NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Omdat ‘n politieke beleid van inval of verdwyn geen oplossing bied nie, beskerm ‘n wyse leier altyd sy minderheidsgroepe.  Vyf wolwe en een skaap kan tog nie om ‘n tafel gaan sit en stem wat hulle vir aandete wil hê nie!

WIE IS DIE SKULDIGES (4)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

DAARNA...

Genls Botha en Smuts het hulle draai gemaak. Crafford, een van die betroubaarste lewe-sketsskrywers van genl. Smuts, noem dit kort en duidelik: hul "transmutation from Afrikaner National­ism to British Imperialism”. In die terminologie van daardie tyd: Van Afrikaner Repuklikanisme tot Britse Imperialisme.

Dis nie die eerste keer in ons geskiedenis dat politici van koers verander of selfs 'n heeltemal teenoorgestelde rigting gaan inslaan het nie. Dit het al eerder met genl. Smuts plaasgevind toe hy van Rhodesman 'getransmuteer' is tot 'n getroue hoofamptenaar en volgeling van pres. Kruger. Dit het daarna plaasgevind met eersugtige jong manne wat in die jare 1914-1915 deelgeneem het aan rebel-jaery en die inval in Suidwes-Afrika, maar later ontpop het as vurige, haastige repuklikeine, vir wie die ou staatmakers, wat herhaaldelik hulle lewe vir die republiek gewaag het, glad te stadig was. Daardie jeugdige yweraars het nie geslaag in die bereiking van ideale dinge nie, maar wel in hul strewe om die toppunt van politieke mag en aansien in die land te behaal.

Die groot moeilikheid wat genls. Botha en Smuts op hulle nuwe politieke arbeidsveld kon verwag, en in volle mate gekry het, was hoe om die Engelse te oortuig dat dit hulle erns was om met hulle nuwe lojaliteit aan die onwillig verworwe Britse onderdaanskap  en tegelyk om hulle Boerevolgelinge wat eenparig agter hulle gestaan het, nie in hul getrouheid te skok nie. Dit het swaar gegaan om die skoppelmaai wat hulle opgeklim het, in redelike ewewig te hou.

HuIIe moeilikkeid het al kort na die oorlog begin in verband met die organisasie vir Christelik Nasionale Onderwys. Hulle twee was Iede van die hoofkomitee, saam met A. D. W. Wolmarans, genl. Beyers en ander. Die C.N.O. het bedoel om die regte van die ouers volgens republikeinse tradisie op hulle kinders te erken as deel van die algemene doel tot handhawing van taal en tradisie. Die ouers het in hul na-oorlogse armoede probeer om hul kinders op dié manier geleer te kry, en oud-repuklikeinse onderwysers het heldhaftig die armoede van die ouers gedeel en hulle beginsels in die praktyk gebring. Subsidies het uit Holland gekom vandaar vergaarde ou regeringsgeld en van die gifte wat deur die Nederlanders aangebring is. Die stryd was swaar teen die Engelse staatskole, wat alles gratis verskaf het om almal Engels te kan maak, veral die kindersieletjies. Wat die driejarige oorlog aan Britse Imperialisme nie ten volle kon bewerkstellig het nie, dit sou die Milnerskole nou doen. Die Afrikanervolk sou as 'n eie eenheid op dié manier opgelos word deur die wonderlike grootheid van Brits-imperialistiese politieke genieë.

Die Milnerregering het voortdurend getrag om die C.N.O.-skoIe dood te maak; ook deur onderhandelings. In 1904 was daar besprekings tussen die hoofkomitee en die (Kroonkolonie) regering van Transvaal. Die meerderheid van die komitee het prokeer om by sy beginsels te staan en van die Regering geëis  "dat de skoolkommissies gekozen zullen word door de ouders van de sckoolgaande kinderen en belast zullen zijn: met de aanstelling van de onderwijzers onder nader vast te stellen regels, en met het beheer der scholen onder toezicht van het Departement van Onderwijs;  dat de HoIIandsche taal erkend zal worden als gelijke rechten hebbende met de Engelsche taal op de scholen.”

Dis wat die skoolkomitee van C.N.O. op 13 April 1904 neergelê het -— ten minste die meerderheid. Die minderheid van die komitee was egter bereid om van daardie grondbeginsels af te wyk. HuIIe was bereid om die skoolkommissies af te skaf en skoolrade (die woord is nie gebruik nie, maar dit was die bedoeling) te stig vir elke wyk en vir elke dorp  omtrent die taalkwessie om in te gee in soverre "de schoolkommissies (d.i. skoolrade) zullen het recht hebben te bepalen, dat het onderwijs in de Iagere standaarden tot standaard IV in het HoIIandsch zal gegeven worden” en daarna moes uitsluitend Engels en in Engels onderwys gegee word.

