Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy jou spiere nie oefen nie, word hulle swak. As jy die vermoëns en vaardighede wat God jou gegee het, ewe-eens nie gebruik nie, sal jy dit verloor. As jy die vermoëns werklik gebruik soos dit bedoel is, sal God dit ook vermeerder – dit is 'n belofte wat Hy aan ons maak.
REËNBOOGLAND (7)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
BRUIN
Karools Plaatjie en die Kleurlinge
Ek wil vir jou ‘n paar besonderhede oor die herkoms en lewe van ons Kleurlinge in Suid-Afrika meedeel en sal dit nie teen jou hou as jy by die lees hiervan so af en toe ‘n jammerhartige sug slaak nie en mompel: “Ag, die arme Kleurlinge van Suid-Afrika; hulle het nie gevra om daar te wees nie en nou word hulle so stiefmoederlik behandel....”
Ons herkoms dateer uit die jare van die tweede Britse besetting van die Kaap. Die Engelse het in 1828 met hulle Ordonnansie 50 die Hottentotte gelyk gestel met die Blankes. In daardie tyd het hulle ook die slawe vrygestel. Met hulle gesagsoorname van die Kaap in 1806 het hulle daar ‘n bevolking aangetref van 26 000 Blankes, 30 000 slawe en 20 000 Hottentotte. In Kaapstad self was 6 000 Blankes, 9 000 slawe en 450 Hottentotte.
SANRAL OF TE NIE, SA GAAN HOES!
Kriewelkop
Die ANC sal vorentoe nog hewig teenstand kry deur organisasies soos Cosatu en andere oor die SANRAL-tolstelsel maar tans is die finansiële implikasies daarvan in verskillende bedrywe van die land vir eers besig om deur te dring. Of die tolstelsel suksesvol in werking gestel word, en of dit weens erge teenstand deur massabetogings weerstaan word, betaal gaan die burgers van Suid-Afrika betaal, of een of ander manier. Dalk sal dit die pensioenarisse wees wat die gelag gaan betaal as die stelsel nie funksioneer nie aangesien 17 miljard rand van hulle geld onregmatig in SANRAL deur die ANC belê is – vandaar die stoomrollery om die tolstelsel in werking te kry. En as die stelsel wel in werking kom, sal dit elke landsburger wees wat hierdeur geraak word.
Intussen het die landboubedryf gaan kyk hoe hulle geraak gaan word indien die stelsel in werking kom:
SPOOKSTORIES: CJ LANGENHOVEN (6)
Reeks by Versamelde Werke van Langenhoven
DIE KIS
Dis nie 'n mooi geskiedenis hierdie nie en daaroor is ek jammer. Om misdade en gruweldade en welddade, en die sordide hartstogte wat daaruit vloei en weer dááruit vloei, te beskrywe, is natuutlik geensins die doel van hierdie versameling nie. Trouens ons het teenswoordig so 'n oorhoping daarvan dat hulle alledaags en vervelig begin te word het; en as daar darem nog lesers is wat in sulke verslae behae skep, kan hulle voldoende versadiging vir hulle sieklike sensasie-lus in die daelikse koerante kry. Maar waar sulke dinge die aanleiding is tot die buite-liggamelike ontmoetings wat dit die doel is om hier te boekstaaf, spreek dit vanself dat hulle vermeld moet word, anders bly ons met die indruk van verspotte, omsonse spokerye, sonder rym of rede vir niemendal, drif sonder dryfveer.
REËNBOOGLAND (6)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (4)
4. Tom Makobela en die Tswanas
Ons Tswanas, wat in die geskiedenis van Suid-Afrika ten opsigte van die ander Swart volke en die Blankes maar eintlik deurgaans ‘n onderhorige rol gespeel het, se lewensomstandighede en geleenthede het niks verander nadat die New South Africa tot stand gekom het nie. Ons - en ook al die ander Swart inwoners van die land - is in werklikheid nou baie slegter daaraan toe as gedurende die jare toe die Blankes in Suid-Afrika regeer het. Hierdie Kôsa-groepie wat deesdae deur middel van hulle ANC-komplot oor ons almal die septer probeer swaai, bestaan hoegenaamd nie uit die meerderheid van swart stemme in die land nie, maar ons word met elke verkiesing bedreig en stem dan maar uit vrees weer vir hulle.
