NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moses sê aan sy volk om kleinvee te slag vir die pasgaviering en die bloed aan hulle deurposte te smeer sodat die engel van die Here verby sal gaan en nie ook hulle eersgeborenes te laat sterf soos hy met die Egiptenare doen nie. Moses maan die volk ook om die pasgaviering geslag na geslag te onderhou as heilige instelling uit dankbaarheid dat hulle gered is en nie deur die dood daar in Egipte getref is nie. Presies so verwag die Here van al sy kinders, geslag na geslag, om uit dankbaarheid dat Hy ons van die ewige dood met sy kruising gered het, nagmaal keer op keer te vier as teken en seël van die nuwe lewe wat ons ontvang het.

COVID-"ENTSTOF" IS DODELIK

Jan-Tinus Smuts

“Dit is nou in verskeie lande bewys dat veral mense wat ingeënt is, in kwarantyn geplaas moet word. Ongeënte mense is nie gevaarlik nie, ingeëntes is 'n gevaar vir ander.” - Prof Christian Perronne

"Ons is op die rand van 'n wêreldwye transformasie. Al wat ons benodig is die regte groot krisis en al die nasies sal die Nuwe Wêreld Orde aanvaar," het wyle David Rockefeller op 14 September 1994 by die VN Besigheidskonferensie gesê. Sy familie is internasionale bankiers wat na bewering deel is van 'n komplot om 'n een wêreld diktatuur te vestig. Daar is ook bewerings dat dit deel van die Geldmag (wat "Big Tech" en "Big Pharma" insluit) se planne is om die wêreldbevolking drasties te verminder en dat Covid-19 en die entstowwe daarteen, deel uitmaak van hierdie planne.

Niemand sal kan ontken dat die Covid-19 pandemie kwalifiseer as so 'n "groot krisis" soos waarvan Rockefeller gepraat het nie. "Big Pharma" sluit ook maatskappye soos byvoorbeeld Pfizer en Johnson & Johnson in.

By geleentheid het mnr. David Rockefeller erken dat hy en sy familie deel is van 'n plan om 'n eenwêreldregering daar te stel:

"Sommige glo dat ons deel is van 'n geheime kabaal wat teen die beste belange van die VSA werk en word ons as "internasionaliste" gekaraktiseer en dat ons in 'n sameswering met ander van reg rondom die wêreld is om 'n meer geïntegreerde globale politieke en ekonomiese struktuur te vestig - een wêreld, as jy wil. As dit die aanklag is, staan ek skuldig en ek is trots daarop."

Die hoofstroommedia en regerings beweer egter die entstowwe is veilig... Volgens hulle is dit net "fopnuus" dat daar 'n komplot is en ook fopnuus dat die entstowwe gevaarlik is. Regerings en gesondheidsinstansies moedig mense aan om die entstowwe te neem. In Suid-Afrika moedig ook die Solidariteitbeweging (waarvan Afriforum deel is) mense aan om die entstowwe te neem. Volgens mnr. Flip Buys van Solidariteit is die "entstowwe veilig" en op Twitter het hy beweer daar "is seker al jare" se navorsing daaroor gedoen. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) is egter op 30 Desember 2019 vir die eerste keer ingelig van mense wat in Wuhan, Sjina, siek is van 'n onbekende virus wat later bekend sou word as Covid-19. Dit is dus vir die gewone man en vrou op straat baie verwarrend oor wat die waarheid is.

In Sosiologie as wetenskap word gepraat van die mens se geloofwaardigheidstruktuur (plausibility structure). Dinge daarbinne word onmiddellik geglo; dinge wat dit weerspreek, word eenvoudig nie geglo nie. 'n Persoon se geloofwaardigheidstruktuur word gevorm deur wat hy leer op skool en universiteit, deur sy familie, vriende, die regering, maar seker ook twee van die mees invloedrykste meningsvormers: Hollywood en die media.

As ons rolprent na rolprent kyk waarin die hoofkarakters almal dieselfde glo en dieselfde optree, neem ons geleidelik onbewustelik die idee op dat dít is hoe 'n mens veronderstel is om op te tree.

