Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gaan ons Jesus weer sien? Ja, ons gaan! God belowe in sy Woord dat Jesus nie net eenmaal na die aarde gekom het nie, maar vir ‘n tweede en finale keer gaan kom. Luister wat sê die twee engele vir die dissipels na afloop van die hemelvaart in Hand.1:11: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het”.
DIE BEDIENING VAN VERSOENING
Ds A.E. van den Berg
“En dit alles is uit God wat ons met Hom versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen” (2 Kor.5:18-20)
Ons leef net eenmaal op die aarde. Daarna sterf ons en gaan dan na een van twee plekke – die paradys of doderyk. Na die oordeelsdag gaan hulle wat in die paradys is na die nuwe Jerusalem en wie in die doderyk is na die hel. Elkeen kies self waar hy die ewigheid wil deurbring. Die meeste kies verkeerd: Jesus sê: “...want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan”.
1706: VERBOD OP IMMIGRASIE NA KAAP
KULTUURDAGBOEK 26 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Teen 1700 het daar na vyftig jaar sedert die volksplanting slegs ongeveer 1 600 blankes aan die Kaap gewoon. Nogtans het die Here XVII op hierdie dag in 1706 besluit om amptelik geen verdere immigrasie na die Kaap te steun nie. Dit was 'n ernstige fout want die Afrikaneraanwas is daardeur drasties beperk.
Met hierdie beleid is boonop tot 1820 volhard toe Britse immigrante deur Engeland op groot skaal ingevoer is. In 1800 was daar 30 000 blankes aan die Kaap. Boonop was hulle oor 'n ontsaglik groot gebied versprei, sodat ekonomiese, kulturele en opvoedkundige probleme diep ingegryp het, juis ook omdat die VOC 'n vrotsigtige en selfsugtige ekonomiese beleid gevolg het.
1927: VLAGSKIKKING AANGEKONDIG
KULTUURDAGBOEK 26 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Suid-Afrika het sy Nasionale Vlag op 31 Mei 1928 amptelik in gebruik geneem nadat die Nasionale Party van genl JBM Hertzog en die Opposisie onder leiding van genl JC Smuts 'n skikking bereik het.
Genl Hertzog het dit op 26 Oktober 1927 in die Volksraad aangekondig waarna die Vlagwet deur die Unie-Parlement aanvaar is. Met 'n seremoniële hysing by die Parlementsgebou in Kaapstad en hysingsplegtighede die hele land oor, het Suid-Afrika sigbaar sy verskyning onder die vrye volke van die wêreld gemaak.
GOD SE KRAG IN ONS SWAKHEID
Hannes Ollewagen
2 Kor. 12:1-10
“En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in my swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.” (:10).
As jy nou na ’n mooi voorbeeld van ’n paradoks soek, is hierdie ’n goeie opsie – “...want my krag word in swakheid volbring.” En dan word dit boonop in die volgende vers op ’n effense ander wyse herhaal – “...as ek swak is, dan is ek sterk.” Die herhaling is vir ons ’n beklemtoning van die waarheid – hierdie waarheid wat juis as ’n paradoks aangebied word sodat dit sal tref en ons hierin moet delf om by die kosbare skat wat daarin opgesluit is uit te kom. Hierdie verskynsel vind ons ook in Filippense 4:13 waar ons die oënskynlike teenstrydigheid dalk nie dadelik so duidelik raaksien nie. “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”
1949: RAPPORTRYERS VERTREK UIT KAAPSTAD
KULTUURDAGBOEK 25 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die namiddag van 25 Oktober 1949 vertrek 'n kommando Rapportryers van die Moederstad op die derde van vyftien roetes, wat uit elke uithoek van die land gestrek het, na die inwydingsfees van die Voortrekkermomument op 16 Desember in Pretoria. Die vertrek uit Kaapstad is voorafgegaan deur drie dae van feestelikheid, waarby ruim 7 000 mense byeen was.
In die begin van 1949 is die Uniale Rapportryersreëlingskomitee gestig, bestaande uit verteenwoordigers van die ATKV en die FAK. In 'n omvattende landwye program het die Rapportryeraantog na die Voortrekkermonument die geesdrif van die volk beetgepak en die volk se boodskappe vir die toekoms na die Monument gedra. Die boodskappe is uit elke gemeenskap langs die roetes versamel en in tradisionele kommandobladsakke van dorp tot dorp aan die afloskommando's onder leiding van veldkornette, oorhandig.