GOEIE PLAN!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Toe Julius Malema, dis nou onse Julias wat die F in houtwerk op skool gekry het, nou die dag gal afgaan omdat hy glo keelvol is om soos 'n uitvaagsel behandel te word en daarop aandring dat hy net soos die ikoon van 'n Mandela behandel wil word, het iemand vinnig geantwoord: "Wonderlik! Kom ons begin by 27 jaar in die tronk!"
REËNBOOGLAND (5)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (3)
3. Jakob Matlala en die Basoeto’s
Ons het ook die storie gehoor dat daar mense is wat loop en rondvertel dat al die nasies wat in Suid-Afrika woon, gerus maar kan saamsmelt en één bruin, geel, swart, wit, rooi volk word. Vir ons Basoeto’s is dit die belaglikste ding wat iemand kon uitdink. Hulle weet seker niks van die geskiedenis van hierdie land nie. Daarom gaan ek nou vir jou vertel hoe ons Basoeto’s met die Zoeloes, die Matebeles, die Boere en met die Engelse gebots het, sodat ons tot vandag toe nog glad nie lief is vir mekaar nie, wat staan nog gewillig te wees om één nasie te word.
DIE LEEU VAN WES-TRANSVAAL (3)
Leopold Scholtz
KRYGSMANNE VAN FAAM
Lees reeks by Krygsmanne van faam
By Colesberg het die Britte in 'n halfsirkel gelê met hul geskut op Coleskop, wat vanuit die weste die ander koppies in die omtrek beheer. Dit was French se oogmerk om sy flanke uit te sprei ten einde die Boere te omvleuel en hul verbindingslinies af te sny. Met dieselfde bewegings het De la Rey nou sy burgers uitgesprei om die omvleueling te verhoed.
Tot einde Februarie 1900 het De la Rey aan die hoof van die Boeremagte rondom Colesberg gestaan. Tot French se vertrek einde Januarie en gedurende die operasies van sy opvolger, genl.-maj. R. A. P. Clements, het De la Rey verskeie suksesvolle gevegte gehad. Die Boere het die Britse troepemag uiteindelik van Colesberg na Arundel teruggedryf.
ANC SE ONLOGIESE AFRIKAANS
Die Afrikaner
Die swak standaard van departementele vraestelle en die feit dat dit dikwels laat by skole aankom, laat die gevaarligte vir diegene in die staatsonderwys flikker.
Dit het aan die lig gekom dat die uiters swak Afrikaanse taalgebruik in vraestelle vir lewensoriëntering laerskole in die Secunda en Bethal-omgewing noop om hul eie vraestelle op te stel. Soms daag die departementele vraestelle eers op wanneer die leerlinge al klaar eksamen geskryf het.
Dit wil voorkom asof die opstellers van die Afrikaanse vraestelle hoegenaamd nie die taal magtig is nie. Verder wemel die vraestelle ook van tikfoute. Enkele voorbeelde uit graad 5 en 6- vraestelle vir lewensoriëntering onder die afdeling waarop leerlinge waar of vals moet antwoord, word aangehaal: “’n Gebren aan konsentrasie kan veroorsaak word duer die misbruik van dwelmmiddels.” “Rommelstrooning is ‘n vorm van beoedigling”.
GODLOSE AFRIKA
"DIE FOUT WAS DAT HY GESTERF HET"
Neo Genocide
Vanwaar ek agter in die kapel van die tronk staan en die diens lei, tref die soet rookwalms van dagga my wat deur die oop vensters inwaai. Die ritmiese gedreunsang van die gevangenes wat op sulke kwart kussingkies slaan vir ritme terwyl hulle sing, is die tipiese ritmiese Afrika-dreunsang. Dan asof die gevangenes elektronies beheer word, sing hulle al sagter todat die sangery skielik stop. Nou gaan hulle bid.
