Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die liefde is vriendelik...
1978: PW BOTHA WORD EERSTE MINISTER
KULTUURDAGBOEK 28 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na 'n tydperk van verraad, moord op dr Verwoerd en talle politieke intriges sedert 1966, is PW Botha op hierdie dag as agtste Eerste Minister van Suid-Afrika in die plek van Johan Vorster gekies en het Blank Suid-Afrika al vinniger sy ondergang genader.
DIE BEELD VAN GOD
Hannes Ollewagen
Rom. 8:18-30
“Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;” (:29).
Wanneer ons die eerste boek van Génesis lees, word ons aan soveel belangrike dinge in die lewe herinner. Ons word herinner aan die ontstaan van alle dinge, nl. dat die ganse Skepping deur God se wil ontstaan het. En ons word herinner aan ons plek in God se Skepping, nl. om oor die werke van sy Hande te heers. Maar nie alleen het die mens die verantwoordelikheid ontvang om oor God se skepping te heers nie, maar ook is dit die mens opgelê om die beeld van God te dra.
27 SEPTEMBER 1862: GENL LOUIS BOTHA
KULTUURDAGBOEK 27 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Dat hy 'n volksverraaier onder die invloed van Jan Smuts geword het, kon niemand later betwis nie, en staan sy naam vandag saam met Smuts bekend as die grootste verraaiers toe hulle volk hulle nodig gehad het!."
Louis Botha, een van 13 kinders wat na sy geboorte op hierdie dag, op die plaas Hartebeesvlakte naby Greytown in Natal gewoon het, het slegs 57 jaar oud geword. Treffende voorkoms met sy donker hare en potblou oë, was hy 'n vooruitstrewende boer en ywerige politikus.
As jong man het Botha in die Transvaalse politieke lewe betrokke geraak en in Pretoria, asook op sy spogplaas Waterval naby Vryheid, gewoon. Hy het gedurig sy kennis van boerdery aangevul en sou 'n baie welgestelde man word.
26 SEPTEMBER 1950: SASOL GEREGISTREER
KULTUURDAGBOEK 26 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse Steenkool, Olie- en Gaskorporasie Beperk, bekend as Sasol, is op 26 September 1950 as maatskappy geregistreer. Aangestel in die eerste direksie was FJ du Toit as voorsitter en PE Rousseau as besturende direkteur. Die geskikste plek vir die oprigting van die fabriek was die noordoostelike hoek van die Vrystaat, waar 'n groot steenkoolveld geleë is, en naby die Vaalrivier wat as waterbron dien. Die nabygeleë Witwatersrand as die land se belangrikste afsetgebied vir Sasol se produkte, was 'n verdere voordeel.
Konstruksie het geduur van 1951 tot 1955, en aan die einde van daardie jaar is die eerste "bloupomp" – of Sasolpetrol geproduseer.
25 SEPTEMBER 1857: EERSTE STAATSKOERANT IN ZAR
KULTUURDAGBOEK 25 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Een van die grootste sorge waarmee die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek in die wordingsjare te kampe gehad het, was die gebrek aan 'n eie drukpers. Reeds in 1851 het 'n sekere AJ Wagner voorgestel dat 'n drukpers in die Republiek opgerig word "ten einde de onregtvaardige en schandeleuze lasteringen hen door de Britsch Couranten ter laste gelegd, op eene regtvaardige wyze te verdedigen, en de waarheid hulde te doen" (Min of meer soos en waarom ons vandag die internet behoort te gebruik...)
24 SEPTEMBER 1898: DR HANS VAN RENSBURG EN DIE OB
KULTUURDAGBOEK 24 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johannes Frederick Janse van Rensburg is op hierdie dag gebore. Sy vader se deelname aan die Tweede Vryheidsoorlog, die nederlaag teen die Engelse en die bewuste verengelsingsbeleid daarna, het 'n belangrike rol in sy vormingsjare te Winburg gespeel. Sy loopbaan is gekenmerk deur buitengewoon vinnige bevordering – in 1930 het hy sy doktorsgraad in die regte behaal, en drie jaar later tot Sekretaris van Justisie bevorder. Dit was in hierdie hoedanigheid dat hy Duitsland besoek het, Hitler ontmoet het en sterk deur die Nasionaal-Sosialistiese ideologie beïndruk is.
23 SEPTEMBER 1869: GENL CF BEYERS, REGSMAN TOT QUERRILLA-VEGTER
KULTUURDAGBOEK 23 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Christiaan Frederik Beyers is op hierdie dag op Banhoek, Stellenbosch, gebore en het ook skool- en tersiêre onderrig op Stellenbosch ondergaan voordat hy met sy eie prokureurspraktyk op Boksburg begin het.
