NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bid saam in die gesin en lees saam uit die Bybel want niks maak 'n huwelik en 'n gesin sterker nie. Niks is 'n beter verdedigingsmeganisme teen die duiwel nie.

WIE IS DIE SKULDIGES (26)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

NA DIE MOOT - BEYERS WORD VERMOOR

"Die doodstraf op behoudende burgers is vryelik toegepas! En dan nog die bykomende onwetlike wetgewing: 'die vonnisse van enige hof wat die krygswet op burgers toepas, sal nie onderwerp wees aan die reg van appel nie' (maar aan die beslissing van Smuts en Botha). Daardie vonnisse is dus finaal en onherroeplik – hier is dus gedoen soos Smuts en Botha self besluit het, geen grondwetlikheid is geag nie. Kennisgewing 1726 is op 21 Oktober verder verskerp. Twee dae later is ‘n staat van beleg in Pretoria-dorp afgekondig. Die inwoners is baie beperk in hulle bewegingsvryheid. Onder sekere omstandighede moes hulle passe dra; ná elfuur die aand mog huIIe nie hulle woning verlaat voor die volgende môre nie. HuIIe mog geen vergaderings hou nie; en om Pretoria binne te kom of daaruit te gaan was skerp beperk. Op 23 Oktober is verder afgekondig dat alle persone onder die krygswet gearresteer, nie die voorregte sal geniet wat ander gevangenes in afwagting van vonnis het nie. HuIIe mag bv. geen kos of klere ontvang nie, nie rook nie en geen koerante lees nie. Besoekers is alleen geoorloof 'onder zeer buitengewone omstandigheden en onderworpen aan spesiale beperkingen.' Die wreedheid van hierdie regulasie en van die gees waarin dit toegepas is, kan beswaarlik besef word, tensy dit persoonlik ondergaan is, soos deur Skrywer."

Toe genl. Beyers op 14 Oktober vir die tweede en Iaaste keer genl. Botha ontmoet, was hy nie meer op sy plaas nie, ook nie in Pretoria nie, maar die gas van mnr. Frikkie C. Eloff, drie myl anderkant die hoofstad in wat nou Capital Park genoem word. Sy vriende het hom oortuig dat hy in sy eie woning nie meer veilig was nie en dat sy Iewe te kosbaar was vir die volk om aan die voortdurende bedreiging van sluipmoord blootgestel te word.

Frikkie Eloff was pres. Kruger se skoonseun. Mev. Eloff was die President se oudste en mees begaafde dogter. Naby hulle het mnr. Manie Bredell gewoon, mnr. Eloff se skoonseun. Genl. Beyers het so af en toe ook by die Bredells vertoef. En toe dit naderhand blyk dat ook hierdie skuilplek geen beskutting meer bied nie, het hy besluit om na vriende in die Moot te vertrek, anderkant die Krokodilrivier, die streek waar hy in 1901 die beroemde slag van Nooitgedacht gelewer het saam met genl. De la Rey.

Mevr. Beyers was sterk gekant teen die plan om na hierdie distrik te gaan. Maar die Generaal het gemeen, toe sy hom op Sondag 18 Oktober vir die Iaaste keer by die Eloffs besoek het, dat hy hom nie geregtig voel om die goeie vriende by wie hy tuis was, deur sy aanwesigheid onrus of selfs gevaar te besorg nie. Van besoeke wat mev. Beyers ontvang het, was dit vir haar duidelik dat daar ‘n rebellie broei.

" Kom huis toe, Krisjan. Jy wil tog nie mense sien nie, en ek hou niks van die wegstekery nie.”

Maar haar man wys haar daarop dat daar die môre ‘n proklamasie uitgereik is, en daarvolgens sal hulle ongetwyfeld daardie week mense begin vang. "En ek wil my nie deur hulle Iaat vang nie." Waarop die besorgde vrou vra: "Waarom nie? Jou saak is regverdig. Kom huis toe.”

"As ek net een gewapende man op die plaas hou, sal hulle my om daardie rede arresteer. Lees vanoggend se proklamasie. Die Regering sal wel insien dat hulle ‘n fout maak om te kommandeer, en net so gou as hulle aankondig dat hulle net vrywilligers wil hê, sal alles rustig wees. Oor veertien dae is ek weer by die huis."

