NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Winston Churchill het gesê: Ons maak ‘n bestaan uit wat ons ontvang, maar ons skep ‘n lewe deur wat ons gee.

WIE IS DIE SKULDIGES (24)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

HOE DIE BOM GEBARS HET

"Die Engelse het die manier om in 'n 'voormalige' vyand, wat hulle tot 'n vriend wil maak, allerhande deugde te erken of te ontdek. Genl. Botha se bekwaamheid as krygsman word geëer deur hom in 1911 te verhef tot ere-generaal van die Engelse leër, 'n heel besondere onderskeiding vir 'n Engelsman maar 'n totale skande vir 'n Boer! Hierdie toekenning was tot toe alleen aan lede van die Koninklike Familie toegeken en tot lid van Sy Majesteit se Geheime Raad (P.C.) "

Maandagmore, 12 Oktober 1914, het die regering die nuus omtrent Maritz se "gruwelike verraad” wyd en syd en met al die uitgebreide middele tot huIIe beskikking versprei deur die pers, die telegrafiese dienste aan magistrate en krygsoffisiere. Met so ‘n ywer het huIIe dit gedoen dat huIIe die indruk gewek het dat dit goed is dat Maritz nou kant gekies het. Die skilpad het sy kop uitgesteek. Die bom het gebars. ‘n Groot verligting. Nou kan die regering optree.

Die offisiële mededeling wat met soveel nougesetheid onder die gretige aandag van elke lid van die publiek gebring is, was die "Bekendmaking of Manifest”, wat ‘n vermenging van korrekte en valse voorstellings is: dit eindig met 'n skrikwekkende bedreiging. Almal het dit gelees en herlees, en in 1924 het Manie Maritz en skrywer dit (na sy terugkeer uit ballingskap) weer van vooraf bestudeer. Die vernaamste onjuisthede in die dokument is hieronder met skuins letters gedruk. En dis daardie onwaarhede wat genl. Botha dieselfde dag wat dit verskyn, gebruik het om in  rondskrywe aan die distrikskommandant te skinder "dat Maritz op verraderlike manier na die vyand oorgeloop het. "

Hier volg nou die Regering se "Bekendmaking of Manifest” wat deur genl. Smuts op 11 Oktober opgestel is en versprei is op 12 Oktober:

"Sedert de bedanking (In die Engelse teks: "Ever since the resignation” Skrywer) van Generaal C. F. Beyers als Kommandant-generaal, Burgermacht, zyn er steeds tekenen geweest om aan te duiden, dat er iets verkeerd was met de machten in het noordwesten van de Kaap Provincie, welke machten geplaatst waren onder bevel van Luitenant-kolonel S. G. Maritz. De Regering heeft toen dadelik regelingen gemaakt om Kolonel Coenraad Brits te zenden om het bevel van Luitenant-kolonel Maritz over te nemen. Op die 8ste dezer zond Kolonel Brits een boodschap aan Maritz om in te komen en zich by hem te rapporteren. Hierop antwoordde Maritz op brutale wyze dat hy niet van plan was zich by wie ook te rapporteren. AI wat hy hebben wou was zyn ontslag, en Kolonel (C oen Brits) moes maar zelf overkomen en zyn bevel overnemen. Kolonel Brits zond toen Majoor Ben Bouwer om het bevel over te nemen. By zyn aankomst in het kamp van Maritz werd majoor Bouwer met zyn gezelsckap gevangen genomen, doch hyzelf word later Iosgelaten en teruggezonden met een ultimatum van Maritz aan de Unie-regering, inhoudende dat tenzy de Reg'ering hem voor 10 uur op Zondagmorgen waarborgde dat zy toelaten zou dat Generaal Hertzog, De Wet, Beyers, Kemp en Muller hom daar ter plase konden ontmoeten zodat hy instruksies van hen kon ontvangen, hy de krygsmacht van Kolonel Brits aanvallen en verder de Unie intrekken zou.

