Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Verstaan u die verskil tussen vertroue en vergifnis? Vergifnis is om die verlede los te laat. Vertroue het met die toekomstige gedrag te doen. Vergifnis moet onmiddellik plaasvind, terwyl vertroue mettertyd gebou word. Maar so is beide ewe belangrik en noodsaaklik in ons lewens.
DIE ANTICHRIS (2/3)
Ds A.E. van den Berg
“...hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan” (2 Thess.2:9).
Die ander dier wat Johannes in Open.13:11 sien, beteken een van dieselfde soort. Beide is handlangers van die Satan. Die eerste een is die Antichris en die tweede een die valse profeet. Hy is 'n kerkleier – 'n lam met twee horings. Sy taak is om die mensdom te oorreed om die Antichris te aanbid. Hy werk dus baie nou met die Antichris saam. Hy gaan selfs 'n beeld van die Antichris laat oprig en mense dwing om die beeld te aanbid. Daarna sal alle formele godsdiens afgodediens wees. Dag verander in nag!
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
“Kan ek saam ry, dan wys ek julle waar hulle bly?”
“Jy kan. Daar is nie baie plek nie, maar dis seker nie ver nie, of hoe? Maar vertel ons eers wie jy is.”
“Nee. Miskien een of twee kilometer. My naam is Sus Jansen. Julle?”
“Ek is Herrie Maritz en hierdie is Madel van Wyk. Klim op, dan ry ons.”
IVAN LOMBARD
KULTUURDAGBOEK 2 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ivanhoe Makepeace Lombard is op hierdie dag in die Kimberley-distrik gebore. As kind het hy die smaad en ellende van 'n Britse Konsentrasiekamp deurleef. As jong man en jong onderwyser (wat hom in Heidelberg as onderwyser bekwaam het) het hy die vernedering van Afrikaner-wees – in daardie jare aan die Rand – deurworstel toe hy die werkerstryd van 1913 en 1922 beleef het, die Afrikaner-armblankedom van die dertigerjare meegemaak het, die minagting van sy taal en kultuur ondervind het, die politieke verdeeldheid en onmag gesien het.
Alles saam het daartoe bygedra dat hy en ander Afrikaners die voortou geneem het om saam te bind wat uit eie oortuiging bymekaar hoort, om daardeur die knegskap van die Afrikaner te oorwin.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (5)
Die knal wat feitlik onmiddellik op die klap van die koeël langs my volg, sê vir my twee dinge. Die eerste is dat die skut nie baie ver weg is nie, want ‘n koeël trek baie vinniger as die klank van die skoot en die twee was bymekaar.
Tweedens is die knal plat en venynig, wat beteken dat die kaliber klein en vinnig is. Miskien ‘n ding soos ‘n .243 Winchester, of 5,56 millimeter NATO. Ek dink nie dis ‘n R4 of R5 nie, want dan sou meer as een skoot geklap het, maar ek kan verkeerd wees. So, miskien ‘n slot-aksie geweer?
DIE DUISENDJARIGE VREDERYK
Ds A.E. van den Berg
Openb.20
In Openbaring gaan dit oor twee basiese waarhede - God se oordeel oor die goddelose en sy bewaring en latere verhoging van sy getroue gelowiges. God straf, maar bewaar ook; ’n tema wat soos ’n hoogspanningsdraad dwarsdeur Openbaring loop. God se oordeel begin, soos Petrus skryf, by die kerk: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…” (1 Pet.4:7). Daarom loop Jesus in hoofstuk een tussen sewe kandelaars (:13) terwyl ’n skerp tweesnydende swaard uit sy mond gaan (:16).
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (4)
Ek sien vir baie dinge kans wanneer ek versigtig by die gebou uit beweeg met die Mauser in my arms. Natuurlik kyk ek nog skerp uit vir sluipskutters, maar nou kan ek hulle amper op gelyke voet aanvat. Ek het nie vreeslik baie ervaring met hierdie geweer se kaliber nie, maar as ek reg onthou, was dit vir baie jare gebruik as ʼn swaarkaliber spesiaal vir groot en gevaarlike wild in Afrika. Die meeste mense van Europese afkoms, wat aan begin van die twintigste eeu in Afrika gaan boer het, het ‘n goedkoper geweer as die Holland&Holland of Westley Richards dubbels in 450 Nitro of swaarder benodig en duisende Mausers in 9,3X62 is aan hulle verskaf teen ‘n baie kleiner bedrag as die Engelse gewere.
DIE AARDE BEHOORT AAN DIE HERE!
Hannes Ollewagen
Ps. 24:1-10
“... Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.” (:1&2).