Hy gee toe vir mev. Beyers sekere instruksies vir ondergeskiktes. Ook vra hy dat sy hom sekere klere moet stuur, sy perd en sy rewolwer, "want,” sê hy, "’n mens weet nie wat sal gebeur nie."

So is die egpaar, wat in opregte Iiefde saamgeleef het, vanmekaar af gehou,  sy met ‘n diep besorgde hart en blykbaar donkere voorgevoel.

Maar wat sy nooit kon voorsien nie, was dat haar geliefde Boere-generaal ‘n paar maande later sou verdrink in die Vaalrivier, sodat sy alleen moes agterbly: hulle het geen kinders gehad nie. Dit was in dieselfde rivier, en naby dieselfde plek, waar haar vader (mnr. Konig) in Februarie 1881, dis in die tyd van die Eerste Vryheidsoorlog, sy Iewe verloor het deur ook te verdrink. Sy sou ‘n weduwee word op dieselfde Ieeftyd en deur dieselfde oorsaak as haar moeder.

Genl. Beyers het ‘n paar keer gepraat van 'n "proklamasie” wat ‘n ernstige bedreiging is vir die vryheid van hom en ander. Dit was die regulasies onder die krygswet.

Die krygswet self is reeds op 12 Oktober orals afgekondig en in die werklike sin, voorgelees deur magistrate en spesiale vrederegters aan ‘n ontstelde publiek. Dit het op die gebruiklike manier geëindig met ,"God save the King”, en is geteken deur Buxton, die goewerneur-generaal, maar natuurlik al op die besige Sondag geskryf deur genl. Smuts. Die dokument gee die "bose vyand" (die regering van Duitswes) die blaam dat hulle ‘n wydverspreide, geheime propaganda gevoer het, burgers van die Unie en offisiere en Iede van die Burgermag ontrou en rebels gemaak het, sodat o.a. It.-kol. S. G. Maritz op ‘n "skandelike en verraderlike manier”  (genl. Smuts was al te lief vir daardie woorde! - na die vyand oorgeloop het.

Verder word verklaar dat daar talryke spioene en agente van die Duitsers besig is om burgers afvallig te maak deur huIIe ‘n Suid-Afrikaanse republiek voor te hou; en dat die regering van die Unie nou die Iojale en wetsgehoorsame ("loyal and law-abiding”) burgers moet beskerm teen al hierdie verraderlike aanvalle. Daarom word nou krygswet geproklameer. En die regulasies onder die krygswet sal binnekort deur die Minister van Verdediging uitgevaardig word en moet met "verskuldigde gehoorsaamheid" nagekom word. (Verskuldig aan Haar Majesteit?)

Die krygswet-proklamasie was, wat sy argumente betref, ‘n klugspel. Die "wydverspreide, geheime propaganda" van die Duitsers het net so min bestaan as huIIe "numerous spies and agents”. Maar in toepassing was dit 'n gevaarlike en meermale fatale politieke wapen in die hande van die Minister van Verdediging.

Op 16 Augustus het die aangekondigde regulasies verskyn,  kennisgewing no 1726. En dis op daardie kennisgewing wat die Generaal vir mev. Beyers by hul afskeid ‘n paar keer wys.

Dit bepaal dat elke persoon wat oproerige taal gebruik of ‘n oproerige daad begaan of iets van oproerige aard publiseer, of iemand wat hom probeer verset of aanhits teen die gesag van die regering of selfs maar probeer om daardie gesag te verontagsaam, hom strafskuldig maak. Daardie sake sal behandel word deur ’n magistraatshof wat nie onder die gewone wet sal vonnis nie, maar die krygswet sal toepas. En as dit nie ‘n magistraatshof is nie, dan ‘n militêre hof wat uit krygsoffisiere sal bestaan.

Almal dus maak huIIe skuldig wat :

(a) die gesag van die regering of die Parlement ondermyn;

(b) teenstand verwek teen die regering se plan om die vyand te bestry of teen die maatreëls deur die regering geneem om daardie planne uit te voer;

(c) die regering, offisiere of amptenare in minagting probeer bring of oneer aandoen;

(d) simpatie met die vyand of met persone wat in gewapende opstand is te kenne gee om verwek.

(e) persone wat ‘n vuurwapen of enige ander dodelike wapen dra en nie aan die polisie of verdedigingsmag behoort nie, en daaroor gestraf sal word.