Dieselfde met televisie en die hoofstroommedia. Wanneer sekere idees as "feite" herhaal word op 'n gereelde basis, begin mense dink dat dit dan die waarheid moet wees. Enigiets anders, ongeag hoe goed dit gemotiveer en bewys word, sal by die gemiddelde mens as "fopnuus" beskou word.

Tans word die mensdom wêreldwyd gebombardeer met Covid-19 pro-entstof propaganda. Mense hoor by hulle opvoedingsinstellings, regerings, gesondheidsinstellings en plaaslike media dat die Covid- 19-entstowwe "veilig" is. Stelselmatig verander 'n bevolking se geloofwaardigheidstruktuur. Daar is bitter min mense wat sterk genoeg wilskrag het om objektief te bly dink onder sulke omstandighede.

Is die sogenaamde entstowwe veilig?

As mens hoofstroommedia en regerings glo, dan is dit veilig. Die indruk word geskep dat die wetenskap "bewys" het dat die entstowwe veilig is. Wat min mense egter besef, is dat wanneer wetenskaplikes of medici tans hulle bekommernisse oor die "entstowwe" uitspreek, dan word hulle geïsoleer en geviktimiseer. Hulle word gedreig en gediskrediteer. Dit is nie "polities korrek" om teen "Big Pharma" en die Covid-19-"entstowwe" te praat nie. Dit beteken moontlik die einde van 'n wetenskaplike of dokter se loopbaan indien hulle dit sou durf waag om hul eerlike mening te gee oor die gevare verbonde aan hierdie "entstowwe" wat in rekord tyd ontwikkel is.

Dit is 'n feit dat wetenskaplikes wat in die verlede bewyse gevind het wat die algemeen aanvaarde mediese wetenskap verkeerd bewys het, erg geviktimiseer was en hulle het nie weer maklik befondsing vir navorsing gekry nie. Daarenteen het wetenskaplikes wat in lyn met die aanvaarde idees oor wetenskap, verdere "bewyse" daarvoor gekry het, maklik befondsing gekry.

'n Mens kan verstaan waarom medici en wetenskaplikes onder sulke omstandighede versigtig sal wees om nou teen Big Pharma se "entstowwe" bewyse te lewer en hulleself teen dit uit te spreek. Al kan hulle bewys die "entstowwe" is gevaarlik en nie behoorlik getoets nie, weet hulle dat hulle deur die "establishment" genadeloos aangeval en gediskrediteer sal word.

U sal onthou hoe dr. Susan Vosloo genadeloos deur die media bygekom is en is nou by die mediese raad aangekla van “onetiese gedrag”, omdat sy gesê het dat daar bepaalde risiko’s is om ingeënt te word, en dat van die maatskappye wat entstof maak, al voorheen by onetiese praktyke verbind was. Sy stel ʼn feit, en is bloot versigtig. Dit is egter nie meer toelaatbaar nie, en waar sy een van die knapste hartspesialiste is, is al haar kennis en ervaring skielik niks werd nie, omdat sy nie klakkeloos saamsing met die koor van die “establishment” nie.

Dieselfde lot tref prof. Tim Noakes. Hy het bloot gesê dat die Covid-entstof nie met ander entstowwe soos vir pokke en masels vergelyk kan word nie, want dit voldoen nie aan die definisie van ‘n entstof soos hy op mediese skool geleer het nie. Sy vrees is dat mense mislei word, en hy vra net vir deursigtigheid – iets wat nie meer werklik bestaan as dit gaan oor die Covid en entstof-debatte nie. Ene prof. Shabir Madhi van Wits het aanbeveel dat prof. Noakes sy geld van die mediese skool moet terughaal.

Eerlike wetenskap is wanneer wetenskaplike menings van kundiges gerespekteer word in belang van die waarheid en dan kan daar gesprek oor gevoer word. Dit is 'n feit dat die Covid-19-"entstowwe" nie voldoen aan die vereistes van 'n tradisionele entstof nie. Daar is verskillende fases waardeur 'n potensiële entstof moet gaan voordat dit goedgekeur kan word vir menslike gebruik.

