Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy nie iets kan sê wat tot die eer van God bydra nie, bly liewer stil. Mense het al dikwels spyt gekry oor hulle woorde maar nie oor hulle stilswye nie.
1911: BYEENKOMS OM UNIALE POLITIEKE PARTY TE STIG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 17 OKTOBER
Dit is verbasend hoe gereeld pres MT Steyn deur verskillende politieke partye en kultuurgroepe genader is om sedert 1902 en ook ná 1910 leiding te gee. Toe premier L Botha 'n uniale politieke party wou stig het hy eweneens vir Steyn gevra om teenwoordig te wees, raad te gee en in elke geval vooraf vir Botha met wenke te help.
1948: SA NEEM DEEL AAN BERLYNSE LUGBRUG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 17 OKTOBER
Op 24 Junie 1948 het Rusland alle verbindingsweë na Wes-Berlyn gesluit in 'n poging om die Westerse moondhede te dwing om hulle aan die stad te onttrek. As gevolg van die sluiting van die verbindingsweë is die toevoer van voedsel en brandstofvoorrade na 2,3 miljoen Duitsers afgesny. Om 'n gereelde toevoer van hierdie voorrade te verseker het die VSA en Brittanje onmiddellik 'n lugbrug ingestel.
1840: POTCH, WINBURG EN NATALSE REPUBLIEK VERENIG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 16 OKTOBER
Die staatkundige oogmerk van die Groot Trek was om iewers buite die toenmalige Kaapkolonie 'n verenigde Voortrekkerstaat in die lewe te roep. Deurgaans is aan 'n enkele staat gedink, en daarom is ooreengekom dat Trekkergroepe ten noorde van die Oranjerivier bymekaar sou kom waar dan oor die toekoms besluit sou word.
Toe Potgieter en Maritz kort na mekaar in 1836 in die omgewing van Winburg aankom, is die eerste Voortrekkerbestuur op 2 Desember 1836 ingestel – op 'n tydstip toe oor die eindbestemming van die Trek nog geen duidelikheid bestaan het nie. Toe Retief hom in April 1837, en kort daarna ook Uys en sy mense, hulle by die Trekkers aangesluit het, het die kwessie van 'n eindbestemming belangrik geword, en daaroor was daar geen eenstemmigheid nie.
1960: REPUBLIKEINSE DANKFEES
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 15 OKTOBER
Suid-Afrika het op 5 Oktober 1960 met 'n meerderheid van 74 580 stemme ten gunste van 'n republiek gestem, en twee dae later is die FAK gevra om 'n Republikeinse dankfees te reël. Die FAK het ingestem en binne 'n week 'n dankbare skare van 70 000 in die Amfiteater van die Voortrekkermonument byeengebring.
Die fees het uit twee dele bestaan. Presies om drie-uur die middag het die Eerste Minister, dr HF Verwoerd, lede van sy kabinet, die vier administrateurs en die Uitvoerende Komitee van die FAK in die Sarkofaagsaal van die monument hulde gebring aan die leiers van die Afrikanervolk op die pad na Republiekwording. Van daar af het hulle na die Amfiteater gegaan vir die tweede deel van die feesprogram.
1818: MARTHINUS OOSTHUIZEN, VOORTREKKER- HELD
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 14 OKTOBER
Min van ons hedendaagse jeug dra kennis van die dapper daad van Marthinus Jacobus Oosthuizen, 'n Voortrekkerheld wat met 'n voorraad ammunisie deur 'n Zoeloe-hinderlaag gebreek het om klomp Voortrekkerfamilies te red. Hy is op hierdie dag op Olifantshoek aan die Boesmansrivier, Uitenhage, gebore, en ons vertel graag van sy heldedaad.
In April 1837 het hy as seun van die Voortrekker Marthinus Oosthuizen sr, met Pieter Retief na Natal getrek en by Doornkop, naby die latere Chieveley, uitgespan. Marthinus sr is saam met Retief en die ander onderhandelaars na Dingaan waar hulle op 6 Februarie 1838 by Mgungundlovu wreedaardig deur die Zoeloes vermoor is.