Wat volg is skrikwekkend vreemd.
Daar bars 'n kakofonie van geskree uit elke gevangene se mond los, wat almal kliphard saam skree tot een of ander god om gehoor te word. Dis 'n waansinnige chaos. Elke gevangene se oë is bottoe, en almal raak bleek terwyl die sweet hulle gesigte aftap binne minute. Hulle is almal in een of ander koma of beswyming. Net soos die beswymingsdans by Boesmans, waar die dansers almal in een of ander beswyming verval.
PLAASMOORDE MOET SPESIALE KATEGORIE IN MISDAAD WEES
MEDIAVRYSTELLING:
Die veldtog teen plaasmoorde
Herstigte Nasionale Party
Dit is te verwelkom dat Solidariteit besluit het om die veldtog teen plaasmoorde wat reeds geruime tyd deur verskeie instansies gevoer word, nou verder te voer deur die skepping van die boekemonument wat hulle in die vooruitsig stel.
Die sterkste aksie teen dié moorde tot dusver was die volksmoordklag wat deur die Verkennersbeweging van Suid-Afrika by die internasionale strafhof in Den Haag teen die Regering en die ANC gelê is. Die HNP en verskeie ander volksorganisasies het as mede-aanklaers tot dié klag toegetree.
Daarbenewens voer Die HNP geruime tyd reeds deur middel van Die Afrikaner-koerant 'n inligtings- en bewusmakingsveldtog oor die moorde op ons mense, asook die ander aspekte wat gesamentlik onteenseglik op 'n berekende volksmoord op die Afrikanervolk dui.
NUWE BOEKE- MONUMENT OOR PLAASAANVALLE
"Veldtog teen plaasaanvalle begin binnekort"
Hierdie poging kan nie juis as 'n verdedigingsveldtog gesien word nie maar om 'n boek met al die gegewens oor plaasaanvalle saam te stel het wel sy waardevolle plek in ons Afrikanervolk se geskiedenis. Ons moet egter bid dat daar werklike uitkoms sal kom anders sal daar geen nageslag wees om hierdie boek te lees nie.
Plaasmoorde in Suid-Afrika het nou ʼn krisispunt bereik en daadwerklike optrede is nou noodsaaklik om die probleem te pak en dit as ʼn prioriteitsmisdaad te laat klassifiseer, het die Solidariteit Beweging (spesifiek Solidariteit, AfriForum en Kraal Uitgewers) vandag gewaarsku. Dit volg in reaksie op die reeks plaasaanvalle wat reeds sedert die begin van die jaar die landbougemeenskap teister.
In die jongste aanval is die 36-jarige Christo Jansen van Rensburg van die Heilbron-omgewing Dinsdag deur aanvallers met ʼn petrolbom bestook en aan die brand gesteek.
REËNBOOGLAND (4)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (2)
2. Boela Komane en die Zoeloes
Net soos ander swart volke in Afrika, glo ons Zoeloes in die voortbestaan van die sterkste een, wat moet baas wees oor die ander. Daarom het Tsjaka, ons eerste groot koning wat die Zoeloenasie gestig het, sommer duisende laat doodmaak en koning Dingaan nog meer, sodat hulle seker kon wees dat niemand hulle gesag kon betwis nie. Die klein stammetjies in die omgewing moes ook uitgewis word, sodat ons Zoeloes oor almal kon koning kraai.
Ons sou seker die sterkste nasie in suidelike Afrika geword het as Moselekatse nie in 1824 weggebreek het en die Matebelenasie gestig het nie. Al het ons Zoeloes daarna, nes die Matebeles, al die ander klein stamme in Natal, die Vrystaat en sover as Transvaal geheel en al uitgeroei, het ons nooit weer so’n gedugte mag gevorm as wat ons onder die gevreeste Tsjaka was nie.
GOEIE RAAD!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hierdie stukkie uitstekende raad kom van 'n Amerikaanse weermagtroepie: "As jy sien 'n bomtegnikus hardloop, probeer om by hom verby te hardloop." Advies nie te versmaai nie...