"Majoor Ben Bouwer rapporteerde dat Maritz in bezit was van enige kanonnen en dat hy de rang bekleedde van Generaal in bevel van de Duitse troepen. Hy had een Duitse troepenmacht onder zich bekalve zyn eigen rebellenkommando. Hy had al zyn officieren en mansckappen, die weigerden zich by de Duitsers aan te sluiten, gearresteerd en had hen als gevangenen naar Duits Zuid-West Afrika Iaten zenden. Majoor Bouwer kreeg inzage van een overeenkomst tussen Maritz en het Goevernement van Duits Zuid-West Afrika, waarin de onafhanklikheid van de Unie als een republiek gewaarborgd werd, Walvisbaai en zekere andere gedeelten van de Unie aan de Duitsers gecedeerd werden en een onderneming gegeven werd dat de Duitsers de Unie niet dan op verzoek van Maritz zouden binnen trekken. Ook toonde hy aan Bouwer talryke telegrammen en heliografiese berichten gedagtekend vanaf begin September. Maritz beroemde zich erop, dat hy door de Duitsers ruim voorzien was van kanonnen geweren, ammunitie en geld en dat hy geheel Zuid-Afrika zou plat Iopen.

"Met het oog op deze toestancl van zaken, neemt de Regering krachtige maatregelen om de opstand te onderdrukken, en alle rebellen en verraders de verdiende straf op te Ieggen.

"Een proklamatie, waarin de Krygswet afgekondigd wordt, zal op heden, Maandag de 12de October in een Buitengewone Staatskoerant versckynen."

Dit was dan die tammeletjie wat met alle offisiële en offisieuse en private middele gespuit is oor die Iengte en breedte van Suid- Afrika. En toe genl. Beyers aan sy ontbyttafel sit, bring iemand dit uit "die dorp” (Pretoria) vir hom. Hy was op sy plaas De Dammen, ‘n myl of agt, nege ten suidooste van die hoofstad.

Hierdie "Bekendmaking of Manifest” van die regering wys die meesterhand van genl. Smuts, veral in die Iasterlike suggesties wat daarin gemaak word. Genl. Beyers word bedek voorgestel as die oorsaak van die moeilikhede en die vyf genoemde Ieiers as persone wat saam met Maritz geheul het. Genl. Hertzog het dit so skerp gevoel dat hy genl Botha (die verantwoordelike Eerste Minister) vir Iaster Iaat aanskryf het, maar natuurlik vrugteloos, want genl. Botha was beskerm deur die feit dat hy in die oorlogsveld was vir Sy Majesteit se belange, en dus onaantasbaar.

Behalwe dit, bevat die dokument growwe onjuisthede, wat maklik verklaarbaar is deur die begeerte van die regering om die "gruwelike verraad" van Maritz so gruwelik moontlik voor te stel. En ook deurdat Ben Bouwer, wat die inligting verskaf het na aanIeiding van sy besoek aan Maritz op 10 Oktoker, nie in ‘n stem­ming was om skerp waar te neem nie. Hy het doodsbleek geword toe Maritz by die begroeting vir hom sê: "Ou Ben, jy is my prisonier.” Hy was so senuweeagtig, dat hy dadelik Maritz se aangevraagde ontslag oorhandig maar vergeet het om die skrifteIike bevel te gee, waarby Brits hom (Bouwer) op instruksie van genl. Smuts aanstel as Maritz se opvolger. Maritz het sy ou maat baie vriendelik behandel.

Daar is ‘n beëdigde verklaring van Bouwer, besweer voor H. R. M. Bourne, Sekretaris vir Verdediging, op 6 Maart 1915, waarin hy ‘n relaas gee van sy besoek aan Maritz. In daardie dokument word nie met ‘n woord melding gemaak dat "hy (Maritz) de rang bekleedde van Generaal in bevel van de Duitse troepen nie"; en ook nie dat die Duitsers alleen op versoek van Maritz in die Unie sou intrek nie. Dit beteken: die sinsnede wat in die "Bekendmaking of Manifest" Maritz beskuldig van muitery is deur genl. Smuts uit die lug gegryp. Die "talryke telegramme en heliografiese berigte”, wat Bouwer gesien het, was nie van, of aan Duitsers nie, want Maritz se heliografiste was almal Engelse, aan wie daardie werk sekerlik nie toevertrou sou geword het nie en wat bowendien nie ’n woord Duits geken het nie. Maritz het al sy korrespondensie aan Bouwer voorgelê om te lees, maar Bouwer sê in sy beeëdigde verklaring: "Daar ik onder de indruk verkeerde dat ik dezelfde dag weggevoerd zou worden als gevangene naar Windhoek, voelde ik niet genoeg belangstelling om de andere dokumente een voor een door te Iezen.” En so is dit ook te verklaar dat hy toe hy die sg. ooreenkoms tussen Maritz en die Duitsers deurkyk, glad nie opmerk dat dit nie deur Maritz geteken was nie. Daar was op 12 Oktoker geen skriftelike ooreenkoms tussen Maritz en die Duitsers nie, en ook daar is die regeringsmanifes, net soos op ander hoofpunte, totaal misleidend.