KRUISTOG-KRONIEK VAN MAMELODI
KRUGERDAG 10 Oktober
Saamgestel deur dr. Jeanette van Rensburg en Etienne Hansen
Die woord Mamelodi is saamgestel uit twee Noord-Sotho-woorde wat “moeder van melodieë” beteken en was die bynaam wat swart mense vir Paul Kruger (1825-1904) gegee het omdat hy ʼn uitsonderlike vermoë gehad het om te fluit en voëlgeluide na te boots. Die woonbuurt Mamelodi aan die oostekant van Pretoria, wat in 1953 gestig is, is na Paul Kruger vernoem.
Sammy Marks (1844-1920), die suksesvolle Joodse sakeman, vriend en ondersteuner van Kruger, het in 1895 die bedrag van £10 000 aan die stad van Pretoria beskikbaar gestel vir die oprigting van ʼn marmerstandbeeld van die President, op die plek van sy keuse. Die ZAR-regering het Marks skriftelik bedank “voor deze rijke gift” en aangedui dat Burgerspark in Jacob Maréstraat die gekose plek vir die standbeeld is. Dit was Kruger se begeerte dat enige geld wat moontlik sou oorbly, vir die skep van ʼn dieretuin in Pretoria aangewend sou word. Die Superintendent van Onderwys, Nico Mansvelt (1852-1933), self ʼn kunskenner, het voorgestel dat die beeld eerder van brons gemaak moes word, wat meer bestand as marmer teen Transvaalse klimaatsveranderinge sou wees. Op Marks se aanbeveling is die opdrag aan die toe nog onbekende Nederlandse beeldhouer, Anton van Wouw (1862-1945), opgedra.
1867: 1e DIAMANT IN SA GEVIND
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 13 OKTOBER
Die kinders van die Jacobs-familie van die plaas De Kalk in die omgewing van die latere Hopetown, het met 'n eienaardige klippie gespeel toe 'n boer, Schalk van Niekerk, dit opmerk en vermoed het dat dit 'n diamant is. 'n Verbygaande handelaar, Johan O'Reilly, het dit ondersoek waarna dit geblyk het 'n damant van 21.25 karaat te wees – die eerste wat in Suid-Afrika gevind is.
Verdere ontwikkelings het tot 'n algehele ekonomiese omwenteling in Suid-Afrika aanleiding gegee. Die diamantdraende gebied het die westelike deel van die Vystaatse Republiek uitgemaak, maar soos verwag kon word van die rowende Brittanje het sir Henry Barkly, die Britse Goewerneur en Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, dit skaamteloos as deel van die Kaapkolonie opgeëis.
NET EEN GEESTELIKE VADER
“En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is”. (Mat 23:9).
Jesus het tydens sy aardse bediening mense gereeld op God se wil vir hul lewe gewys en nie geskroom om die Skrifgeleerdes en Fariseërs se skynheiligheid te veroordeel nie. Hulle was juis daarvoor verantwoordelik dat mense Jesus en sy leer verwerp het. In Mat 23 ontbloot Jesus hulle ware kleure.
Die Skrifgeleerdes en Fariseërs was aan die stuur van die Jode se godsdienssake. Jesus sê in vers 2 dat hulle soos leermeesters en verklaarders van die Skrif op die stoel van Moses sit. Hierdie stoel van Moses was 'n gesagsposisie wat hulle vir hulself toegeëien en op tuisgemaak het. Hulle het nie geskroom om mense te mislei nie. Hulle het dit in godsdienstige taal geklee en as God se wil aangebied. Mense het hulle geglo want dominees lieg mos nie vir hul lidmate nie!
1908: UNIFIKASIE- KONGRES IN DURBAN
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 12 OKTOBER
Op hierdie dag, presies nege jaar nadat die eerste skoot tussen Boer en Brit in die Tweede Vryheidsoorlog geval het, het afgevaardigdes van die vier Britse kolonies in Suid-Afrika en van Rhodesië in Durban vergader om politieke eenwording te bespreek.
Dit was die eerste sitting van die Nasionale Konvensie wat onder voorsitterskap van sir Henry de Villiers tot 5 November byeen was in wat later die Durbanse poskantoor geword het.
