NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Elke dag hoor ons hoe mense God se heilige Naam ydellik gebruik. In films en stories word daar moeite gedoen om die HERE se Naam te probeer ontheilig; ander weer dink nie eers daaroor terwyl hulle sy Naam misbruik nie. Die Bybel vertel ons wat met mense gebeur wat neerhalend van die HERE gepraat het – soos Góliat, en soos Sánherib in 2 Konings 19. Dink goed vóór u praat soos die meeste mense deesdae doen...

VOEDSELTEKORTE MET ENKONOMIESE INEENSTORTING OPPAD

In 2010 het die Rockefeller-stigting 'n verslag gepubliseer met die titel "Scenario's vir die toekoms van tegnologie en internasionale ontwikkeling," waarin hulle ook 'n "Lockstep"-scenario uiteengesit het – 'n gekoördineerde globale reaksie op 'n dodelike pandemie. Alhoewel die naam en oorsprong van die Covid-virus verskil, stem die scenario wat in hierdie dokument uiteengesit word ooreen met baie van die besonderhede van ons onlangse verlede.

1. 'n Dodelike virale pandemie.

2. Verwoestende ekonomiese gevolge.

3. Internasionale mobiliteit wat tot stilstand kom.

4. Bankrot nywerhede, staak van toerisme en globale voorsieningskettings.

Hierdie verslag spel basies uit wat die uiteindelike plan is, en dit is om bioterrorisme te gebruik om totale beheer oor die wêreld se hulpbronne, rykdom en mense te neem.

Toe, in April 2020, het die Rockefeller-stigting die witskrif, "National COVID-19 Testing Action Plan," vrygestel wat 'n strategiese raamwerk is wat duidelik bedoel was om deel te word van 'n permanente toesig- en sosiale beheerstruktuur wat persoonlike vryheid ernstig beperk.

Die stelsel daarin voorgestel, is soortgelyk aan dié wat in Sjina gebruik word waar inwoners verplig word om by 'n gesondheidstoestandregister in te skryf. Sodra hulle ingeskryf is, kry hulle 'n persoonlike QR-kode, wat hulle dan moet invoer om toegang tot kruidenierswinkels en ander fasiliteite te kry.

Dit beskryf ook die infrastruktuur vir alle entstowwe, nie net die COVID-spuite nie, en het die grondslag daarmee gelê vir mediese monitering in die algemeen. As mens deur die plan lees, is dit duidelik dat hierdie opsporing- en toesigprogram nie bedoel was om tydelik te wees nie. COVID-19 is bloot as 'n verskoning gebruik om die implementering van 'n permanente biotoesigstelsel te regverdig.

Toe volg die verslag van 28 Julie 2020, "Reset the Table: Meeting the Moment to Transform the U.S. Food System," wat beskryf hoe die COVID-pandemie "'n honger- en voedingkrisis" in die VSA veroorsaak het wat aangespreek moet word deur 'n volledige hersiening van die voedselstelsel. Dit beskryf basies hoe die Kabaal van plan is om beheer oor die voedselvoorsiening en die voorsieningsketting onder die dekmantel van "billikheid", "regverdigheid" en "omgewingsbeskerming" oor te neem. Een sleutel tot hierdie onderneming is data-insameling. Hulle wil data oor almal se besteding en eetgewoontes insamel, en om daardie data-insameling te vergemaklik, wil hulle alles na 'n aanlyn omgewing verskuif, insluitend onderwys, medisyne en die aankoop van kos.

Die titel self verklap waaroor dit eintlik gaan. "Reset the Table" is duidelik deel van “The Great Reset” wat vroeg in Junie 2020 amptelik deur WEF-stigter Klaus Schwab en die Prins van Wallis aangekondig is. Dus, die titel alleen sê vir ons dat die Rockefeller-stigting se oproep vir 'n "terugstel" van die voedselstelsel deel is van die WEF se Groot Herstel.

Schwab het die term "die Vierde Industriële Revolusie" geskep, wat eintlik net nog 'n manier is om "transhumanistiese revolusie" te sê. In 'n neutedop verwys dit na die integrasie met kunsmatige intelligensie, dus die samesmelting van die mens met masjien wat onvermydelik dramatiese samelewingsveranderinge sal veroorsaak.