Die kwessie van eienaarskap – iets wat universeel bekend is. Ja, selfs ’n kleuter het bykans uit die staanspoor die idee van hierdie of daardie is “myne”. Die mens hanteer dan gewoonlik ook iets waaroor hy eienaarskap het met groter sorg om dit te beskerm en behoue te laat bly. Die mens wil graag sy eienaarskap oor sy eiendom behou aangesien die eiendom nie alleen waardevol is nie, maar eienaarskap gee ook aan die eienaar die voorreg om te besluit hoe daar met die eiendom gehandel kan word.
Ons sien nie alleen in die lewe van die eerste mense al hierdie kwessie van eienaarskap nie. Ons sien ook dat Satan van die vroegste tye al werksaam is om die mens se gedagte rondom eienaarskap en reg probeer versteur. ’n Versteuring hiervan baan die weg vir vergrype teen God – die Eienaar van alle dinge. Nadat God die aarde en ook die Paradys geskape het, het Hy die mense (Adam en Eva wat ook deur Hom geskape is) die voorreg gegun om hierdie eiendom van Hom te bewoon. Hy het as Eienaar hiervan aan hulle die voorreg gebied om van al die bome in die tuin vryelik te eet met uitsondering van die boom van kennis van goed en kwaad. Satan kom dan na die mens en vertroebel hierdie reg van God se Eienaarskap sonder om eers na eienaarskap te verwys – dit word gewoon hanteer asof dit nie bestaan nie. Hy kom met ’n baie slu en uitgeslape plan na die mens en wek by Adam en Eva die indruk of oortuiging dat hulle geregtig is om van hierdie boom van kennis van goed en kwaad te eet ten spyte van die Eienaar se verbod om dit te doen.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (3)
“Hoeveel ammo het jy vir daardie vier-vyf?”
“Genoeg om mee te begin.”
“Dit antwoord my nie werklik nie.”
Madel reik agtertoe, kry haar sak in die hande, haal ‘n paar stukke klere uit en sit dit by haar voete neer. Die ou, groot en swaar 230 grein, .45 ACP rondtes lê los in die sak, en sy tel dit een-een.
“Een honderd ses en vyftig. Plus vier vol magasyne, van sewe elk. En die een in my wapen, en nog ‘n enkele patroon in die loop. Een honderd twee en negentig, as my somme reg is.”
“Honderd vyf en tagtig.”
“Dankie, Slimjan. Amper maak ek ‘n fout.”
DIE ANTICHRIS (1/3)
Ds A.E. van die Berg
“En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Open.13:4).
Gelowiges verskil soms oor geloofsake van mekaar. Een saak waaroor almal wel saamstem, is dat Jesus aan die einde van die tyd weer kom: “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3). Net voordat dit gebeur, gaan 'n geweldenaar verskyn nl. die Antichris as die sigbare gestalte van Satan op aarde.
SKRIFTUURLIKE STAWING VAN ‘N KERNOORLOG
Hoeveel bewys is daar in die Skrif dat kernwapens moontlik gebruik sal word?
Geleerdes het al daarop gewys dat die Griekse woord ouranoi die woord is waarvan ons moderne woord, Liman, afgelei is. Hierdie wit, radio-aktiewe metaalelement beskik oor die uraan-isotoop 0235 wat die eienskap het om 'n kettingreaksie aan die gang te hou. Dit is die basis vir kernontploffings, of hulle nou op die oppervlakte van die son of hier op ons eie planeet voorkom.
As 'n mens dus weer daardie woorde van Jesus lees dat met sy terugkeer "die kragte van die hemele (ouranoi) geskud sal word" (1Mattheus 24:29), is dit moontlik om 'n ander vertolking daaraan te gee as die een wat ons 'n geslag gelede sou gebruik het. Word daar miskien na kernontploffings verwys? Die moontlikheid word sterker as ons na 2 Petrus 37 blaai en lees dat "die teenswoordige hemele (ouranoi) en die aarde vir die vuur bewaar word". Hieruit kan ons aflei dat dit dieselfde soort vuur sal wees wat die hemele en die aarde sal vernietig. Die opvatting word nog verder versterk deur vers tien waarin ons lees "die elemente sal brand en vergaan".
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (2)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
‘n Stuk van die trapreling is afgebreek en ek struikel half daaroor. Op my hakke is ‘n hele aantal van die manne en ek kan hulle al letterlik ruik. Sodra ek oor die stuk reling is, druk ek die pistool voor by my belt in, tel die staalreling op, draai om en storm op die spul af.
