Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Oorwinning in die lewe is nie daarin dat jy nooit mag struikel nie; dit lê suiwer in die feit dat jy elke keer opstaan wanneer jy gestruikel het.
NEE, NEE, NEE VIR COVID-INENTING!
Covid het 'n vreesveldtog tot stand gebring wat diktatoriale en ongrondwetlike vryheidsroofmaatreëls vergemaklik vir die superrykes van die wêreld, die Internasionale Geldmag of genaamd Illuminati met sy seekatarms binne elke groot organisasie, dít nadat hy die wêreld-ekonomie vernietig het, ontelbare bankrotskappe, werkloosheid, hongersnood en uiteindelik die dood geskep het.
Dit is moeilik om te glo dat elke regering besig is om sy burgers te verraai en dat al 193 VN-lidregerings in 'n mindere of meerdere mate deelneem aan hierdie wêreldwye vernietiging, 'n massiewe bio-WO III-senario. Maar dit is wat dit is! Ons het reeds die derde wêreldoorlog betree wat betref sy bio-chemiese sy, die kernoorlog sal weldrae volg.
Nie net is die wêreld doelbewus besmet met ‘n laboratorium-gemodifiseerde virus nie, maar is die volgende fase van die sataniese plan om die wêreldbevolking van nagenoeg 7 biljoen na 500 miljoen te verminder, reeds in aksie met die sogenaamde intentingsprogram waarvan mense nou in honderdtalle vinniger sterf as aan die virus self. En diegene wat nie sterf nie sal eendag nie eers meer onthou wat dit beteken om vry te wees in jou eie land nie.
In minder as tien jaar van nou, wanneer die inspuitings die meeste van die oorblywende mensdom in transhumane omskep het, en sommige van die weerstandbiedende oorlewendes vra, waarom het niemand iets daaraan gedoen nie terwyl mens kon sien daar is groot fout, sal dit te laat wees om terug te keer na ‘n werklik normale lewe op hierdie planeet.
Hierdie reusagtige monsterplan is meer as 50 jaar gelede voorberei.
Daar word verwag dat honderde miljoene in die volgende paar jaar sal sterf, nie aan covid nie, maar aan die "kollaterale ramp" wat veroorsaak word deur die ongeregverdigde tiranniese covid-maatreëls, en veral aan die sogenaamde inenting.
Politieke leiers wat nie die wêreldwye elite se opgelegde vereistes gehoorsaam nie, word sterk veroordeel of vermoor. Terwyl ons in hierdie stadium geen bewyse het nie, laat die onlangse dood van die Presidente van Tanzanië en Burundi belangrike vraagtekens ontstaan. Die President van Tanzanië, John Magufuli, het geweier om sy landgenote in te ent en gesê dat daar natuurlike middels is om die siekte te genees. Hy sterf skielik op 17 Maart 2021 aan 'n vermeende hartaanval. Die president van Burundi, Nkurunziza, is ook onverwags op 8 Junie 2020 na bewering aan hartversaking oorlede. Hy was 'n glo ‘n anti-covid-aktivis en het die WGO uit Burundi gesmyt. So ook is die ontwerper van die PCR-toetsstel op ‘n geheimsinnige manier dood dae nadat hy gewaarsku het dat hy dit nie vir die opsporing van virusse ontwerp het nie. Lees meer daaroor elders op Gelofteland onder die skakel: Die Viruskabaal.
Die geweldige druk wat toegepas word om elke mens op die aarde met die sogenaamde Covid-19-inenting in te spuit, is sekerlik die beste bewys dat dinge nie pluis is nie. Dat dit voortduur terwyl mense op hope siek word en talle daarvan sterf, is so duidelike getuienis van die agenda daaragter dat selfs die hooggeregshof in die VSA ‘n saak in die guns van die klaers waaronder senator Robert F Kennedy Jnr, besleg het toe hulle teen inentings geappèlleer het. Ons sal seker ook binnekort kennis neem van die geheimsinnige dood van senator Kennedy...
En tog gaan dit voort. Die Europese Unie het pas 1,8 miljard dosisse mRNA-tipe inentings bestel. Dit is ongeveer 4 dosisse vir elkeen van die 450 miljoen EU-burgers. Hoekom? Hoeveel meer "golwe" en "nuwe stringe ", of gesogte "variante" word vir die volgende 3 tot 4 jaar beplan?
Ons moet onsself afvra: Wys die westerse eksperimentele geen-terapie-inentings op 'n gesondheidsbeskermingsagenda? Of is dit iets anders? Die antwoord is voor die hand liggend!
Daar is geen tyd om te mors nie.
Ons moet dit weerstaan.
Ons moet wêreldwyd in solidariteit sê: NEE! vir inentings, NEE!