Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dit is weer naby Moedersdag. Dan moet ons moeders maar onthou: die beste wat jy vir jou kinders kan gee, is jou deernis, jou teenwoordigheid, jou liefde en vergifnis – kortom, jouself. En aan ons kinders: dít is al wat 'n moeder terugvra!
KORONA-VIRUS: “AGENDA ID2020”
Peter Koenig is ‘n navorsingsvennoot by die Centre for Research on Globalization. Hy is ook ‘n ekonoom en ontleder van wêreldpolitiek. Hy het vir 30 jaar saam met die Wêreldbank en die Wêreld Gesondheidsorganisasie gewerk, lesings aan universiteite dwarsoor die wêreld gegee en is die outeur van verskeie geskrifte van belang asook mede-skrywer van The World Order and Revolution! – Essays from the Resistance.
Koenig het tydens uitgebreide navorsing uiters belangrike ontdekkings oor die ontstaan en doel van, en redes tot die histerie mbt die Korona-virus gemaak. Gelofteland sal binnekort ‘n breë oorsig-artikel daaroor plaas. Hier volg egter kortliks 'n oorsig oor die ontstaan en doel van die Korona-virus.
Eerstens wil ons weet wat die ID2020 is. Dit is ‘n alliansie van publieke- en privaat vennote insluitende die Verenigde Nasies (VN) asook siviele gemeenskappe, wat ‘n elektroniese ID-program vir algemene inentingprogramme, as platform vir digitale identiteit gebruik.
Die waarheid oor wáár die Korona-virus (ook genoem Covid-19) sy ontstaan het, word al hoe meer verdoesel in die chaos wat die media oor die sogenaamde pandemie veroorsaak in hul verkondiging daarvan. Hoe die virus versprei en hoe dit die hoof gebied moet word, word heeltemal oorskadu deur paniek, chaos en vrees by die publiek. Maar is dit nie maar presies hoe die manne agter die skerms die wêreld manipuleer nie?
Belangrik is dat ‘n pandemie slegs só bekend staan wanneer die dodetal as gevolg van verspreiding meer as 12% haal. In Europa is die sterfte-persentasie nagenoeg 0.4%. Slegs in Italië as uitsondering, was die hoogste getal sterftes 6%. In Sjina waar die hoogste persentasie sterftes ‘n paar weke gelede nagenoeg 3% was, het dit nou gedaal na 0.7%. Een van Sjina se beste geneesmiddels teen Covid-19 is die “Interferon Alpha 2B (IFNrec)”, ‘n hoogs effektiewe stof teen virusse en ander siektes. Natuurlik word hierdie medikasie nêrens anders in die wêreld deur die VN toegelaat nie.
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie ontvang sy opdragte van die Een Wêreld Orde – dieselfde mense wat Trump en leiers van die Europese Unie met sy lidlande, soos marionette beheer. Die Korona-plan was reeds vir jare op die tafel maar die finale besluit om dit uit te voer is nou in Januarie by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos agter geslote deure geneem. Wie agter hierdie besluit sit, is natuurlik die Rockefellers en sy Bilderbergers, die Rothschilds, The Gates, GAVI, (Global Alliance for Vaccines and Immunization), dws farmaseutiese organisasies vir die ontwikkeling van entstof en toepassing van inentings, ea – almal wêreldgeldmagte, bouers van die Een Wêreld Regering.
Die volgende stap sal waarskynlik die afdwing van inenting teen die virus wees. Daar kan selfs so ver gegaan word dat diegene wat dit weier, beboet of selfs tronkstraf opgelê kan word. En indien die inenting verpligtend word, (waardeur Big Pharma hulself verder sal verryk) sal die bekommernis bestaan dat die entstof bestanddele kan bevat wat die wêreldbevolking kan uitroei tot die gewenste klein getalle. Diegene wat oorleef sal deur die Een Wêreld Regering beheer word. En moenie glo al hierdie dinge is vergesog nie – die tegnologie in biologiese oorlogslaboratoriums in die VSA, Brittanje, Israel, Kanada, Australië ea, het lankal hierdie ‘hoogtes’ bereik. Selfs in die Ukraïene is daar vyf hoogsgeheime VSA biologiese oorloglaboratoriums waar nuwe virusse gereeld op die inwoners “getoets” word. Wanneer daar dan vreemde siektes in die omgewing uitbreek mag niemand daaroor praat nie. Dieselfde gebeur in Georgia waar daar nog méér sulke Pentagon/CIA laboratoriums is en vreemde siektes gereeld uitbreek.
Nog ‘n moontlikheid nou mbt die Korona-virus is dat tydens die inenting ‘n skyfie ingespuit kan word sonder medewete van die pasiënt. Dit kan per afstandbeheer gelaai word met al die persoonlike inligting van die pasiënt, ook sy bankbesonderhede, want dit is wat die Geldmag wil bereik – digitale beheer oor jou finansiële aktiwiteite asook jou gesondheid. So kan joú toegang tot jou eie rekenings geblokkeer word indien jy in opstand daarteen kom.
En so word ons slawe van die geldmeesters, presies soos die boek Openbaring ons waarsku dat ons nie sal kan koop of verkoop indien ons nie die merk van die dier (Satan) op ons voorhoof of op ons regterhand dra nie, daar waar die skyfie ingeplant sal word. Ons sal sekerlik nog sien hoe hierdie proses in praktyk realiseer en geensins ‘n simboliese voorstelling in die Bybel is soos talle mense glo nie.
Ons mag inderdaad aan die begin staan van die volledige implementering van ID2020 met geforseerde inenting, bevolkingsvermindering en volkome digitale beheer oor die mensdom op die pad na ‘n Een Wêreldregering! Die Volle Beheerspektrum, soos dit in die Plan vir ‘n Nuwe Amerikaanse Era genoem word.