NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die BYBEL: lees soos dit geskrywe staan; glo soos dit geskrywe staan; doen soos dit geskrywe staan – dan sal jy ontvang soos dit geskrywe staan.

WIE IS DIE SKULDIGES (2)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

GENL. LOUIS BOTHA IN 1900 EN IN 1902 (vervolg)

" ...met so 'n vasberadenheid dat Botha twaalf jaar later duisende van sy ou strydmakkers daaraan opgeoffer, die grootste Boerehelde in die dood gedryf het, of tot die dood toe gemartel en verneder het waardeur die bloed van honderde burgers geloop het."

Ons bevele was om voor ons perde te bly staan met die geweers gereed, want die oorwinnende vyand was naby. Ons mag nie Iê en slaap nie, maar moet staan en wag tot die bevel kom om ’n teenaanval te maak. Ons kanonne onder bevel van kapt. Lood Pretorius sou die posisies op die koppe links agter ons gebruik om die stryd te hervat.

Ondertussen, in die donker nag, het ons kommandant gaan soek na genl. Louis Botha, wat deur die skitterende oorwinnings van Colenso (15 Desember) en sy gedrag by Spioenkop beskou was as die offisier wat die posisie kon red. En hom sou die komman­dant nou om besliste instruksies vra. Ons burgers het getrouelik voor ons rydiere gestaan en wag, maar ek herinner my dat die swart nag so erbarmlik lank was. Voor ons, waar die Engelse legioene Iê, is geen roering merkbaar nie. Net een Iiggie was sigbaar: dit was, soos ons hoor, die stasiemeester van Pietershill, wat dapper op sy pos gebly het. Met my regterarm om die nek van my geduldige perd het ek gestaan en slaap — en dit was nie teen die bevele nie tot uit die donker ons kommandant terugkom, verontwaardig, ontsteld, bitter ontevrede. "En weet jy waar kry ek hom?” vra hy nukkerig. En hy gee self die antwoord: "In ‘n tent, anderkant Ladysmith, waar hy vas aan die slaap Iê." En dit was genl. Botha.

Die dag het begin deurbreek, en ek kry bevel: jy moet na die posisies van Onderbroekspruit gaan om die voetgangers uit te haal. "Maar versigtig, sodat hul nie paniekerig word nie." So is ek dan weg in n westelike rigting, diep ongelukkig omdat dit duidelik is: Ladysmith is ontset; en wat gaan gebeur?

Ek het my werk gedoen. Die voetgangers het kalm op die waens geklim en is weswaarts verby Ladysmith na die Biggarsberge se kant. ‘n Klompie van ons moes die agterhoede vorm en die terugtog dek. Dit het ons 'n hele drie dae, met die nagte daarby, besiggehou in ‘n voortdurende reën en deur vol spruite  sonder kos, maar met volop reënwater. Toe ons paartjies verby Ladysmith kom, brul die gejuig van die bevryde vyand ons tegemoet. BuIIer het eindelik sy doel bereik en ons is verslaan, maar het Biggarsberge bereik.

In ‘n dokument, wat majoor J. L. (Lood) Pretorius 'n hele ruk ná die gebeurtenis opgestel en aan my oorhandig het, gee hy verslag van sy ondervinding met genl. Botha in hierdie dae van neerlaag. Hy het die generaal ook besoek, maar al in die namiddag van 28 Februarie, ‘n hele paar uur voor ons kommandant by hom was.

"Omtrent middag",  so rapporteer die artillerie-offisier  (‘n seun van die stigter van ons Staatsartillerie, kol. Henning Pretorius, en ‘n kleinseun van die groot Voortrekker Andries) "kom ‘n rapportryer by my aan. Ek was by die kanonne agter die posisie van die burgers (by Pietershill). Hy sê vir my: die Standertonse kom­mando het padgegee en die vyand het aan ons Iinkervleuel deurgebreek. Die gevolge hiervan sal wees, dat ons ander kommando's op die dwarste sal geskiet en die hele posisie dus 'opgerol’ word.”

Dat dit gebeur het, was maar al te waar, soos ons, Soutpansbergers, so teen sononder moes waarneem.

"Ek het dadelik na genl. Botha gery,” vervolg majoor Pretorius, "en ek kry hom by sy tent, naby dié van genl. Lucas Meyer. Dit was sowat tweeduisend tree agter die posisies van die burgers. Ek het aan hom die rapport oorgebring.”

Die artillerie-offisier, ‘n man van groot dapperheid, het geskok gevoel soos iemand onder wie se voete ‘n bom bars, toe hy die reaksie verneem.

Genl. Botha se opmerking was naamlik, toe hy die tragiese nuus hoor:

"Dis Lucas Meyer se posisie. Ek wil nie n naam vir hom maak nie."

Op 31 Mei 1902 is die vrede van Vereeniging gesluit, wat die RepukIikeine tot gedwonge Britse onderdane gemaak het. Die vraag kan gevra word of ons die oorlog werklik so sou verloor as mense soos Botha lojaal teenoor sy mense was.

