Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is een ding wat jy nooit moet vergeet nie: jy is uniek. Dit hang net van jouself af om iets moois en wonderliks van hierdie lewe te maak – die keuse is joune.
MAAR EK EN MY HUIS...
... ONS SAL DIE HERE DIEN
Hannes Ollewagen
Josua 24:1 – 33
Wanneer ons verse 2 – 12 van die gelese gedeelte bestudeer, sien ons duidelik hoe die volk herinner word aan al die weldade wat God aan hulle en hul voorgeslagte bewys het en word hul gedwing om opnuut tot die besef te kom hoe God nie net sy liefde vir hul in Woorde uitdruk nie, maar dat hulle dit in werklikheid kon beleef!
Is dit nie wonderlik dat ons volk dieselfde kan getuig nie? Behalwe vir die wonderwerke van die Groot Trek, Vryheidsoorloë, ens., hou ons (behoudendes) al vir bykans 180 jaar elke jaar 'n Geloftefees oor die wonderwerk wat God aan ons volk bewys het – so 'n oorweldigende groot wonderwerk, dat dit deur die eeue heen nog nooit vergeet is nie!
DIE JAMESON- INVAL (2)
Johan de Ridder
Lees reeks by Die Jameson-inval
“Die stroom van vlugtelinge het so geweldig toegeneem dat daar geen plek meer te kry was in die passasierswaens nie en baie vroue en kinders moes in oop trokke lang reise aflê. So hals oor kop het dit gegaan, dat kinders in die trein gebore is, en een kleintjie weens gebrek aan melk op pad in sy moeder se arms gesterf het, en die meeste passasiers geen tyd gehad het om kos of klere saam te neem nie."
LIONEL PHILLIPS
Laat pres Kruger verder vertel: “Mnr Lionel Phillips (die hoof van die firma H Eckstein & Kie), een van die samesweerders, het na Kaapstad gegaan, vermoedelik om besonderhede persoonlik met mnr Rhodes te bespreek. Hy het skielik teruggekeer, onder die voorwendsel dat hy die nuwe gebou van die Kamer van Mynwese moes open. Die gebou was egter nog nie eers voltooi nie en die opening was slegs ‘n ekskuus om mnr Phillips die geleentheid te gee om ‘n politieke toespraak te maak”.
Hofmeyer wys daarop dat geen moeite ontsien was om die geleentheid so indrukwekkend as moontlik te maak nie. Die rykes, invloedrykste en vernaamste mense in die land is genooi, selfs die toonaangewende dames van Johannesburg, iets wat voorheen nooit gedoen is nie.
FW SE MAAKSEL - ONS ARMBLANKE VOLK!
In die land waar ons volk gebore is, word ons nou behandel as 'n miskende en verstote "minderheid"; meer nog, as misdadigers en gehate spesie. Deur misleiding en bedrog is ons geleidelik geestelik ontwapen, later ook fisies, sodat ons bloedloos van ons geboortereg beroof kon word. Dit is die sentrale feit van die huidige Suid-Afrikaanse toestand.
Die Boere-soldate en -polisie wat voorheen hul vaderland verdedig het teen Brits-geїnspireerde en kommunisties-gedrewe terroristebendes, word gehoon en bespot en vervolg as misdadigers. En die Afrikanervolk word deur leuens en laster simbolies op die beskuldigdebank van die geskiedenis gestel om skuld te bely voor die vyande wat hom wil vernietig.
Hy is die een gemeenskap wat ter wille van "vrede" op elke terrein moes toegee, prysgee, weggee en opgee totdat daar niks meer was om te behou nie en sy "leiers" eerloos kon oorgee aan die vyande.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies bv ANC-SAKP-alliansie ens.)
Sedert 1986 het die African National Congress (ANC) alles in sy vermoë gedoen om die kerk in Suid-Afrika as afspringplek van en instrument vir sy revolusionêre aanslag te gebruik. Vir hierdie doel het die ANC ’n “Departement van Godsdienssake” in die lewe geroep om die aanslag teen die kerk te voer. As hoofkapelaan van hierdie departement, is ’n Anglikaanse priester met die naam Fumanekile Gquiba, jarelange lid van die ANC, aangestel.
In sy oproep aan Christene in Suid-Afrika, het Gquiba in sy Circular to the Religious Community verklaar dat ’n demoniese regering, wat nie volgens die wil van God bestaan nie, in Suid-Afrika die oorsaak is van bloed, dood en ellende.