MUGABE SE DOOD KAN OOK SA ONTWRIG
Kriewelkop
Nog interessante wêreldveranderinge staan in die deur.
Die versteurde robber, ou Robert Mugabe van Zimbabwe, lê klaarblyklik ernstig siek in 'n hospitaal in Singapor. Die 88-jarige president van Zimbabwe ly reeds sedert 2008 aan prostaatkanker en het die afgelope tyd verskeie kere behandeling in Asië ontvang. Hy was in 2011 glo agt keer in Singapor vir mediese behandeling maar dit lyk nie asof daar verbetering is nie; die kanker het reeds versprei toe dit ontdek is en hy is ongeveer vyf jaar gegee om te leef.
Sy toestand het nou so versleg dat hy selfs bereid is om sy magte aan sy minister van verdediging, Mnangagwa, te oorhandig – 'n eerste vir hierdie ou patriarg. Die 65-jarige Mnangagwa was een van Mugabe se handlangers wat in die 1970's gewelddadige opstande teen Brittanje help organiseer het. Mugabe is president sedert Zimbabwe se onafhanklikheid in 1980. Mnangagwa was voorheen ook hoof van Zimbabwe se intelligensiediens en verantwoordelik vir die geweld in 2008 tydens die presidensiële verkiesing teen Morgan Tsvangirai. Hy het ook 'n groot rol gespeel in die vernietiging van die opposisieparty Zapu in die 1980's waarin duisende burgers gesterf het. Daar kan dus geen verwagting vir meer stabiliteit in die land wees ná Mugabe se afsterwe nie.
SIENER SE "KARRE STAAN OP DIE BULTE"
...WANT DAAR SAL NIE MEER BRANDSTOF WEES NIE
Kriewelkop
Suid-Afrika word deur Amerika gedwing om vanaf 1 Julie afstand te doen van 26% van sy olie-invoer vanuit Iran. Al klink dit onmoontlik is dit 'n saak wat Obama goed deurdink het en uitvoerbaar is deurdat hy sanksies teen Iran se sentrale bank instel wat dit van internasionale finansiële stelsels afsluit. Suid-Afrika, soos China, Indië en talle ander lande behalwe 11 lande wat van hierdie strafmaatreël vrygestel is, sal dus nie meer vir olie kan betaal nie want dit is uitsluitlik aan hierdie bank wat lande se raffinaderye betalings aan Iran vir die olie doen.
Die VSA het selfs gedreig dat sankies direk teen Suid-Afrika ingestel word indien Zuma nie gehoor gee aan die afskaal van olie uit Iran nie. Zuma het hom tot dusver doof gehou vir hierdie situasie en maak asof dit nie bestaan nie.
Obama het in 2011 reeds alle voorbereidings vir hierdie plan getref en in Januarie 2012 is Amerika se wet op verdedigingsbemagtigting deurgevoer, 'n wet wat deur die VSA se sekerheidsbestel afgedwing móét word.
VRAE OOR DIE LEWE NÁ DIE DOOD (3)
Dr Jac J Müller
Lees reeks by VRAE OOR DIE LEWE NÁ DIE DOOD
DIE ONSTERFLIKHEID VAN DIE MENS
Deut. 12 : 23: “Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag nie die siel saam met die vleis eet nie."
IS DIE MENS TEGELYK STERFLIK EN ONSTERFLIK?
Die mens het twee bestanddele: stof en gees, en bestaan in twee nature, 'n stoflike en geestelike. Die stoflike deel van die mens - sy liggaam - is sterflik en verganklik, maar die geestelike deel — die gees of siel - is onsterflik en onverganklik.
Opmerking:
Hierdie tweeledigheid van die mens, as wese met liggaamlike en sterflike bestanddeel en 'n geestelike en onsterflike bestanddeel, word vir ons op baie plekke in die Bybel geteken.
