Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vandag het jy nog 'n dag vol genade beleef. Die vraag is of jy dit raakgesien het. Of het jy jou blind gestaar teen die swaarkry, pyn of dalk ander ongerief wat jy moes verduur? Onthou dat ons binne hierdie gebroke wêreld al hierdie dinge sal beleef, maar dat ons met God se genade binne hierdie belewenis beskerm en gedra word, suiwer deur Genade!
1801: SAREL CILLIERS,VADER VAN DIE GELOFTE
KULTUURDAGBOEK 7 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is die bekende Voortrekkerleier, Sarel Arnoldus Cilliers op Klein-Drakenstein gebore. Met die begin van die Groot Trek bevind hy hom in die omgewing van Graaf-Reinet, en in 1836 sluit hy hom aan by die trekgroep van Hendrik Potgieter. Hy neem deel aan die beslissende slag van Vegkop en vergesel ook die Voortrekkers se ekspedisie teen die Matebele.
DR VERWOERD AS PERSOON
Johan Dorfling
Dr H F Verwoerd is op 6 September 1966 vermoor. Om oor sy persoonlikheid en ingesteldheid te skryf, is maklik, maar terselfdertyd is dit baie moeilik. Hy was so merkwaardig dat die grense van sy denke die mensdom onbeperk vooruitgeloop het.
Dit is maklik om hom te beskryf omdat hy so 'n eerlike, opregte en openlike persoon was sodat almal geweet het waar hulle met hom staan. Aan die anderkant is dit moeilik omdat daar rakke vol boeke en geskrifte oor hom geskryf is en steeds geskryf word, ver meer as oor enige ander Suid-Afrikaanse staatsman, of menige ander groot moondhede se staatsmanne of manne wat foutiewelik as staatsmanne voorgehou is. Teenswoordig verkoop selfs tweedehandse boeke oor hom teen die duurste pryse. Uit al hierdie beskikbare inligting, asook uit die talle uitstekende toesprake wat hy self gemaak het, het sy persoonlikheid sterk op die voorgrond getree. Wat kan nog oor hom geskryf word wat nie reeds gedoen is nie? Steeds regeer hy Suid-Afrika selfs uit die graf uit.
DR VERWOERD
Die Verwoerd-figuur alleen was goed genoeg
om met alle mense se ryke wandenke te ploeg.
Op die kruin van sy betekenisvolle lewenspad
het hy geheers soos geen ander volksleier had.
'n Generaal wat sy leër deur 'n nou bergpas lei,
sonder weerga en uitermate wellewend was hy.
As volksleier het hy treffende strategie bepaal,
en die beste uit 'n kleinste besonderheid gehaal.
Sy besonderse groot intellek en oorredingskrag
het menige verras wat betref wysheid en gesag.
Altyd dieselfde, altyd gemoedelik, altyd briljant,
instrumentale ewewig tussen volke en verstand.
1966: VERWOERD VERMOOR
KULTUURDAGBOEK 6 SEPTEMBER 1966
MAN VAN SY VOLK
Op die dag van sy begrafnis is daar ‘n naamlose briefskrywer se hulde
in ‘n Engelse koerant:
“Vir Henk Verwoerd geen beeld van Brons
in openbare plein of park nie.
“Kap sy gelaat hoog in die Drakensberge uit
‘n krans, groot en sterk, sodat mense dit myle,
myle ver kan sien.
Want sy gelyke kry ons nimmermeer.”
Sy mense noem hom:
Vader van die Republiek.
Bouer aan ‘n tweetalige nasie.
Skepper van aparte vryhede vir sy veelrassige land.
Beskermer teen aanslae van buite;
Dader wat sy land sterk gemaak het.
Hulle noem hom:
Leier en profeet;
Man wat vir sy volk geleef het.
Hulle noem hom:
MAN VAN DIE VOLK
Op hierdie datum is dr. H.F. Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika, in sy bank in die Volksraadsaal vermoor deur Demetrio Tsafendas, tydelike bode in die Volksraad.
Dit was die eerste geslaagde sluipmoord op ‘n Suid-Afrikaanse staatsman en het land- en wêreldwye skok en verbystering meegebring. Dr. Verwoerd was op die toppunt van sy lewe as staatsman en het agting en aansien geniet ook by politieke teenstanders. Hy het pas met ‘n nuwe praktiese beleid van interstaatlike betrekkinge in Suider-Afrika begin en wou op hierdie dag vermoedelik aan die Volksraad verslag gedoen het oor ‘n persoonlike gesprek enkele dae tevore met premier Leabua Jonathan van Lesotho. Die sluipmoord het gebeur onderwyl die lede die Volksraadsaal binnegekom het vir die begin van die dag se verrigtinge.