Die tydperk daaraan verbonde is ten minste tien jaar... Die sogenaamde "entstowwe" wat nou beskikbaar is, is nie so lank getoets nie. Die entstof teen polio het byvoorbeeld 47 jaar gevat om ontwikkel en goedgekeur te word.

Dr. Jean Maritz, kliniese viroloog by Pathcare asook ʼn senior lektor by die fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, is 'n groot ondersteuner van die Covid-19-entstowwe. Volgens 'n artikel op Solidariteit se webwerf (22 Januarie 2021), het hy egter die volgende aan hulle erken: "Daar is nog nie sekerheid oor die langtermyn-uitwerking van die vaksine nie, bloot omdat ons nog nie die tyd gehad het (vyf tot tien jaar) om dit te bepaal nie. Data oor die uitwerking op die vaksienkandidate is nog net vir die afgelope ses tot agt maande beskikbaar, en die langtermyneffek daarvan sal dus eers later bepaal kan word."

Daar is wêreldwyd top-wetenskaplikes wat hul kommer oor die Covid-19 entstowwe uitspreek. Dr. Astrid Stückelberger, 'n Switserse kenner van openbare gesondheid, doen en evalueer wetenskaplike navorsing vir beleidmakers soos die WGO en die Europese Unie reeds vir 25 jaar lank. Sy is bekommerd oor botsende belange by die WGO asook hulle totale gebrek aan etiek. Dr. Stückelberger is veral bekommerd oor die manipulasie van gesondheidsorg om 'n wêreldwye diktatuur te skep, oortredings van die Neurembergkode, sowel as bedreigings vir ons gesondheid en welstand as gevolg van Covidtoetsing en "entstowwe" en 'n verskeidenheid nuwe tegnologieë. Die onderhoude met haar is beskikbaar op https://planetlockdownfilm.com/full-interviews/ en lesers word aangeraai om al drie video-onderhoude wat met haar gevoer is te kyk. Nog 'n topwetenskaplike wat waarsku dat die Covid-19 entstowwe nie veilig is nie, is Prof. Byram Bridle wat 'n top virale immunoloog is. "Nuwe navorsing toon dat die Koronavirus spike-proteïen uit Covid-19- inentings onverwags die bloedstroom binnedring, wat 'n aanneemlike verklaring is vir duisende van die newe-effekte van bloedklonte en hartsiektes tot breinskade en voortplantingsprobleme," het prof. Bridle gewaarsku. Volgens hom is 'n groot fout begaan met die vervaardiging van die entstowwe teen die Sjinese virus. Hy is natuurlik vanuit alle oorde veroordeel oor sy standpunt.

Die Franse viroloog en Nobelpryswenner, Luc Montagnier, het ook teen die Covid-19 entstowwe gewaarsku: "Dit is duidelik dat die nuwe variante as gevolg van die inenting deur teenliggaam-gemedieerde seleksie geskep word." Met ander woorde, die nuwe variante word juis versprei deur mense wat die inenting ontvang het...

Volgens ʼn Franse mediese professor, Christian Perronne, is ingeënte mense die gevaar vir ander. "Dit is nou in verskeie lande bewys dat veral mense wat ingeënt is, in kwarantyn geplaas moet word. Ongeënte mense is nie gevaarlik nie, ingeëntes is 'n gevaar vir ander," aldus prof. Perronne. Hy was lank voorsitter van 'n komitee wat die Franse regering adviseer oor inentingsbeleid.

“Die gedwonge massa-inenting van die mensdom sal beskou word as een van die dodelikste en duurste mediese foute in die geskiedenis,” het 'n bekende pionier in die vroeë behandeling van die Covid-19- siekte, die kardioloog en internis van Texas, dr. Peter McCullough, gesê. Hy het verwys na die mees onlangse data van die Amerikaanse "Vaccine Adverse Event Reporting System" (VAERS), asook data vanaf Brittanje en Israel waar Covid-19-gevalle vermenigvuldig het onder mense wat reeds ingeënt is. Hy verwys na regerings wêreldwyd wat opsetlike disinformasie en propaganda versprei wat voorgee dat die "entstowwe" effektief en veilig is. Die werklikheid is egter presies die teenoorgestelde.

