Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die herstel van ’n volk deur sy godsdiens te herstel, is ’n wenresep vir elke volk op aarde; ook vir die Boerevolk. Ons kla graag oor die onreg van die ANC-regering, maar wat het ons volk in hierdie penarie laat beland? Dieselfde ding wat Juda as volk in ’n penarie laat beland het - godsdiensverval. As ’n volk se godsdiens verval, verval die volk.
AS DIE PANIEK VERBY IS...
Wanneer mense paniekerig word, soek hulle na leiding. Die Afrikaner se lot vandag is dat hy nie meer sy eie gesagsentrum het nie. Daar is nie meer een leier of party of beweging wat namens die Afrikaner praat nie. Van hulle is so bang vir stigmatisering as “rassiste” dat hulle deurentyd op twee stoele bly sit; hulle wil-wil namens die Afrikaner praat, maar skram dan telkens weg op die laaste oomblik. Soos ook die VF Plus en Solidariteit en Afriforum. Laasgenoemde twee veral het die getalle, maar weens hulle huwelik met die nuwe bestel kan hulle eenvoudig nie namens die Afrikaner praat nie. Eersgenoemde se posisie is nog erger; hulle sit pens en pootjies in die parlement waar hulle nie sal waag om goedkeurend na apartheid te verwys nie.
Nou wat het apartheid dan met die saak te make? Wel, net mooi alles.
Want ons is uitgelewer aan ‘n bestel waar die meerderheid totaal anders dink en voel oor waarheen ons op pad is en op pad moet wees. Ons het daarin geen sê nie. Ons kan as volk nie ons eie bestemming bepaal nie. Die res van die Afrikaner-organisasies het weens baie redes, maar veral ‘n gebrek aan leierskap en visie, eenvoudig nie die inherente vermoë om leiding te gee in hierdie krisistyd nie.
Die barbaar deel die lakens uit en as hy die res van die wêreld bloot na-aap met stappe wat gedoen moet word om ‘n virus te beveg, word hy selfs uit die geledere van volksgenote geprys.
Ons het ons soewereiniteit verkoop vir ‘n Nobelprys…
Die Afrikaner, soos meeste volke in die wêreld, soek skuiling binne eie verband. Nou is dit hom ontneem en hy moet gedienstig en gedweë sit en toekyk hoe ‘n ramp moontlik onder sy eie oë kan afspeel, maar hy het geen beheer daaroor nie, want hy het nie die politieke mag oor homself nie. Politiek, die kroonrat van ‘n volk se bestaan, is die Afrikaner vir alle praktiese doeleindes ontneem.
Nou sal die nuwe heersersklas maatreëls instel, sommige waarvan totaal oorbodig en onnodig in die naam van ‘n gewaande pandemie terwyl ‘n land se ekonomie waarskynlik op sy knieë gedwing gaan word in die bestek van weke. En omdat paniek heers gee talle Afrikaners nie om dat hier nou eintlik ‘n diktatorskap ingestel word met regulasies wat grens aan ‘n krygswet, dog gerieflikheidshalwe gekamoefleer as ‘n “ramp” nie. So word ons vryheid finaal weggegee en ons wil tot weerstand nog eens ‘n gevoelige knou gegee. En maak geen fout nie, strenger maatreëls lê voor die deur!
Reeds is ons volk soveel magte en regte ontneem dat sy posisie as haglik beskou kan word. Hy is in ‘n getalle-minderheid binne ‘n volksvreemde, godlose bestel, met eiendomsreg ontneem en gebuk onder ‘n erge belastinglas en uitgesluit uit die staatsdiens-sektor en ook grootliks uit baie private sektor-werksgeleenthede weens regstellende aksie. Dis die realiteit. Nou word die pad na slawerny feitlik voltooi met ‘n owerheid wat jou reg op beweging en samekoms beperk, maar erger nog, jou ekonomiese aktiwiteit feitlik vernietig as gevolg van die drakoniese stappe.