1854: BELEG VAN MAKAPANSGROT
KULTUURDAGBOEK 25 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In Oktober 1854 is 'n Boerejaggeselskap, bestaande uit 23 mans, vrouens en kinders, wreed deur die swart volk van Makapan (soms ook gespel Magopane, Mokopane of Makapaan) en Mapela, opperhoofde van klein inboorlingstamme in die gebied Waterberg in die distrik Soutpansberg, naby die latere Makapanspoort, vermoor. Die lyke van die vermoordes is gruwelik vermink, en die leier van die geselskap, Hermanus Potgieter, broer van die Voortrekkerleier AH Potgieters, is lewend afgeslag. Die gruweldade van die swartes teenoor die blankes vandag in hierdie land is dus niks nuuts nie – al verskil is dat die blankes nie meer die swart barbare straf en op hulle plek hou nie, die volksmoord op die blanke gelate aanvaar, hulle God nie meer vertrou nie en daarom reeds as volk gesterf het.
Na aanleiding van hierdie wrede dade het kmdt-genl Piet Potgieter, seun van AH Potgieter,saam met MW Pretorius, kommandant-generaal van Potchefstroom, 'n strafekspedisie teen Makapan georganiseer.
1683: OLAF BERGH, ONTDEKKINGS- REISIGER
KULTUURDAGBOEK 24 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het hierdie Sweedse ontdekkingsreisiger van sy tweede binnelandse reis, in opdrag van Simon van der Stel, in Kaapstad aangekom. Olaf Bergh is in 1643 in Swede gebore en het hom in 1665 aan die Kaap gevestig in diens van die VOC. Deur sy bekwaamheid en ywer het hy die belangrike posisies van lid van die politieke raad en kaptein van die garnisoen beklee.
In opdrag van goew Simon van der Stel het hy verskeie ontdekkingstogte na die binneland onderneem, sonder om die geheim van die Namakwalandse Koperberge of die Gariep op te klaar, maar met 'n magdom betroubare en noukeurig aangetekende inligting oor die landstreek tot noord van die Olifantsrivier. Iets meer oor van Olaf Bergh se wedervaringe:
In die vroeë ure van 8 Junie 1682 het die Britse skip, die Joanna, wat oppad was na Surat in Oos-Indië, noordwes van die Kaap Agulhas gestrand.
1874: VIERKLEUR DEUR KRUISVLAG VERVANG
KULTUURDAGBOEK 24 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Omdat staatspresident TF Burgers graag die sogenaamde Voortrekkervlag in ere wou herstel het die Volksraad van die ZAR op hierdie dag die bestaande landsvlag, die Vierkleur, deur 'n nuwe vlag, die sogenoemde Kruisvlag, vervang.
Die Kruisvlag was, naas die bekende Driekleur van die Natalse Voortrekkers, die vlag van die Voortrekkers onder leiding van AH Potgieter.
1838: PIETERMARITZ- BURG GESTIG
KULTUURDAGBOEK 23 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die aanwesigheid van verhongerde Boesmans het die Voortrekkers van Natal se beoogde eerste dorp Bosjesmansrand laat heet. Dit was ook as Stinkhoutrand bekend. Die vermoede bestaan dat Piet Retief self die standplaas in die Umzinduzivallei uitgesoek het. Ná die moord op hom en die dood van Gerrit Maritz is daar op hierdie dag besluit om die beoogde dorp na die twee Trekkerleiers te noem – Pietermaritzburg.
1914: UITBREEK VAN REBELLIE
KULTUURDAGBOEK 22 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die uitbreek van die gewapende Afrikanerprotes van 1914 tot 1915 het twee grondoorsake gehad. Aan die een kant het 'n oorweldigende meerderheid Afrikaners in verset gekom teen die besluit van die Unie-Parlement dat Duits-Suidwes-Afrika vir die Britse Ryk verower moes word. Aan die ander kant het 'n groot aantal Afrikaners, wie se vryheid hul in 1902 wederregtelik ontneem is 'n geleentheid gesien om hul republikeinse onafhanklikheid te herstel. Spontaan sou veral die Afrikaners van Noord-Vrystaat en Wes-Transvaal teen die opkommandeer van manskappe protesteer.
Met die bedanking van genl CF Beyers as hoof van die Verdedigingsmag uit protes teen die regeringsbesluit, en die ongelukkige doodskiet van genl JH de la Rey wat geen ongeluk was soos die regering dit wou afmaak nie maar koelbloedige moord, het die spanning hoog geloop.
ONS GEDAGTES
Hannes Ollewagen
Jos. 1:1-18
“Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.” (:8).