FW SE SWAARD – GOD VERHOED DIT!
Kriewelkop
"As Ek die swaard oor 'n land bring, en die mense van die land neem 'n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, en hy sien die swaard aankom oor die land en waarsku die mense – as iemand hom nie laat waarsku nie en die swaard neem hom weg, dan is sy bloed op sy eie hoof. As daarenteen die wag die swaard sien kom en die basuin nie blaas nie sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard neem 'n siel uit hulle weg – sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis."
Met die stakings wat tans eskaleer en die chaos wat hieruit gaan voortkom, dink mens onwillekeurig weer aan die verraderlike leuen van FW de Klerk in 1994 dat hy glo geen ander keuse gehad het nie as om die land aan 'n swart kommunistiese bestel oor te gee, omdat dit kwansuis onregeerbaar gemaak sou word. Daar was destyds nie sprake van, of 'n vergelyking met die huidige toestand van stakings, misdaad, moord en anargie nie; tog het hy met daardie leuen weggekom, dit aan 'n spul korruptes gegee, en dáármee die swaard oor Suid-Afrika laat kom. Hiervoor sal hy en sy bende sowaar as wat dit hier geskryf staan, verantwoording doen.
Ons moet ook nie vergeet nie dat hy gesê het hy die land binne vyf jaar weer sou regeer. Dit as sulks is 'n bekentenis dat hy goed geweet het dat 'n swart regime die land werklik onregeerbaar sou maak, dat die burgers so magteloos sou staan dat hulle hom en sy meelopers later weer sou kies wanneer hulle nie meer kan huishou met die gemors in die land nie.
DIE JAMESON- INVAL (1)
Johan de Ridder
Lees reeks by Die Jameson-inval
“De Boeren leerden de Swartes by bittere ervaring van naby kennen, maar de Engelschen bewonderen ze...
Paul Kruger: Ons het nie die rebellie as ernstig beskou nie, omdat dit nie by die volk ontstaan het nie, maar wel kunsmatig aangestig is deur die samesweerders. Die hele ding sou eintlik ‘n belaglike skouspel gewees het as dit minder ernstig was... ...Rhodes: The Boers are not my friends! They are my tools, and when I have done with them, I throw them away!”
DIE VOORSPEL
OP 29 Desember 1995, was dit presies ‘n eeu gelede dat dr Leander Star Jameson met sy troepemag van 800 man in die nag die Zuid-Afrikaansche Republiek van pres Paul Kruger, by Pitsane in Betjoeanaland (later Botswana) ongeveer 46 km van Mafeking, ná maandelange sameswering in geheimsinnige voorbereiding ingeval het.
Dit sal egter seker nie oordrewe wees om te beweer dat hierdie geweldige gebeurtenis, wat die Zuid-Afrikaansche Republiek, suidelike Afrika en die wêreld op daardie tydstip geskud het, en verrykende gevolge gehad het, vandag by die meeste Afrikaners slegs vaagweg of geensins bekend is nie.
STAAN JY NAAK VOOR GOD?
Ds AE van den Berg
Gen.2:25: “En hulle was al twee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie”. 3:11: “En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is?...”
As jy iewers op aarde kon bly en geld is nie ’n kwessie nie, waar sou jy graag wou woon? Op ’n tropiese eiland, naby die Alpe of iewers ver van ’n stad in die ongerepte natuur? ’n Mens kan aan wonderlike plekke dink om te woon. Niks sou egter met die tuin van Eden vergelyk het nie.
Eden was anders - dit het die varsheid van die skepping gehad. Hoe wonderlik om in ’n omgewing wat geen letsel van die tyd getoon het voor die grote God te kon staan! Alhoewel die res van God se skepping volmaak was, was Eden tog anders – ’n tuin deur God self geplant en in stand gehou. God is mos nie net Skepper nie, maar ook die Onderhouer van sy skepping.
Eden beteken plek van heerlikheid en die woonplek van die eerste mense. Hulle het reg van die begin af die verskil tussen Eden en die buitewêreld geken. God het hulle ’n woonplek mooier as enige ander plek op aarde gegee.
ONDERWYSING DEUR ONS MEESTER
Hannes Ollewagen
Johannes 15:1-27
Ons sien in die opskrif van die gedeelte dat hierdie laaste onderwys ook ‘n innige vereniging van Jesus met sy dissipels is. Die boodskap was dus vir Hom ‘n baie belangrike onderwysing.
