Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nie alle kankers genees nie. Miljoene mens sterf jaarliks daaraan. Die kanker van die siel kan wel genees. Jesus belowe aan almal wat siele-kanker het en na Hom toe kom, dat hulle genees sal word. “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee”(Mt.11:28).
1900: ZAR DEUR ENGELAND GEANNEKSEER
KULTUURDAGBOEK 31 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lord Roberts was van mening dat wanneer hy in besit van Pretoria, die Transvaalse hoofstad, sou wees, die Republikeinse magte hulle aan Britse gesag sou onderwerp. Toe Roberts op 5 Junie 1900 Pretoria aan die spits van sy troepe ongehinderd binnegery het, het daar, anders as wat die Britte verwag het, geen versoek om onderwerping van Boerekant gekom nie en moes die oorlog dus voortgesit word.
Sowat twee maande later het die slag by Dalmanutha in die laaste week van Augustus plaasgevind. In die waan dat hierdie vir die Boere verlore slag die einde van alle Boereweerstand sou beteken, het Roberts op hierdie dag die ZAR tot Britse gebied geproklameer.
KULTUUR- DAGBOEK 30 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1953: Die Familiebybel in die vorm van die State-Vertaling het 'n baie belangrike rol by huisgodsdiens in die Afrikaanse gesinsverband gespeel; hiermee in gedagte is besluit om met die verskyning van die revisie van die Afrikaanse Vertaling, 'n Familiebybel in Afrikaans vir Afrikaanse gesinne beskikbaar te stel.
2. 1955: Rondalia het in 1955 as vakansie-oord by Hibberdene begin onder leiding van C.A.Bisschoff. Spoedig is dit omgeskakel in 'n Toerklub. Dit het gou 'n uiteenlopende reeks diense aan die motorpubliek begin lewer en vakansie-oorde, motelle, en die grootste duikklopwerk- en toetssentrum-organisasie in die land gewoerd met verskeie takkantore en die hoofkantoor in Pretoria. Hulle het ook 'n pragtige toeristeblad uitgegee genoem Die Mylpaal.
NG KERK VERWELKOM LGBTQ (lesbians, gays, bisexuals, transgenders and queers)
NA WIE SE STEM LUISTER DIE NG KERK?
Ds. A.E van den Berg
In die tyd van Jesaja het Juda geestelik verval en ten spyte van die profeet se oproepe tot bekering geen ommekeer gemaak nie en God se straf op hulself gehaal. Vandaar Jesaja se vraag: ” Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank” (Jes.1:5).
Juda se geestelike verval het by 'n kwynende sonde-besef begin wat mense blind vir sondes en doof vir die waarheid maak. Die NG Kerk is 'n sprekende voorbeeld hiervan. Dit was baie lank 'n behoudende geestelike bastion vir die Boerevolk, maar vandag nie meer nie. Toe liberale teologiese sienings oor seksualiteit en gevolglike ongehoorsaamheid aan die Woord van God 'n vastrapplek daarin verkry het, was die dood in die pot en verdeeldheid onafwendbaar. Daarna het talle leraars en duisende lidmate die kerk sonder gewetenswroeging verlaat.
1848: GEVEG BY BOOMPLAATS
KULTUURDAGBOEK 29 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die republikeinsgesinde Trekkers tussen die Oranje- en Vaalrivier was gekant teen die anneksasie van die gebied deur sir Harry Smith vroeg in 1848. Op versoek van die Winburgers het Andries Pretorius met ‘n mag wat later tot 1 000 aangegroei het, in die Oranjerivier-Soewereiniteit aangekom en die Britse Resident versoek om die land te verlaat.
KULTUUR- DAGBOEK 29 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1688: Die Franse predikant Pierre Simond sluit hom in opdrag van die Here XVII by die Hugenote in die Kaap aan.