(f) En 'n persoon wat maar net verdink word dat hy hom skuldig gemaak het, sal sonder Iasbrief kan gevang word op mondelinge of skriftelike opdrag van ‘n offisier van die polisie of Verdedigingsmag; en sy persoon, huis of toebehore kan deursoek word.

Die strawwe wat opgelê kan word, beloop tot £500 boete of by wanbetaling tronkstraf van hoogstens twee jaar. En dan volg hierdie belangrike woorde: "...doch het bepaalde by deze regulatie zal niet verhinderen, dat ‘n zodanige persoon ten opzichte van verraderlik of oproerig gedrag gesteld wordt voor ‘n gewoon hof van de Unie en veroordeeld wordt tot de dood of tot gevangenisstraf van Ianger duur, waar de strafbepaling voor zulke gedrag onder de gewone wetten van de Unie de doodstraf of gevangenis straf van Ianger duur is.

Die doodstraf op behoudende burgers is vryelik toegepas! En dan nog die bykomende onwetlike wetgewing: 'die vonnisse van enige hof wat die krygswet op burgers toepas, sal nie onderwerp wees aan die reg van appel nie' (maar aan die beslissing van Smuts en Botha). Daardie vonnisse is dus finaal en onherroeplik – hier is dus gedoen soos Smuts en Botha self besluit het, geen grondwetlikheid is geag nie.

Kennisgewing 1726 is op 21 Oktober verder verskerp. Twee dae later is feitlik ‘n staat van beleg in Pretoria-dorp afgekondig. Die inwoners is baie beperk in hulle bewegingsvryheid. Onder sekere omstandighede moes hulle passe dra; ná elfuur die aand mog huIIe nie hulle woning verlaat voor die volgende môre nie. HuIIe mog geen vergaderings hou nie; en om Pretoria binne te kom of daaruit te gaan, was ook skerp beperk. Op dieselfde 23 Oktober is verder afgekondig dat alle persone onder die krygswet gearresteer, nie die voorregte sal geniet wat ander gevangenes in afwagting van vonnis het nie. HuIIe mag bv. geen kos of klere ontvang nie, nie rook nie en geen koerante lees nie. Besoekers is alleen geoorloof "onder zeer buitengewone omstandigheden en onderworpen aan spesiale beperkingen.” Die wreedheid van hierdie regulasie en van die gees waarin dit toegepas is, kan beswaarlik besef word, tensy dit persoonlik ondergaan is, soos deur Skrywer.

Dat genl. Beyers die regte besef gehad het van die verwoestende uitwerking wat van "Kennisgewing No. 1726” kon verwag word, het gou-gou geblyk. Die regeringspioene was voortdurend besig om persone wat nie met die regeringsbeleid simpatiseer nie, te Iaat vang. "LojaIe” Boere word aangestel om uit te vind wat die nie-"IojaIiste" sê en doen. Baie van die mense wat nou "IojaaI” was, het as Republikeinse burgers ontrou en verraad gepleeg. Buurman moet buurman, familie moet familie dophou en dadelik rapporteer as ‘n politiekverdagte of selfs tot nog toe nie-verdagte persoon iets sê van "verraderlike aard”, in die goewerments-betekenis van daardie woorde. As ‘n man net durf beweer dat Maritz nie anders kon maak as wat hy gedoen het nie, en dit kom die " Regeringsman” ter ore, is minstens £5 boete of 'n paar weke tronk sy voorland. Die hof-rapporte van daardie dae wys hoeveel slagoffers die verderflike stelsel van spioeneerdery onder mekaar gemaak het. Dit het verdere bitterheid, haat en verset aangewakker.

Daardie selfde goddelose stelsel is in later jare deur Hitler en deur die Bolsjewieke tot volmaaktheid uitgewerk, waardeur in sekere Europese Iande ‘n paradys vir sadiste geskep is. Miljoene mense is daar in die ongeluk gestort en nog meer miljoene het op gruwelike wyse hulle Iewe verloor.

