgeroep: 'Sal al die getroude mans asseblief by die een persoon wat jou lewe die moeite werd maak gaan staan.' Die kroegman is byna doodgetrap...
(2) BEGRAFNIS OF...
...LIGGAAMSVERBRANDING?
Ds Hendrik Hefer
Lees reeks by Begrafnis of liggaamsverbranding?
ARGUMENTE TEN GUNSTE VAN LIGGAAMSVERBRANDING
"Genesis 38:24 is hieroor duidelik: 'Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery!' En Juda sê: 'Bring haar uit, dat sy verbrand kan word.' Die seun van Jerobeam is nog 'n voorbeeld. Terwyl sy hele familie die voorreg om begrawe te word deur hul ongehoorsaamheid verbeur het, is hy begrawe omdat die Here iets goeds in hom gevind het. Dat God mense ook deur vuur gestraf het, word bevestig in die wet wat die Here deur Moses aan sy volk gegee het. Daar staan onder andere geskrywe: En as ‘n man 'n vrou en haar moeder neem, is dit 'n skandelike daad; hulle moet hom en die twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie.
En as die dogter van ‘n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word".
Baie argumente is deur loop van die eeue ten gunste van liggaamsverbranding aangevoer. Dit is - so word beweer - meer higiënies, meer ekonomies, meer esteties, meer medemenslik, gemakliker en veiliger.
(1) BEGRAFNIS OF...
...LIGGAAMSVERBRANDING?
Lees reeks by Begrafnis of liggaamsverbranding?
"Burial of the dead had become so part of the Christian heritage that when the barbarian peoples were converted to Christianity they were required to give up the practice of cremation in favour of the Christian custom of burial" – MacDonald.
"In beginsel staan die Christendom, die Christelike tradisie en die praktyke van die Christelike kerk en samelewing regteenoor 'n gestorwe heidendom.Teen hierdie agtergrond is dit kommerwekkend dat die praktyk van liggaamsverbranding so maklik 'n vastrapplek in ons volkslewe gekry het en dat die Afrikaanse kerke met 'n gereformeerde belydenisgrondslag dit so gelate aanvaar het... Verder word lidmate indirek aangemoedig om hul liggame te laat verbrand deur die versekering dat begrafnis net 'n 'tradisie' is en dat daar geen Bybelse of teologiese beswaar teen liggaamsverbranding is nie!" – Lategan.
Jy staan voor 'n keuse:
- begrafnis: wat in die Heilige Skrif met die seën van God verbind word;
- of liggaamsverbranding: wat in die Heilige Skrif 'n teken van die oordeel van God is.
Christene behoort hulle in hul besluitneming uitsluitlik te laat lei deur die vraag: "Wat leer die Skrif?" Voordat jy hierdie belangrike besluit neem is dit jou Christelike verantwoordelikheid om al die inligting tot jou beskikking te beoordeel.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (5)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)
REVOLUSIE EN DIE FREEDOM CHARTER: WAT BETEKEN DIE AANHEF?
"In die geval waar die regering in die hande van die kommunistiese party, as speerpunt van die revolusie oorgaan, word daar van ’n 'people’s democracy' gepraat. Van 'demokrasie' in die ware sin van die woord is daar geen sprake nie – inteendeel! Hierdie 'people’s democracies' is niks anders as totalitêre state nie, vir sover die regering in beheer van ’n een-party regime is."
In ’n artikel in Roeping en Riglyne (jaargang 36, Desember 1988, pp. 12-14) het ek daarop gewys dat die nuwe grondwetlike riglyne van die ANC ’n toespitsing van die grondgedagtes in die Freedom Charter is. Ten einde die ware betekenis en omvang van die riglyne te begryp, is dit uiters noodsaaklik dat ons op die inhoud van die Freedom Charter sal let.
Slegs wanneer ons die inhoud van die Charter teen die agtergrond van die filosofie van die ANC/SAKP-alliansie beoordeel, kom die ware inhoud daarvan na vore.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GLO MAAR DIE SAPD
Die nuutste Suid-Afrikaanse misdaadstatistiek het wye reaksie ontlok. Die polisie se standpunt dat hulle ten volle in beheer van misdaad is word ernstig bevraagteken maar dalk verstaan die burgery nie wat die polisie bedoel nie. Ons meen nou maar, as iemand byvoorbeeld sê hy is in beheer van 'n koskombuis, beteken dit mos dat hy letterlik sorg dat die dinge daar uitgevoer word. Glo tog maar gerus hierdie keer die polisie: hulle is werklik in beheer van die stygende misdaad in die land...