Wanneer ons onsself kinders van God noem, is ons mos ook veronderstel om sy dissipels (volgelinge) te wees? Moet ons onsself dan nie ook deur sy Woord laat onderrig soos wat die dissipels in die Nuwe Testament gedoen het nie? Moet ons nie ook die boodskap met dieselfde erns aanneem as wat hulle gedoen het nie?
In verse 1 en 2 begin Jesus sommer onmiddellik sy dissipels daarop wys dat God ondersoek instel in sy wingerd. Hy kyk gedurig of daar lote is wat nie vrug dra nie, die grond onnodig onvrugbaar maak en kap hulle dan uit.
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (10) (SLOT)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
GOD VERHOED DIT!
"Wanneer dus in daardie kringe gesê word hulle is bly dat Mandela ’n lewenslange straf en nie ’n doodstraf gekry het nie — want hy mag nog, soos Kenyatta, die leier in die toekoms word — dan sê ek: God verhoed dit!"
"Van die beskuldigdes wat in die Rivonia-verhoor gevonnis is, sê die Eerste Minister, dr Verwoerd, hulle is Kommunistiese misdadigers, net so goed soos enige spioen wat in die Verenigde State gevang en gevonnis en die doodstraf toebedeel is; net so goed soos enige Kommunistiese spioen wat in Brittanje of in enige ander Westerse land gevang en gestraf is. Ons het nie hier te doen gehad met ’n blote politieke verset, of met ’n poging van 'helde’ om die vryheid van sekere mense na te strewe nie. Ons het hier te doen gehad met ’n Kommunistiese set wat gerig is, nie net teen Suid-Afrika nie, maar teen die Westerse wêreld.. ...Sou dit slaag, dan sou die vryheid in Suid-Afrika waarlik verlore gegaan het. Die vryheid sou verlore gegaan het nie net vir die blanke of die Kleurling of die Indiër nie, maar ook vir die swartman van Suid-Afrika. Dit sou nog erger wees as die tirannieë van Liberië of van Ghana of van Ethiopië. Dit sou ’n uit-en-uit Kommunistiese tirannie gewees het. Op sy beste sou, ná so ’n geslaagde opstand, ’n klein kliek in Suid-Afrika die vryheid gekry het om te beheer en te oorheers en hulself te verryk. " (Soos toe in 1994 gebeur het).
OP 12 Julie 1964 word die vonnis gevel en loop die Rivonia-verhoor ten einde.
Hoe skok die wêreldreaksie rue! Die lont het lank lê en smeul en die ploflading het net op die vonnisvonkie gewag. Maande tevore het die histerie al in die V.V.O. uitgevlam, maar nou kom daar in die oseaan van wêreldmening ’n getygolf op: ’n doodvonnis in Pretoria sal die opgeroerde getygolf sy nek laat knak, sy dooddrukkrag tot verplettering toe vrylaat.
GETROU AAN GOD
Hannes Ollewagen
Hosea 4:1 – 19
In vers 1 sien ons dat God ‘n regsaak het met sy volk en dat die aanklag is dat die volk geen trou, geen liefde en geen kennis van God het nie.
Daarom dan dat die hele land goddeloos leef en ook in die proses ten gronde gaan. Behalwe daarvoor dat mense leef soos wat hulle wil, sal hul selfs verder gaan om te weier om na enige teregwysing en berisping te luister. (Vers 4).
As gevolg van hierdie goddeloosheid en hardnekkigheid is ons volk besig om ten gronde te gaan, want ons het nie genoegsame kennis van God nie. Waarom nie? Omdat mense die kennis oor God verwerp. Daar is tyd vir allerhande onbenullige maniere van tydverdryf, maar om tyd in te ruim vir God en voor Hom stil te raak om ons kennis aangaande Hom te verdiep, is daar selde. Sonder hierdie kennis sal vers 6 van die gelese gedeelte nie vir jou as ‘n besonderse vers in die Woord na vore kom nie. As jy egter waarlik ‘n kind van God is en ‘n persoonlike verhouding met Hom het, sal hierdie vers jou verseker tot stilstand dwing vir dringende selfondersoek.
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (9)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
DIE UITSPRAAK
Die Rivonia-saak is verby — maar nie sy gevolge en implikasies nie. Nie sy openbarende boodskap nie. Sy weerklank galm reg om die aarde...