Israel was die eerste land wat sy bevolking met Pfizer ingeënt het. Tagtig persent van die volwassenes daar is volledig ingeënt, maar Covid-19-gevalle en ernstige hospitalisasies het sedert die begin van Julie twintigvoudig toegeneem. Die media het beweer dat die ernstigste nuwe gevalle onder die oningeëntes was, terwyl hulle versuim het om te meld dat die meerderheid (meer as 80%) van die nuwe gevalle wat deur die Israeliese ministerie van gesondheid aangemeld is, juis onder ingeëntes is. Ten spyte daarvan dat hulle ingeënt is, het hulle so ernstig siek geword dat hulle in die hospitaal opgeneem moes word... Dit behoort vir enige regdenkende mens rooiligte te laat flikker!

In die Verenigde Koninkryk het meer as ‘n driekwart van die volwasse bevolking (76%) twee dosisse van 'n Covid-19-inspuiting ontvang en byna 90% van die volwassenes het ten minste een dosis gekry. Tog het die aantal Covid-19-pasiënte wat in die hospitaal opgeneem is, sedert die begin van Junie vanjaar sewevoudig gestyg. Die mees onlangse Britse verslag oor 'variante van kommer' wat deur Public Health England gepubliseer is, het aan die lig gebring dat 58% van die sterftes deur Covid-19 onder die volledig ingeëntes is. Die getal styg tot 67% wanneer diegene ingesluit word wat 'n enkele dosis van 'n Covid-19-entstof inspuiting gekry het.

Volgens 'n artikel wat deur die Stigting vir Ekonomiese Opvoeding (Foundation for Economic Education (FEE)) gepubliseer is, het "nuwe navorsing bewys dat natuurlike immuniteit eksponensieel meer beskerming bied as Covid-19-entstowwe. Anders gestel, mense wat ingeënt is, was 27 keer meer geneig om 'n simptomatiese Covid-infeksie te kry as diegene met natuurlike immuniteit teen Covid-19." Martin Kulldorff, professor aan die Harvard Mediese Skool, het volgens FEE gesê navorsing wat toon dat natuurlike immuniteit eksponensieel meer beskerming bied as entstowwe, beteken dat entstofpaspoorte onwetenskaplik en diskriminerend is. Volgens prof. Kulldorff verkry mens natuurlike immuniteit teen Covid-19 indien jy reeds die siekte onderlede het of gehad het.

Michael Yeadon was 'n wetenskaplike navorser en vise-president by die dwelmreus Pfizer Inc. Hy was medestigter van 'n suksesvolle biotegnologie. Einde verlede jaar was die semi-afgetrede Britse wetenskaplike mede-outeur van 'n petisie aan die Europese gesondheidsreguleerder, waarin hulle die reguleerder vra om die kliniese toetse met Covid-19-entstof te stop. Hulle het gewaarsku dat die Covid-19 entstowwe onvrugbaarheid by vroue kan veroorsaak.

Wat sal die motief wees vir al hierdie top-wetenskaplikes en kenners om hulle reputasies op die spel te sit deur teen die stroom op mense teen die "entstowwe" te waarsku? Wat kan hulle daardeur wen? Die antwoord is: níks nie. Hulle waarsku mense omdat hulle glo dit is hulle plig om dit te doen, ten spyte van die gevolge vir hulle eie loopbane en reputasies. Anders as met wetenskaplikes wat beweer die Covid-19-"entstowwe" is veilig, kan daar nié beweer word dat wetenskaplikes wat téén die "entstowwe" is deur die groot farmaseutiese maatskappye omgekoop is nie.

Die eerste na-doodse ondersoek ooit van 'n pasiënt wat teen Covid-19 ingeënt is, het aan die lig gebring dat virale RNS (spike-proteïene) in elke orgaan van die pasiënt se liggaam gevind is, wat beteken dat die entstof óf ondoeltreffend is óf dat die Koronavirus eintlik vinniger by ingeëntes versprei. Die wetenskaplike verslag uit Duitsland wat in Junie deur die International Journal of Infectious Diseases gepubliseer is, het tydens ‘n lykskouing 'n 86-jarige man wat 'n enkele dosis van die SARS-CoV-2-entstof gekry het, ondersoek wat vier weke later dood is nadat hy met die Sjinese virus besmet geraak het.