Ons is vertel dat hierdie virus ‘n pandemie geword het. Dis ‘n leuen. Die sterftesyfer was nie naastenby op die vlak wat die WHO kon regverdig om dit ‘n pandemie te noem nie. Die woord pandemie het opsigself paniek veroorsaak. Nou het almal vrywillig hulle regte prysgegee. En om te dink dat ons op ‘n sekere dag weer al ons regte gaan terugkry is wensdenkery. Ons soewereiniteit as indidividue is gekompromitteer. Hierdie was dalk net ‘n proeflopie, maar volgende keer gaan net baie makliker wees; dis nou te sê as daar ‘n volgende keer gaan wees. Want wat anders is hierdie stappe wat nou geneem is as onderdrukking, ‘n dikatatuur? En as ons dit nie eers insien nie, hoe ver is ons dan al oor die afgrond? As paniek heers neem mense nie rasionele besluite nie. Kan u dink wat gaan mense doen as die paniek in massa-histerie verander?
Ons vertrou nou ‘n regime wat totaal onbevoeg is om enige regeringstake op einge vlak uit te voer, om ons te lei wanneer ‘n krisis heers. Glo maar, hulle weet minder van die Korona-virus (Covid-19) as die man in die maan. Daar is huidiglik nog geen bewyse dat hierdie virus gevaarliker is as enige virus van die verlede nie en is daar trouens reeds medici wat sulke afleidings skerp bevraagteken het. Maar hulle opinies word onderdruk en geïgnoreer omdat die groter agenda hom eers moet afspeel.
Nou het ons egter die probleem dat die paniek wat gesaai is reeds soveel ekonomiese skade aangerig het dat ook op hierdie vlak regerings gaan intree as die “redders” van die nasie. Mens kan maar net dink hoe maklik dit nou gaan wees om pensioengeld te vat vir die “common good”. (Ja, mens wil laasgemelde frase sommer direk vertaal met die “kommin goed!”...) Die kern is egter: die verwoesting wat dit aan mense se besighede, werksekerheid weens afleggings, inkomste, lewenstandaard en oplaas, oorlewing gaan veroorsaak, gaan in die volgende maande uitkristalliseer. Dis nie die virus wat die volgende depressie gaan veroorsaak nie, maar die paniek en vrees en histerie wat doelbewus geskep is.
Dit kan nie genoeg herhaal word nie dat dit ‘n berekende poging tot volksmoord is en in hierdie geval nie net van een volk nie, maar van volkere en as sodanig ‘n misdryf teen die mensdom.
Nie een van ons gaan gespaar bly nie; ons word almal in ‘n meerdere of mindere mate getref. Baie van ons volksgenote staar uiterste armoede in die gesig as gevolg van hierdie kriminele daad. En dit sal goed wees as ons as volksgenote dit uitwys vir wat dit is – ‘n misdaad teen die mensdom!
Dit het Afrikaners ná die depressie van die dertigerjare in die vorige eeu baie jare geneem om te herstel. Baie van ons ouers kon nooit gaan studeer nie want daar was nie geld nie. Hulle het bitter swaargekry. Hulle was baie arm. Die uiteinde van hierdie mensgemaakte tragedie gaan nie anders wees nie.
Afrikaners sal in hierdie tye oor baie dinge moet besin en die laaste daarvan is die “virus”. Die belangrikste benewens ons vaste vertroue in Hom wat die lotgevalle van volkere bepaal, is die vryheid, die volledige soewereiniteit van ons volk.
Het ons so min selfrespek oor dat ons nie eers meer onsself as volk wil betuig nie? Mens wil dit nie graag glo nie!
Mag hierdie krisistyd die beste in ons na vore bring.
Democracy in America
Alexis de Tocqueville
“Our contemporaries are constantly excited by two conflicting passions; they want to be led, and they wish to remain free: as they cannot destroy either one or the other of these contrary propensities, they strive to satisfy them both at once. They devise a sole, tutelary, and all-powerful form of government, but elected by the people. They combine the principle of centralization and that of popular sovereignty; this gives them a respite: they console themselves for being in tutelage by the reflection that they have chosen their own guardians. Every man allows himself to be put in leading-strings, because he sees that it is not a person or a class of persons, but the people at large that holds the end of his chain.
By this system the people shake off their state of dependence just long enough to select their master, and then relapse into it again. A great many persons at the present day are quite contented with this sort of compromise between administrative despotism and the sovereignty of the people; and they think they have done enough for the protection of individual freedom when they have surrendered it to the power of the nation at large. This does not satisfy me: the nature of him I am to obey signifies less to me than the fact of extorted obedience.”