Ek het nie tyd gehad om aan die gevolge te dink nie, maar dit het in elk geval ‘n gewensde uitwerking. Ek val half oor die spul as hulle instinktief stuit en die voorste manne hulle voorarms en hande opbring om hulleself te beskerm. Hulle is effens van balans af as ek hulle tref en val agteroor, op hulle opkomende makkers. Vir ‘n oomblik is daar net die staalreling tussen my en hulle as ek bo-op die ding – en die manne – lê.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (1)
Die groot Cooper Discoverer-bande van Herrie se Jeep grom-fluit eentonig waar daar nog teerpad is, maar wanneer die slaggate te veel raak, ry hy op die grondoppervlak van die pad se skouer langsaan en hy is dankbaar vir diep groewe en hoë sywande. Van die gate is vol water van die onlangse swaar reën en hy kan nie die diepte bepaal nie, sonder om stil te hou en dit met ‘n stok te toets nie en daarvoor het hy nie tyd nie.
Skeer, Max en die ander het hom laat begaan net anderkant Sannieshof, waar hulle noorde toe, na die Soutpansberge gedraai het. Hulle verwag baie moeilikheid, nie net as gevolg van die ineenstorting van alle stelsels in die land nie, maar ook omdat hulle die hele valse narratief aangaande Mandela, Gibson Makhanda, Chris Hani en Samora Machel ontbloot het en natuurlik is Cornelle Maritz en haar waterstofenjin vir die oliekartelle ‘n steen des aanstoots, wat hulle so gou moontlik moet verbrokkel en uit die pad kry.
3e WÊRELDOORLOG VOORSPEL
Daar was deur baie jare reeds talle sogenaamde sieners in die verlede wat geroem het oor hulle visioene. Maar min van hulle was Christene en maar min van hulle het so in die kol soos Siener van Rensburg en Johanna Brandt voorspel wat met Suid-Afrika baie jare later as hulle eie leeftyd, sou gebeur. Daar is genoeg rede om te glo dit is omdat die Here daardie vooruitskouinge aan hulle gewys het – as kinders van die Here kon hulle daardie beelde nie gefabriseer het nie.
So was daar nog ‘n persoon in die vorige eeu waarvan min mense bewus is maar wie baie interessante voorspellings oor wêreldtoestande in toekomstige tyd gemaak het, veral oor die uitbreek en verloop van die Derde Wêreldoorlog.
Alois Irlmaier was 'n eenvoudige Duitser, amper so eenvoudig wat Siener van Rensburg was. Irlmaier wat in 1959 oorlede is het in sy leeftyd talle visioene gehad. Probleme met die Midde-Ooste is onder andere ingelui met ‘n moord op ‘n vooraanstaande persoon, waarvan Irlmaier gesê het:
WONDERS EN TEKENS
Mag ons dit soek?
Ds A.E. van den Berg
Daar is min onderwerpe waaroor gelowiges en ongelowiges so sterk bots as wonders en wonderwerke. Ongelowiges sê dat dit kunsmatig opgeblaas word en dat mense se aansprake daarop vals is. Daarom wek redenasies hieroor dikwels meer hitte as lig op.
Let gerus op wie die mense is wat na wonders en wonderwerke in hul lewe verlang – gewoonlik mense wat baie onseker oor hulself en hul godsdiens is. Hierdie onsekerheid gee groot skaduwees aan klein dingetjies in hul lewe en maak hulle bekommerd oor die lewe. Kommer is ’n nare ding – dit dreineer nie môre se sorge nie, maar dreineer ons van ons krag vir vandag.
WILLOOS OPPAD NA 3e WÊRELDOORLOG
China se uitvoerende staatshoof, wat by geleentheid namens die grootste nasie op aarde gepraat het, het in die sewentiger jare aan die Amerikaanse president, verteenwoordiger van die magtigste nasie op aarde, gesê dat die mens ongetwyfeld op pad is na die Derde Wêreldoorlog. "Dit staan heeltemal afsydig van die mens se wil." Dit is waarskynlik die verbasendste stelling in die geskiedenis van ateïstiese politiek: wêreldoorlog staan "afsydig van die mens se wil". Dit is presies wat Jesus aan Johannes gesê het: dat die mens uiteindelik so 'n laagtepunt sal bereik dat hy in die hande van bose leiers sal verval wat, verdoof en betower deur Satan, hom reguit met die pad na Armageddon sal laat voortmarsjeer.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (21)
Skeer en Arno het ‘n lang stuk geskryf en dit saam met die foto’s op alle beskikbare elektroniese platforms gelaai: Facebook, Wattsapp, Twitter, Tik-Toc, You-Tube en nog ‘n paar ander. Dis binne ‘n uur byna ‘n halfmiljoen keer gedeel.