Oor die werking van die krygswet, soos in die Unie toegepas, het ons ‘n waardevolle beskouing van 'n besonder knap regsgeIeerde en patriot, Tielman Roos. Mnr. Roos is kort voor die uitbreek van die rebellie in ‘n motorongeluk ernstig beseer waarvan hy nooit heeltemal herstel het nie. Amper ‘n jaar het al verloop voor hy ‘n kans gekry het om sy mening uit te spreek. Hy het dit gedoen terwyl die krygswet nog bestaan het  by geleentheid van die tweede kongres van die Nasionale Party op 17 Augustus 1915. Hy het eers verlof moes vra van die outoriteite om die kongres te mog toespreek en moes sy woorde versigtig kies. "Die Volk” (dit was sy woorde) "het moreel so gesink dat mense in slaafse onderwerping te bang was om hul monde oop te maak teen die swak regeringspraktyke. Orals tref jy spioene aan onder jou eie volk.”

In verband met die veroordeling tot die dood van Jopie Fourie deur ‘n krygsraad sê Tielman dat, na sy mening en die van sy kollegas (regskundiges) die krygsraad geen reg gehad het om hom te straf nie. Appèl na die hooggeregshof is onmoontlik gemaak. Dit was minagting van die Hoë Hof. Daar is geen groter minagting van die hof nie as om dit die kans te ontneem om ‘n vonnis te gee of ‘n oordeel uit te spreek. Volgens die Verdedigingswet het ‘n veroordeelde die reg om die notule van die krygsraad te kry, maar onder die krygswet is selfs dit geweier . . . "Drie hofsake, wat toevallig onder die gewone wet geval het, is by appèl al drie gewen. Iemand in Durban wat durf verklaar het dat die Russe (die bondgenote van die Engelse) volgens sy mening nooit in Berlyn sou kom nie, is veroordeel tot £5 boete. Was die man toe geen profeet nie? Maar hy moes, soos baie ander profete, maar Iy. In ander Iande beteken krygswet dat die mag uit die hande van die siviele outoriteite geneem en oorhandig word aan die militêre outoriteite. Hier by ons, het hulle die mag uit die hande van die siviele outoriteite gevat  en aan hulleself oorhandig! As veldheer bly ons Minister party-Ieier. Dis te verstaan hoe die teenstander daarvan die slagoffer word. In geen enkel ander land ken ek so ‘n gruwel nie."

Die vergadering het die moed gehad om Tielman meermale gedurende sy toesprake uitbundig toe te juig. Die kongreslede wou in elk geval nie in "slaafse onderwerping” buk nie.

So was dan die krygswet, sy regulasies, sy gees  en sy toepassing: die teenstanders van die regering is geslaan in kettings van gebondenheid; die voorstanders van die regering (die "loyal and law-abiding citizens” ) vry in huIIe bewegings en huIIe mening, en ook vry om die gekettingdes te terg, te beledig en te bedreig, selfs met sluipmoord. Alles ongestraf. Dadelik al na sy bedanking het dit ‘n paar keer gebeur, as genl. Beyers deur Pretoria gaan, dat  grammofoon op die stoep "God save the King” uitblêr. Wat daar op 10 Oktober gebeur het, het ons uitvoerig beskryf. Wat daarna plaasgevind het, het bewys dat die jingoistiese publiek altyd meer verbitter geword het onder die opstekery van die "IojaIe koerante." Dreigbriewe is by klompe ontvang op genl. Beyers se ou kantoor, aan sy privaat adres, en op sy plaas. Die meeste daarvan is vernietig deur mev. Beyers en kapt. Van Maanen (die getroue ou hoof van sy staf). Wat genl. Beyers self in hande gekry het, is deur hom verbrand. Maar onder dit alles het hy sy uiterlike kalmte kon bewaar. En sy waardigheid. Sy motorbestuurder het altyd ‘n vuurwapen gedra. Maar die generaal het hom vermaan: "Wat wil jy maak met die rewolwer? Moenie mense skiet as huIIe ons wil kwaad doen nie.”