6 SEPTEMBER 1966
Dr. Verwoerd gaan sit alleen in sy bank. Die klokkies lui nog. Dr. Dönges stap agter die bode.
"Wat woel die kêrel so met sy klere?" Hy wil hom net daaroor berispe. Toe swaai die man by die sygang in en werp hom oor dr. Verwoerd se bank.
Dr. Verwoerd kyk op. Hy glimlag. Hy meen seker die man het net gestruikel. Hy lig sy arm asof hy wil help.
Vier maal tref die dolk.
Dit is 2.14 namiddag.
1939: GENL HERTZOG BEDANK AS PREMIER
KULTUURDAGBOEK 6 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Sondag, 3 September, kondig Chamberlain, die Britse premier, in die laerhuis aan dat die Britse regering oorlog teen Duitsland verklaar het. Dieselfde Sondag het genl JBM Hertzog, Premier van die Unie van Suid-Afrika, sy kabinet na Groote Schuur ontbied. Hy het die Kabinet reeds die vorige dag uitvoerig ingelig oor sy reeds bekende standpunt dat hy in die Parlement gaan voorstel dat die Unie neutraal bly in geval van 'n oorlog tussen Brittanje en Duitsland.
Op die Sondagvergadering het dit duidelik geblyk dat genl Smuts en ander van sy kabinetslede hierdie standpunt nie onderskryf nie.
SA INEENSTORTING OP ONS DRUMPEL
1. Geen ontwikkelende land nie
Regeringslui reken dat Suid-Afrika 'n ontwikkelende land is. Daar is ongelukkig geen noemenswaardige ontwikkeling te bespeur nie. Al wat duidelik waarneembaar is, is 'n ontstellende agteruitgang op elke lewensgebied. Die vernietiging van ons paaie, skole, ekonomie, lewenstandaarde, sedes, wet en orde is elke dag in die nuus.
Dit was nie nodig dat Suid-Afrika in die dryfsand van onbevoegdheid en wanadministrasie moes versink nie. Die ANC-regering het genoeg bevoegdes geêrf om die land doeltreffend te kon administreer as hulle wou. Rassehaat en onbeskaamde diskriminasie het dit egter gekelder. Toe die Bybelse meriete-benadering vir 'n skaamtelose velkleur-benadering moes plek maak, was die spreekwoordelike hond in die pot.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Die storm is verby. Die kamp is in rep en roer soos tente herstel en weer opgeslaan word. Modder word verwyder. Oral is manne, vroue en kinders besig met besems en moppe. Alles moet weer georden en gerangskik word. Vir dertien dae het hulle gewag vir die wind en toe die reën om te bedaar. Maar dit was ook amper twee weke van rus. Die wagte kon hulle poste verlaat, want niemand sou dit buite waag nie. Slange en ander ongediertes wat voor die reën gevlug het, is deur Koos Slangevanger verwyder en weer in veld losgelaat.
By die kostent is die tannies besig met ontbyt. Dis ‘n uitdaging om met die deurweekte hout die vuur aan die gang te kry, maar mettertyd styg die rook en watertand geure vul die tent en die omgewing. Ben en die ander manne wag vir die swerwerswagte en die voetpatrollies, wat reeds voor ligdag uit is, om te kom rapporteer. Na order-groep is almal besig met hulle onderskeie take.
1900: DANIE THERON SNEUWEL
Lees volledig by Kultuurdagboek
Danie Johannes Stephanus Theron is op hierdie dag in Tulbagh gebore, waar hy tot sy tiende jaar skoolgegaan het. Toe het hy reeds besliste leierseinenskappe en lofwaardige karaktertrekke aan die dag gelê. ‘n Onderwyssertifikaat en die matriekeksamen het hin in 1889 in Kaapstad verwerf, waarna hy in die distrik Vredefort in die Vrystaat gaan onderwys gee het. In 1891 het hy op ‘n okkupasie plaas in die Soutpansberg begin boer, maar die onderneming in 1893 vaarwel gesê en op Pietersburg by ‘n prokureur gaan werk.
Hy het in die tyd (1894) aan die Malaboch-oorlog deelgeneem, op grond waarvan volwaardige burgerskap van die Zuid-Afrikaansche Republiek aan hom toegeken is
WIE DAN WEET OM GOED TE DOEN
Hannes Ollewagen
Jak. 4:13-17
“Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.” (:17).
Hierdie woorde uit Jakobus 4 gee vir enige gelowige ernstige stof tot nadenke. Hierdie woorde lê op ons ’n groter verantwoordelikheid as net die onderhouding van ’n paar gebooie om ons gewete mee te sus. Dit herinner ons daaraan dat ’n opregte geloof ’n lewe van aktiewe handeling is waarin God se welbehae nagestreef word eerder as ’n passiewe lewe van valse gerustheid dat ek nie te veel oortree t.o.v. die gebooie van God nie. Christus het Hom sterk teen so ’n sogenaamde godsdienstige lewe waar ’n mens in sy hart dood is vir God, uitgespreek. “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.” (Matt. 23:27).