Ook die geëiste taalgelykheid sou dus deur die minderheid totaal prysgegee word.

En daardie minderheid het bestaan uit . . . genls. Botka en Smuts!

Uit die verdere korrespondensie met die Milnerdepartement blyk dat die Milnerregering nie eintlik van die twee generaals verskil het nie.En die Smuts-wet, een van die eerste wette wat onder selfregering gemaak is, naamlik in 1907, is gebaseer op daardie selfde beginsels.

Genl. Smuts het toe al, in weerwil van die allesoorheersende poging van die C.N.O.-voorstanders om deur die onderwys die nasionale stryd vir voortbestaan te handhaaf, afgegly in wat deur baie patriotte beskou is as die poel van imperialisme.

Dit alles is deur genls. Botha en Smuts gedaan om die erns van hul bekering aan die Engelse outoriteite te beduie. In 1905 verklaar genl. Botha: "Sedert ons ons vlag oorgegee het, spreek ek as ’n ware Britse onderdaan en soos enige weldenkende Engelsman spreek.” Teen die einde van daardie jaar (1905) vertrek genl. Smuts in die geheim na Engeland. Daar het naamlik ‘n algemene verkiesing ‘n verandering van regering veroorsaak. Die konserwatiewes is vervang deur die Iiberale. Genl. Smuts herinner hom dat lord Kitchener hom in ‘n gesprek gedurende die vredesonderhandeIinge, drie jaar gelede, vertel het dat hy ‘n Iiberale oorwinning verwag, en dat Campbell Bannerman, Ieier van die Iiberale party moontlik die toekenning van selfregering vir Transvaal en Vrystaat goed gesind sou wees. In die Traktaat van Vereeniging is neergelê dat "zoodra omstandigheden het toelaten zullen vertegenwoordigende instellingen, uitloopende op zelfregering, ingevoerd worden.” Wat daar gebeur het, is eers op 29 September 1919, dus veertien jaar later deur genl. Smuts vertel op 'n vergadering te Calvinia, waar hy volgens Reuter verklaar het: dat hy in 1905 na Londen gegaan het om selfregering vir die republiek te vra. "In Londen het ek die Engelse Ministers ontmoet en ek onthou nog hoe ek een dag deur sir Henry Campbell Bannerman gevra is of ‘n Boereregering aan bewind van sake sou kom as selfregering sou toegestaan word aan Transvaal en Vrystaat. Ek moes toe erken dat ‘n Boereregering tog aan bewind van sake sou kom. 'Maar,’ sê ek, 'die kwessie van die Britse vlag is afgehandel. Julle kan ons vertrou. Die tekening van die Vrede van Vereeniging was finaal, en as manne van eer sal die leiers van die volk hul aan die verdrag hou. En nie alleen die leiers nie, maar ook die Boere self sal die verdrag en sodoende hulle eer handhaaf en by hul woord staan. Daar sal ‘n Boereregering aan die hoof van sake kom, maar hulle sal nie die kwessie van ‘n republiek of die Britse vlag aanroer nie. Hul sal hul hou aan die verdrag van Vereeniging . ’ "

Die traktaat van Vereeniging! Op 'n publieke platform kon dit met sukses voor ‘n dag gehaal word om daarmee die imperiale politiek te bedek. Maar in werklikheid het maar min mense hulle laat verlei om te glo dat daardie dokument nie deur vierhonderd- duisend Britse bajonette opgestel is nie.

Die ou patriotte en hul patriotiese kinders het vir die verlossing van die volk drie fases uitgedink. Twee was agter die rug. Die derde sou die redding beteken.

Die eerste is die sogenaamde gereelde oorlogvoer, toe die burgers in Iaers gelê het, partykeer saam met vrouens en seuns, om nou en dan die vyand te probeer teenhou, wat herhaaldelik geluk het. Colenso,  Spioenkop en Amajuba is daarvan roemryke voorbeelde. Dit het goed gegaan totdat die vyand se oormagte te groot geword het en die kommando’s met Iaers en al verwilder is.

Ná die val van Bloemfontein (Maart 1900) begin die ongereelde oorlogvoer, wat die Engelse as onwettige krygsbedrywe wou voorstel. Ek was een van ’n klein kommando, wat waarskynlik een van die eerstes was om agter die vyande te opereer onder Ieiding van De Villebois Mareuil. Van daardie klompie het net die helfte sonder Ietsel oorgebly. Die Ieier was een van die wat gesneuwel het. As een van die oorlewendes het ‘n vyandelike kolonel my voor 'n vuurpeloton Iaat staan, en ek sou die koeël gekry het as lord Methuen, die opperbevelhebber van die Britse troepe daar, nie op die Iaaste minuut verskyn het met ‘n teenbevel nie en die opmerking: "You can’t shoot a man without a court martial, can you?”