SPORT EN POLITIEK - ‘N GLASHUIS TUIMEL
Gert Kotzé
Lees reeks by Sport en politiek
SPORT EN POLITIEK (4)
Die eerste aanslag deur 'n groepie Johannesburgse Afrikaners teen die anti-Afrikaanse bestuur van die Transvaalse Rugbybond het die grondslag gelê vir 'n soortgelyke aanslag 20 jaar later. Hierdie keer het die opstandelinge absoluut seker gemaak dat die tegniese haakplekke wat die eerste poging laat misluk het betyds uitgeskakel sou word.
In die twee dekades tussenin was daar heelwat verwikkelinge.
Voormanne van die Afrikaner-sportlui aan die Rand het hulle oënskynlik daarin berus dat die Engelse oorheersing in die bestuur van Transvaalse rugby so stewig verskans was dat geen pogings om dit te beëindig sou slaag nie.
So 'n standpunt was nie heeltemal verkeerd nie.
REËNBOOGLAND (3)
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (1)
1. Josef Kubeka en die Kôsas
My antwoord op die vraag of daar ‘n dag sal aanbreek wanneer al die inwoners van hierdie New South Africa harmonies sal saamleef en deur gewillige integrasie één ideale reënboognasie sal word, spreek baie duidelik as ‘n groot nee uit die geskiedenis van ons verskillende volke in Suid-Afrika. Dink maar net aan wat alles gebeur het nadat die Kôsas die eerste keer met die Blankes in aanraking gekom het:
Daar in 1778 rond het ons Kôsas se voorposte uit die noorde by die Visrivier aangekom. Ons was nog in ons natuurlike staat van ontwikkeling en het ons uitermate verstom oor die snaakse Blankes wat yl verspreid anderkant die Visrivier gewoon het. Dit was die eerste keer wat ons mense met wit velle gesien het, wat klere gedra het, wat op perde ry waar hulle wil wees en wat osse gebruik om waens te trek.
NEDERLAND PLEIT TEEN PTA STRAATNAAM- VERANDERINGS
Ou en nuwe straatname hier onder aangeheg
'n Nederlandse politieke party, die Party vir Vryheid (PVV) eis dat die Nederlandse Kabinet ter ondersteuning van die behouding van Suid-Afrika se straatname in Pretoria sal optree.
Die (PVV) het in 'n mediaverklaring gesê die Nederlandse Ambassade in Queen Wilheminalaan behoort te weier dat straatname in Pretoria vervang word met Nuwe Suid-Afrika-name.
Ook die Federasie van Afrikaanse Kultuurverening (FAK) het die Nederlandse minister Mark Rutte om hulp gevra om die straatname te help behou. Die federasie weier glo volstrek dat 25 Pretoriase straatname sommer net geskrap word terwyl dit ook na Nederland verwys. Dit is volgens hulle aanstootlik om strate te gaan vernoem na persone soos Steve Biko en meelopers van die kommunistiese swart bewussyn in Suid-Afrika.
SPORTREVOLUSIE EN DIE BEESBLAASBOND
Gert Kotzé
Lees reeks by Sport en politiek
SPORT EN POLITIEK (3)
(As hierdie weergawe totaal die waarheid is, dan is dit dalk tyd om weer so ‘n revolusie te reël...)
Die besluit van die Smuts-regering om op 4 September, 1939, oorlog teen Duitsland te verklaar het die skerp en bitter twiste in die Suid-Afrikaanse politiek tot gevolg gehad. Die twis sou mettertyd na die terrein van sport oorwaai.
Die nasionale sportheld, Johannes van der Walt, se politieke bedrywighede en sy dood wat deur die optredes van die Smuts-mense veroorsaak is, het die Afrikaner-gemoedere help opkook.
Afrikaners wat die oorlogsbeleid nie goedgesind was nie, het al gou bykomende rede gehad om in opstand te kom. Want verskeie sportbase, met 'n paar rugbybonde aan die voorpunt, het hul simpatie met die oorlogspoging nie weggesteek nie.
Twee van die bekendste rugbybonde, Transvaal en die Westelike Provinsie (ook die Oostelike Provinsie en Griekwaland-Wes het hulle later hierby aangesluit) en het besluit dat daar by sekere wedstryde fondse ten bate van die oorlog ingesamel moet word.
Dit het die Afrikaner-sportlui se bloed laat kook.