Sulke mense sal 'n soort toelae nodig hê om van te lewe en 'n dak oor hul kop. Natuurlik, in ruil vir die regering-uitgereikte kamer en kos, sal jy alles moet prysgee wat die lewe die moeite werd maak. Die WEF het jare gelede aangekondig: "Teen 2030 sal jy niks besit nie," en hulle het dit bedoel. Die uitskakeling van private eienaarskapsregte is deel van die plan. Jy sal deur die regering "versorg" word, maar jy sal vasgevang wees in 'n slawestelsel. Hulle moet al die ou stelsels afbreek en uitgedien verklaar sodat hulle hul nuwe slawestelsel bekend kan stel. En hulle weet mense sal nie hierdie slawestelsel aanvaar nie, tensy hulle absoluut behoeftig en desperaat is en geen ander keuse het as om daaraan te voldoen nie.

Met die wete dat dit die plan is, wat beteken dit vir ons? Dit beteken ons moet a) voorberei, sodat ons nie slagoffers word van hul opsetlike vernietiging nie, b) hul planne elke stap op die pad verwerp, en c) parallelle stelsels buite hul beheer bou. Hoe doen ons dit?

Dink eers aan water:

Een van die belangrikste voorbereidings wat jy kan tref, is om 'n voorraad drinkbare water te verseker, aangesien jy baie langer sonder kos kan oorleef as wat jy sonder water kan. ’n Ideale stelsel om te oorweeg as jy ’n tuin het, is om ’n groot put te grawe of opvangtenks op te rig om reënwater op te vang.

Kosvoorbereidingsvoorstelle:

Dit lyk nou asof voedseltekorte teen die einde van 2022 sal begin. Maar selfs al neem dit langer om plekke soos Suid-Afrika te bereik sal inflasie die pryse hemelwaarts dryf; so om nou ekstra te koop kan jou later geld spaar.

Na beraming sal dierlike proteïene een van die belangrikste kossoorte wees wat beteken dat jy dalk ‘n ekstra vrieskas benodig om genoeg vleis vir drie tot ses maande vir jou gesin te stoor.

Om dit te maak werk is om 'n rugsteunkragtoevoer te hê aangesien daar 'n groot waarskynlikheid is dat daar dan nie die normale kragtoevoer sal wees nie. In Suid-Afrika is die regime besig om Eskom te vernietig sodat Ramaphosa en sy bende hulle private maatskappy bekend kan stel maar die tariewe sal sekerlik hemelhoog wees.

Nog 'n opsie is ingemaakte beesvleis, wat 'n lang raklewe het en nie 'n vrieskas benodig nie. Soek vir variëteite wat sout as die enigste preserveermiddel gebruik. Ingemaakte salm, makriel en sardientjies is ook goeie opsies. Hulle bevat gesonde proteïene en vet terwyl hulle min giftige waterbesoedelingstowwe en swaar metale bevat. Maak net seker dat hulle in water geblik word, nie olie nie, want jy kan verseker wees dat dit die ergste olie moontlik sal wees selfs al beweer dit dat dit "olyfolie" is.

Makadamianeute en sommige ander word gereeld aanbeveel as 'n goeie bron van vesel, proteïene en gesonde vette wat vir 'n lang tyd sonder verkoeling vars sal bly, mits dit in 'n verseëlde sak of houer is.

Dit is ook nodig om ekstra voedingsaanvullings soos noodsaaklike minerale, omega-3, vitamienes, magnesium, kalsium en vitamien B-kompleks bymekaar te maak.

Wanneer dit by vrugte en groente kom, gaan baie mense nie wat hulle nodig het suksesvol in hul eie tuin aan die groei kry nie. Dit verg 'n bietjie kennis. Jy kan nie net 'n paar sade in die grond gooi en kos verwag nie maar groei wat jy kan, wees net realisties daaroor en moenie staatmaak op iets wat geen kans het om jou aan die lewe te hou in 'n werklike noodgeval nie. Jy kan begin met blaarslaai, spinasie en vars kruie en as jy die saad vroegtydig aankoop kan jy dit vries anders word dit dalk te oud. Gaan lees op internet hoe om saad korrek te vries.

Begin gereeld boeremarkte besoek en bou verhoudings met mense wat self die kos kweek.

Voorbereid of te nie, digbevolkte stede gaan die gevaarlikste gebiede op aarde wees sodra kos, elektrisiteit en geld skaars raak. Die skrif is aan die muur, dit is duidelik uit die Rockefeller-stigting en die WEF se witskrifte. Ineenstorting van die ekonomie en ons voedselstelsel is onvermydelik omdat dit opsetlik beplan is. So, hopelik, kies jy om die Kabaal te glo wanneer hulle vir jou sê daar sal tekorte en massa-inflasie wees, en berei dienooreenkomstig voor.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2609 gaste aanlyn