Hierdie onwettige g'uerilla-oorlog het twee jaar aangehou en sewemaal soveel Iewens van vroue en kinders gekos as van vegtende burgers.

Die onafhanklikheid is met groot smarte afgegee, maar die droefheid is versag deur die onuitroeibare hoop op verlossing. Met die wapen, maar op 'n tyd dat Engeland deur sterk magte vasgevat sou word, soos van Duitsland, sou ons weer kon inspring en terugneem, wat ons deur militêre oormag na ‘n Iangdurige stryd ontroof was, naamlik ons onafhanklikheid. Dis die republiek, want ‘n ander vorm van nasionale vryheid het ons in die praktyk nie geken nie.

Dit sou die natuurlike verloop van die geskiedenis wees, nie alleen vir die Boere nie, maar vir elke oorwonne nasie wat sy eie voortbestaan wil handhaaf.

Daar het twaalf jaar verloop. Toe breek die eerste wêreldoorlog’ uit en binne drie maande daarna begin die derde en Iaaste fase van die worstelstryd. Die staan bekend as die Rebellie van 1914—1915.

In die tussentydperk van twaalf jaar is daar nie openlik van die Republiek gepraat nie. Die skat was in die akker weggesteek. Bowendien was dit vir die onderworpe nasie gevaarlik: die publieke gebruik van die woord "republiek”, anders as in afkeurende sin, was al sedisie wat swaar gestraf kon word. Maar die volk was in stilte darem waaksaam. Lord Milner se speurders was altyd besig om uit te vind of daar iets aan die gang was teen die oorheersers.

Die armoede in die land was swaar en die smarte oor die verlore Iandsonafhanklikheid nog vars, sodat dit taamlik maklik was om ‘n klompie mense bymekaar te kry vir die doeleindes wat Willem Hendrik Durandt voorgegee het, naamlik om ’n bank te beroof vir buit en die Engelse die land uit te ja. Veral as die persoon, soos Willem H. Durandt, 'n gladde kêrel was, " ’n militêre verskyning, slank, gespierd, met blou oë en ‘n vaal moestas”, ‘n jong man van 28 jaar wie se parmantige houding en Ios maniere indruk gemaak het op die meisies vir wie hy baie lief was, en nie net vir een nie.

Die stories wat hy aan sy 'vertroudes’ opgedis het was baie aantreklik: van die vernaamste Boere-offisiere, soos genl. Botha, genl. Schalk Burger, genl. Wynand Viljoen, genl. Kemp sou agter hom staan, en hulle het hom selfs geglo toe hy vertel dat ook kol. Damant en die S.A.C. (dit was die afkorting van die naam South African Constabulary, wat as berede militêre polisie oor die hele land versprei was) hom sou help. Kol. Damant was Resident Magistraat op Lydenburg, en die offisier in bevel van die Lydenburgse S.A.C. was majoor Scarth. Kaptein (later kolonel) H. F. Trew was Scarth se onder-bevelvoerder.

Die rebellie, of rewolusie of opstand sou naamlik in Lyden­burg begin, want genl. Schalk Burger, vroeër vise-president van die Republiek, sit vir Durandt en sy kommando met verlange en wag, volgens die kommandant se storie.

Willem Hendrik (of "William Henry" as hom dit gepas het onder omstandighede) is in Adelaide, Kaapkolonie, gebore, maar het ná die drieiarige oorlog, soos baie ander, in Johannes­burg vasgeval, waar hy as ‘n 'prospector' bekend gestaan het. In werklikheid was hy ‘n agent van kwaaie sake, soos sy geskiedenis geopenbaar het.

Hy is met sewe man te perd weg uit Johannesburg, op die Iaat aand van 9 April 1904. Hulle het twee geweers by hulle gehad, en ‘n sabel. Die swaard was van die kommandant , wat ook 'n uniform gedra het. Die skelm was ‘n indrukwekkende militêre figuur.

Die dorp Lydenburg sou op 15 April 1904 aangeval word. Van verskillende kante sou hulp opdaag.

Die agt helde het by Lydenburg aangekom, en Durandt was persoonlik in die dorp, waar hy in aanraking was met twee vreemde individue.

Daar was heeltemal geen geheim omtrent die bewegings van die 'rebelle’ , want Milner se agente het soos spinnekoppe in die winter die hele land oortrek, (een van hulle was selfs op skrywer se spore) en om hul "jobs” te behou moes hulle van die mees skokkende verhale aan hulle groot baas in Pretoria rapporteer. Lord Milner het so geskrik (en sy skuidige gewete teenoor die Boere het moontlik ook skuld daaraan gehad) dat hy ’n afdeling imperiale troepe uit Pretoria wou stuur, maar op advies van sy amptenare in Lydenburg, het hy 'n mobiele afdeling van die S.A.C. oor Middelburg na die bedreigde Lydenburg in alle haas gedirigeer. En die dorp is in 'n staat van verdediging gebring. By gebrek aan geskut was 'n namaak-kanon opgestel: 'n paar karwiele met ’n ses-duim pyp van 12 voet Iengte daartussen het heeltemal goed gepas by die geskiedenis.