Dis asof die tydsberekening perfek was, met die eerste Afrikaners wat op uitnodiging van die Amerikaanse president by Dulles lughawe aankom. Die debatte en argumente oor wie reg is en wie nie, wie is rassiste en wie is die onderdruktes, aan wie se kant is die geskiedenis, word in die tyd gevoer en veral die konserwatiewes, nie net in die VSA nie, maar in Europa, Australië en selfs Nieu-Zeeland, neem nie net kennis nie, maar is oortuig dat die ANC nooit vir vryheid geveg het nie, maar vir mag en geld. En die geld is opgesteel, in die kaders en makkers se sakke. Die begroting wil maar net nie klop nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (20)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Mense, ons het geselskap!”
Basjan het vir ‘n oomblik die twee bote in die effense maanlig gesien aankom, al is die gordyne toegetrek. Hy gryp sy geweer en met drie haastige treë is hy by die voordeur uit.
‘n Verskriklike slag volg en kort daarna nog twee as drie haelpatrone die agterdeur tref; een op elke skarnier en een deur die slot. Dit word gevolg deur ‘n skop wat die deur binnetoe laat val. Dieselfde oomblik gaan die kragopwekker af as ‘n sarsie koeëls dit tref en die huis is oombliklik in donkerte gehul. Daar is vir ‘n oomblik pandemonium, soos die goedopgeleide manne hulle taak vinnig en noukeurig uitvoer.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (19)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Ons sal netnou by Chris Hani en sy moord kom. Dis die tweede belangrike stuk van die hele legkaart, wat alles aanmekaar skakel. Alles wentel om die persona van Nelson Mandela. Nou, luister mooi, daar is vier bewyse waarom dit nie Mandela self kon wees nie. Die eerste is moontlik debateerbaar, maar net tot op ‘n punt.
“Sielkundiges, psigiaters en psigo-analiste sal, wanneer hulle die karaktereienskappe van die Mandela vòòr hy tronk toe is, en die een wat die president geword het, met mekaar vergelyk, kan dit hoegenaamd nie dieselfde man wees nie. Die eerste Nelson was aggressief en kwaad. Ek noem weer dat hy uMkonte weSizwe in die kele van die ANC afgedruk het met die uitsluitlike doel om moord, doodslag, chaos, verminking, paniek en terreur te saai. Hy was doelgerig, intelligent, kwaad, haatdraend en vol wraak teenoor blankes. Die een wat uit die tronk gekom het, was saggeaard, liefdevol, vredeliewend, taktvol en rustig. Mense kan nou beweer dat die tronk hom saggemaak het, maar dis nie so nie. Die gevangenis het onvermydelik die uitwerking om mense hard en ongenaakbaar te maak. En onthou dat Winnie Mandela gesê het die man wat daar ingegaan het, was nie die man wat daar uitgekom het nie. Sy het dit nie eufemisties bedoel nie, of simbolies nie, maar letterlik.”
DIENSBAAR AAN HOM
Hannes Ollewagen
Markus 8:34-38
“EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” (:34)
Die voorspoedgodsdiens is geen onbekende term in ons samelewing en tyd nie. Dit is iets wat oor die afgelope vier-tot-vyf dekades geweldige oplewing gesien het. En namate hierdie dwaling saam met die siening van humanisme na bo geskiet het, het mense se geloofslewe afwaarts getuimel. Die mens het a.g.v. hierdie wanopvattings die persepsie ontwikkel dat God in die mens se diens moet staan om hom uit nood te red (al is dit deur sy eie sondige en wederstrewige optrede veroorsaak) en gedurig met voorspoed en gemak moet seën. Die mens is hiervolgens “geregtig” op ’n lewe waar alles na sy wil geskik moet word en moet gebeur en waar God op sy aandrang moet handel om sy begeertes te bevredig. Hier is verder geen verantwoordelikheid wat die mens moet nakom nie – nie teenoor God of sy medemens nie. Die woorde van Christus uit Markus 8:34 onderstreep egter vir ons die verkeerdheid van die humanistiese lewensbeskouing sowel as die teologiese wanopvatting van die voorspoedsteologie en natuurlik die denkrigting wat oor die afgelope paar dekades by mense posgevat het.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (18)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Nou, waar was ons?”
Middagete van gerookte snoek en patats is vir die Limpopo-manne en vroue vreemd, maar baie smaaklik. Kleinskeer het weereens die mense rondom hom verbaas, miskien selfs geskok met sy eetlus.
“Ouboet, hoe bly jy so maer en jy eet so baie?”
“Nee, Tannie, dis maar hoe ek is,” sê hy half verleë.
“Jy hoef nie saam met die grootmense te gaan praat as jy eerder iets anders wil doen nie, Seun.”
“Dankie, Tannie. Ja, ek sal eerder gaan kyk na die vissers en die bote, maar net as ek my geweer mag saamvat.”
“Natuurlik mag jy.”