Ek dink nie ons besef die groot taak wat op Josua se skouers gerus het nie. Hierdie man moes die skoene van Moses volstaan – beslis nie iets waarvoor enigiemand opgewasse is nie. Daarbenewens was daar nog groot en gedugte vyande teen wie oorlog gevoer moes word en Josua sou die volk hierin moes lei. Wanneer God vir Josua as Moses se opvolger aanwys, verseker Hy hom dan ook dat Hy met hom sou wees en hom vir hierdie belangrike en groot taak sou toerus. Ons lees dan waar God aan Josua raad gee, hom toerus vir hierdie groot taak voorhande.
1899: GEVEG BY ELANDSLAAGTE
KULTUURDAGBOEK 21 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl JHM Kock, met die Johannesburg-kommando en die Duitse en die Hollandse korps onder hom, het op 19 Oktober daarin geslaag om die Britse spoorverbinding tussen Ladysmith en Glencoe gedeeltelik te ontwrig. Daarna het Kock so oormoedig geraak dat hy besluit het om die spoorwegstasie Elandslaagte, sowat 24 km noord van Ladysmith, te beset.
Dit was 'n growwe flater want sy mag was hiervoor veels te swak. Lt-genl sir George White, bevelvoerder van die Britse mag by Ladysmith, het na ontvangs van die tyding van Kock se aantog 'n sterk afdeling onder genl-maj JPD French gestuur om die Boeremag tegemoet te gaan.
DIE WÊRELD SE VERHOOGTEATER
DIE GRATIS KAARTJIES WORD AL HOE DUURDER...
Die meeste mense in die wêreld besef nie dat hulle die gehoor is nie wat elke dag na 'n wêreldverhoogteater kyk waar narre toneelspeel wat jou laat lag, huil en wonder.
Daar is verskeie toneelopvoerings byvoorbeeld soos Trump die vredemaker. Nege maande in sy tweede presidentskap is daar geen vrede in sig in die Oekraïne nie, en daar is geen vrede in Palestina nie, wat nog te sê die res van die Midde-Ooste en die wêreld.
Selfs al eis president Trump krediet vir die brose Israel-Gaza-wapenstilstand wat hy sê hý bemiddel het, weet ons nie of dit gaan hou of soos al die voriges uitmekaar sal val nie? Net, hierdie een lyk asof dit 'n uitruil van Hamas-gyselaars (in die dosyne) en Israeliese gevangenes (in die duisende) bewerkstellig het. Laat Israel inderdaad al haar politieke gevangenes vry?
1915: 2e ALGEMENE VERKIESING IN DIE UNIE
KULTUURDAGBOEK 20 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die verkiesingstryd wat hierdie algemene verkiesing voorafgegaan het was buitengewoon heftig. Dit het geskied teen die agtergrond van die 1914-Rebellie en die opbloei van die Afrikaanse taalbeweging, wat gesamentlik meegewerk het tot 'n opstuwing van Afrikanernasionalisme en steun vir die Nasionale Party.
In die verkiesingstryd het die Nasionale Party veral die Botha-bewind gekritiseer oor sy steun aan die Britse oorlogspoging en die regering se eenstroombeleid wat, volgens die Nasionale Party, die Afrikaner nog steeds in 'n posisie van ongelykheid gehou het. Die regering se optrede met die Rebellie het ook tot groot ontevredenheid gelei.
GEEN GEBEDE VIR DIE DOOIES!
Ds A.E. van den Berg
“Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!” (Gal. 1:8).
Die Roomse Kerk (RK) leer dat daar vir dooies gebid kan word. Dit het geen Bybelse stawing nie en is sonde. As die dood intree, is die mens se ewige bestemming reeds bepaal. Hy is gered of verlore. Niks kan verder aan sy sieleheil gedoen word nie. Die verhaal van Lasarus en die ryk man onderstreep dit al te duidelik.
Daar is niks mee verkeerd nie om vir treurendes te bid, maar nie vir dooies nie. Niemand is in staat om vir iemand na sy dood te bid asof dit 'n gunstige effek vir hom sal hê nie. Die Bybel sê dat die mens se ewige eindbestemming deur sy optrede tydens sy aardse lewe bepaal word: “En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel” (Hebr 9:27).
1907: DR ERIK HOLM – VOLKS- NASIONALIS, BITTEREINDER!
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 19 OKTOBER
Dr Erik Holm, vandag nog 'n wydbekende naam (waarvan een van sy nasate, 'n baie aantreklike donkerkopman en naamgenoot, Erik Holm, akteur en nie lank gelede nie in 'n fratsongeluk verlam) is op hierdie dag in 1907 in Bethulie gebore.