Bouwer is nie gevang en nie weggevoer na Windhoek nie, maar hy sowel as sy "agterryer ”, luitenant William Stepken von Witt, is die namiddag terug na Upington met die versoek van Maritz dat alles wat hulle gesien en wat Bouwer gelees het, noukeurig tot genl. Smuts se kennis gebring moes word. Die resultaat is die nou befaamde "Bekendmaking of Manifest”.

Daar sal opgemerk word dat met geen woord gerep is van die instruksies van genl. Smuts aan Maritz op 17, 19 en 23 Septem­ber om met sy "seuns” Duitswes in te val, en dat hy dus gekommandeer was om aan te val, terwyl genl. Botha van die dakke af verkondig het dat die oorlog alleen met vrywilligers sou gevoer word. Maar naderhand het genl. Botha voor die moeilikkeid te staan gekom om daardie teenstrydigheid in sy gedrag te verklaar. Dit was toe hy op 29 Junie 1916 getuienis afgelê het voor die regterlike kommissie en die voorheen so oningeligte publiek ‘n kans gehad het om iets van die waarheid agter te kom. Hy het beweer dat die opdrag aan Maritz alleen aan hom gestuur is om hom te forseer "zick bloot te geven . . . Het was juist maar om de oprechtheid van de man op de proef te stellen . . . ten einde hem te noodzaken een beweging in de een of andere richting te maken.” Maritz moes getoets word en as hy rebelsgesind was, soos hulle vermoed het, wel, dan het hul kwansuis hom uitgevang.

As "bewys” dat dit glad nie die bedoeling was om Maritz met sy kommando van vernaamlik nie-vrywilligers te laat aanval en inval nie, was "het zou Maritz ongeveer een maand genomen hebben om in Duits gebied te trekken,” volgens genl. Botha.

Maritz se instruksies was (en genl. Botha het dit goed geweet) om van Sckuitdrift af die inval te doen, en sy kommando kon van Van Rooisvlei af in drie dae (en nie een maand nie!) daar gewees het, volgens Maritz se eie verklaring aan skrywer.

Wat was die uitwerking van die "manifest”-bom?

Vir die mense van die anti-Iandroof het Maritz skielik weer die groot held geword, hulle hoop, hulle verwagting. Die afgebede onafhanklikkeid kon nou nie meer ver wees nie. Dit word nou tyd om in te spring, saam met Maritz. So ‘n held in die steek laat sou onpatrioties wees in die hoogste mate. Bowendien het hy mos kanonne, geweers en ammunisie, volgens die verklaring van die regering self. Maar die krygswet is afgekondig, en mens moet uiters versigtig wees, nie alleen in wat iy doen nie, maar selfs in wat jy praat en dink, want spioene is orals.

Die dag daarna, Dinsdag 13 Oktober dus, sou 'n veertiental volksmanne, onder Ieiding van genl. De Wet op Kopjes bymekaarkom, Transvalers sowal as Vrystaters, om te oorweeg wat gedoen moes word, noudat die regering nie die minste notisie geneem het van die Lichtenburgse besluit op 21 September nie, ofskoon 'n antwoord voor 30 September gevra was.

Op pad na Kopjes verneem daardie Ieiers van die jongste ingrypende gebeurtenisse, maar hulle bet vergader agter geslote deure en besluit om 'n afvaardiging na die Eerste Minister te stuur, wat ook op die veer-tiende dadelik aan sy opdrag gevolg gegee het.

Die eerste daad op algemeen militêre gebied, wat deur die regering uitgevoer is ná die optrek van bulle "Bekendmaking of Manifest”, is (steeds op Sondag 11 Oktober) om aan die kommandante bevele te gee vir die kommandeer met "perd, saal en toom” (die 8 dae mondprovisie wat onder die ou Republikeinse stelsel van krag was, het weggeval) van die burgerreserwe, dis van manne tot die Ieeftyd van 60 jaar. Elke kommandant moet 100 burgers van die gewilligstes opkommandeer. Dit was 'n geleentheid waarna die regering al lankal gesmag het en dis met die meeste spoed uitgevoer. Daar is burgers wat nie gehoor wou gee nie en wat naderhand by die rebellekommando’s aangesluit het of in kampe opgesluit is. Ander burgers bet egter met graagte gekom om die anti-regeringsmense "op te dons” en soldy te trek.