Hy het op dringende versoek van vriende ná die skandale van 10 Oktober ‘n uitnodiging aangeneem as gas van die EIoff-Bredell-gesinne ‘n paar myl ten weste van Pretoria, wat nog heeltemal plaas was. Maar waar hy ook vertoef het, daar is altyd "spioene” opgemerk; sommige in kakie. Mnr. Eloff se waghond of waghonde (party rapporte noem een, ander twee) is met 'n bajonet of mes doodgesteek. Vir genl. Beyers het die las ondraaglik begin word. Dit het treffend uitgekom op die aand voor sy vertrek. Saam met ds. NeethIing en maj. J. J. Pienaar het hy van mnr. Eloff se gasvrye woning na die pastorie van eersgenoemde geloop. Dit was buitengewoon donker en maj. Pienaar meen dat hy iets besonders in die bosse Iangs die pad hoor. Hy stel ‘n ondersoek in, met die gedagte dat daar weer speurders agter huIIe was, maar hy kon niks ontdek nie. Toe hy weer by die generaal en sy vriend, ds. NeethIing kom, staan die twee stil, en huIIe vra of hy iets gesien het. Na sy ontkennende antwoord kla die generaal met aandoening in sy stem: "Ag, dis tog te swaar, dat  mens in jou eie land vir jou Iewe moet vlug.”

Daardie selfde klagte: "Ag, dis tog te swaar,” is van sy lippe gehoor, op 8 Desember toe die gulsige Vaalrivier hom verslind het, nadat van sy eie volksgenote hom in die bek van die vol Broederstroom gedryf het.

Maar die rede waarom genl. Beyers verskuif het na die Moot, was nie alleen om te ontwyk aan die onsekerheid van sy Iewe nie, maar ook omdat hy besef het dat sy bedanking nie voldoende protes was teen die inval in Duitswes nie.

Hy het dit o.a. baie duidelik gesê, kort voor die einde, aan veldk. ds. Boshoff, ‘n man wat die moeitewerd is om nader te leer ken. Dit was toe genl. Beyers en sy klein kommando'tjie vasgekeer was deur vol riviere op die plek waar Otterspruit en Valsrivier bymekaar kom. HuIIe was genoodsaak om ‘n hele tydjie te wag tot die strome swakker geword het, 'n geleentheid om ernstig oor die gevaarlike toestand en moeilike vraagstukke te praat. Genl. Beyers het met sy bekende kalmte en aantreklike openhartigheid teenoor vertroude vriende die posisie soos volg gestel:

"Toe ek die verantwoordelikheid as hoof van die Burgermagte op my geneem het, was dit uit belangstelling van my volk en onder ‘n Wet, wat alleen van my kon eis om ons land te verdedig teen vyandelike invalle. En daaraan is ek nou nog gewillig om gehoor te gee. Die Regering het egter teen die Wet in, ‘n aanval op Duitswes onderneem. Die Regering het met ‘n onware voorstelling van sake voor die Parlement gekom om die toestemming van die volksverteenwoordiging te kry. Dis onwaar dat die Duitsers die grenslyn oorgetrek het. En die Parlementsbesluit beskou ek as ‘n skandvlek op Suid-Afrika en ook op die Ryk. Ek beskou dit as ‘n volksmoord, omdat aan die nasie iets opgedwing word wat regstreeks in stryd is met die volksgees. Daar rus geen verpligting op die volk van Suid-Afrika om oorlog te maak met die Duitsers, omdat die Engelse Volk ’n stryd voer met die Duitsers nie. Die Duitsers is ons goedgesind. Van die Engelse nasie het ons ‘n behandeling ondergaan, wat alles behalwe goed kan genoem word. Ek het toe gedink dat my bedanking as Kommandant-generaal, by wyse van protes, sou help om die oë van die Regering oop te maak, sodat huIIe die volkswil sou erken. Toe dit en ander middels nie help nie, was 'n gewapende demonstrasie die enigste uitweg.”

Behalwe die persoonlike veiligheidsprobleem was daar vir genl. Beyers die moeilikheid dat sy bedanking as kommandant-generaal nie die uitwerking gehad het wat hy daarvan verwag het nie. Daar moes verdere stappe gedoen word "om die Regering se oë oop te te maak.”

Genl. Beyers het twee vergissing's begaan.

Hy het gemeen dat die polisiekoeël wat die Iewe van genl. De la Rey weggeneem het, vir hom bedoel was. En hy het dit bly glo. Dit het sy Iewe tussen 15 September en 19 Oktober nog ondraagliker gemaak, en sy begeerte om weg te kom uit Pretoria en onder sy ou oorlogsburgers te vertoef, aanmerklik bevorder.