In 1924 gaan dr Erik Holm ná sy matriekeksamen na Duitsland waar hy die klassieke argeologie bestudeer en daarna sy doktorsgraad daarin behaal. Daar maak hy kennis met Adolf Hitler en doen deeglike kennis op van die Nasionaal-sosialisme in Duitsland – dieselfde begeestering wat ons land vir 'n baie lang tyd gered het van die liberalistiese en kommunistiese ondergang wat ons vandag beleef.
In 1933 keer dr Holm na Suid-Afrika terug en vind met veel moeite 'n betrekking as hoof van 'n Duitse skooltjie in Natal. Hy vertrek egter verstaanbaar weer na Duitsland, en in 1933 aanvaar hy 'n pos as deeltydse omroeper in die Duitse uitsaaidiens, waarvandaan hy gedurende die eerste jare van die Tweede Wêreldoorlog in Afrikaans uitsaai ( 'n onontbeerlike radiodiens wat gepoog het om onskuldige lewens te red in sy kontak met die Ossewa-Brandwag wat 'n sterk rol in spioenasie teen Smuts se verraderlike optrede vertolk het.)
1904: STIGTING SA VROUE- FEDERASIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 19 OKTOBER
Die oorlogsjare het Transvaal en die Vrystaat verander in 'n woesteny. Die stoflike bestaansmiddele was grotendeels vernietig en die deel van die Boerevolk wat nie op die slagvelde en in die Konsentrasiekamp-kerkhowe begrawe is nie, was vasgesak in armoede en maatskaplike ellende. Onder hierdie omstandighede word daar onder aansporing van Georgina Solonom, eggenote van 'n Britse pro-Boere parlementariër, en onder leiding van die vrou van genl Louis Botha, uiteindelik in Pretoria gestig: die SA Vrouefederasie, op 19 Oktober 1904, deur 43 vooraanstaande vroue, en wel met die volgende oogmerke:
1687: EERSTE KERKGEBOU TE STELLENBOSCH INGEWY
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 18 OKTOBER
As stigter van die dorp Stellenbosch het goew Simon van der Stel 'n besondere belangstelling in sy "Kolonie" geopenbaar. Ooreenkomstig die beleid van die VOC, besluit hy om 'n kerkgebou en drosdy hier te laat oprig. Hy het ywerig reëlings getref vir die bouery en persoonlik die vordering dopgehou.
Dit is belangrik om te onthou dat hierdie kerkie die eerste volwaardige kerkgebou in Suid-Afrika was – 'n sigbare teken van die Calvinistiese godsdiens wat uit Nederland aan die Kaap oorgeplant is.
1685: HERROEPING VAN EDIK VAN NANTES
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 18 OKTOBER
Na 'n reeks godsdiensoorloë in Frankryk in die 16e eeu het koning Hendrik IV in 1598 die Edik van Nantes uitgevaardig. Hiervolgens het die Franse Protestante, bekend as Hugenote, 'n groot mate van geloofsvryheid verkry.
Toe Lodewyk XIV in 1685 die edik herroep was daar vir diegene wat hulle protestantse geloofsoortuiging wou uitleef nie meer plek in die Rooms-Katolieke georiënteerde Frankryk nie. Al uitweg was om te vlug.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (5)
)
Uiteindelik lyk dit asof hulle soeke na ‘n diensbare voertuig vrugteloos gaan wees. Hulle soek al vir meer as ‘n dag na een wat hulle kan gebruik, maar die storie is elke keer dieselfde. Moderne voertuie, wat met Elektroniese Enjinbeheerstelsels werk, het ‘n sleutel wat kodes bevat en daarsonder is dit baie moeilik om die betrokke voertuig aan die gang te kry, natuurlik om juis dit te bereik wat Abel en Nala wil doen – een te kry sonder die eienaar se toestemming. Natuurlik is daar baie maniere om ‘n kat dood te kry en ook om voertuie aan die gang te kry sonder die sleutel, maar dis ‘n ingewikkelde proses wat motordiefstalsindikate onder die knie het, en nie die gewone burger op straat nie, selfs nie een met ‘n ingenieursgraad soos Abel nie. Die frustrasie is uiteindelik op Nala se gesig te lees.
“Ons gaan nie regkom nie.”
Uiteraard is baie van die voertuie uitgebrand, sommige onbruikbaar beskadig met klippe, stokke en staalpype. Wanneer hulle ‘n onbeskadigde een kry, is die sleutel weg, hetsy saam met die huis afgebrand of in die afwesige eienaar se sak.