Durandt en sy helde is op Enkeldoorn gevang, 5 myl van Lydenburg. Die S.A.C. het 'n paar sarsies geskiet, gelukkig sonder om iemand seer te maak. Die kommandant en sy volgelinge het gewys dat hulle die nuttigheid van "hands up" besef het, mits dit betyds gebeur, en is tronk toe.

Maar daarmee was die geskiedenis nie afgeloop nie.

Lord Milner het nog steeds geloof geheg aan sy rapporte dat "’n algemene opstand” begin het, en hy stuur kaptein Trew na Krugerspost omtrent drie uur te perd noordelik van Lydenburg, om Schalk Burger te arresteer. Krugerspost was die woonpIaas van die oud vise-President. Hierdie bevel van die groot Milner wys hoe weinig besef hy gehad het van die karakter van die Boere-voormanne. Want as daar ooit n Ieier was wat 'n teensin in wapengeweld gehad het, dan was dit oom Schalk.

Gelukkig het die verstandige kaptein Trew nog eers van Krugerspost af sy Lydenburgse hoofkantoor opgelui, want hy het gevoel, dat dit alte dwaas sou wees om genl. Burger in die tronk te steek vir so 'n klugspel. Hy kry maj. Scarth op die telefoon, wat egter asem uit was van opgewondenheid en sê dat hy nou net 'n "clear the line” telegram van Milner ontvang het wat Iui: "Ek is in aanraking met genl. Botha. Onder geen omstandigheid moet julle generaal Schalk Burger Iastig val nie.”

Daar was nog ’n klompie van Durandt se aanhangers wat weggevlug het in die rigting van Sekoekoenie se land. Die S.A.C. het hulle agtervolg, maar nie in die hande gekry nie.

Die storie loop nog verder en word altyd interessanter.

Durandt is ondervra deur kapt. Trew en ewe brutaal verklaar hy: "Ek sal goed betaal word, wat daar ook mag gebeur.” En toe die kaptein hom duidelik maak dat hy moontlik vir hoogverraad gevonnis gaan word, en dat hoogverraad met die dood strafbaar is, het hy effentjies van sy stukke af geraak, maar dadelik daarop geantwoord: "As hulle my wil gaan hang, sal ek alles openbaar, en dan sal jy sien grotes val, nes met Rhodes gebeur het.”

Die voorlopige verhoor het in die magistraatshof op Lydenburg plaasgevind, en Durandt is met sy maats na die strafregter op Pretoria verwys onder beskuldiging van "seditious conspiracy” soos neergelê in art. 18 van Ord onnansie No. 38, 1902  wetgewing wat blykbaar net bedoel was vir gebeurtenisse soos hierdie. Op 'sedieuse sameswering' het ’n swaar straf gestaan. Die saak sou in die Hooggeregshof voorkom op 20 Julie 1904 en met spanning was ongetwyfeld deur sekere persone uitgesien na wat daar gedurende die verhoor aan die Iig sou kom. Of was dit alles bluf wat Durandt beweer omtrent groot mense wat sou tuimel en van die goeie betaling wat hy in elk geval sou ontvang'?

Maar die Durandt-saak is deur die Kroon (dis die Milner­regering) teruggetrek!

Op 25 Julie 1904 is egter ’n nuwe beskuldiging teen kom ingebring, nou van meineed. In 'n beëdigde verklaring wat hy afgelê het voor kol. Damant het hy naamlik dadelik ná sy gevangeneming (op 20 April) beweer dat genl. Botha hom aangestel het as kommandant. Dat genls. Schalk Burger, Manie Maritz, Jan Kemp en . . . . ds. J. H. Neethling, wat toe die Vereenigde predikant op Lydenburg was, hom bygestaan of aangemoedig het.

Durandt het skuldig gepleit aan meineed, sodat die Hof geen kans gekry het om van hom te verneem wat daar werklik agter sy 'rebellie' gesit het nie. Die regter het kom tot drie jaar harde pad gevonnis.