2. 1848: Die slag van Boomplaats: hierdie veldslag waarin die Voortrekkers (Andries Pretorius se burgermag op versoek van die Winburgers) deur die Britte onder bevel van sir Harry Smith verslaan is, vind op hierdie dag plaas in die distrik Trompsburg in die Vrystaat. Opstandelinge is 'n boete gelykstaande aan wat vandag R40 000 sal wees opgelê.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (5)
“Daar is so baie van hulle. Hoe kan ons ooit hierdie stryd wen? Ek kan nie eens dink hoeveel kere ons in ‘n geveg was nie; hoeveel dooies en gewondes, hoeveel bloed…wanneer gaan dit ophou?”
“Tamar, daar is meer aan ‘n oorwinning as getalle. Hetsy die aantal van die vyand, of die dooies of gewondes. Daar is soveel aspekte en fasette daaraan, dat dit moeilik is om dit in een gesprek te noem.”
“So, jy wil nie daaroor praat nie, want ons staan nie ‘n kans nie?”
“Dis glad nie wat ek gesê of bedoel het nie. Inteendeel. Mense staar hulle bloot in getalle vas en neem nie die ander aspekte in ag nie. Soos die gehalte van die soldate, die dissipline, innovering, beweeglikheid, ervaring, op die voete dink, ‘n nuwe plan maak as die oue nie werk nie, toerusting, uitrusting, wapentuig, ensovoorts.”
DIE WAT PLANNE VIR HOM VERBERG
Hannes Ollewagen
Jes. 29:1-24
“Wee hulle wat planne diep verberg vir die Here, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?”(:15).
Hierdie dwaasheid waarvan ons in Jesaja 29:15 lees, is so oud as die mensheid self. Onthou maar hoedat die eerste mense, Adam en Eva, ook probeer het om hul oortreding en ongehoorsaamheid teenoor God te verberg deur vir Hom te probeer wegkruip. En nadat God hulle opgesoek en hulle besef het dat dit onmoontlik is om vir Hom weg te kruip, het hulle hul sonde agter hul verskonings en die verskuiwing van aanspreeklikheid probeer wegsteek. Maar einde laaste het Adam en Eva ontdek dat daar niks is wat voor God se oë verborge is nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (4)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
“Dokter Victor, jy moet kom!”
Victor was besig om ‘n snyplek aan een van die kinders versigtig toe te werk, toe Mossie by die kliniek ingebars kom.
“Wat is dit?”
“Hier, by die hek lê iemand. Ons weet nie of hy dood is nie”.
Die Man het vroegoggend die kookvure van die Kamp gesien, daarheen beweeg met die laaste van sy kragte en uiteindelik veertig meter van die hek af gaan lê. Hy kan nie onthou dat hy gaan sit of lê het nie. Hy het beweeg, die kamphek gesien, en die volgende oomblik lê hy in ‘n bed, tussen lakens, met bekommerde gesigte rondom hom.
“Waar is Joe?”
SEPTEMBER IS VERWOERDMAAND
ARTIKELS OOR DR HF VERWOERD
Septembermaand kom weer nader, die maand wat ons tereg Verwoerdmaand noem en sal Gelofteland dan weer soos in die verlede hulde aan hierdie leier bring. Intussen kan lesers hulself op hoogte bring van alles en nog wat in verband met dr Verwoerd en sodoende die leuens wat oor hom versprei word in die kiem smoor.
Hier volg ‘n lys van artikels op Gelofteland, nagenoeg 60, wat handel oor dr HF Verwoerd.
(Kategorie)
Geskep op 30 November -0001
3. SLUIPMOORD OP DR VERWOERD ...
(Kategorie)
