NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe duidelik waarsku Petrus nie oor die spotters wat ons vandag in ons geledere sien nie! In II Petrus 3 sê hy "Dit moet julle weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel." Ons sien daagliks hoe mense die Bybelse waarhede misbruik om hul eie ongeloof te regverdig en twyfel by ander te saai. Maar God het ons ook 'n skild gegee waarmee ons onsself kan beveilig hierteen naamlik om te bly leef in alle godsvrug en heiligheid om so gereed te wees vir die Wederkoms van die Here.

WIE IS DIE SKULDIGES (45)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

WAT DIE GESKIEDENIS VERKLAAR

In die Smuts-telegramme, hierbo aangehaal, word genl. De Wet ná die Doornbergse geveg voorgestel as ‘n onversoenlike, wat beslis weier om na Bloemfontein te kom vir vredesonderhandelinge. Die feite is anders. Die bitterheid wat na die dood van Danie by genl. De Wet veronderstel was, het nie bestaan nie. Sy optrede in 1914 was, nes in 1899-1902 'n geloofsdaad. Die Driejarige Oorlog was vir hom ‘n geloofsoorlog. En sy verset teen Iandroof ter wille van die empaaier het onvermydelik geword, omdat die goddelike geregtigheid dit eis.

Die verlies van sy Iiefste seun in ‘n militêre botsing van ‘n moedswillige vyand was vir hom ‘n offer wat hy eerbiediglik bring, selfs met ‘n gevoel van dankbaarheid, dat hy waardig geag was om daardie sware Iyding te verduur. Genl. De Wet se houding was ook weer nie soos van ‘n verblinde fanatikus nie maar wel dié van ‘n gelowige Christen-vaderlander en ‘n groot man.

Die generaal het net sy besoek aan die president vir 'n dag of vier uitgestel as gevolg van die skielike verandering in die verhoudings van die teenstander te velde. Die verhouding het nou ontaard tot 'n krygstoestand. En dit het spesiale maatreëls vereis. Pleks van na die suide, in die rigting van Bloemfontein, Iaat hy sy burgers nou na die ooste trek, in die rigting van Mushroom Valley. En daarvandaan sou hy op 12 November na die president gaan.

Uit die getuienis van mnr. Charles Fichardt L.V., voor die Gekose Komitee, in die begin van 1915, is dit duidelik dat die reis na Bloemfontein nie afgestel was nie. Op bladsye 327 en 328 van die rapport deel mnr. Fichardt mee hoe dr. Colin Steyn en hy gedurende die geveg op Doornberg daar aangekom het, en dat die boodskap natuurlik eers na die afloop daarvan aan die presi­dent oorhandig kon word.

Mnr. Fichardt getuig:

"Ik nam hem Iangs de Zandrivier en ik pleitte met hem, daar ik biezonder begerig was hem naar de President te brengen en wederom scheen het alsof hy kalmer werd. Ik wees hem daarop, dat hy reeds een zoon verloren had en dat het verreweg beter zou zyn voor hem om de President te komen zien.

"Hy zei: 'Zeg hem, ik zal hem Donderdag komen zien, doch ik zal hen my niet Iaten bedriegen zoals zy Beyers bedrogen hebben.'

"Ik bield by hem aan om te komen en zei: 'U moet Iievers komen; daar kan geen kwessie zyn, dat zy U behandelen (zo) als zy Beyers behandelden, want ik heb ‘n vrygeleide brief voor U van Genl. Botha. Ik heb ‘n ekstra motorkar hier en wy kunnen naar de President gaan, en zo U niet tevreden is, kan U terugkomen.' Ik nam de vrygeleidebrief uit en gaf het hem, zeggende: 'Hiermede is U volkomen veilig.'

"Hy zei: 'Dan is dit waartoe wy gekomen zyn. Genl. Botha schryft aan my, zyn ou kameraad en mede-Afrikaner, in Engels’.”

En toe Charley Fichardt later die dag teruggegaan het Bloemfontein toe, gee genl. De Wet hom die volgende boodskap aan die president: "Sê vir die president ek sal Donderdag (12 November) daar wees maar ek sal ‘n voldoende Iyfwag by my hê, sodat hulle my nie kan bedrieg, soos hulle Beyers bedrieg het nie."