1899: EERSTE SKOOT VAN 2e VRYHEIDS- OORLOG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 12 OKTOBER
Die heel eerste skoot van die Tweede Vryheidsoorlog is op hierdie dag om ongeveer 22:45 uit die Mauser van veldkornet Coetzee by Kraaipanstasie gevuur nadat 'n spoorstaaf tussen Mafeking en die stasie verwyder is. 'n Lokomotief van die Engelse magte het vroeër die aand daar ontspoor terwyl die Mosquito met twee kanonne wat hy op Vryburg gaan haal het, die lokomotief gevolg het.
Die gepantserde trein, die Mosquito, het tot teenaan die ontspoorde lokomotief gery waarop lt Elliot opdrag gegee het dat sy soldate die spoor moet herstel. Veldkornet Coetzee het die Engelse genoeg kans gebied om met hulle rooi lanterntjies onder die ontspoorde lokomotief in te klim en toe die eerste skoot van die oorlog geskiet.
1899: UITBREEK VAN 2e VRYHEIDS- OORLOG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 11 OKTOBER
Twee politieke strewe, Britse Imperialisme en Afrikanernasionalisme, het teen die einde van die 19e eeu in Suid-Afrika gebots. Die Britse Imperialisme het die vereniging van die hele Suid-Afrika onder Britse gesag nagestreef. Die Afrikanernasionalisme het na die uitbouing van hul Republieke gestreef en wou nie deel van 'n verenigde Suid-Afrika onder Britse gesag wees nie. 'n Nuwe fase in die stryd breek in 1886 aan as duisende Britse onderdane na die goudvelde aan die Rand stroom.
Die Transvalers ag hulle bedreig en vereis 'n verblyf van 14 jaar om burgerskap te verkry. Die Britse onderdane, nooit van plan om van hulle burgerskap afstand te doen nie, eis seggenskap in die Republiek op grond daarvan dat hulle die meeste tot sy inkomste bygedra het.
In 1892 stig hulle die Transvaal National Union.
1854: PRES. PAUL KRUGER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Stephanus Johannes Paulus Kruger is waarskynlik op die Plaas Bulhoek, in die teenswoordige distrik Steynsburg, gebore. Hy het behoort aan die sesde geslag Kruger’s in Suid-Afrika en was die derde van sewe kinders van Casper Jan Hendrik Kruger en Elsie Francina Steyn. Hy het grootgeword in die veeleisende pioniersomstandighede van die Kaapse binneland, waar die stryd om selfbehoud gegaan het teen ondier, barbaar en die wisselvallighede van die natuurelemente.
OOTMOED TEENOOR GOD
Hannes Ollewagen
Joh. 18:1-11
“En Simon Petrus wat ’n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus. Toe sê Jesus vir Petrus: Steek jou swaard in die skede. Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?” (:10&11).
Ons sien uit hierdie gebeure ’n eienskap in Christus waarin God ’n groot welbehae het. Hierdie gesindheid van ootmoed is vir Hom baie kosbaar. En soos wat liefde en selfsug teenoorgestelde pole is, is ootmoed en trots dit ook van mekaar. ’n Gees van ootmoedigheid is een van nederige onderdanigheid – onderworpenheid. En ons moet as ootmoedige kinders van God ook daarna streef om God met hierdie gesindheid te dien.
1847: SJ DU TOIT, 1e AFRIKAANSE NASIONALIS
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 9 OKTOBER
Stephanus Jacobus du Toit is op hierdie dag op Dal Josafat by die Paarl gebore. Hy het sy skool- en teologiese opleiding respektiewelik aan die Paarlse Gimnasium en die Kweekskool op Stellenbosch ontvang.
SJ du Toit was onder die invloed van Arnoldus Pannevis 'n vurge voorvegter vir Afrikaans as selfstandige taal. Sy politiek-nasionaale doelstelling – "om te staan vir ons taal, ons nasie en ons land" – het hy deur die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus in 1875, met as spreekbuis Die Afrikaanse Patriot, die Afrikanerbond in 1879 en sy aandeel in die opstel van die Afrikaanse Volkslied, bevorder. Hy kan daarom as die eerste Afrikaanse Nasionalis beskou word.
"JULLE VADER IS DIE DUIWEL"
“Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan dra.”
Mattheüs 21:43
“… Maar die toorn (van God) het oor hulle gekom tot die einde toe.”
