NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geld is kosbaar, 'n huis ook goed, maar die allerbeste is 'n goeie vriend, in donker dae gee hy jou moed. Groete aan al ons vriende in die geloof!

WAT BETEKEN DIE NUWE “NORMAAL”?

Meeste, indien nie almal van ons nie, kan nie wag dat alles weer na “normaal” terugkeer nie. Daardie dag wat ons weer met ons lewens kan voortgaan soos wat ons dit goeddink. Wat ons weer op Sondae kerktoe kan gaan, ons beroepe onbelemmerd kan beoefen, ons kinders weer soos voorheen skooltoe kan gaan, ons aan sport kan deelneem en na ons gunsteling sport op televisie kan kyk. Ons sien reikhalsend uit dat alles sal terugkeer na “normaal”.

Steeds verbysterd oor wat met ons gebeur het en te midde van ‘n oorvloed van leuens wat aan ons opgedis is en steeds word, glo ons steeds daar sal ‘n dag kom wat alles weer sal wees soos voorheen. Maar nou hoor ons dat ons in “fases” regeer sal word en dat “ongehoorsaamheid” kan beteken dat jy en jou stad of dorp sommer gou weer na ‘n “erger” fase verplaas kan word. Ons is dus wat ons bewegings betref, volkome afhanklik van ‘n regering wat in 26 jaar alles waarop hulle hulle hande gelê het, vernietig het. Hulle sal bepaal hoe ons vryheid gaan lyk. Wat “normaal” is aan ‘n toestand wat deur die grille en giere van ‘n onbevoegde en korrupte regering bepaal word, is bitter moeilik om in te sien. Dit word boonop gedoen terwyl niemand kan aandui wanneer ons van die “virus” ontslae gaan wees nie. Intussen moet ons blykbaar op die bona fides van ‘n regering staatmaak wat juis nie vertrou kan word oor enige saak nie.

Dit is duidelik dat hierdie regime (so genoem weens hulle onwettigheid) soveel genot uit hierdie tirannieke maatreëls put dat hulle kwalik daarvan sal wil afstand doen. Wat is dan lekkerder vir ‘n magsugtige regime as om, sonder debat, en onder die vaandel van “the virus kills”, regulasie na regulasie uit te vaardig. Boonop, met ‘n winter op hande, onbeholpe toetsing, areas wat onbeheerbaar is vanweë die opeenhoping van mense in dikwels haglike toestande, en ‘n entstof wat as ons redding beskou word, maar wat klaarblyklik eers oor 12 tot 18 maande beskikbaar gaan wees, kan daar nie sprake wees van normaliteit wat gaan terugkeer in die maande wat voorlê nie.

Mense besef nog nie dat hulle met die aanvanklike grendeltydperk (‘lockdown”) toestemming gegee het vir ‘n toestand wat nie sonder grootskaalse verset reggestel sal kan word nie. En boonop is niks van dit wat deur die regime onderneem is, bereik met die aanvanklike 3 weke en enige tydperk daarna nie. Paniek en vrees het goeie en gesonde verstand en logika eenvoudig verdring. Sou ons byvoorbeeld na fase 3 beweeg en daar is ‘n toename in infeksies (veral by skole), sal ‘n verskrikte publiek (sonder veel teenstand) eenvoudig soos skape weer na fase 4 en selfs 5 gelei word. Solank hulle maar net by die huis kan rook en drink … Dat hulle en hulle kinders se immuniteit juis verswak het terwyl hulle in hulle huise weggekruip het, het by meeste verbygegaan. Dat elke mens die reg, die plig en die verantwoordelikheid het om te werk, het eweneens by meeste verbygegaan. Nee, nou is ons uitgelewer aan die genade van ‘n magshonger ‘elite’ en het ons die wil om ons eie toekoms te bepaal, klaarblyklik verloor.

Wat ingesien moet word is dat hierdie “pandemie” beplan is. Daarvan is daar ‘n oorwig van getuienis. Bill Gates, die WHO en Big Pharma het, in samewerking met ander rolspelers ‘n troefkaart gespeel waarvan hulle dalk self nie kon dink dat dit so suksesvol sou wees nie. Nie net enkele state nie, maar die ganse wêreld het geval vir die leuen dat ons te doene het met die “dodelikste” virus wat die heelal nog getref het en dat dit die drakoniese maatreëls regverdig wat nou lukraak aan elkeen opgelê word. Nou word ons tot in die fynste besonderhede gemonitor met “apps” en selfone in ‘n polisiestaat waar krygswet geld en van menseregte dadels gekom het.

Ten spyte van oorvloedige bewyse dat die virus in ‘n laboratorium geskep is (dus doelbewus), en dat die “pandemie” in besonderhede deur Bill Gates, die WHO en die John Hopkins Universiteit beplan is (Event 101), word sulke feite as “conspiracy theories” – die argument om alle argumente mee te beëindig - afgemaak. Die elite het hiermee groter beheer oor ons lewens gekry en alle ekonomiese kompetisie uitgeskakel. Deur boonop inligting oor die virus en die klaarblyklike infeksiekoers te beheer, sal gesorg word dat bevolkings nie uit die inperkings wat orals ingestel is, kan ontsnap nie.