Maar ons het inligting uit 'n ander bron, van niemand minder as majoor Mavrogodato, die bekende hoof van Lord Milner se speurdiens. Hy het sy vriend, kaptein Trew, alles vertel, op voorwaarde, dat dit nie geopenbaar sou word gedurende Milner se Iewe nie. Op 14 Maart 1931 het Trew dit in die 'Cape Argus’ gepubliseer en volgens hom het Mavrogodato die volgende vertel:

'n Welbekende finansier en spekulant was die vernaamste persoon wat die komplot aan die gang gesit het. Hy het verskeie van Lord Milner se agente in die distrik Lydenburg opgespoor en hul beweeg om alarmmakende rapporte op te stuur. Toe het hy Durandt en 'n klompie kerels gehuur, hul bewapen en heimlik na die distrik Lydenburg Iaat kom. HuIIe sou ’n klomp burgers probeer oorhaal om saam met hulle die dorp met die naam te vat.

Die spekulant het gereken dat die nuus van hierdie opstand na Londen gekabel sou word. Die mobiele kolon van die (Britse) besettingstroepe sou van Middelburg af gestuur word. Die goud- aandele sou op daardie berigte baie verminder in prys, en die finansier sou elke aandeel wat hy in die hande kan kry, gaan aankoop, want hy het geweet, dat die opstand binne 'n week onderdruk sou word, en dan kon hy die aandele verkoop met 'n geweldige profyt.

Maar soos dit gebeur het, het hulle (die S.A.C ., waarvan Trew 'n offisier was)  te vinnig vir sy doel opgetree. Lord Milner het gesorg dat daar niks in die koerante oor geskryf is nie tot alle gevaar van ’n paniek verby was.

Lord Milner het my opdrag gegee om die gebeurtenis tot op die bodem te ondersoek. Ek het voldoende getuienis bymekaar gemaak om hom te oortuig dat die storie, soos ek hierbo vertel het, die waarheid bevat. Maar ongelukkig was die getuienis nie sterk genoeg om die finansier voor die Hof te bring nie.

Daar moet nou nog net bygevoeg word dat Durandt ná hy sy tronktyd uitgedien het, in die westelike Transvaal gaan woon het, blykbaar sonder ’n bepaalde werkkring, maar goed voorsien van geld.

So eindig die 'opstand' van 1904. Dit het op 'n klugspel uitgedraai, maar met dieselfde motief wat die drama van 1899-1902 gehad het, naamlik die besit van die Witwatersrand se goud.

En dan was daar die sogenaamde "Ferreira raid" van Novem­ber 1906. Dit was 'n ontydige, onverantwoordelike uitbarsting van onafhanklikheidsin deur Afrikaners wat nie bereid was om (soos genl. Smuts 'n viertal jare tevore)  tien of vyftien jaar te wag voor die Boere-oorlog voortgesit kan word. Die leiers was Hendrik Jooste, wat in Suidwes-Afrika gewerk het, en twee Ferreira's. Hulle het saam met honderde ander in die Duitse kolonie 'n toevlugsoord gevind ná die mislukking van die oorlog en het gereken huIIe sou saam met 1,100 ander Boere oor die Duitse grens kon kom om vir die vryheid van Suid-Afrika te veg. Vriende het huIIe probeer afraai, want hul sou nie die regte mense wees om so iets aan te pak nie. Maar huIIe het gemeen huIIe sou net die begin maak. Hulle sou hulp kry. Pieter Francois Jacob de Villiers, oorspronklik van die distrik Moorreesburg, wat die driejarige oorlog as burger en vriend van genl. Maritz tot die einde toe deurgemaak het, was met die 'raiders' in aanraking. Mnr. De Villiers ("Piet Mof” vir almal wat hom geken of van hom gehoor het) was in November 1906 in Upington, want hy het 'n groot vervoerkontrak gehad met die Duitsers wat toe in 'n kwaai oorlog met die inboorlinge gewikkel was. Genl. Maritz het ook so 'n ooreenkoms met die Duitsers gehad en was in daardie dae op die plaas Miershoop, aan die suidekant van die Grootrivier.

Sonder voorkennis van die Duitse outoriteite (die Duitsers het huIIe heeltemal buite die gebeurtenis gehou) het die twee Ferreira’s en Hendrik Jooste by Obobogorop, die grenslyn tussen Suidwes-Afrika in die Kalahari, oorgesteek; dis twintig uur te perd noord- wes van Upington en agt uur ten noorde van Nakob. Hulle het die polisiestasies op Witkop en Abeam oorrompel om geweers en ammunisie te kry. Twee konstabels is daar gewond, van wie een dood is. Mnr. Piet de Villiers en een van sy ondergeskiktes, 'n sekere Theron, het die opstandelinge gekry op die plaas Rouxville. Hulle het toe aangegroei tot ruim twintig man, en die twee Ferreira's is respektiewelik "GeneraaI” en "Kommandant”. Hulle veg onder die swart vlag , en huIIe dring daarop aan dat die twee besoekers by huIIe moet aansluit. Die alternatief is die koeël. Mnr. De Villiers was egter 'n man met sterk oorredingskrag en 'n baie plesierige geaardheid, en hulle doel, naamlik die onafhanklikheid, word deur kom toegejuig. Hy stel voor, dat hy genl. Maritz opsoek en hom meedeel wat hulle planne is. Moontlik wil hy met 'n klomp mense deur die Grootrivier kom en by hulle aansluit. Na 'n 'krygsraad’-vergadering stem hulle daarmee in, en mnr. De Villiers is die nag terug na Upington. Daar was alles deurmekaar. Die Polisie (almal Engelse) het 'n verstaanbare vrees gekoester vir die "raiders”. Sterk magte is saamgetrek.

