Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput. So lees ons in Spreuke 17:22. En wie van ons ken nie daardie uitputting nie! Wees dan vrolik sodat jy ook jou medemens kan opbeur.
BILL GATES EN BENDE WIL MENSE UITWIS
Dit was nogal goed om die groot meneer Bill Gates so te sien sukkel om die vrae van ‘n joernalis te antwoord. Met sy gewoonlik gladde bek en vloeiende leuenvloed het hierdie onderhoud ‘n verfrissende moontlikheid vir die waarheid ingehou toe sy hom peper met vrae in verband met die nuwe entstof teen die Koronavirus nadat 100% van die proefkonyne bitter siek geword het tydens die pas afgelope navorsingseksperiment.
Tussen Gates se gestorter het dit duidelik deurgekom dat dit nie juis ‘n probleem is nie want die Food & Drug Administration (FDA) sal sorg dat die dinge regkom. Niemand weet hoe nie maar dit moet net, meen hy, want daar is reeds iets soos 1,6 biljoen verkope in die pyplyn. Hy het egter nie gesê dat daar nog navorsing gedoen sal word nie en het dit laat klink of die biljoene eenhede entstof reeds vervaardig is. Ons kan aanneem dat dit reeds begin versprei word. Ook Suid-Afrika staan in die ry vir die aankoop van miljoene eenhede entstof volgens die minister van Siektes...
Maar wat Gates nie vertel het nie is die interessante geskiedenis van navorsing vir ‘n teenmiddel vir die Koronavirus. Ons moet onthou daar is meer as een tipe Koronavirus, selfs die gewone verkouevirus is ‘n Koronavirus. En hierdie virus pla die mensdom al vir baie dekades. Daarom is daar jare lank al navorsingsprojekte om ‘n teenmiddel daarvoor te ontwikkel.
Ons ken nou die SARS-CoV-2-virus maar daar is sewe ander wat ook asemhalingsprobleme veroorsaak waarvan vier ‘n gewone verkoue meebring, iets wat ‘n suksesvolle entstof amper onmoontlik maak. As ons dan vir eers al die duistere motiewe vir inentings wat deur die Geldmag beplan word opsy skuif en net na ‘n eerlike poging kyk om so ‘n entstof te ontwikkel, is dit interessant om te weet dat al die pogings deur die jare nog nie geslaagd was nie. En Gates weet maar al te goed dat die kans om nou ‘n suksesvolle teenmiddel teen Korona te onwikkel omtrent nul is.
Rondom die begin van 2002 het die Sjinese, die Amerikaners en Europese lande saam besluit om ‘n entstof teen die Koronavirus te ontwikkel. Daardie jaar het hulle nagenoeg 30 verskillende entstowwe gereed gekry vir toetsing op krimpvarkies omdat laasgenoemde se reaksie die naaste aan menslike longvoorkoms is wanneer infeksie ter sprake is.
Die krimpvarkies het aanvanklik baie goed gevaar met ‘n hoë getal teenliggaampies teen die virus, die stadium waar die FDA gewoonlik so ‘n entstof lisensieer – die vereiste wat hulle stel, dat die aantal teenliggaampies so hoog as moontlik is. Maar toe gaan die navorsers verder en hulle stel die krimpvarkies daarna aan die virus self bloot. En daar vrek elke een van hulle as gevolg van inflammasie in veral hulle longe en ook ander organe.
Toe onthou die navorsers wat in die sestigerjare met ‘n ander span gebeur het toe hulle ‘n RSV-entstof wou ontwikkel teen die siekte wat net soos Korona boonste lugweginfeksie veroorsaak. Die navorsing is toe op 35 kinders as proefkonyne gedoen en dieselfde het gebeur. Aanvanklik het die kinders ‘n wonderlike hoë aantal teenliggaampies ontwikkel maar toe hulle aan die virus self blootgestel word, het hulle almal baie siek geword en twee het gesterf.
Soos dit toe gebeur ontdek die navorsers dat daar twee soorte teenliggaampies teen die Koronavirus ontwikkel:
- Neutralisering-teenliggame wat die infeksie beveg; en
- Binding-teenliggame of ook genoem nie-neutraliserende teenliggame wat nie die infeksie kan beveg nie.
Die teenwoordigheid van laasgenoemde sneller ‘n paradoksale immuunreaksie, menende wanneer hierdie binding-teenliggame met die virus in aanraking kom, beskerm dit nie die liggaam nie maar verhoog die virus se kapasiteit vir erge infeksie.
As ons weer kyk na die pas afgelope navorsingproeflopie van Bill Gates genaamd Moderna’s mRNA-1273 Fase Een, sien ons dat daar wel neutralisering-teenliggame ontwikkel het maar dat die binding-teenliggame by al die deelnemers teen dag 15 skielik dramaties verhoog het, veral met die tweede inenting.
Hierdie menslike proefkonyne is nie daarna aan die virus self blootgestel nie anders sou die prentjie dalk nog duideliker wees, maar daar is rede om te glo dat hulle ook die pad van ‘n paradoksale immuunreaksie sou stap indien hulle wel blootgestel sou word. Dit is die mening van ander medici in die VSA.
Kortom, dit beteken dat mense wat met hierdie entstof ingeênt en dan aan die virus blootgestel word, se kans om te sterf honderdmaal beter is as mense wat die virus kry maar nie die inenting gehad het nie. Die wat nie sterf nie sal erge newe-effekte ondervind soos hulle nou almal het. Gates werk nou saam met al hierdie navorsingwetenskaplikes. Daar is geen manier hoe hy hierdie proses nie kan verstaan nie. Nog vertel hy in die onderhoud aan die joernalis dat meeste mense ‘n tweede en selfs derde inenting sal moet kry om sodoende genoeg teenliggame op te bou.
In talle vorige onderhoude het Gates sterk klem gelê op die noodsaak van bevolkingsvermindering. Hy is ‘n groot voorstaander daarvan om die wêreldbevolking met minstens ‘n derde te verminder.
As ‘n mens ‘n brullende leeu voor jou sien staan maar jy word vertel dis ‘n lieftallige babahondjie, moet jy glo wat jy hoor of liewer jou verstand gebruik en besef wat jy self sien?