MISLEIER MARIETTA
U sal die sogenaamde waarsêgster op TV, Marietta, onthou. Die kanaal KykNet het reeds meer as een reeks aangebied waar sy mense in die gehoor glo met hulle probleme 'help' deur met hul afgestorwenes te kommunikeer. Dit is 'n baie gevaarlike praktyk wat sy beoefen. Mense in hulle diepste hartseer wend hulle tot haar vir uitkoms en kan nie onderskei tussen realiteit en haar sogenaamde gawe met inligting afkomstig van bose geeste nie.
Ons plaas dié artikel oor hierdie omstrede onderwerp en vertrou dat meer mense die Lig en die Waarheid hierdeur sal sien.
Ds Johannes de Koning
“Daar mag nie iemand by jou wees wat sy seun of dogter as offer laat verbrand nie. Daar mag nie ‘n besweerder by jou wees nie en ook nie ‘n towenaar of iemand wat voortekens lees of ‘n goëlaar of ‘n slangbesweerder of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. Die Here het ‘n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen. Trouens, dit is juis oor die afskuwelike praktyke van die Kanaäniete dat die Here jou God hulle in jou belang gaan verdryf.” (Deuteronomium 18:10-12)
Marietta ly duidelik aan die siekte van ons tyd. Subjektiewe relativisme. Eiesinnige hoogmoed. Sy dink sy doen niks verkeerd nie, want sy "glo" wat sy doen is reg. Sy is dus haar eie norm en verwerp dus God se Woord as enigste maatstaf.
MY VOLK, MY VOLK...
... Júlle het Mý verlaat
Kobus Pienaar
Soos slagdiere word julle geslag, die baster en barbaar laat julle bloed soos ʼn rivier vloei.
Hulle dans en baljaar in die poele van onskuldige bloed, want hulle sê “ons is nie bang vir bloed”.
Hulle kom en vat julle goed sonder dat hulle dit verdien.
Sonder verdienste vat hulle jul kinders, jul vrouens, ja selfs julle siel, en steeds kyk julle na die wêreld, na die vlees vir uitkoms.
Julle keer nie na My nie.
Julle is swak, maar glo julle is sterk.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (4)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)
" Van die regters wat in die Nasionale Hof dien word verwag om ’n onvoorwaardelike lojaliteit aan die ANC af te 1ê. Hierdie regters kan ook na willekeur deur die Nasionale Uitvoerende Komitee ontslaan word. By die bestudering van die bepalings van die Kode van die ANC ontvou ’n makabere prentjie wat ’n mens met afgryse vervul...dat ’n instansie tot sulke laagtes van juridiese en staatlike manipulasie kan daal, ten einde ’n goddelose magsdiktatuur in stand te hou.
STRAF- EN SIVIELE KODE VAN DIE ANC: ’N MAKABERE WERKLIKHEID
Waarskynlik een van die belangrikste berigte wat gedurende 1988 in die pers verskyn het, het feitlik ongesiens verbygegaan. In die Citizen van 16 Maart 1988 (p. 13) het ’n berig onder die volgende opskrif verskyn: “Code, ‘a form of revolutionary law’: Nurenberg-type courts for ‘apartheid criminals”. In hierdie berig van Tony Stirling word onder andere vermeld dat ’n dokument wat deur die ANC opgestel is, ’n konvensie vir voorlegging aan die Verenigde Volke-Organisasie en ’n kriminele kode bevat.
STRY HARD VIR JOU EWIGE SALIGHEID
Hannes Ollewagen
Lukas 13:22 – 30
‘n Vraag wat so algemeen deur gelowiges gevra word is dieselfde as die vraag wat Dawid mee geworstel het: “Waarom gaan dit altyd goed met die goddelose en kom hul lewens so sorgeloos voor terwyl die regverdiges deurentyd in ‘n stryd van een of ander aard gewikkel is?”