Mnr. De Villiers het hom in verbinding gestel met die magistraat, wat 'n vriend van hom was, en die aand verskyn genl. Maritz op Upington. Hy het die magistraat reeds die vorige dag Iaat weet dat hy bereid sou wees om na die Ferreira’s te gaan en hul te sê dat hul moet oorgee. Nou wil hy die antwoord weet. Die outoriteite het ongetwyfeld die aanbod ernstig oorweeg, maar dit geweier want hulle het genl. Maritz nie vertrou nie. Toe is 'n mag van 150 man agter die Ferreira’s aan.

Genl. Maritz en mnr. De Villiers het hulle nie verder aan die saak gesteur nie.

Toe Jooste en die Ferreira’s naby Karreeboomvlakte gevang is, was hulle nog ses man. Hulle het sonder geveg oorgegee en is die volgende maand deur die hof gevonnis. Jooste is ter dood veroordeel en die ander tot tronkstraf. Maar almal is na verloop van tyd vrygelaat alhoewel skrywer later een van die Ferreira's in eensame opsluiting gesien het in die Fort-gevangenis weens deelname aan die Rebellie van 1914-1915.

Behalwe hierdie onbesonne uitbarsting het die volk die juk van diensbaarheid met waardigheid gedra, in die vaste verwagting dat die kans op vryheid 'eendag' sou aanbreek en dat dan die leiding gegee sou word deur die ou krygshelde, onder wie genl. Louis Botha.

Daar was al van Vereeniging af ’n verstandhouding, ’n 'verbond’, soos genl. De Wet dit genoem het, tussen sommige hoofgeneraals om die vyandelikhede teen Engeland te hervat by die eerste geskikte geleentheid. Die ooreenkoms was tussen genls. De Wet, De la Rey en . . . Louis Botha.

Uit my aantekeninge haal ek aan 'n verklaring deur genl. Wessels vir my gegee. Genl. Wessels was ná die Hoof-kommandant, die grootste krygsman van die Vrystaat. Die Vrystaatse afgevaardigdes na Vereeniging het besluit om die oorlog Iiewers alleen voort te sit as om die onafhanklikheid prys te gee.

"GenI. Botha vat my (Wessel Wessels) eenkant toe om 'n private gesprek met my te hou. Hy sê: Generaal, julle Vrystaters moet nie so koppig wees nie. Kyk koe Iyk dit in die konsentrasiekampe. Daar is al 20,000 vrouens en kinders dood. Ons kan nie die oorlog aanhou en wen met die wapen nie. Daar sal een dag aanbreek dat daar 'n Europese oorlog kom, en dan staan ons op en gryp weer na die wapen vir ons onafhanklikeid."

Toe sê genl. Wessels: "Daarmee is ek heeltemal tevrede.”

En genl. Botha se weer: "Laat dit nou 'n geheim wees. Jy vertel dit aan niemand op die wêreld nie.”

Genl. Wessels het die geheim in sy hart bewaar tot die Europese oorlog uitgebreek het en die dag daar was. Daarom het hy in 1914 "nie opgestaan om te protesteer nie, maar sy wapen gevat om ons onafhanklikheid terug te wen.”

Genl. Botha was in sy uitings omtrent die repuklikeinse verwagtings altyd baie geheimsinnig, maar sy versigtigkeid het hom in die steek gelaat toe hy kort ná die vrede moeders wat die konsentrasiekampe oorleef het, op Merebank toegespreek het en een van hulle met 'n diep-droewige stem hom vra: " Generaal, is ons vlag nou vir goed verlore?”

"Nee, suster, die repuklikeinse vlag is opgerol en gebêre. Dit sal op sy tyd weer afgerol word.”

Hier is nog 'n verklaring van komdt. Danie Fouché, 'n voor-aanstaande Rustenburger, swaer van die latere minister Piet Grobler. Dit was in die begin van 1910 toe genl. Botha Rustenburg toe gekom het vir 'n puklieke vergadering in verband met unifikasie. In Transvaal was 'n sterk groep teen unifikasie en vir federasie. Die Ieiers was A. D. W. Wolmarans en Tielman Roos. Danie Fouche was anti-unifikasie en toe hulle vergadering toe stap het hy dit reguit vir genl. Botha gesê. En hy voeg daarby: "...Net een ding sal my tevrede stel. Is dit u bedoeling, Generaal, om deur die unifikasie die hele Suid-Afrika ’n onafkanklike repuliek te maak?”