"Regter-president De Wet vind Mandela, Sisulu, Goldberg, Mbeki, Mhlaba, Motsoaledi en Mlangeni skuldig aan al vier die aanklagte waaronder hoogverraad, sabotasie en guerrilla-oorlog met die doel om ’n gewelddadige revolusie in Suid-Afrika teweeg te bring... Dit is ook duidelik dat Nelson Mandela by die stigting van Umkhonto We Sizwe die hooffiguur was. ...Nelson Mandela het misbruik gemaak van sy posisie as onder-president van die A.N.C. in soverre hy ’n Kommunis was en het die doel en strewe van die Kommunisteparty daar gepropageer. Nelson Mandela het verslag gedoen dat daar nie onder die gewone lede van die swartes bekend moet laat word dat die Kommuniste inderdaad die A.N.C. help nie".
DR. YUTAR, die Staat se advokaat, lewer ’n striemende slotbetoog. Hierdie rede begin op 20 Mei 1964 en duur sowat vier dae.
Hoe verwaand en vol bedrog is die beskuldigdes nie! roep hy uit.
Teenoor die swart volke van Suid-Afrika — en inderdaad teenoor die hele wêreld — gee die beskuldigdes voor dat hulle Suid-Afrika se sogenaamd miljoene onderdruktes verteenwoordig, dat die stryd gemik is teen wat, volgens hulle, die onderdrukking van die massas sou wees. En tog behoort net meer as een persent van Suid-Afrika se twaalf miljoen swartes (1964) aan die organisasies waarin die beskuldigdes en die mede-samesweerders leiersrolle gevul het.
"Hoe tragies is dit nie,” hamer dr. Yutar, "hoe tragies is dit nie dat die leiers wat nie self die moed gehad het om ’n enkele sabotasiedaad te pleeg nie, tog hul volgelinge aangehits het tot sabotasie, guerrilla-oorlog, gewapende opstand, openlike rebellie en uiteindelik burgeroorlog!
VRAAG IS: KEN DIE HERE JÓU?
Ds AE van den Berg
“Gaan in deur die nou poort ...
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei en daar is min wat dit vind” - Mt.7:13,14.
Miljoene mense wat sê dat hulle Christene is, gaan op die oordeelsdag in die hel beland. Waarom? Omdat hulle nooit waarlik tot bekering gekom het nie. En hoe weet ’n mens dit? Hulle lewenstyl toon geen verandering nie – hulle leef presies dieselfde as ongelowiges; daar is niks anders aan hul nie. As jou Christenskap jou nie anders laat leef nie, het jy Jesus nie in jou lewe toegelaat nie en is jy verlore!
Bekering is om van die wêreld af weg te draai na Jesus toe. “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed…” (Rom.12:2). Hierdie vernuwing van die gemoed is ’n nuwe lewenswandel; jy doen dinge anders.
BELEID VIR SA SE VOLKE
Volksbegrip vanuit ‘n Bybels-antropologiese perspektief verhelder
Dr C Landman
"Die verskille tussen gemeenskappe is nie net liggaamlik nie, maar ook ingrypend geestelik. Daarom dat dit so wreed is vir blankes om ‘n swart kind aan te neem, welke kind uiteindelik in gemeenskapsverband sal moet lewe en as oorplanting ontuis sal voel. Die teendeel is ook waar wanneer ‘n witkind deur ‘n swart gemeenskap tussen swartmense grootgemaak word."
Die individu/enkele persoon leef nie afgesluit in homself nie, maar in verskillende samelewingsverbande/instellinge.
Die individu bevind homself in ‘n huweliksverband.
Die huwelik is aangewese op gesinsvorming en uit die gesinsvorming op familieformasie.
Verskillende families wat sosiaal met mekaar verkeer (bv. in kerkverband) of hulle binne ‘n beperkte geografiese ruimte bevind (soos in Switserland) of deur assosiasie dmv ‘n gemeenskaplike taal, is geneig om te ondertrou.
Deur die assosiasie van ‘n gemeenskaplike taal en ondertrouery verwerf sodanige gemeenskap ‘n min of meer gemeenskaplike genepoel.