Genl. Botha het ná die val van Bloemfontein en Pretoria, die regeringsetels van die twee republieke, en die proklamasie van die Engelse wat die Vrystaat en Transvaal tot Britse kolonies verklaar het, die verlies van die onafhanklikheid as 'n feit maklik aanvaar en sy enigste hoop gevestig op, wat hy genoem het, die verkry van "terme” van die vyand.  Die Vrystaatse Ieiers en genl. De la Rey het daarenteen die onafhanklikheid as die onverbiddelike eis vir ‘n beëindiging van die vyandelikhede gestel. Hier volg die verhaal van veldkornet J. J. Pienaar (in 1914 as rebel-generaal gekies) wat tiperend is van genl. Botha se mentaliteit:

"Dit was twee dae ná die slag van Dalmanutha (dus op 29 Augustus 1900) dat genl. Botha ‘n krygsraad bymekaar geroep het op ‘n koppie, omtrent 8 myl suidelik van Helvetia. Die offisiere was moeg, gedaan selfs, want party van hulle het 14 dae agtermekaar moet baklei teen oorweldigende oormagte van BuIIer en Roberts. Genl. Botha het sy offisiere toegespreek en gesê: 'Ons het ons onafhanklikheid verloor. Ons het ons land verloor. Daar is egter een ding, wat ons nie verloor het nie; dit is ons eer. Ek vra julle om nog twee maande getrou by my te staan. In die tyd sal daar moontlik Iig kom.’ Die 'Iig' waarop genl. Botha gehoop het, was dat ons 'terme' (dis sy woord) van die vyand sou kan afdwing. Die inspirasie wat van hom uitgegaan het was so deurdringend, dat die afgematte offisiere weer moed gegryp en hom verseker het: ons sal by jou staan. Die twee maande het amper twee jaar geword. Toe eers was dit moontlik om voorwaardes te kry, soos in die Traktaat van Vereeniging neergelê."

Botha het dus al twee jaar voor die einde van die oorlog sy land aan sy vyande oorgegee in die geloof dat sy verraad die oorlog nie langer as nog twee maande lank sou laat voortduur nie. Maar hy het toe nie rekening gehou met die uithouvermoë van menige van die Boere nie. 'n  Mens wonder hoe lank of hoe kort die oorlog eintlik sou duur as daar nie sulke verraaiers in ons midde was nie.

Mnr. Piet Jooste, wat hoof van genl. Botha se staf was, het in Junie 1902 wapen afgelê saam met die Wakkerstroomse kom­mando. By daardie geleentheid het die kommandant-generaal van die nou vernietigde Zuid-Afrikaansche Republiek vir die eerste keer sy toekomsbeleid geopenbaar, wat tot 'n groot mate die lot van Suid-Afrika bepaal het.

Die burgers, omtrent sestienhonderd in getal, almal getroue bittereinders, het saam met genl. Botha in die bitterkoue aand in die oop veld rondom vure warmte gesoek. Genl. Botha, omring deur sy staf, het dieselfde ongeriewe as sy mense verduur. En die mense was droewig, baie het gehuil, en almal het deelgeneem aan aanddienste, waar hulle troos gesoek het vir die smart van die grootste swaar wat hulle opgelê kon word, naamlik die verlies van hul vryheid. Die volgende dag moes hulle hul wapens afgee.

Die dorp Wakkerstroom was ‘n myl en 'n half daarvandaan. Daar was ‘n afdeling Britse troepe versamel wat juig oor hulle oorwinning. Die geraas van hul uitbundigheid was duidelik hoorbaar en het die smarte van die burgers vermeerder. Mnr. Jooste vra vir genl. Botha of hy hom ‘n vraag mag stel. Die Generaal se antwoord was dat hy maar enige vraag kon vra.

Mnr. Jooste: "Ons is nou nog republikeinse burgers. More om elfuur sal ons Britse onderdane wees. Is dit omdat ek nie my plig gedoen het nie en daardeur Britse onderdaan moet word?”

Genl. Botha: "Jy het jou plig gedoen. Daar was nie ‘n dag so warm of ’n nag so koud, dat jy nie gedoen het wat ek jou opgedra het om te doen nie."

Mnr. Jooste:  "ls die treurspel met die burgers, wat hier nou afgespeel word, die beloning vir die pligsgetrouheid wat hulle betoon het?”

Genl. Botha antwoord: "Nee. Maar daardie dag, wanneer jy en ek deur ons optrede, uit hierdie wenende burgers en daardie jubelende Engelse ‘n Suid-Afrikaanse nasie binne 'n verenigde Suid-Afrika tot stand gebring het, sal ons twee vir ons opofferings beloon wees."

Dit het geblyk dat Botha 'n groot deel van die oorlog deur in onderhandeling met ons vyand besig was om hierdie ideaal van vereniging tussen Boer en Brit te probeer verwesenlik.

Op die eerste openbare vergadering wat deur genl. Botha gehou is, naamlik op Heidelberg, het hy op daardie beleid klem gelê; dis opgeneem in die beginsels van die eerste politieke party (Het Volk ), wat die volgende jaar gestig is, en genl. Botha het daarvan nie afgewyk nie, maar daaraan vasgehou tot die dag van sy dood toe — met so 'n vasberadenheid dat hy twaalf jaar later duisende van sy ou strydmakkers daaraan opgeoffer, die grootste Boerehelde in die dood gedryf het, of tot die dood toe gemartel en verneder het waardeur die bloed van honderde burgers geloop het.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2364 gaste aanlyn