Geskep op 10 September 2017
4. Herinneringe aan dr HF Verwoerd ...
(Kategorie)
Geskep op 30 November -0001
GEBEURE OP DIE PLAAS SWARTMODDER
UITTREKSEL uit die boek “IN DOODSGEVAAR”
Geskryf deur EJG Norval. U kan die boek bekom deur hom te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hendrik Smit, sy vrou Hannie en vier kinders het op hul plaas Swartmodder, (oos van Mariental in die Hofmeyrdistrik) geboer en hier het ‘n klompie gesinne op 10 Oktober 1904 bymekaar gekom om na ‘n veilige oord te verhuis. Smit was bevriend met Hendrik Witbooi en het ook sy plaas by Witbooi gekoop. Een van die gesinne op die plaas, was Johannes Potgieter (‘n voormalige lid van die Transvaal Staatsartillerie) met sy vrou Annie en twee babas van drie weke en 18 maande onderskeidelik. Dan was daar ook Hendrik van der Westhuizen met sy vrou, vier dogters en twee jong seuns, Cornelis Bothma met sy vrou en twee jong dogters, die bejaarde bedleênde Hendrik van der Westhuizen (Hannie Smit se vader) en Gys van der Westhuizen. Almal was daar met hul vee byeen om na Lidfontein, die plaas van ene Louw en Hartfort te trek. Die trek het bestaan uit ses waens en altesame 11 volwassenes, vier vroue en 14 kinders. Die gesinne het voor die trek in aanvang geneem het, voor Smit se huis saamgetrek om godsdiensoefening te hou.
DIE WEDERKOMS (2)
Ds A.E. van den Berg
“En kyk, Ek kom gou….” (Open.22:12).
Omdat Openbaring grootliks oor dinge van die eindtyd handel, is dit nie maklik verstaanbaar nie, maar nogtans een van die opwindendste boeke van die Bybel. Ons moet egter versigtig met die uitleg daarvan wees. Omdat dit in simboliese taal geskryf is, moet dit nooit letterlik verklaar word nie.
Vir wie Openbaring letterlik opneem, sal dit nooit 'n openbaring wees nie, maar geslote bly. Die beelde en getalle wat daarin voorkom, is nie letterlik te verklaar soos wat die Jehova Getuies bv. met die getal 144,000 van Open.7 doen nie. Hulle beskou dit as 'n letterlike getal - die aantal mense wat die ewige heerlikheid gaan beërwe. Dis 'n misgissing. Die 144,000 is 'n simboliese getal om 'n ontelbare skare aan te dui. Johannes werk met die getal 12 - 12 X12 X1000 - die 12 stamme van Israel, die 12 dissipels en 1000, 'n getal wat volheid aandui. Hierdie 144,000 is die simboliese getal van geredde siele. Daar gaan miljoene in die ewige heerlikheid wees.
‘N LEWE VIR GOD
Hannes Ollewagen
2 Kor. 5:11-21
“Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.” (:14&15).
Hierdie gedeelte is ’n duidelike antwoord op die sake van individualisme en humanisme wat geil in ons volksakker groei. Die onverpoosde aanvalle op ons diepe geloofsoortuigings, vervreemding van die ware geloof en vervreemding van ons volk weg van sy God, die aftakeling van ons volksverbondenheid en verantwoordelikheid teenoor ons naaste en dergelike dinge lê aan die grondslag van ’n samelewing en probleme waarmee ons vandag sit. En dit is ’n samelewing en probleme met wie baie min mense tevrede is. Dit is ’n samelewing met meer uitdagings as wat daar antwoorde blyk te wees. Dit is ’n samelewing van trane, ellende, selfsug, wanorde, bekommernis en ’n toekoms wat uitsigloos blyk te wees. ’n Individualistiese en humanistiese samelewing is die teelaarde vir laasgnoemde.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (3)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
George is gefrustreerd, verveeld en in ‘n algehele slegte bui. Sherry en die kinders bly in hulle kamer en vermy hom. Wat aanvanklik as vrede, rus en tevredenheid voorgekom het, is nou nie meer lekker nie. Die opstal was vir baie jare sy pa se huis en hy het dit bloot geërf nadat die ou toppie die emmer geskop het. Verveling en ledigheid is inderdaad die duiwel se oorkussing.
George gaan kyk of hy nie die drankkabinet se sleutel kry nie; die paar bottels wat hy saamgebring het is lankal leeg. Hy weet sy pa het duur whiskey en brandewyn versamel, en baie van die bottels is tien-duisende rand werd. Maar wat is geld nou as ‘n man dors is?
NUWE NAVORSING – KRILOLIE GENEES LEWER, PANKREAS, HART E.A.