VOLKSHOOP (18) (SLOT)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Boere-republiek — ’n visie vir die 21e eeu
Evaluering van Siener van Rensburg se visioen betreffende ’n Boerestaatsgreep en ’n Boererepubliek
Oom Niklaas voorspel ’n Boerestaatsgreep en ’n nuwe Boererepubliek. Volkshoop het daardie visioene geëvalueer en gevind dat bepaalde faktore net 'n kwessie van tyd is, soos:
- die huidige swartregering;
- die April 1994 algemene verkiesing;
- die verval van die Nasionale Party (reeds plaasgevind);
- die eerste en mislukte aanval wat in Bohuthatswana gedurende Maart 1994 plaasgevind het, en
- die ekonomie wat tans vinnig aan die verval is sodat die werklikheid van ’n groot landwye staking sigbaar word.
Dit verhoog die waarskynlikheid dat vermelde visioene van Siener van Rensburg gaan realiseer. Volkshoop het in sy inligtingswaardering van die situasie in Suid-Afrika uitgewys dat die korttermyn-vooruitsigte vir die Nuwe Suid-Afrika donker lyk. Dit blyk dat die Swart radikale geledere by wyse van stakings en ontluste sal poog om die land onregeerbaar te maak. Die verwagting is dat die ekonomiese sowel as die politieke “bubble” in die vorm van ’n anargie kan bars. ’n Anargie in minstens die kerngebiede word voorsien met die verwagte effek van ’n byna totstilstandkoming van bykans alle ekonomiese aktiwiteite.
Selfs rassehaat kan opvlam indien die aanhitsers daarvan rasverwante redes vir die nie-haalbaarheid van verwagtings sou vind.
VOLKSHOOP (17)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Die opkoms van ’n Boere Empire (Ryk) in ’n ekonomiese verband
Ons moet begryp dat die Boer ’n ekonomiese stelsel in die lewe sal moet roep wat sal tred hou met ’n gepaardgaande Boere-imperialisme. Uit die aard van die saak moet ons ook die implikasies daarvan verreken. Omrede die Boer oor ’n relatief kort periode ’n groot oppervlakte gaan bewoon, voorsien ons dat hy dit met ’n landbou-ontwikkelingsvisie moontlik gaan maak. Ons het reeds gesê dat die eise wat hierdie eie-soortige imperialisme aan ons Boere gaan stel soortgelyk is aan die imperialisme wat die historici uitwys gedurende die Negentiende-eeuse Wêreldorde (1770/1815-1914); die sogenaamde industriële imperialisme. Derhalwe verwag ons dat die Boere-ryk of Empire ’n drieledige verdeling sal hê, wat industriële kerne, semi-periferie- en agrariese periferiegebiede sal behels. Uit die aard van die saak kan ons verwag dat ons eers na ’n tydwyle so ’n drieledige verdeling duideliker sal sien. Namate nuwe fabrieke en myne geopen word, voorspel die Siener "Die kern van die groot republiek is die Transvaal, Oranje-Vrystaat en Kaap.” Dit impliseer dat die hoofaktiwiteite in die drie vermelde gebiede sal plaasvind. Dit sal waarskynlik die montering van vervaardigde produkte en die administrasie van die produksieproses insluit. Uit die aard van die saak voorsien ons dat sulke industrieë na meer landelike gebiede sal verskuif. Soos wat die behoefte groter word vir meer land of grondstowwe of water sal die Boere Empire vergroot.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
REGVERDIGE VERKIESING...
OU Robber Mugabe, sy vrou Grace en hulle twee kinders besluit om sy glorieryke verkiesingsoorwinning tydens 'n lang en spandabel-vakansie te gaan vier. Daar is egter 'n verskil van mening: Ou Robber wil in Dubai vakansie gaan hou, en Grace en die kinders wil eerder in die Seychelles gaan vakanasie hou. Hulle besluit die beste uitweg is om daaroor te stem. Hulle hou toe 'n vry en regverdige stemming. Die uitslag: drie stemme ten gunste van die Seychelles, en 63 stemme ten gunste van Dubai...
HOMO- SEKSUALISME (2)
Ds AE van den Berg
Homoseksualisme is ‘n gruwel in God se oë. Daarom het die Christelike kerk dit van meet af aan veroordeel. Sy moes haar dikwels openlik teen die heidendom verset wat hierdie gruwels beoefen het. Dit word van keiser Nero vertel dat hy ’n man as huweliksmaat gehad het! Die Christendom ag reinheid baie hoog. Die OuTestament –gelowiges het reg aan die begin van die Christelike kerk die weerhouding van seksuele losbandigheid en gruwels as ’n vereiste vir bekeerlinge uit die heidendom gestel. Heidene kon alleenlik deel van ’n gemeente word indien hulle hul sondige gebruike afgesweer het.