Dis ongetwyfeld die berig wat president Steyn op 7 November omtrent genl. Beyers ontvang het van genl. Smuts, wat hom Iaat besluit het om Fichardt en Colin te stuur na genl. De Wet. Genl. Beyers se bewegings is deur genl. Smuts vir pres. Steyn verborge gehou of onjuis voorgestel. Genl. Beyers sou volgens genl. Smuts se rapporte aan die president, iewers in die Bosveld gaan rond dwaal het, terwyl hy in werklikheid die hele tyd op pad was na die president, maar deur regeringskommando’s en deur skynonderhandelings met genl. Smuts se verteenwoordiger (prokureur Meintjes) opgehou is.

Maar nou skielik kry die president die verblydende nuus van genl. Smuts dat genl. Beyers kastig gevind is, en dat daar aan hom 'n vrygeleide gegee is wat nie heeltemal korrek was nie, want die vrypas het hom eers enkele dae later bereik. Maar vir president Steyn was dit 'n rede vir onbeskryflike verheuging, dat genl. Beyers nou sou kom, want dan sou genl. De Wet sekerlik nie langer wegbly nie, en die reddende bespreking op Onze Rust sou kon plaasvind. Met die twee soorte kommando’s in die veld dreig 'n bloedige burgeroorlog enige oomblik, en as daar eers 'n militêre botsing plaasgevind het, sou die pogings vir onderhandeling waarskynlik vrugteloos wees. Die volk is dan oorgelewer aan onderlinge verskeuring. Die vredesperd en die oorlogsros ja resies. Die oorlogsperd bet gewen. Toe Fichardt en Colin Steyn op Doornberg kom, was die geveg net aan die gang!

Die teleurstelling van pres. Steyn is pynigend. Op genl. De Wet is geskiet met noodlottige gevolge. Colin Steyn is toe nie na Beyers nie. Daar sal dus geen byeenkoms meer plaasvind nie. Genl. De Wet weier nou om te kom, telegrafeer die dodelik verontruste President, na die gebeurtenis op Doornberg aan hom deur Fichardt en sy seun Colin gerapporteer is. Maar twee dae later probeer hy weer. "Laat Beyers en De Wet mekaar ontmoet,” smeek by. "Ek sal sukkel om ook daar te wees."

Maar die antwoord van genl. Smuts is 'n botte weiering. En die dag, Donderdag 12 November waarop genl. De Wet van Mushroom Valley af uiteindelik na die president sal gaan, word hy die more vroeg deur twintigduisend troepe onder direkte bevel van genl. Botha aangeval en na ernstige verliese verja . . . Maar president Steyn se Iiefde vir die vrede was oneindig, soos die Iiefde vir sy volk. Hy probeer nog 'n keer; maar weer vrugteloos.

Hierdie noodlottige verloop van gebeurtenisse gee 'n mens nie die reg om genl. Smuts se verklaring op 27 Oktober ("die Regering begeer vurig om bloedvergieting te voorkom" ) as veragtelike Huigelary te brandmerk nie. Dit was duidelik: die gebruiklike Botha-Smuts beleid is gevolg. Dit is, dat in geval van opstand die "swaard” van die wettige owerheid gebruik moet word om "wet en orde te herstel”, en hier veral, "omdat die eer van die volk op die spel staan". Daardie bloedige beleid het voor en na 1914 omtrent al die seksies van die volk getref: Swart volke, Indiërs, arbeiders, Boere en boere, almal het deurgeloop, almal moes met bloed betaal. En die vraag: of die bevolking van die Unie dan so opstandig van geaardheid is, word beantwoord deur die feit dat dit dan alleen so was gedurende die eerste veertien jaar van die Smutsbewind, want in die daarop volgende vyftien jaar van genl. Hertzog se Eerste-ministerskap, was Suid-Afrika die rustigste van die wêreld se Iande: soos 'n helder dam, met skaars 'n rimpeltjie op die water. En van bloed was daar nooit eers sprake nie.

Die gees waarmee genl. Smuts sy offisiere geïnspireer het in verband met die rebellie, was krygsugtig. Toe reeds die dag na die laaste Kopjesvergadering daar allerhande gerugte (die "riem- telegramme” was sonder einde in daardie tyd!) in Potcbefstroom rondgedwarrel het, onder andere dat genl. De Wet nou sou kom, soos genl. De la Rey van plan was om te doen op die dag van sy dood, vra Joof Alberts instruksies van genl. Smuts. Joof Alberts was 'n bekende, dapper kommandant van Standerton gedurende die oorlog. By die vrede van Vereeniging was hy nie bereid om sy handtekening op 'n dokument te sit wat die onafhanklikbeid prys-gee nie. Nou telegrafeer by:

Datum 23 Oktober 1914.

