Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Voel jy soms onwaardig om jou mening oor jou geloof te lug omdat jy dink jy is nie geleerd genoeg nie?
Geloof word nie deur boekekennis of geleerdheid verwerf nie – God skenk dit aan elke uitverkorene. Jou geloof is net soveel 'n genadegawe van God as wat die geloofsreus Paulus s'n was.
BIED WEERSTAND AS U WIL LEEF!
Met vlieëniers, polisiebeamptes, brandbestryders, verpleegsters en mense in alle vlakke van die lewe wat nou standpunt inneem en nee sê vir die gifinspuiting, het Amerika ‘n grens oorgesteek. Dit kom voor of miljoene Amerikaners eindelik tot die besef gekom het dat die toenemende kranksinnige eise van magsbehepte misdadigers en psigopate tot meer lyding en dood lei.
Regoor die kulturele landskap staan mense nou op om deel te neem aan massa-protesoptogte. Ook in die stad New York is massaoptogte gehou deur verskeie groepe soos die brandbestryders, die sekuriteitsmaatskappye, korrektiewe beamptes, polisiebeamptes en sanitasiewerkers.
Die New York polisievakbond, die Police Benevolent Association, het die stad onlangs gedagvaar oor sy inentingsmandaat.
Teen middel-Oktober 2021 het 'n geskatte 30% van die New York-polisiedepartement oningespuit gebly. Tensy hulle teen 1 November 2021 ten volle "ingeënt" is, word hulle glo met onbetaalde verlof gestuur. In totaal staan ongeveer 46 000 werkers in New York voor hierdie moeilike keuse.
In die middel van Oktober 2021 het Southwest Airlines 'n skielike U-draai gemaak toe hulle hul verdwaalde beleid van verpligte inspuitings geskrap het. Hulle doen nou ’n beroep op ongeënte vlieëniers om aansoek te doen vir werk. Dit het gebeur nadat daar groot massa-protesoptogte plaasgevind het.
Onder sanitasiewerkers in New York is 38% nie ingespuit nie. Stel jou nou voor hulle staak of word afgedank. Wat sal in New York gebeur? Miskien sal 'n paar weke van vullis-opeenhoping die burgemeester se standpunt oor die mandaat verander... Dit sou selfs meer katastrofies wees indien die oorblywende reeds “ingeënte” sanitasiewerkers in solidariteit saam staak. Of jy nou besluit het om die inspuiting te kry of nie, die entstofmandaat is immers 'n direkte aanval op jou persoonlike vryheid.
Vandag op 3 November begin van die grootste massa-optogte nog in Amerika. Senator Robert Kennedy wat reeds ‘n hofsaak in verband met die covid-kabaal gewen het, is een van die organiseerders. Die optogte sal op die 5e en op opvolgdatums herhaal word.
Ook in Brittanje waar miljoene mense aan optogte deelgeneem het, is aangekondig dat die “inentings”-paspoortvereiste vir restaurante en ander openbare plekke geskrap sal word.
So ook in Frankryk, Duitsland, Marokko en talle ander lande is daar die meeste naweke miljoene mense wat die strate met protesoptogte vul.
Maar optogte is nie al wat moet gebeur nie en dit het ook nie dieselfde slaankrag as dié van regsaksies nie. Hier in Suid-Afrika het die regsman, Schalk van der Merwe, verlede week ‘n groot saak teen Medi-Kliniek gewen. Medi-Kliniek het sy werknemers met afdanking gedreig indien hulle nie voor die voet die gifinspuiting kry nie. Lagwekkend het Medi-Kliniek gelo dat hulle nie aan die grondwetvereistes hoef te voldoen nie omdat hulle ‘n hospitaalgroep is. Hulle is vinnig reggehelp toe hulle die saak verloor en moes hoor dat hulle nou finansiëel verantwoordelik is vir die nagevolge van die persone wat siek geword het van die inspuiting. In gevalle waar ‘n persoon dood is agv die inspuiting, word werkgewers nou op ‘n klag van moord aangekla. Hierdie hofuitspraak is van die uiterste belang aangesien dit op alle instansies van toepassing is. Werkgewers oraloor het nou geen mandaat om ‘n werknemer te dwing om die inspuiting te kry nie. Ook Discovery en Sanlam wat eerste op die mandaatwaentjie gespring het, is in hulle spore gestuit toe Schalk van der Merwe hulle beetgekry het.
As miljoene mense weier om aan die mandate en die paspoorte te voldoen en dan hul werkgewers dagvaar wanneer hulle afgedank word, as miljoene die ondernemings dwing om deur daardie gesukkel te gaan, sal werkgewers eindelik met hierdie kranksinnigheid ophou. Maar daar is ‘n sperdatum daarvoor, iets wat ongelukkig te laat is vir byvoorbeeld Australië waar mense wat die inspuiting weier, toesluit word in covid-tronke, en ander in hulle huise aangehou word met reëls soos om nie verder as 5 km van die huis weg te gaan nie en vir nie meer as een uur lank per dag die huis te verlaat nie. Dus word hulle heeltyd dopgehou. Hulle bankrekenings is reeds onder 'nuwe bestuur', hulle bestuurlisensies word weggeneem, en daar word aanhoudend boetes teen hulle uitgereik vir elke ding wat na 'n oortreding van enige van die reëls lyk. In Queensland was nog nooit in die geskiedenis so baie boetegeld ingevorder nie – wat reguit na die regering gaan. Daar word ook gepraat van massagrafte vol lyke wat nie aan covid gesterf het nie maar aan die inspuiting asook teregstellings wat uitgevoer is op talle van dié wat geweier het om ingespuit te word.
Dit is nou die oomblik dat die mensdom sy kernvryhede moet terugneem of dit vir altyd sal verloor. Die gebed van gelowiges het groot krag. Anders as in die meeste ander lande, is daar in ons land nog baie christengelowiges. As u nie wil toesien dat ons dieselfde paadjie as Australië, Israel, Indië en ander stap nie, is die grootste saak dié van ernstige gebed. Bid individueel, in gebedsgroepe, aanhoudend en opreg dat God Suid-Afrika uit sy liefde en genade anders sal laat eindig as ander lande. Glo dat ons sy uitverkore volk is al het ons afgedwaal. Bid dat Hy ons sal vergewe en sal spaar van hierdie verskriklike misdaad teen die mensdom. Hou net aan bid!