Vetterige lewersiekte (fatty liver) is een van die vroegste, en mees oor die hoofgesiene tekens dat jou metabolisme in die moeilikheid is. Dit verskyn dikwels sonder waarskuwing en beskadig jou lewer stilweg terwyl dit die weg baan vir insulienweerstandigheid, vetsug en hartsiektes. En tog besef die meeste mense nie dat hulle dit het totdat dit gevorderd is. En die meeste mense ly tans daaraan!
Die goeie nuus? Navorsing het ontdek dat natuurlike oplossings help om hierdie tendens om te keer waarvan die belowendste behels krillolie, 'n bron van omega-3's, komende van ‘n klein seediertjie. Maar anders as gewone visolie, is krilolie se omega-3's gebind aan fosfolipiede, wat makliker geabsorbeer word en meer effektief is om inflammasie en vetopbou te teiken.
NAVORSINGSFEITE
'n Navorsingstudie wat in 2024 in Nutrients gepubliseer is, het die effekte van krilolie-aanvulling op muise met dieet-geïnduseerde vetsug en metaboliese disfunksie ondersoek. Die doel was om te sien of krilolie die vetopbouproses in die lewer kon verminder, cholesterol kon optimaliseer en oksidatiewe stres kon verlaag, alles belangrike drywers van vetterige lewersiekte en kardiovaskulêre risiko. Navorsers het ook ondersoek of die verbindings in krilolie inmeng met spesifieke ensieme wat cholesterolsintese en vetberging bevorder.
VEGKOP-HERDENKINGSFEES 10-12 OKTOBER
Oproep tot deelname
Met groot genoeë nooi die Vegkop-herdenkingskomitee u uit na vanjaar se Vegkop-fees op die Vegkop Feesterrein. Dit is 20km suid van Heilbron geleë op die presiese plek waar dié geskiedkundige slag plaasgevind het in Oktober 1836, twee jaar voordat die Slag van Bloedrivier sou plaasvind.
Vanjaar se herdenkingsfees vind plaas op die naweek van 10-12 Oktober 2025 en beloof om elke feesganger te verryk, toe te rus en te besiel vir die stryd waarin ons volk tans gewikkel is. Kom put inspirasie uit die moed, durf en deursettingsvermoë van ons voorgeslagte. Kom ervaar eerstehands op hierdie heilige grond waar die Almagtige God ‘n wonderwerk verrig het om ons volk uit doodsgevaar te verlos teen ‘n aanslag van honderd en meer teen een...
Hier het Hy die onmoontlike moontlik gemaak, die kinderlike geloof in sy almag geëer. Deur ons Vader se alvermoë, deur die verhoor van opregte gebede, het Hy die logiese verloop van die slag verander in ‘n wonderbaarlike oorwinning vir die Trekkers.
Aan die Almagtige, Drie-enige God, Beskikker van die lotgevalle van volkere en nasies bring ons die eer van hierdie wonderbaarlike oorwinning tydens hierdie fees-geleentheid. Ons herdenk die noue betrokkenheid van ‘n gelowige volk en die God wat hulle aanbid. Ons put besieling uit die geskiedenis om ons weer moed te gee vir die stryd waarin ons staan!
Die feesganger gaan die gebeure van die slag intiem leer ken terwyl heerlike aktiwiteite vir oud en jonk tesame met gesellige kampkuier met mede-volksgenote ‘n onvergeetlike feesnaweek waarborg.
Sien u by Vegkop!
1650: VERVERSINGSPOS AAN DIE KAAP GESTIG
KULTUURDAGBOEK 22 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie besluit het gelei tot die vestiging van die blankes in Suid-Afrika. Verskeie geografiese en politieke faktore het gelei tot hierdie belangrike besluit. Vir die handelskepe van die VOC op hul maandelange seereise na die Ooste was 'n verversingspos 'n vereiste. So 'n pos was nodig vir die inneem van vars water, groente en vrugte en kon aan die siek en vermoeide seevaarders 'n kans bied om uit te rus en te herstel.