Globaliste het reeds verklaar dat ons nie na “normaal” sal terugkeer nie. Intussen “juig” ons oor elke nietige verslapping van die drakoniese maatreëls, so asof dit enigsins bevryding bring. Praat van ‘n “herd mentality”!

Industrie na industrie is besig om onder te gaan. Lugrederye, die toerismebedryf met al sy vertakkinge, die drankbedryf, tabakmaatskappye, noem maar op. In ‘n kwessie van drie maande is die wêreld se ekonomie op sy knieë gedwing. En elke nuwe dag gaan die situasie vererger. So sal net die grootste maatskappye oorleef en sal alle kompetisie uitgeskakel word vir die groot monopolieë.

RW Johnson, die links-liberale politieke kenner en skrywer van verskeie boeke oor die katastrofiese nuwe Suid-Afrika skryf in Rapport van 24 Mei 2020 dat die ANC eenvoudig die res van die wêreld slaafs nagevolg het met die instel van inperkings terwyl die land nie die fiskale ruimte, openbare gesonheidstelsel en die hulpbronne het om dit te implementeer nie. So het die inperking net die infeksie vertraag en voorspel dit maande van verdere inperking. Cyril die “groot verlosser” word boonop deur elke breinlose Suid-Afrikaner geprysvir die waansin wat ons nou beleef. Johnson voorspel dat die inperking in duie sal stort. Indien dit gebeur, sal die meeste van ons juig, maar of die ANC van sy beheer sal wil afstand doen, selfs al gaan dit hoe sleg, is ‘n ander saak. Dit sal ‘n toestand van anargie en chaos meebring wat ons in een van twee rigtings sal stuur: ons kan die geleentheid gebruik om om vir ons vryheid te veg, of ons kan willoos toekyk hoe daar bo-oor ons geloop word. Ons situasie lyk dus veel anders as meeste ander state in die wêreld.

Volgens navorsing waar besighede gevra is oor die effek van die inperking, het net 6,7% aangedui dat hulle meer as drie maande se sluiting sou kon oorleef. Intussen word ons werkloosheidsyfer by die dag groter en word selfs voorspel dat 50% van alle Suid-Afrikaners werkloos gaan wees ná hierdie waansin. Feit is, ons loop ‘n tragedie tegemoet wat, indien ons dit nie self tot stilstand ruk nie, ons ekonomies gaan vernietig.

Daar is dus, of ons dit wil hoor of nie, net twee opsies vir ons oor: Onderwerping of verset. Verset is ‘n gelaaide woord en wanneer so ‘n keuse gemaak word moet dit met die uiterste versigtigheid en oorleg benader word. Om te praat teen hierdie waansin is die begin van verset. Om te betoog teen hierdie kakistokrasie is die volgende stap. So sal verset ook in “fases”gedoen moet word.

Ons kan eenvoudig nie toelaat dat ons bestaansmiddele voor ons neuse weggevat word deur‘n vyandige regime wat ‘n veer vir ons voel nie. En wanneer ons besef dat hierdie regime niks vir ons voel nie, en boonop net die agenda van die wêreld se superryk elite uitvoer, sal ons ook besef dat hulle geensins oor ons gesondheid bekommerd is nie, maar dat dit alles gaan oor beheer. So word ons dan nou beheer deur ‘n inperking wat ook ons reg op lewe, reg op vryheid, reg op ‘n bestaan en talle ander regte eenvoudig vertrap. Die geelwortel van ‘n entstof wat kwansuis ons redding gaan wees moet aangesien word vir wat dit is – ‘n metode tot verdere beheer en die uitrek van ons verslawing en vernietiging in die proses. Ons sit dus en wag vir ‘n vyandige regime en ‘n sataniese orde om ons te red. Ons sal wag en wag tot die perde horings kry!

Moet nie u hoop op ‘n “heropening” van die ekonomie vestig nie. Ook nie op makliker fases (soos fase 3) nie. Dit gaan nie hou nie. Dit is ook nie bedoel om te hou nie. Sou die eerste klomp skoolkinders die virus onderlede kry sal die juigkommando van die regime (news24.com en andere) sorg dat paniek en vrees weer alle rasionele denke verdring.

Nee, die nuwe normaal gaan ‘n lewe wees waar ons in fases van inperking hanteer sal word. Soos diere. En as ons nie tot ons sinne en in verset teen hierdie waansin kom nie, sal ons dit verdien. En maar te dankbaar wees oor elke verslapping wat ons meesters afkondig.

Wie is bereid om in so ‘n land te bly en te leef? Is u?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1961 gaste aanlyn