Daar kan nog baie geskryf word oor redes waarom die sogenaamde "entstowwe" nie veilig is nie, maar 'n enkele artikel is te kort daarvoor. Daar is byvoorbeeld nog die mense wat deelgeneem het aan die Pfizer-proewe. Hulle het baie ernstige newe-effekte ervaar, maar Pfizer het dit onder die mat ingevee en die hoofstroommedia swyg daaroor.

As mens kyk na die geskiedenis van die groot farmaseutiese maatskappye, dan is dit skokkend hoe uiters oneties hierdie maatskappye optree. Hulle gee duidelik glad nie om vir menselewens nie, al waarin hul belangstel is om nog meer geld te maak. En gesonde mense beteken minder geld vir hulle...

In 2009 was Pfizer gedwing om $2.3 miljard te betaal as gevolg van hulle onetiese optrede. Dit het 'n rekord boete van $1.3 miljard ingesluit omdat hulle skuldig bevind is aan 'n strafregtelike oortreding. Pfizer het onder andere dokters omgekoop.

'n Fluitjieblaser het beweer dat verkoopspersoneel aangemoedig is om Bextra aan dokters te verkoop vir toestande waarvoor die geneesmiddel nie goedgekeur was nie en in dosisse tot agt keer die aanbevole hoeveelheid: "By Pfizer moes ek ten alle koste die wins verhoog, selfs as verkope lewens in gevaar stel. Ek kon dit nie doen nie,” het hy gesê.

Johnson & Johnson het ook onveilige produkte aan die publiek verkoop, wat gelei het tot 'n aantal produkherroepings en hofsake deur die jare. Byvoorbeeld, in 2018 het 'n jurie in Missouri die maatskappy beveel om $4,7 miljard skadevergoeding aan 22 vroue te betaal wat beweer het Johnson & Johnson se babapoeier-produkte het eierstokkanker by hulle veroorsaak.

Persoonlik ken ek twee mense wat tussen 3 en 4 weke nadat hulle die "entstof" geneem het, Covid-19 gekry het en toe in die hospitaal dood is. Indien mens op sosiale media kyk, lees jy ook van baie mense wat iemand persoonlik ken wat 'n paar weke nadat hulle die "entstof" geneem het, gesterf het. Sommige kry bloedklonte of hartaanvalle, ander kry Covid maar die eindresultaat is dieselfde: die dood.

Dan is daar na bewering ook mense wat ernstige newe-effekte ervaar soos byvoorbeeld verlamming en spierprobleme.

Die Amerikaanse "Food and Drug Administration " (FDA) het ook erken dat mense wat die Covid-entstowwe neem "ernstige en onverwagse newe-effekte mag ervaar."

Om die vraag te beantwoord of die Sjinese virus se "entstowwe" veilig is, kan mens in die lig van bogenoemde beslis nie glo die entstowwe is veilig nie. Tensy mens ook die speel van Russiese-roulette as veilig beskou. Met Russiese roulette het jy 'n rewolwer wat plek het vir ses rondtes. Jy sit egter net een rondte in. Dan druk jy die rewolwer teen jou kop en trek die sneller. Aangesien daar net een rondte in is en daar dus vyf kanse is dat die hamer op 'n leë kamer gaan val, is Russiese roulette ook "veilig" aangesien jy 'n groter kans het om te oorleef as om te sterf...

Die Geldmag is die Afrikanervolk se vyand. Vandag is die internasionale Geldmag 'n groter bedreiging as ooit. Afrikaners moet nie vir een oomblik dink die Covid-19-pandemie gaan oor 'n gevaarlike siekte nie. Dit gaan oor magtige mense wat agter die skerms die toutjies trek en nog méér mag wil hê.

Wêreldwyd word mense daaraan gewoond gemaak dat hulle vryhede weggevat of ingeperk word. Die "groot krisis" waarvan David Rockefeller gepraat het, is nou hier en die beplanners van 'n eenwêreldregering weet hulle is naby aan hulle doelwit. Die vraag is net of ons dit maar gaan aanvaar en of ons weerstand gaan bied.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1916 gaste aanlyn