Genl. Botha se antwoord was: " Ja, seker. Maar ek kan dit mos nie publiek sê nie.”

Waarop komdt Fouche toe sê: "Wel, Generaal, my enigste doel is ons onafhanklikheid. As dit u plan is, gaan ek u ondersteun.” En hy het gesorg, dat die byeenkoms volgens genl. Botha se wens afgeloop het.

Die algemene anti-Botha opinie was dat daar dinge agter die skerms gebeur wat noodlottig vir Suid-Afrika sou word. En vir die oplettendes was daar aanduidings wat rede gegee het vir daardie wantroue. Genl. Botha se koerant, 'De Volkstem', het ‘n hoofartikel gehad wat opskudding verwek het, veral oorsee. Dit was in 1911, terwyl genl. Botha in Engeland was vir 'n imperiale konferensie. In dié tyd was daar groot internasionale spanning oor die Agadir-moeilikheid, en die verwagting was dat 'n oorlog tussen Duitsland en Frankryk kon uitbreek, met Engeland aan die Franse kant. Die Volkstem-hoofartikel het op bekwame manier beredeneer dat as Engeland in 'n oorlog betrokke raak, Suid- Afrika nie verplig is om deel te neem nie. Onmiddellik kom daar 'n kwaai kabel uit Londen (van genl. Botha) om daardie leer te weerspreek, en naderhand (hy het die einde van Augustus 1911 uit Europa teruggekeer) het die generaal dit op publieke plat­forms herhaal.

Wat toe nog by niemand in Suid-Afrika bekend was nie, en wat jare gelede deur publieke uitlatings van Lloyd George en Winston Churchill bekend geword het, is dat genl. Botha eersgenoemde gewaarsku het "nadat selfregering aan Suid-Afrika toegestaan is,” dat Engeland binne 'n paar jaar in oorlog met Duitsland gewikkel sou wees  en by die waarskuwing voeg genl. Botha die belofte: "En die oomblik wat oorlog verklaar word, sal ek 60,000 Boere-ruiters gereed hê om Duits-Suidwes in te trek en onder julle (die Engelse) vlag te gaan veg.” (Reuter).

Daarna (in 1913) het genl. Botha om gesondheidsredes in Duitsland vertoef. Toe hy daarvan terugkom in Engeland, uiter hy weer 'n waarskuwing teen die Duitsers. Hierdie keer was dit aan Winston Churchill.

Op bladsy 269 van My Early Life skryf Churchill:

"EIke keer as hy (Botha) Europa besoek het, ontmoet ons mekaar baie keer by beraadslagings, by die ete, by die huis en in regeringskantore. Sy onfeilbare voorgevoel (his unerring instinct) het hom gewaarsku dat die groot worsteling nader kom, (nl. die eerste wêreldoorlog). Toe hy in 1913 terugkom van Duits­land waar hy 'n badkuur deurgemaak het, waarsku hy my op die ernstigste manier vir die gevaarlike stemming daar. 'Sorg dat julle gereed is,’ sê hy; 'moenie daardie mense vertrou nie. Ek weet dat hulle baie gevaarlik is. HuIIe het slegte bedoelings met julle. Ek hoor dinge wat julle nie sal hoor nie. Sorg daarvoor dat julle al die (oorlog) skepe gereed het. Ek voel dat die gevaar dreig.’ En wat belangriker is, hy voeg daarby: 'As die dag kom, sal ek ook gereed wees. As hulle vir julle aanval, gaan ek Duits Suidwes-Afrika aanval en hul uitdryf dat hulle nooit meer sal terugkom nie. (I am going to attack German Sout West Africa and clear them out once and for all). 'Ek sal daar wees om my plig te doen as my tyd aangebreek het. Maar julle, met die oorlogsvloot, moet sorg dat julle nie verras word nie' ".

En in daardie tyd het Engeland nog altyd gehoop dat 'n oorlog met Duitsland vermy sou kon word.

Alles was moontlik klaar bewimpel op die geheime "Committee of Imperial Defence” se byeenkomste, waarvoor genl. Botha na Londen gegaan en "saamgewerk” het, volgens Lord Haldane.

So het genls. Botha en Smuts huIIe gebind. Hulle het ook die volk van Suid-Afrika gebind, terwyl die volk Ieef in onwetendheid en altyd in die hoop op verlossing deur onafhanklikheid, soos waarvoor huIIe hard geveg en saam met huIIe families bitter gely het.  Maar die skat in die saailand was diep onder geploeg deur  'n vroeëre kommandant-generaal en 'n asst. kommandant-generaal van die Republiek.