Van Kol. Komdt. (Joof) Alberts,

Potcbefstroom.

Aan Genl. Smuts, Pretoria.

"lndien Genl. de Wet met gewapende macht hierheen trekt, wat is Uw orders?"

Genl. Smuts antwoord dadelik:

"U moet zulks niet toelaten, maar hem onder zulke omstandigheden met al Uw macht bevechten."

Maar genl. De Wet het nie uitgebreek na Potchefstroom nie. Joof Alberts het toe op 29 Oktober met sy Hoëveldse kommando die burgerversameling van Izak Claasen met ernstige verliese uitmekaar gedryf.

'n Paar dae later, op 1 November, was, as 'n gevolg daarvan en van ander gebeurtenisse, die offisiële militêre opinie omtrent die toestand optimisties, soos blyk uit 'n opsomming deur genl. Smuts se departement gegee, naamlik deur "Defence Staff”, Pretoria, aan "Lucom”, Kaapstad.

Daardie telegram Iui in 'n vertaalde vorm soos volg:

Datum: 1 November 1914.

Van "Defence Staff”, Pretoria.

Aan "Lucom”, Kaapstad.

"Die toestand is in groot trekke ("roughIy”) soos volg: Die Maritz-rebellie is afgeloop. Kragtige middele word toegepas, met volop troepe om die rebellie in die westelike Transvaal en die Vrystaat te onderdruk. Die toestand in die noordooste (van die Vrystaat) kan moontlik bale ernstig word, maar die regering sal vir 'n paar dae nie aanvallend optree nie, in afwagting van watter resultate die pogings sal hê om die oproerige ("dis­affected") persone te beweeg tot terugkeer na hulle wonings en tot inkhandiging van hulle geweers.”

Genl. Smuts was heeltemal bereid om die "ontevredenes” (dit was toe nog hulle beleefde naam) van die Vrystaat net 'n paar dae kans te gee om huis toe te gaan, dus onvoorwaardelik oor te gee, soos genl. Smuts dit op 8 November uitgedruk het. Maar nie te lank nie, soos blyk uit 'n bevel van genl. Smuts aan genl. Tim Lukin, die bevelhebber van die S.A.M.R.-troepe, die Berede Skutters, 'n "EngeIse”’ troep van omtrent 1,000 beroepsoldate. HuIIe was 'n privaat leër van genl. Smuts, min of meer die prototipe van die berugte S.S.-troepe uit Hitler se glorietyd. Tim Lukin hket by Warmbad, in Duitswes, 'n ernstige neerlaag teen die Duitsers gely. Hy word nou met sy regiment (wat daarvan oor was) teruggeroep na die noordoostelike Vrystaat. Maar hy staan nie onder genl. Botha nie, want toe Iaasgenoemde op 11 Okt. homself geheimlik Iaat aanstel as hoof van die kommando’s te velde, was sy beleid dat jy Boere teen Boere moet Iaat veg. Maar genl. Smuts het darem gereken dat 'n duisend man beroepsoldate onder bevel van 'n bekende Engelse generaal, baie nuttig sou kan wees teen genl. De Wet, en dit verklaar die instruksies wat hier volg:

Op 4 November stuur genl. Smuts aan genl. Lukin, toe in Kaapstad, die volgende bevel:

"U hele mag moet na Bloemfontein gaan en nie na Kimber­ley nie, sodat dit beskikbaar kan wees om teen De Wet op te tree, as president Steyn se pogings, wat nou aan die gang is om De Wet te beweeg om die rebellie op te gee, nie slaag nie en dit nodig word om binne die volgende paar dae effektief op te tree. Kol. Celliers se mag word nou van Draghoender af met die trein gestuur na Kimberley. Ons het 'n baie sterk mag Iangs die suidelike grenslyn van Transvaal. Die rebelle beweer, hoe belaglik dit ook mag Iyk, dat hulle wil deurbreek na Duitswes en dat hulle daar geweers en kanonne van die Duitsers sal kry en dan terugkom. Kolonel Brand het die bevel oor al die Iokale magte in militêre distrik nommer elf (dis Kroonstad - Skr.) U mag sal egter as 'n onafhanklike kolom optree onder my regstreekse bevele, maar u moet met Brand saamwerk, na dit nodig mag wees. Lotter het Maandag met omtrent 800 man uit Bloemfontein vertrek na Theunissen om die verbinding met Kroonstad te berstel en om te verhinder dat die rebellie na die suide versprei. Hy word versterk soos hierbo aangegee. Ek moet u met nadruk sê dat dit uiters noodsaaklik is om stoutmoedige en vinnige aksie te neem in die uitvoering van die bevele wat u van my sal ontvang; selfs as dit sou beteken dat u geen kosvoorrade kan kry nie. U kan die kosvoorrade kommandeer as dit dringend nodig word, natuurlik onder die skerpste toesig. Buitery van welke aard ook al moet teengegaan word met die kragtigste middele.”