Aangesien die seilskepe verplig was om van die heersende winde gebruik te maak was Tafelbaai die aangewese plek vir 'n 'n 'halfwegstasie'. Lank voor 1650 het Nederlandse vlote Tafelbaai gebruik om vars water in te neem en slagvee van die Khoi te ruil.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (2)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Die Man hurk vir ‘n paar minute om sy asem terug te kry. Die klim teen die krans op, die spanning en nou, die afrol van die rots, het hom tot in sy siel getap. Hy sit met sy rug na die krans, te moeg om om te draai. Sy asem kom in diep, swaar teue.
Sonder dat hy dit agter gekom het, het iemand hom wel gevolg; ‘n klein, rateltaai korporaaltjie. Hy is fiks en sterk, en beweeg rats en flink teen die krans en die skeur op. Hy is veilig onder die groot rots wat in die “V” gewig is, toe die klomp klippe en rotse val. Hy wag totdat die storting bedaar en rats klim hy die laaste paar meter teen die berg op. Sodra hy bo kom, kyk hy versigtig oor die rand van die krans en tot sy verligting staan Die Man nie bokant hom met ‘n wapen of selfs met klippe nie. Nee, die Man se rug is na hom gedraai. Hy druk homself vinnig vanuit die skeur en die volgende oomblik is hy geluidloos op sy voete. Die Man is skaars twee meter van hom af weg en enige geluid skryf hy toe aan die klippe wat hier en daar nog val.
1933 AFRIKAANSE BYBEL WORD WEER GEDRUK!
NOU BESKIKBAAR!
Die geliefde Afrikaanse 1933-vertaling keer terug! Met hierdie spesiale uitgawe van die eerste Afrikaanse Bybel herdenk ons die 100-jarige bestaan van Afrikaans as ‘n amptelike taal. Hierdie uitgawe dien as ‘n simbool van die ontwikkeling van Afrikaans, van sy nederige begin tot ‘n ryk en veelsydige taal wat vandag deur miljoene Suid-Afrikaners gepraat word.
Bestel vandag aanlyn vir slegs R349* en bespaar 30%:
https://bibleshop.co.za/product/afrikaans-1933-volledige-bybel-mediumgrootte-swart-hardeband/?utm_source=facebook&utm_medium=social&utm_campaign=1933_promo_250814
* Afslag slegs geldig op www.bibleshop.co.za tot 31 Augustus 2025, daarna normale prys van R499. Geen verdere kortings. Posgeld en aflewering uitgesluit.
DIE WEDERKOMS VAN JESUS (1/3)
Ds A.E. van den Berg
“Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand.1:14) .
Gelowiges moet nooit so in die tydelike dinge van die lewe verstrengel raak dat hulle Jesus se wederkoms uit hul geestesoog verloor nie. Paulus skryf in Gal.4:4 dat God sy Seun in die volheid van die tyd na die aarde gestuur het; 'n veelseggende woord. Hierdie betrokke dag is reeds van die grondlegging van die wêreld af deel van God se raadsplan. So ook die dag van Jesus se wederkoms.
Toe Jesus op die aarde was, het Hy soveel vernedering, leed en lyding verdra, dat niemand Hom sou kon verkwalik indien Hy nie weer sou kom nie. Die Bybel sê egter dat Hy verseker weer kom. Luister na die twee engele net na die hemelvaart: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” Dis 'n belofte vanuit die hemel!
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Die laaste keer wat hulle honde gebruik het om hom te jag, was net voor Joe by hom aangesluit het. Hy was nooit regtig bang vir die honde nie, maar hy wou ook nie op hulle skiet nie. Die honde word in elk geval net gebruik, en dis nie hulle skuld nie. Dikwels het hy die mooi herdershonde in die kruishare gehad, maar kon nie sover kom om die sneller te trek nie. Dan eerder die hanteerder. Dit was mos immers die werklike vyand.
Gelukkig het hierdie hanteerders die leibande om hulle gewrigte gedraai, en as hy hulle platgeskiet het, het die hond uiteraard bly staan. Hy het ook gehoop dat hulle mettertyd sou ophou om die honde te gebruik, siende dat hulle uitbundig kon word op sy spoor, sou blaf en raas, die hanteerder vinnig saamsleep en dus alle bekruip en versigtigheid daarmee heen was.