As kryger in die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 trek hy met sy onverskrokkenheid en kragtige persoonlikheid gou die aandag van kmdt-genl Louis Botha en word hy op 3 September 1900 as assistent-generaal in die distrikte Waterberg en Soutpansberg aangestel. Hy onderskei hom in die querrilla-taktiek.
1941: VOORBRAND TABAK- MAATSKAPPY GESTIG
KULTUURDAGBOEK 22 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oprigting van die Voorbrand Tabakmaatskappy (Edms) Bpk, was 'n gebeurtenis wat die Afrikaners verheug het. Hulle eerste fabriek is in Johannesburg in Commissionerstraat 200, opgerig.
Voorbrand Tabakmaatskappy was die voorloper van die Rembrandt Tabakmaatskappy wat later wêreldwyd bekend geword het.
In 'n artikel wat die oprigting van die fabriek bekend gestel het, is onder meer geskryf: "Hierdie maatskappy funksioneer met Afrikaanse kapitaal, staan onder Afrikaanse bestuur en maak gebruik van Afrikaanse arbeid."
NIEMAND WORD WEGGERAAP!
Ds. A.E van den Berg
Soos wat die dag van die wederkoms nader kom, eet al hoe meer mense leuens vir soetkoek op. Jesus waarsku; “,,,en baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” (Mat.24:11). Laasgenoemdes is geestelik honger maar soek op die verkeerde plekke na geestelike voedsel en glo elke fabel: “...want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie ... en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim. 4:3,4).
God gee vir gelowiges die waarheid in sy Woord. Gevolglik is dwaalleer 'n spottery met God: “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie...” (Gal.6:7). Die wegraping huldig basies twee wederkomste. Met die eerste vertoef Jesus iewers in die lug terwyl Hy sekere gelowiges op pluk om hul die groot verdrukking te spaar. Later kom Hy vir 'n finale keer as Regter aarde toe.
WIE AANBID JY WERKLIK?
Ds A.E. van den Berg
“...Kom, maak vir ons gode wat voor ons uittrek...” (Ex 32:1).
Die mensdom het nog altyd 'n behoefte aan leiers gehad; mense wat leiding kan neem en hul volk sinvol laat leef. As sulke leiers nie daarin slaag nie, word hulle desnoods uitgestem, verwyder of selfs vermoor.
'n Leier oorheers nie sy mense nie, maar snoer hulle saam om bepaalde doelstellings na te streef en te bereik.
Moses was so 'n leier. Toe God hom tot diens geroep het, was Israel vir 400 jaar slawe in Egipte. Moses moes hulle na die land wat God aan hul voorgeslag beloof het, lei. Sommige Israeliete het hom aanvanklik gewantrou totdat die plae wat God oor Egipte laat kom het hulle tot ander insigte gebring en 'n reuse uittog gevolg het.
1899: LAASTE SITTING VAN VRYSTAATSE VOLKSRAAD
KULTUURDAGBOEK 21 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds na die mislukte Bloemfontein-konferensie tussen pres Kruger en lord Milner in Junie 1899 was daar net een woord op almal se lippe: OORLOG!
Toe die Volksraadslede dus op 21 September die Raadsaal in Pres. Brandstraat binnestap, was daar nie een wat nie die erns van die oomblik besef het nie. Vir almal was dit duidelik dat slegs 'n wonderwerk die oorlog sou kan afweer.
VORSTER BEDANK
KULTUURDAGBOEK 20 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1978: John Vorster kondig sy bedanking as premier en leier van die Nasionale Party aan en word opgevolg deur PW Botha.
KULTUUR- DAGBOEK 19 SEPTEMBER
KULTUURDAGBOEK 19 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1786: Graaff-Reinet in die Kaapkolonie word op hierdie dag deur die VOC gestig. Dit is vernoem na goewerneur Cornelis Jacob van de Graaf en sy vrou, Cornelia Reynet.
2. 1950: JGN Strauss volg op hierdie dag die ontslape genl Jan Smuts op as leier van die Verenigde Party (VP).
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (2)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Abel het nooit gedink so ‘n klein, skraal vroutjie kan sò hard klap nie. Dis ‘n oophandklap, met al die woede en vrees daaragter, wat sy kan bemeester. Sy tref hom oor die linkeroor en vir ‘n paar oomblikke is hy half van balans af, met sy binne-oor wat probeer om die skokgolf te oorkom. Sy mik vir ‘n tweede klap, maar hy gryp haar aan die gewrig en hou vas. Ongedwonge staan sy nou styf teen sy bors.