1939: SMUTS IN OORLOG SAAM MET BRITTANJE TEEN DUITSLAND
Lees volledig by Kultuurdagboek
Net soos dit met die Eerste Wêreldoorlog die geval was, het die Tweede Wêreldoorlog wat op 1 September 1939 uitgebreek het, om die handhawing van die beginsel van die magsewewig gegaan. Onder leiding van Adolf Hitler het Duitsland weer so in sterkte toegeneem dat hy die magsewewig in Europa aangetas het. Nadat Duitsland op 23 Augustus 1939 ‘n nie-aanvalsverdrag met Rusland gesluit het, het hy ‘n week later Pole binnegeval.
Op 3 September het Brittanje en Frankryk oorlog teen Duitsland verklaar. Suid-Afrika het onder Jan Smuts saam met Brittanje geveg, ten spyte van 'n groot getal ontevrede Suid-Afrikaners wat nie hierdie oorlog kon goedpraat nie.
Amerika sou voorlopig neutraal bly, terwyl Japan reeds in ‘n oorlog teen China verkeer het. Ook Italië het aanvanklik neutraal gebly. Die eerste helfte van die oorlog is gekenmerk deur groot Duitse oorwinnings. Naas Pole, is ook Denemarke, Noorweë, Nederland en België deur die Duitse magte binnegeval. Frankryk is in ‘n veldtog van slegs ses weke tot kapitulasie gedwing.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (7)
George het vir Tros Truter oorgenooi om saam met die gesin aandete te nuttig. Sherry en die kinders is onrustig en wil net klaarkry sodat hulle kamer toe kan gaan, weg van George af, en natuurlik vanaand ook met ‘n toe deur tussen hulle en Tros. Hy het ‘n spesiale maaltyd voorgeskryf, wat Sherry moes voorberei. Dit bestaan uit gekookte groenmielies, rys, biefstuk en spinasie. Nadat sy haar kos so vinnig moontlik afgesluk het, verskoon Sherry hulleself, maar George wil niks daarvan weet nie. Hy kyk die kinders so kwaai aan, dat die kleintjie begin huil.
“Sherry, kry jou kinders onder beheer!”
Die oudste kindjie kyk af na haar kos. Daar is trane in haar oë, maar sy huil nie hardop nie. Haar armpies hang langs haar sye en af en toe kyk sy op na George. Daar is walging en veragting in haar klein ogies.
1800: GRAAFF- REINET SE REBELLE GEVONNIS
KULTUURDAGBOEK 3 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1795 het rebelle van Graaff-Reinet hulle teen Kompanjiegesag verset, landdros HCD Maynier verjaag en 'n 'vrye Republiek' verklaar – onderdanig slegs aan die Republiek van Nederland. Met die eerste Britse verowering van die Kaap in 1795 het die rebelle ook hierdie gesag verwerp maar hulle is later verplig om hulle te onderwerp.
Toe die veldkommandant Adriaan van jaarsveld in 1799 op aanklag van vervalsing gearresteer is, het groot protes gevolg maar die daaropvolgende onrus is deur die owerheid onderdruk.
1919: VRYHEIDS- DEPUTASIE KEER TERUG
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die Vryheidsdeputasie onder leiding van genl. J.B.M. Hertzog uit Europa in Durban geland, bitter teleurgestel oor die afloop van hulle onderneming. Hertzog, bygestaan deur N.C. Havenga, D.F. Malan, F.W. Spies, E.G. Jansen en Gey van Pittius (sekretaris) het, aangemoedig deur pres. Wilson (VSA) se beklemtoning van die selfbeskikkingsreg van klein nasies as beginsel grondslag vir die vredesonderhandelinge na Wêreldoorlog I, ook na die vredeskonferensie in Parys (Frankryk), 1919, gegaan om namens Suid-Afrika se nasionaalgesindes te pleit vir die herstel van die voormalige Boererepublieke se onafhanklikheid.
1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 3 September 1917 publiseer De Burger ‘n brief wat drie vroeër gedateer is, onderteken deur J.E. de Villiers. Hierdie brief en sy ondertekenaar was bestem om ‘n unieke rol te speel in die Helpmekaarbeweging, wat gestig is om rebelle skuld en –boete te delg na die Rebellie van 1914. Jakob Elisa de Villiers (later oom Japie Helpmekaar genoem) is op 31 Desember 1835 op die plaas Waterval, Groot Drakenstein, gebore. Hy was in 1917 ‘n welgestelde boer uit die Paarl, ‘n godsman en ‘n volksman. In sy brief aan De Burger bied hy aan om £500 aan die Helpmekaarbeweging te skenk, mits 500 ander persone bereid sou wees om elk £100 tot die fonds by te dra.