Wil ons ‘n duideliker antwoord op ons vraag kry as die gelese gedeelte? Christus self kom sê vir ons dat ons deurgaans hard moet stry om in te gaan deur die nou poort, aangesien baie sal probeer om in te gaan maar sonder sukses. Die ewige lewe word nie net op ‘n skinkbord aan my en u gegee en nou kan ek totaal-en-al sorgeloos in ‘n goddelose wêreld voorleef nie.
GOD SE LIEFDESBRIEF AAN SY KINDERS
HOU JOU BYBEL JOU WEG VAN SONDE, OF HOU SONDE JOU WEG VAN JOU BYBEL...
Ds AE van den Berg
“...terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif in saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” 2 Pet.1:20,21.
Die Bybel laat sommige mense sidder; by ander loop dit soos water van ’n eend se rug. By die een mens val dit in diep grond en ontkiem; by ’n ander een beland dit op die rotse. Een enkele Bybelvers het Augustinus tot bekering laat kom en die grootste kerkvader van sy tyd laat word - Rom.13:13. Een enkele Bybelvers het Martin Luther daartoe gebring dat hy met die Roomse Kerk gebreek en Protestantisme op die been gekry het – Rom.1:17. God het die waarheid van sy Woord soos spykers in hulle siele ingeslaan!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
IEMAND TUIS?...
'n Blondine gaan een Saterdagaand vir 'n wandeling in Niew Seeland in 'n straat waar die straatligte helder brand.
Onder een van die ligte teen die lamppaal is 'n advertensie vasgeplak met die bewoording: 'Woonstel Te Huur'.
"Wonderlik, ek soek juis dringend na 'n woonstel!" dink sy hardop en klop teen die paal, maar niemand antwoord nie. So klop sy 'n hele paar kere teen die paal.
Naderhand kom 'n man wat haar geruime tyd van oorkant die straat dophou nader en vra of sy 'n probleem het. Op haar vraag oor wie hy is, verduidelik hy dat hý die Fransman is wat vandag rugbyskeidsregter tussen die All Blacks en die Springbokke was.
Die blondine vra hom wat hy nou eintlik met haar te doen het.
Hy sê: "Ek het gesien hoe jy bly klop maar ek kan nie verstaan waarom niemand oopmaak nie; die lig brand tog, daar moét iemand tuis wees!"
VVV'S NET STORIES
IS DAAR LEWE IN DIE BUITENSTE RUIMTE?
Ds AE van den Berg
"Amerika spandeer jaarliks miljoene dollar belastinggeld op soek na tekens van lewe in die buitenste ruimte, maar spandeer nie ’n sent om na God te soek nie."
Miljoene mense glo dat daar intelligente lewe in die buitenste duisternis is, ’n geloof wat met bykans godsdienstige koors groei! Dit word aangevuur deur verhale van vlieënde pierings en mense se ontmoetings met ruimtewesens. Dan is daar ook nog rolprente en TV-reekse oor ruimtewesens (aliens) wat jaarliks biljoene dollar insamel!
In 1995 is daar selfs ’n Wêreldkongres van Vreemde Vlieënde Voorwerpe in Duitsland gehou. In ’n onlangse meningsopname in Duitsland het 17% van die Duitsers geglo dat ruimtewesens die aarde besoek en 31% dat daar lewe op ander planete is.