En genl. Botha is op Sondag 1 Oktober, as hoof van die troepe aangestel maar dit is vir 'n geruime tyd geheim gehou.

Verder het die regering dieselfde Sondag met president Steyn en Kaapse kerklike Ieiers telegrafies in verbinding getree met die versoek om hulle stem te verhef teen die "gruwelike verraad teen die ewigdurende smet op ons nasionale eer”. Met ander woorde, om die regeringsbeleid in verband met die inval goed te keur.

Met president Steyn het hulle geen sukses gehad nie. Die Landsvader antwoord dat hy "al drie jaar gelede genl. Botha teen 'n sodanige politiek gewaarsku het en dat ek by die uitbreek van hierdie oorlog daardie waarskuwing aan genl. Smuts herhaal."

Met Kaapse predikante het dit beter gegaan vir genl. Botha. Sonder enige ondersoek, alleen gebaseer op 'n (misleidende) "Bekendmaking of Manifest”, verskyn reeds op die dertiende 'n "predikante-prokIamasie”, geteken deur elf Ieraars met ds. Abram Steytler, die moderator van die Kaapse sinode, as voortekenaar. HuIIe verklaar dat 'n poging om Suid-Afrika onafhanklik te maak van die Britse Ryk 'n bloedige burgerkryg sal veroorsaak en " 'n trouweloze verbreking zal zyn van het Traktaat te Vereeniging gesloten, en n bepaalde zonde tegen God,” terwyl "die expeditie naar het Duits gebied . . . 'n besluit is der Hoogste Wetgevende Lichamen”. Hierdie houding van die here, wat Iandroof blykbaar geoorloof ag, mits die genoemde "Iichamen” daartoe gesind is, word gesteun deur 'n paar universiteitsdosente naamlik prof. Moorrees en dr. J. I. Marais wat sewe dae later, op 20 Oktober, teen, "opstand, valsheid, verraad, bedrog en Iaaghartigheid” uitvaar op 'n publieke vergadering te Stellenbosch, waar huIIe 'n voorstel indien teen die "verraderlike handelswijse van Iuitenant-kolonel Maritz” en ten gunste van die regering in alle maatreëls wat nodig is vir die welsyn van Suid-Afrika.

Vir sover hierdie geestelikes van die ou Kolonie die mondstuk was van die publiek daar, was die Kaap eg "Engels”. Genl. Botha was baie dankbaar vir die "gedugte hulp” wat hy van huIIe ontvang bet. Maar die "predikante-prokIamasie” was nie die gevoel en uiting van die Afrikaneropinie in die Kaap of waar ook nie, net so min as wat prof. Moorrees en dr. Marais se toesprake dit was. Genl. Hertzog het op 31 Maart 1915 verklaar (in die Gekozen Komitee, bladsy 237 van die Verslag) : "Neem . . uw predikanten in die Kaap. U heeft geen idee hoeveel wrok hun houding verwekte. In plaats van gevoelens van tevredenheid en dankbaarheid te verwek-ken, veroorzaakte hun houding de uiterste verbolgenheid, en dat niet alleen in de Vrystaat, waar de gevoelens zeer gespannen waren en versckillend met die in de Kaap, maar zelfs in de Kaap zelf was verbolgenheid, die men nog elke dag hoort uiten."

Van die vyf leiers, wat deur Maritz beskou is as die verteenwoordigers van die volkswil en van wie hy alleen opdragte sal aanneem, is deur genl. Botha net een gevra om Maritz te besoek. Een het aangebied om soontoe te gaan met die doel om die rebellie te beëindig.

Die Ieier wat uitgenooi, ja gesoebat is deur genl. Botha om te gaan, is genl. Beyers.

Die ander Ieier wat kom beskikbaar gestel het om Maritz te besoek, was genl. Hertzog. Genl. Botha het hom dit egter bitsig geweier.