“Wat gaan jy nou doen? Op die grond gooi en my aanrand, soos die spul netnou wou doen? Ek moes jou geskiet het toe ek die geleentheid gehad het!”
Abel los haar gewrig en voel hoe die woede in hom ook opstoot. Hy het immers ook die afgelope tyd geweldige trauma beleef. Wie dink hierdie stukkie flerrie is hy?
SA BIBLIOTEEK EN-MUSEUM OPEN
KULTUURDAGBOEK 18 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse biblioteek en die Suid-Afrikaanse museum word op hierdie dag in 1860 in Kaapstad geopen.
AFRIKA KAN SA ‘N LES LEER!
Ds A.E van den Berg
Die beoefening van homoseksualisme is in 32 van Afrika se 54 lande onwettig en met tronk- en selfs die dood strafbaar. Al word homoseksuele gedrag in sommige van die oorblywende 22 lande nie vervolg nie, word daarteen wel gediskrimineer. Talle werkgewers neem bv. nie homoseksuele mense in diens nie.
Sommige van die Afrika-lande wat homoseksualisme tot onlangs strafregtelik vervolg het, het intussen 'n ommeswaai gemaak en dit wetlik goedgekeur. Namibië het in April 2025 die jongste van hierdie omswaaiers geword.
MW PRETORIUS, STAATS- PRESIDENT ZAR 1860
Lees volledig by Kultuurdagboek
Marthinus Wessel Pretorius is op Pretorius kloof, distrik Graaf-Reinet, as die oudste seun van A.W.J. (Andries) Pretorius op hierdie dag in 1819 gebore. As Voortrekker vergesel hy sy vader na Natal en neem hy ook aan die Slag by Bloedrivier deel. In 1848 vestig hy hom in die Magaliesberg, en in 1853 volg hy sy vader op as kommandant-generaal vir Potchefstroom en Rustenburg. Hoewel hy nie oor die leierseienskappe van sy vader beskik nie, speel hy ‘n belangrike rol in die vroeë geskiedenis van Transvaal.
Deur sy toedoen is ‘n grondwet in 1856 opgestel, maar na vele onenigheid is hy eers in 1860 as Staatspresident van die ZAR beëdig
STRYD TEEN SONDE
Hannes Ollewagen
Ps. 38:1-23
“Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.” (:19).
Daar is deesdae soveel dinge waaroor die mens hom bekommer – ekonomiese probleme, politieke probleme, misdaad, grondgrype, absurde wetgewing van regererings en so kan ons die lys aanhou uitbrei. Een van die belangrikste sake waaroor die mens homself behoort te kwel, sal egter op hierdie lys ontbreek. Hierdie bekommernis wat swaar op die hart van koning Dawid gedruk het en ook swaar op die hart van elke mens behoort te druk, naamlik die kommer oor ons sonde. “Wat klaag 'n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.” (Klaag. 3:39).
1839: VLUG VAN MPANDE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Mpande, halfbroer van Dingaan, het ‘n beslissende rol ter onderwerping van die Zoeloemag in 1840 gespeel. Dit was weens vrees vir Dingaan dat hy ongeveer hierdie datum met 17 000 man en 25 stuks vee suidwaarts uit Zoeloeland oor die Tugela gevlug het.
In onderhandelinge met die Volksraad in Pietermaritzburg hierna, oortuig hy die Raad op 15 Oktober 1839 van sy begeerte om in ‘n gesamentlike aanslag, Dingaan te probeer verslaan.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Nala het ‘n ou weermag-tipe rugsak in haar pa se kas gekry, dit vinnig gepak met wat sy vermoed sy nodig gaan kry; onderklere, kouse ‘n ekstra langbroek en twee effe-kleurige T-hemde, ‘n bietjie medisyne en pleisters en dan kos en drinkgoed. Dis ‘n dikgestopte sak en sy besef dis te swaar vir haar. Sy haal die spaar skoene uit, die water – sy vat net twee halfliter bottels – en van die blikkieskos. Sy vervang dit met al die koekies in die kombuis, beskuit, biltong en droë wors.
Die groot kluis is oopgesluit (sy aanvaar haar pa het die sleutel vir die rowers gegee op voorwaarde hulle los hulle uit, voordat hulle hom vermoor het) en al die vuurwapens, geld en juwele is gevat.