Sy tweede fout was dat hy geglo het genl. Botha sou nie met wapens teen hom optree nie. Genl. De la Rey het ook die siening gehad, wat homself betref. "GenI. Botha sal nie 'n skoot skiet nie,” was sy woorde enkele oomblikke voor sy skielike dood. Genl. De la Rey, genl. Beyers en duisende ander patriotte kon nie glo dat genl. Botha die heilige Iiefde vir die onafhanklikheid en daarmee sy eie ou kommandomakkers sou wil vernietig met wapengeweld ter wille van die empaaier nie. Vir genl. Beyers het die wrede werklikheid binne enkele dae duidelik geword, en dit was die grootste skok in sy veelbewoë Iewe.

Dis ydel om te spekuleer oor wat die optrede van genl. Beyers sou gewees het as die vergissings nie gemaak was nie. Sy opreggevoelde besware teen die invalsbeleid sou moontlik nog ‘n skerper reaksie veroorsaak het.

Die afskeid, soos al beskrywe, wat mev. Beyers van haar man geneem het, was op Sondag 18 Oktober. Dieselfde aand het vriende hom oorgehaal om die woning van die Eloffs te verlaat en na die pastorie van sy boesemvriend ds. Chris. A. NeethIing te gaan. Dit het alles in die donker en geheimlik geskied. Saam met maj. J. J. Pienaar en die dominee is hy daarheen; die afstand was maar klein. Die volgende dag sou genl. Beyers na Scheerpoort (in die Moot) gaan en maj. Pienaar is daardie môre vroeg te perd soontoe. Die plan van die generaal om daardie wêreld, vyf uur te perd van Pretoria af, te besoek, was al meer as 'n maand oud. Genl. Beyers sou die dag van sy bedanking, 15 September, daar gaan rus en maj. Pienaar het die mense daar bymekaar gemaak sodat huIIe uit die generaal se eie mond kon hoor wat die rede was van sy aftrede. ’n Groot skare het hom verwag, maar is teleurgestel, want hy het besluit om genl. De la Rey te vergesel na die westelike Transvaal.

Maar nou het die besoek deurgegaan. Genl. Botha het deur middel van mnr. Piet Beyers ‘n brief aan genl. Beyers gestuur met afskrifte van telegramme. Dit was mnr. J. H. Conradie wat weer soebat dat daar tog ‘n Ieier moet kom en die vrede bewerkstellig met Maritz. Genl. Botha stuur hulle en Iaat weet dat hy genl. Beyers weer wil spreek, maar hy het die saak nie vertrou nie. En die nag van sy vertrek is daar ‘n telegram ontvang, direk van mnr. Conradie aan genl. Beyers: hy moet kom, haastig, om Maritz te spreek, want bloedstorting is naby.

Maar toe was genl. Beyers weg. En dis tragies om te dink dat dit by hom is dat die gevreesde burgeroorlog ontbrand as gevolg van genl. Botha se bevele en onder sy persoonlike kommando.

Dit het natuurlik uitgelek wat genl. Beyers se bewegings is, en geesverwante het by ds. Neethling kom vra: "Waarom is genl. Beyers uit? Vir ons vryheid?” En omdat die antwoord was: "Nee, as protes,” stap hulle weg met ‘n mismoedige opmerking: "Daarvoor kan ons nie uitgaan nie.”

Die aand van die 19e is in gesprekke met vriende deurgebring. Herinnerings aan genl. De la Rey en wat daar met hom gebeur het, was die vernaamste onderwerp wat genl. Beyers gedurende sy vrywillige ballingskap by sy vriende besig gehou het, so ook godsdienstige oorpeinsinge. Enkele ure voor hy die pastorie verIaat het, het hy van homself gesê aan ds. Van Broekhuizen, wat daar was om hom te vervoer na Scheerpoort: "As ek oor twee maande daar nie meer is nie, moenie treur nie. Want die Here sal dan sy volk tot ontwaking gebring het.”

Enkele minute na twaalf-uur, toe dus die dagrekening van 20 Oktober 1914 skaars begin het, is hy in die stikdonker nag weg. Die afskeid is voorafgegaan deur ‘n roerende gebed.

Op Dinsdagaand 8 Desember 1914, flits die berig na die gretige nuusblaaie: "The rebel Beyers has been killed. He was shot by a loyalist commando whilst attempting to ford the Vaal River. ’

GENL. MULLER, KOMDT. HERMAN FOURIE EN JOPIE – vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2373 gaste aanlyn