Wat was die oorsaak van daardie skynbare teenstrydigheid in die gedrag van die Eerste Minister-Kommandant-generaal?

Waarom word genl. Beyers "onder trane” gesmeek om Maritz te gaan beïnvloed?

Waarom word genl. Hertzog afgejak toe hy aanbied om dit te doen?

Ons dokumente en aantekeninge gee daarop n verstaanbare antwoord.

Genl. Botha het op hierdie vrae 'n antwoord gegee wat nie 'n antwoord is nie. Dit verskyn op bladsy 390 van die Notule van die getuienis, afgelê voor die regterlike kommissie en is gegee op 'n vraag van regter Searle. Genl. Botha het gesê:

(1) "Beyers was die man wat invloed op Maritz gehad het, en hy was die man vir wie ek gevra het om (na hom toe) te gaan.

(2) "Maritz was deur Beyers aangestel.

(3) "Dit was Beyers wat hom bevele gegee het, en ek het stellig gedink, dat Beyers die regte man was om met Maritz te gaan praat.

(4) " Ek het kom egter duidelik laat verstaan dat ek geneë was om enigeen van, of al die ander manne deur Maritz in sy berig vermeld, toe te laat om Beyers te vergesel, as hy dit verlang.

Laat ons kierdie getuienis van genl. Botha punt vir punt behandel.

Volgens Maritz self (soos ook korrek in die "Bekendmaking of Manifest” gerapporteer) was genl. Beyers eers die derde Ieier van die vyf deur hom genoem as die manne van wie hy instruksies wou hê. Genl. Hertzog en daarna genl. De Wet het voorrang by hom geniet — van wie derhalwe kon verwag word, dat eersgenoemde die meeste invloed op Maritz sou kan uitoefen. Geeneen van die ander: Hertzog, De Wet, Kemp, Muller, is deur genl. Botha gevra nie. En genl. Hertzog is nie toegelaat om na Maritz te gaan nie. Uit die verdere getuienis van genl. Botha voor die regterlike kommissie is sy bedoeling duidelik, naamlik dat genl. Beyers die man was wat " 'n bose invloed" gehad het op Maritz en ander, en die naaste aan Iaasgenoemde gestaan het in sy "gruwelike verraad ".

Die inhoud van die tweede punt is onjuis. Uit die hoofstuk oor Maritz het dit ons duidelik geblyk en ook uit die antwoord van genl. Smuts op die bedankbrief van genl. Beyers (bladsy 164). Genl. Beyers het net een stafoffisier aangestel, dis sy militêre sekretaris, kapt. Frikkie van Maanen. En toe genl. Beyers op 15 September 1914 bedank as kommandant-generaal, het kapt. Van Maanen nie sy voorbeeld gevolg nie, maar in sy posisie gebly. Genl. Beyers het kom dringend versoek om tog nie sy werk op te gee nie, en hy het daaraan voldoen tot Piet Jooste hom vervang het.

Dat genl. Beyers vir Maritz bevele gegee het en dat genl. Botha hom om daardie redes gevra het om na die muiterige kolonel te gaan (punt 3), bots met die feite wat ons hiervoor gepubliseer het: die bevele aan Maritz het van genl. Smuts af gekom.

En van punt 4 weet ons reeds: dat dit indruis teen die hele houding van genl. Botha, en dat dit in stryd is met die bekende feite.

Genl. Botha se antwoord aan regter Searle bring ons niks nader aan die waarheid nie, maar dit het onregstreekse waarde, omdat dit toon dat genl. Botha sy werklike beweegredes wou wegsteek.

Genl. Beyers was van 1902 af altyd vriendskaplik teenoor genls. Botha en Smuts, maar hulle het kom as 'n moeilike vriend en Iastige medewerker beskou. Die oorsaak van die verskil tussen hulle het gelê in geaardheid en Iewensopvatting.

Genl. Beyers het gebrek gehad aan kritiese vermoë in sy ontmoeting met sy medemens - 'n eienskap wat soos by die meeste persone van sy geaardheid, die gevolg was van 'n inherente eerlikheid jeens homself en ander. Sy diepe Godsvertroue as innig-gelowige het  'n afskaduwing in sy gedrag teenoor mense. Hy het elke mens as eerlik beskou en as sodanig behandel, tot hy bewyse van die teenoorgestelde het. Dat hy daardeur herhaaldelik teleurstellings ondervind het, moes noodsaaklik volg en het hom, veral in sake van politieke strekking, wantrouig gemaak. Mevrou Beyers het hom as volg beskryf: "Hy vertrou niemand heeltemal nie. Dit was altyd sy manier as hy verskil met iemand of as hy reken: die man kan sy gang maar gaan.”