Weer drie dae later rapporteer genl Lukin aan genl. Smuts dat hy met sy mag op Bloemfontein aangekom het, naamlik die vierde battery van die staande mag, insluitende 47 offisiere met 834 onderoffisiere en manskappe van die S.A.M.R. (berede skutiers, dis beroepsoldate).

Die "effektiewe optree,” waarvoor genl. Smuts hom klaarmaak, het reeds op 8 November plaasgevind. Brand het op Kroonstad sy hoofkwartier gehad en komdt. Frikkie Cronje op die 7de met sy kommando Iaat optrek van Winburg na hom toe. Op die more van die 8ste skiet hy die burgers van genl. De Wet op Doornberg, tien sneuwel, onder wie Danie,  die generaal se seun, en Lukin kry daarvan telefonies berig op Bloemfontein. Een van sy offisiere, kol. EIiot, is reeds met 600 van die berede skutters op pad met die trein. Lukin het self nog 350 berede troepe beskikbaar op Tempe (Bloemfontein) vir die "stoutmoedige en vinnige aksie” wat hy moet neem, en sy amper duisend man met die nodige kanonne is in die oorlogsveld. Maar in getalle beteken hulle maar een-twintigste van die groot kommando’s wat onder genl. Botha van die noorde af opruk. HuIIe is nou "’n baie groot mag”.

Op die 9de, om eenuur die middag, telegrafeer genl. Smuts aan Lukin:

"Nou-nou 'n rapport ontvang dat De Wet met 2,000 man Winburg gevat het. Genl. Botha kom na die suide met baie groot mag. Kry tog die bes betroubare inligting omtrent De Wet se bewegings, sodat genl. Botha by sy aankoms presies weet waar sy {De Wet ) posisie is.”

Nog geen drie dae later nie, naamlik op die vroeë more van die 12de, val genl. Botha onverwags met 'n mag, wat deur Colin Steyn as twintigduisend aangegee is, die Iaer van genl. De Wet aan en daar volg die beslissende geveg. Genl. Lukin en sy 1,000 troepe het deelgeneem aan die geveg, maar genl. Botha Iaat die volgende dag weet dat hy glad nie kan verstaan waarom Lukin daardie more nie op die plek was waar hy hom verwag het nie. Daardie plek "was van die allergrootste belang, want De Wet het daar verbygekom, na hy deur ander (regerings) magte aangeval was.

Hierdie verwyt aan Lukin is waarskynlik heeltemal onverdiend, soos sal blyk uit die volgende herinnerings.

Die grootskaalse aanval op Mushroom Valley en die aangrensende plaas Hoenderkop, waar o.a. Melt van Schoor met sy Boerekommando gelaer was, is glad nie deur genl. De Wet of een van sy offisiere verwag nie. Die generaal wou mos na die president gaan vir onderhandelings! Die dag voor die geveg het hy houtgerus gaan kuier vir Charlie Meintjes en ander gewondes van Doornberg, wat op 'n plaas versorg geword het, sowel as vir die skoonouers van genl. Brand. Op Mushroom Valley is die telefoon nie eers afgesny nie, en die vyand het daarvan gedurende die geveg wat gevolg het, ’n vir hulle nuttige gebruik gemaak. Eers later het 'n rebelkommando die draad gesny. Ons het die more van die 12de November nog gelê, toe Leemetford-sarsies ons wakker skree. Die vuur was vernaamlik op genl. De Wet en sy motorkar gerig. Die burgers was eers verbouereerd, maar genl. De Wet het sonder aarseling sy bevele gegee. En toe die geveg ontwikkel, het ons twee na die damwal gegaan, waar ’n goeie oorsig moontlik was. Dit was ’n baie groot dam. Na ’n ruk verskyn daar aan die bopunt 'n sterk kommando kakies, wat moontlik ’n goeie duisend tree van ons af was; en party Iaat hulle perde water drink.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2346 gaste aanlyn