Augustus 1914. Die bomme bars in Europa, en die wêreldoorlog moet deur Suid-Afrika, as vasalstaat van Engeland, in die gebied van 'n bevriende volk aangesteek word. Onrus en ook verwagting onder die burgers; en meer as ooit na die drie- jarige oorlog het huIIe huIIe onder die vlerke van huIIe oorblywende ou vertroude krygsoffisiere geskaar. Party vir 'n "gewapende protes”. Die leiers van hierdie "protes” (Botha- manne in die politiek) kon nog nie glo dat huIIe ou komdt.- generaal nie sou beweeg kan word deur 'n duidelike uiting van die volkswil nie, want dit was mos sy volk. As hy net sy kakie-uniform wou uittrek en by huIIe kom staan, sou die onafhanklikheid verkry word, sonder vergieting van bloed. Hierdie goedvertrouende patriotte, manne van naam, is egter in die ellende, sommige in die dood gedryf, saam met huIIe volgelinge. Maar ander, veral Vrystaters, onder wie die invloed van genl. Botha baie minder was, het gemeen dat alleen die wapen die vryheid kon bring. Hulle het met daardie doel in die veld gegaan, net soos in 1899. En nes in 1899 is die Republikeine in 1914 in die veld gedryf deur ’n Brits-imperialistiese beleid. In altwee gevalle veroweringsbeleid, wat in die driejarige oorlog die grondgebied van die Republieke gegeld het en nou op Suidwes-Afrika gemik is. Nou moes egter Boeregeneraals en Boereseuns (van wie baie gered is uit die konsentrasiekampe) die empaaierroofsug bevredig. En oorkant die grens van Suidwes-Afrika was tussen 400 en 500 huisgesinne van ons eie mense by die Duitsers, vir 'n deel rebelle uit die Boere-oorlog, Kaapse rebelle, wat daar 'n tuiste gevind het na huIIe by die vredesluiting in 1902 in die steek gelaat is.  Die Boeregeneraals het rebelle van huIIe gemaak en dra verantwoordelikheid, wat deur leiers soos genl. De Wet diep gevoel is, so diep dat huIIe daardie krygsmakkers nie weer aan 'n onbarmhartige lot wou oorlaat nie.

"Sonder die inval in Duitswes sou daar geen enkele man tot opstand oorgegaan het nie,” dit blyk uit genl. De la Rey se houding en is dit die werklike woorde van genl. De Wet. Maar toe die "landpale” van 'n vriendskaplike buurman "verskuif sou word (die Duitse volk was die Boere altyd goedgesind) toe is daar iets geëis wat nie met 'n eerlike, christelike konsensie en sonder verset gedoog kon word nie.

Dis nie my bedoeling om nou 'n komplete geskiedenis van hierdie ontroerende en roerige tye te skryf nie. Moontlik kan ek dit naderhand volbring.

Die gevoelens tussen die twee seksies van die bevolking, die Engelse en die Boere, was in die maande September en Oktoker net so skerp soos kort voor die driejarige oorlog in dieselfde tyd van 1899. Met die verskil dat die deel van die bevolking wat in 1914 nie bereid was om lojaliteit aan Engeland te betoon nie, herkaaldelik bedreig is met gevangeneming (soos skr.) ; beledig, vervolg is, en dat die Regering vir daardie uitings van kisteriese jingoïsme die oë toegeknyp het. Dit het sterk Bothamanne, soos Jopie Fourie, tot aktiewe rebellie aangeja.

'n Herinnering aan daar­die weke van Britse oorlogs-uitsinnighede: Toe ek een more as editeur van " Het Volk” by my kantoor (Kerkplein, Pretoria) aankom vir my dagtaak, vind ek my deur besmeer met allerhande gekrabbel in kryt. My koerant is nou die "Traitor" , genl. Beyers word gevloek en genl. Hertzog ook 'n verraaier genoem. Wat dan volg omtrent genl. Botha sou ek (as dit vir my bedoel sou wees) as die grootste belediging onder daardie omstandighede beskou het.

'n Gevolg was dat daar 'n nuwe verbond gesluit is. Genl. De Wet het met my planne van 'n opstand bespreek. Dit was in 'n spoorwegkoepee op die Pretoriase stasie waar ons vir 'n tyd afskeid neem. Die vernaamste dorpe sou in een nag ingeneem moet word om wapens en ammunisie aan ons burgers te verskaf want maar 'n klein persentasie van hulle was gewapend.

Ons sit Iangs mekaar in die spoorwa; alleen. Genl. De Wet het sy regterkand in myne gelê; en terwyl ek sy hand druk, het ek gesê:

"Waar Generaal sterf, daar sal ek sterf. En waar Generaal oorwen, daar sal ek oorwen."

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2364 gaste aanlyn