Die gevolge daarvan was dat hy meermale verkeerd verstaan is, ook deur genl. Botha in die krisistyd van 1914, en dat die verskillende pogings van Manie Maritz heeltemal misluk het om deur sy afgevaardigdes, soos "Joubertjie”, mev. Maritz en Nel vas te stel, wat genl. Beyers sou gaan doen.

Genl. Botha was 'n man van veelsydige talente: 'n gebore diplomaat, wat van sy jeug af 'n geleentheid gekry het om daardie gawe te ontwikkel. Hy was nog amper 'n seun toe hy reeds met die groot Zoeloe-kaptein te doene gehad het. Onder Ieiding van Lucas Meyer (heeltemal sy mindere in natuurlike aanleg) het hy 'n Boerekommando gevorm om Dinizoeloe te help in sy oorlog teen Oesibepoe. Die gevolg was dat al die burgers ná die oorwinning 'n plaas gekry en gesamentlik die "Nieuwe Republiek” gestig het. Genl. Botha word dadelik een van die kopstukke. Op die Ieeftyd van 22 jaar kry hy dus al oefening in die regeerkuns, en hy beoefen dit met sukses vir sy Iandgenote en vir homself. Na die aansluiting van sy jong'staatjie by die Zuid Afrikaansche Republiek, tree hy (ook weer met welslae) op as onder-naturelle- kommissaris van Swaziland. En nadat Dinizoeloe as gevolg van die Bambata-opstand in 1906 in gevangenskap geraak het (van die Engelse), het genl. Botha hom daaruit verlos. Dit was sy eerste daad na hy as regeringshoof in die Unie gaan optree het (1910). Sy outoritêre natuur het in die jeug van sy publieke lewe ontwikkel in 'n rigting wat hom in sy latere optrede persone wat in beleid met hom durf verskil, dikwels Iaat beskou het as vyande wat hom persoonlik weerstaan en dus gestraf moet word, en indien moontlik skadeloos gemaak word.

In sy hart was genl. Botha 'n skaapboer. As krygsman is hy deur ander (bv. deur genls. De Wet en De la Rey) oortref. Maar as diplomaat was niemand sy gelyke nie.

Die Engelse het die manier om in 'n 'voormalige' vyand, wat hulle tot 'n vriend wil maak, allerhande deugde te erken of te ontdek. Genl. Botha se bekwaamheid as krygsman word geëer deur hom in 1911 te verhef tot ere-generaal van die Engelse leër, 'n heel besondere onderskeiding vir 'n Engelsman maar 'n totale skande vir 'n Boer! Hierdie toekenning was tot toe alleen aan lede van die Koninklike Familie toegeken en tot lid van Sy Majesteit se Geheime Raad (P.C.)

Winston Churchill, die geniale imperialis, het skielik agtergekom dat genl. Botha 'n "unerring instinct” besit, wat hom 'n jaar voor die uitbreek van die eerste wêreldoorlog gewaarsku het "of the approach of the great struggle”. En die "Boer”-van-ouds sou daaraan deelneem deur die Duitse Kolonie in Suidwes-Afrika aan te val en na verowering tot beskikking van die imperiale outoriteite te stel.

Churchill was reg met sy ontdekking. Of dit instinkmatig was, of profeties, of net maar 'n uiting van gesonde verstand, of iets anders, dit neem nie weg nie, dat genl. Botha ver vorentoe gekyk het, selfs agter die bult. So het hy die rebellie al sien kom voordat die toekomstige rebelle, met enkele uitsonderings, daaraan gedink het.

Ons het die onbevredigende verklaring van genl. Botha in verband met sy houding teenoor genls. Beyers en Hertzog gewraak. Wat was die optrede van hierdie twee generaals? Wat het werklik gebeur in hulle onderhandelings met genl. Botha oor die Maritz-moeilikhede? Sover as dit genl. Beyers aangaan: daar was twee samesprekings tussen hom en genl. Botha, naamlik op 12 en 14 Oktober. Ons het daarvan aantekenings, aan skrywer oorhandig deur mevr. Beyers. Van genl. Hertzog se kant het ons sy getuienis voor die Gekose Komitee. Mevr. Beyers was 'n belese dame, ervare in die joernalistiek soos sy enkele jare later bewys het as skr. se assistente op die redaksie van ons nasionale blad.