Dis vir God baie belangrik hoe gelowiges leef. Geeneen durf homoseksualisme as normaal aanvaar nie, nie eens stilswyend nie. Verdraagsaamheid jeens hierdie gruwel is dwaalleer en dwaalleer is in wese ‘n weersin in die waarheid.
Ontspoorde kerke se pogings om homoseksualisme te ontsondig, is op geen Skrifbeginsel gegrond nie, maar op homoseksuele mense se belewenisse. Hulle laat die Bybel nie vir hulle voorskryf nie; maar besluit self oor wat reg of verkeerd is.
DIE KEUSE IS JOUNE...
GEBRUIK JOU TALENTE!
Ds AE van den Berg
“Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer”- Mt.25:23
By geleentheid was ek by ’n prysuitdeling waar ’n leraar wat die opening waargeneem het, die Gelykenis van die Talente gelees en God gedank het vir die talente wat Hy aan die pryswenners gegee het. Dis glad nie waaroor hierdie gelykenis gaan nie! Ek wil sê dat 99% mense hierdie gelykenis verkeerd verstaan. Dit het niks met verstandelike vermoëns en gawes te doen nie, maar met diensbaarheid in belang van die koninkryk van God.
Met hierdie gelykenis sluit Jesus by die sakelewe aan; diensknegte word met geld toevertrou waarmee hulle moet woeker met die oog op die terugkeer van hul huisheer. Dit sluit ook by die vorige een van die tien maagde aan - almal moet voorberei en gereed wees vir die terugkeer van die hemelse Huisheer.
CORPUS CHRISTI...
... WEER ONDER DIE LOEP
“En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het, soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle al twee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word” - Lev.18:22 en 20:13
Daar word die afgelope tyd weer 'n e-pos oor die omstrede film Corpus Christi: Playing with
Redemption, kruis en dwars oor die wêreld gestuur om mense bewus te maak van hierdie godslasterlike produksie. Hierdie film is in 2012 vrygestel maar dis verblydend om weer die heftige reaksie van Christene hierop te sien. Daar was ook navrae hieroor en daarom hierdie inligtingstuk.
Corpus Christi is sogenaamd 'n passiespele wat die verhaal van 'n homoseksuele Jesus en sy dissipels in die 1950's in Texas uitbeeld. Dit is in 1997 deur Terrence McNally geskryf en die eerste keer in 1998 in New York opgevoer. Die Manhatten Teater in New York het egter die opvoering in 1998 verban nadat hulle verskeie bom- en doodsdreigemente ontvang het.
DIE REBELLIE VAN 1914 (2)
Lees reeks by Die Rebellie van 1914
'n Kort reeks van ses aflewerings oor 'n volk in opstand, 'n verhaal oor verraad en van heldedade tydens die rebellie van 1914. Ons helde, De la Rey, De Wet, Maritz, Kemp, Beyers en Jopie Fourie, staan hier in skerpe kontras met verlooptes soos Smuts, Botha en diesulkes sonder vaderlandsliefde.
GENL CHRISTIAAN DE WET: STRYDER VIR DIE VRYHEID
deur Jan Pretorius
"By De Wet was daar geen twyfel nie dat dit teen die wet van God is om ’n ander volk se land te roof. Dan haal hy uit die Bybel aan, Deut 27:17: 'Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê.' De Wet het geen ander beswaar gehad teen die inval in DSWA nie as hierdie godsdienstige beswaar. Dit was wat hom in botsing met die regering gebring het... De Wet het woord gehou. Hy en sy mense sou nie die eerste wees wat broederbloed vergiet nie."
OM KWART VOOR TWAALF in die nag van 4 Augustus 1914 was Brittanje en Duitsland in ’n staat van oorlog.
Genls. Botha en Smuts, behep met hulle eer en trou teenoor Britttanje, draai hulle rug op die volk wat in die Tweede Vryheidsoorlog teen dieselfde Brittanje geveg het vir die eer van en trou teenoor hulle vaderland.
Genl. De la Rey, gedagtig aan die syfer 15 wat Siener van Rensburg "gesien" het, meen dat 15 Augustus 1914 die dag is waarop die vryheid van die Republieke teruggeneem moet word.