1 Thessalonicence 2:16
Christene wat onkrities die optredes van die moderne staat Israel ondersteun en dikwels Bybelse profesieë aanhaal, het hul morele kompas verloor.
Deur 'n blinde oog te draai vir die lyding van Palestyne, insluitend Christene wat in Gasa en die Wesoewer woon, verraai hierdie Christene die boodskap van die Evangelie.
Jesus Christus het liefde, geregtigheid en barmhartigheid geleer—waardes wat nie met die gewelddadige onderdrukking van enige volk versoen kan word nie.
1903: MIKRO, DIE SKRYWER
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 8 OKTOBER
Christoffel Hermanus Kühn wat op hierdie dag gebore is, het onder die skuilnaam Mikro geskryf. Sy bekende trilogie, Toiings in 1934, Pelgrims in 1035, en Vreemdelinge in 1944, word beskou as die kern van sy werk. Hy was skrywer van novelles, romans, speurverhale, jeugverhale en toneelstukke. Vir eersgenoemde twee werke is hy bekroon met die Hertzogprys en vir Die Porseleinkat is die Hofmeyrprys aan hom toegeken.
In sy werke was hy die skepper van die vereenvoudigde struktuur, van die gemoedelike, gemeensame formule vir lewenswaardes en lewenswaarhede.
7 OKTOBER 1854: GENL C DE WET
"Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek kon ons ons verlore onafhanklikheid teruggekry het - hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaals Louis Botha en Jan Smuts het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree. Die rebellie was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee. Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie. "
In die boek 'My Vaderland Suid-Afrika' sê die skrywer onder andere van genl Christiaan de Wet: "Op 7 Oktober 1854 is die grootste krygsman van Suid-Afrika, Christiaan Rudolph de Wet, in 'n eenvoudige hartbeeshuisie op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield, Oranje-Vrystaat gebore." Die onderskeiding om die grootste krygsman van Suid-Afrika te wees, het hy waarskynlik gedurende die Tweede Vryheidsoorlog verwerf.
ONS SAL NIE GEHEEL EN AL STERF NIE!
CHRISTAAN DE WET:
Non omnis moriar!
"Alhoewel ons vandag onder 'n vreemde vlag verkeer wat ons nie kan liefkry nie, moet ons altyd daaraan dink hoeveel jare Israel 'n verdrukte volk was. God het vir hulle 'n Rooi See gehad, en dit was hulle redding. Ons volk is vandag ook opweg na 'n Rooi See... wat ook in twee sal oopgaan om ons in staat te stel om daardie vryheid tegemoet te gaan." - Christiaan Rudolph de Wet, 7 Oktober 1854, sy geboortedag.
Hierdie woorde van genl De Wet kan net sowel vandag weer aan dieselfde volk gesê word want daar is reuse storms aan die opwel binne die see waar hierdie volk tans verkeer en dit kan sy einde beteken, maar daar waai ook 'n bries oor ons wat verklik van die Genade wat hierdie volk sal ontvang midde in die nood wanneer ook sý Rooi See in twee sal skei om vir hom 'n pad na vryheid te baan.
KULTUUR- DAGBOEK 7 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 7 OKTOBER 1854: CHRISTIAAN RUDOLP DE WET -lees meer in hoofartikel.
2. 7 OKTOBER 1999: Dimitrio Tsafendas, tydelike bode in die Volksraad wat op 6 September 1966 die Suid-Afrikaanse premier, dr Hendrik Frensch Verwoerd met 'n dolk doodgesteek het, is op hierdie dag in 1999 op 81-jarige leeftyd in die Sterkfonteininrigting vir sielsiekes by Krugersdorp in Transvaal oorlede.
1955: INSTELLING VAN FAK-EREPENNING
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 6 OKTOBER
Die Erepenning vir Volksdiens, die FAK se hoogste eretoekenning , is op hierdie dag ingestel op grond van 'n besluit van die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad, wat in daardie jare in die FAK-struktuur besluite van die aard kon neem.
Met die Erepenning het die FAK op waardige wyse waardering en erkentlikheid teenoor mense of liggame wat "verdienstelike werk op die gebied van kultuurorganisasise en praktiese volksdiens gelewer het" betoon.