Van die eerste ontmoeting tussen haar man en die Eerste Minister na die "Bekendmaking of Manifest ’ (die "Ever Since" soos sy dit vererg genoem het agv die beledigende inhoud oor haar man) vertel sy dat genl. Beyers daardie dokument die more van 12 Oktober aan die ontbyttafel op De Dammen gelees het en daarna uitgegaan het om opdragte te gee aan sy voorman. Net daarop kom daar 'n snelbode van die regering uit Pretoria met dieselfde "Manifest" en 'n dringende versoek van genl. Botha dat genl. Beyers hom tog dadelik moet kom besoek. Mevrou Beyers was gekant teen daardie besoek en het die rapportganger teruggestuur met die antwoord dat haar man nie kon kom nie omdat die bande van sy motor twee aande gelede vernietig is by die Operagebou. Maar toe haar man in hulle woning terugkeer en alles hoor, besluit hy om tog maar te gaan. Die gesprek sou plaasvind in genl. Botha se huis op Sunnyside. Mnr. Pieter Beyers, die generaal se broer, is saam tot by die woning van die Eerste Minister, maar die gesprek was onder vier oë.

Die verslag deur mev. Beyers berig so daaroor:

"Die Generaal (Botha) wou hê Krisjan moes na Maritz gaan om hom tot bedaring te bring. Krisjan weier. Die Generaal vertel dat hy stapels en stapels van bewyse — skriftelik  - het dat Maritz al jare lank knoei met die Duitsers. Hy sê verder, hy weet dat Krisjan invloed het op Maritz en Krisjan moes dit tog vir hom doen.

"Krisjan: 'Ek het julle gewaarsku dat julle 'n vuur gaan aansteek, wat niemand weet, waar dit sal uitbrand nie. Waarom gaan jy dan nie self nie?’

"GenI. Botha: 'Jy sien self hoe sit ek hier, en ek moet nog 'n maal ingêent word. Buitendien kan ek nou nie hier weg nie. Die mense is te onstuimig.'

" K(risjan) : 'Ja, en ek vind dit gemeen van julle om my naam so in te sleep in die proklamasie. (Dis die 'Bekendmaking of Manifest) Want dit rui die publiek teen my op, asof my bedanking in verband staan met die opstand van Maritz.'

"GenI. Botha: '0, so was dit nie bedoel nie. Dit moet jy jou nie aantrek nie .”

Dis die kort verslag van mevr. Beyers omtrent die eerste bespreking. Die tweede onderhoud met genl. Botha was twee dae later, en by daardie geleentheid het hy nog sterker by genl. Beyers daarop aangedring om deel te neem aan die uitvoering van die regeringsbeleid, want daar het ondertussen iets gebeur. Op die dertiende is die eerste van die twee Kopjesvergaderings gehou. Die datum was al 'n tyd tevore bepaal.  Dit was 'n nformele privaat byeenkoms van sewe Vrystaters en sewe Transvalers om te oorweeg wat gedoen moes word noudat die regering die Lichtenburgse besluit heeltemal genegeer het. Daar was behalwe genl. De Wet, oom Hendrik Serfontein, Niklaas Serfontein en Jan Brand Wessels, al drie Vrystaatse Volksraadslede, komdt Meyer van die distrik Kroonstad en Rocco de Villiers, 'n bekende prokureur van Heilbron, ook ds. Ferreira, die Ieraar van Kopjes in wie se huis die byeenkoms plaasgevind het. Van Transvaal was daar: Volksraadslid Piet Grobler, genl. Jan Kemp, "Apie” Bezuidenhout, wat 'n offisier was van die Potchefstroomse militêre distrik, maar bedank het en later as rebel-generaal 'n hoogsgerespekteerde Ieier was van die 600 helde van die woestyn. Dan was daar maj. J. J. Pienaar wat ook as offisier van die Verdedigingsmag afgetree het, genl. Piet Liebenberg, 'n vroeëre offisier van genl. De la Rey, en twee predikante: ds. L. P. Vorster en ds. Herman van Broekhuizen.