In 1900 het die Franse Akademie vir Wetenskap ’n aansienlike bedrag geld uitgeloof vir enigeen wat met ’n buiteruimtelike beskawing kontak kon maak. Sedertdien is daar nog geen spoor van enige groen mannetjies of enige planetêre lewe gevind nie. Wetenskaplikes soek al langer as ’n eeu tevergeefs na enige tekens van buite-ruimtelike lewe. Selfs die duisende frekwensies wat daarvoor ingespan word, het nog geen ware teken van lewe opgespoor nie.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (3)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
In die SAKP se program van beginsels wat in 1962 aanvaar is, is verklaar dat die dwingende belange van alle dele van die Suid-Afrikaanse bevolking die uitvoering van ’n nasionale demokratiese revolusie (NDR) vereis; 'n revolusie wat die grondslag sal vorm vir die voortgang van die Republiek na ’n volkome sosialistiese en kommunistiese toekoms. Hierdie revolusie is in 2013 nog nie afgehandel nie. Die laaste fase van die NDR is beplan om finaal van die witman in Suid-Afrika ontslae te raak – wat nie met druk om te immigreer of met plaasmoorde en huisaanvalle uitgevoer kon word nie, sal in die vorm van grootskaalse anargie en doodslag voltrek word om die blanke finaal te probeer vernietig. Met reg sou ons kon saamvat dat die Freedom Charter op ’n revolusionêre grondslag berus wat slegs deur geweld prakties gerealiseer kan word - oningeligte Suid-Afrikaners is dikwels geneig om die Freedom Charter se inhoud te ondersteun. Lees in prof Raath se reeks meer oor hoe lank gelede en fyn die kommunistiese planne vir Suid-Afrika beraam is.
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies bv 'ANC/SAKP-alliansie'.)
JURIDIESE STEUN VIR DIE FREEDOM CHARTER
" Nelson Mandela het tydens die Rivionia-verhoor in 1964 verklaar dat die SAKP vir die vestiging van ’n staatsorde wat op die beginsels van die Marxisme gegrondves is staan... Die bevolking in ’n land word deur die kommunistiese party as ’n manipuleerbare massa en bron van energie in die stryd om mag gesien.... Een van die belangrikste vraagstukke vir die kommunistiese party is hoe om beheer oor die massa te verkry en dit vir sy eie doeleindes in te span... om die werkersklas te organiseer sodat dit ’n leidende rol in die nasionale demokratiese revolusie kan speel... ...kommunistiese partye gebruik alle moontlike instrumente en onwettige metodes om organisasies soos die vakbonde te infiltreer... indoktrinasie word gebruik om fundamentele idees aan klein groepe oor te dra. In die praktyk kom dit daarop neer dat slegs aanhangers van die kommunistiese party aan die volle omvang van kommunistiese doelwitte en metodes blootgestel word, terwyl die massa van die bevolking gemobiliseer word deur anti-kapitalistiese wekroepe en slagspreuke vir 'brood', 'vrede', 'grond' en 'eenheid' (vgl. Selznick, p. 10)...
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (2)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies.)
Frank Chikane: " ...Christene bereid moet wees om saam met die “slagoffers van onderdrukking” in die gevangenis te wees en sy opmerkings dat ’n tyd sal aanbreek wanneer elke kerk in die land in ’n stoorkamer vir wapens van die ANC verander sal word."
DIE ANC EN DIE KERK
Kommunistiese partye en hulle fronte wêreldwyd spits hulle aandag op die eerste fase van die revolusie toe. Hierdie fase behels ’n opstand teen die bestaande staatsgesag in ’n betrokke land, teweeggebring deur die mobilisering van die massa van die bevolking. Ten einde die bevolking te mobiliseer en ’n regering te ontsetel, maak kommunistiese partye wêreldwyd van alle geoorloofde en ongeoorloofde metodes gebruik om hulle doelwitte te bevorder. Selfs die kerk is van hierdie infiltrasie en mobilisasie deur kommunistiese partye nie uitgesluit nie. Omdat die kerk ’n sterk gewetenshouvas op sy lidmate het, bied dit ’n uitstekende afspringplek aan die kommunisme om die massas van die bevolking te bereik.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (18)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Droomlangs stroom-af opdraand
Ons trek eenkeer ná ’n kwaai droogte uit die Kalhari terug na ons plaas toe. Maar omdat dit ’n stuk of tweehonderd kilometer van die plek waar ons die veldjie te huur gekry het, tot by ons huis is, en omdat die waters ver uitmekaar was, en waar daar water was, dit nog maar skrappies ook was, het my pa vooraf die ent pad van boer tot boer afgery en by hulle gereël dat ons by hulle ons vee kon water gee wanneer ons die terugtog aanpak. En so gebeur dit dat my pa by ’n ou vriend van ons ook aandoen, en dié sê vir my pa maar dis geheel en al nie nodig dat ons die draai trek wat die pad loop om by sy huis langs te kom nie. Ons kan wat hom betref, sommer reguit deur die veld steek en die elmboog uitsny.