DIE HORMOON WAT JOU VAN BINNE NA BUITE VEROUDER
Amerikaanse navorsing word deesdae hoog aangeslaan aangesien daar baie moeite gedoen word om betroubare inligting te bekom. Natuurlik is daar ook talle sogenaamde navorsing wat totaal onbetroubare “feite” na vore bring – gewoonlik om sekere instansies te verryk. Maar daar het die afgelope tyd ook nuwe navorsingsinstitute op die been gekom wat dit hulle misie maak om eerbaar te werk te gaan sodat die mensdom se gesondheid daarby kan baat. Hierdie artikel is nagegaan en die feite korrek bevind. Indien u meer oor die werking van die hormoon kortisol wil weet, is dit noodsaaklik om hier te lees.
Kortisol is gebou vir noodgevalle, maar die moderne lewe hou dit 24/7 aangeskakel. Ontwerp om jou te help om vinnig te reageer in oomblikke van gevaar, oorstroom hierdie hormoon jou stelsel met energie wanneer jy moet veg of vlug. Maar wanneer die stres stop, stop jou kortisolafskeiding nie noodwendig nie. Dit is wanneer die einste stelsel wat bedoel is om jou te beskerm, skade begin aanrig.
1848: TRANSORANJE TOT BRITSE GEBIED VERKLAAR
KULTUURDAGBOEK 2 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die gebied ten noorde van die Oranjerivier is in die veertigerjare van die vorige eeu gekenmerk deur voortdurende botsings tussen verskillende bevolkingsgroepe. Konflik, spanning en onrus het hoogty gevier. En dit sou uiteindelik tot die uitbreiding van die Britse gesag oor gebied lei. Tussen die Afrikaners wat daar woonagtig was, was daar ‘n diep politieke kloof. Die lojaalgesindes onder Michiel Oberholster het Britse onderdaanskap begeer, terwyl die republikeine onder Jan Mocke geensins onder die Britse gesag wou kom nie.
1902: PRETORIA NORMAAL- KOLLEGE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 2 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Uitvoerende Komitee van Transvaal het op 10 Julie 1902 besluit om agt erwe en twee huise in Sunnyside, Pretoria, van mnr EF Bourke te koop vir die instelling van 'n normaalkollege.
Op Dinsdag 2 September 1902 het die stigting van die kollege werklik plaasgevind toe mej Maria Elizabeth Bosman van Newcastle haar vir inskrywing aangemeld het.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Hy het die punt van die dak se nok net effens gesien blink toe die son begin sak in die Weste. So effens laer af, en so ietwat in die rigting wat hy loop. Kan dit die plek wees? Dis nie onwaarskynlik nie, hy weet dit moet hier êrens wees, tussen Kranspoort en Buysdorp.
Onmiddellik begin hy stadiger en meer behoedsaam loop. Hy bly so lank moontlik tussen die bome en waar ‘n oopte opdoen, sluip hy gebukkend deur die gras. Elke tien minute of so, sak hy op sy hurke en luister aandagtig na enige beweging of stemme wat dalk op die windjie gedra word.
1904:ACVV (VROUE- VERENIGING)
KULTUURDAGBOEK 1 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Afrikanervrou as pioniermens en Voortrekkerleidster is oorbekend. Sy het wondere verrig. Die invloed van die Afrikanervrou ná die ellende van die Tweede Vryheidsoorlog en haar rol met die opheffing van 'n verwarde, vernederde volk wat verstedelik en verarm het, steek egter selfs hoër uit. Georganiseerde vrouebewegings het in ons land immers nie om stemreg en gesag gepleit nie maar het ontstaan om die gemeenheid en beleid van uitwissing ten opsigte van die Afrikanervrou en Afrikanerkind in die konsentrasiekampe deur Brittanje, teen te gaan. Hulp is verleen en protesvergaderings gehou – in Kaapstad, Paarl en op Cradock.
Vroueverenigings het oral ontstaan en kosbare werk verrig, maar verenigde optrede was nodig want die ellende was ontsaglik, en hulp was noodsaaklik soos met die armblanke vraagstuk in 2011.
DIE WEDERKOMS (3)
Ds A.E. van den Berg
” Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag” (2 Pet.3:8)
Niemand weet op watter dag en datum Jesus weer aarde toe kom nie. Jesus sê in sy profetiese Rede dat selfs die engele in die hemel nie eens weet wanneer Hy weer kom nie. Al wat gelowiges moet doen, is om Jesus se belofte vas te hou en nooit te twyfel dat Hy vir seker weer sal kom nie.
Kort voor sy kruisiging sê Hy vir sy dissipels: “ Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh14:1-3).