Genl. De Wet het die besprekings wat met gebed geopen en gesluit is, ingelei met 'n kort woord oor die erns van die toestand, wat nog verswaar is deurdat Manie Maritz volgens die jongste koerante in opstand gekom het. Party van die aanwesiges was vurig in hulle uitings, vernaamlik genl. Liebenberg, en het gemeen dat die regering in sy ontrouheid aan die volk geen konstitutionele pogings vir n oplossing van die groot moeilikhede sou aanvaar nie. Ander het optrede-met-geweld afgekeur, en eindelik het 'n kommissie uit die vergadering 'n voorstel opgetrek. Die planne om 'n volksvergadering te belê op Vereenig'ing (ook deur pres. Steyn voorgestaan) kon nie meer in aanmerking geneem word nie, omdat die krygswet die vorige dag afgekondig was. Daar is toe besluit om dadelik 'n deputasie na die regering te stuur met die versoek om (ooreenkomstig die Lichtenburgse mosie) die ekspedisie uit Duitswes terug te trek en alleen verdedigend op te tree. Of anders: dat die regering sal bedank en 'n algemene verkiesing uitskryf, om die volk die geleentheid te gee om sy oordeel oor die Duitswes kwessie uit te spreek.

Daar is dadelik telegrafies 'n onderhoud met die Eerste Minister vir die volgende dag, 14 Oktober, aangevra. Genl. De Wet het geweier om 'n lid te wees van die deputasie. Die verdere besluit wat geneem is, Iui: dat 'n vergadering gehou sal word, weer te Kopjes, op 22 Oktober, waar 'n verteenwoordiger van elke distrik sal verskyn om die antwoord van die regering te verneem.

Genl. De Wet het Niklaas Serfontein dadelik met 'n geheime opdrag na Bloemfontein gestuur om pres. Steyn en genl. Hertzog op hoogte te bring en hulle sowel as ander Vrystaatse voormanne te vra om op die 22ste die  tweede Kopjes-vergadering by te woon. Die ou generaal is saam Pretoria toe.

En so het daar in die voormiddag van 14 Oktober ’n onderhoud van die deputasie met genl. Botha plaasgevind, wat "Iangdurig en stormagtig” was. Jan Brand Wessels en ds. Louis Vorster was die vernaamste woordvoerders. Genl. Botha het eers probeer om sy besoekers te paai, en toe dit nie geslaag het nie, sy geduld verloor. Hy verwyt die afgevaardigdes dat hulle optrede geen protes nie maar 'n rebellie is. Ook verklaar hy dat hy oor die name van al die opstokers beskik en hulle binnekort sal arresteer, sodat hulle hulle verdiende loon kan kry.

Genl. Botha het net op een van die deputasielede indruk gemaak, dis op genl. Liebenberg, wat skielik al sy vuur verloor het en agtergebly het na die vertrek van die ander. Hy het van daardie oomblik af probeer om die regering soveel moontlik te help.

Die afgevaardigdes het sonder Liebenberg dadelik na die bekende woning van mnr. Piet Beyers gegaan: Beyerheim in Walkerstraat, saam met genl. De Wet. Die bedoeling was om genl. Beyers te ontmoet. Maar hy was nie daar nie want hy was oppad om ’n tweede bespreking met genl. Botha te hou. 'n Paar keer is 'n bode uitgestuur om hom te soek, en toe hy eindelik sy verskyning maak, deel hy mee dat genl. Botha weer by hom aangedring het om na Maritz te gaan, maar dat sy antwoord opnuut 'n weiering was. Die deputasie het hom die loop van huIIe onderhoud meegedeel.

Genl. De Wet en genl. Beyers het maar net 'n paar woorde met mekaar kon wissel, want die ou Vrystater was haastig huistoe. Hy vra net aan genl. Beyers of hy na die tweede Kopjesvergadering sal kom. Sy antwoord was: "Ja, as dit moontlik is."

Die ander here is ook spoedig daarna weg, met uitsondering van "Apie” Bezuidenhout, wat genl. Beyers geraadpleeg het omtrent die persone wat na Kopjes genooi moes word.

Want daar sou op 22 Oktober finaal beslis word hoe en waar en op watter manier opgetree sou moes word.

DIE TWEEDE EN BESLISSENDE GESPREK – Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2282 gaste aanlyn