Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg daarvan nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs – Prediker 5:9
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die grootste probleem met die oorlading van inligting wat deesdae op TV, sosiale media, elektroniese nuuskanale, dag en weeksblaaie en natuurlik in private en semi-private boodskappe soos op Wattsapp, Telegram, Twitter en vele ander heers, is dat mense eintlik meer verward raak as ingelig. Baie min mense onderskei en sif die inligting, totdat die sin kan maak.
Natuurlik maak hierdie inligting ook op verskilllende manier vir verskillende mense sin. Daarby kom die doelbewuste disinformasie van endemies van ons tyd is. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Joseph Goebbels, Hitler se destydse Minister van Propaganda, gesê dat as jy ‘n groot genoeg leuen genoeg kere herhaal, die meeste mense dit as die waarheid sal aanvaar.
Baie min mense wil die nare waarheid hoor. Hulle is tevrede in ‘n gemaksone en, ten spyte van ooglopende teenstellings, sal hulle eerder in hierdie gemaklikheid hulle lewens voortsit, as om te erken die slegste kan gebeur. Hulle sal enigiets anders as hulle verwerking van inligting afskiet as ‘n samesweringsteorie of iets wat regsgesinde, onnoseles propageer.
Baie maal het dit niks met intelligensie te doen nie, maar is bloot die waarheid wat hulle wìl glo. Die voorbeeld van die volstruis met sy kop in die grond is hier van toepassing, as ‘n mens dan ook in aanmerking neem dat die voël met sy boude in die lug staan, oop en bloot en hoogs kwesbaar.
Regerings, plaaslik en internasionaal, glo aan die ou simboliek van ‘n sampioenboer: hou die gepeupel in die donker en voer hulle aanhoudend mis. Dit word nie lukraak gedoen nie, maar selfs deur hoogsbetaalde en kundigste mense soos die Britse maatskappy, Bell Pottinger, wat die beeld van die Gupta-broers gepoets het met disinformasie en as gevolg daarvan, toe hulle ontmasker is, uiteindelik bankrot verklaar is.
Elke nugter-denkende mens sal egter uiteindelik, indien die feite voor hom of haar gestel word en hy of sy dit objektief benader, by die regte gevolgtrekking kom. Dit verg egter baie noukeurige sifting en ter syde stelling van valse inligting en die opweeg van belangrike brokke nuus teenoor onsinighede. Geen owerheid speel meer oop kaarte met sy burgers nie en wil nie hê hulle moet die waarheid weet nie.
Indien ‘n mens nugter is, sal hy of sy die volgende feite in ag neem:
• Die onluste gedurende Julie 2021 was oënskynlik as gevolg van ongelukkigheid omdat oud-president Jacob Zuma tot vyftien maande tronkstraf gevonnis is, as gevolg van minagting van die hof. Vanaf 9 tot 18 Julie het plunderaars baie besighede in Natal en Gauteng gestroop, mense is aangerand en vermoor en die polisie en weermag het hulpeloos gestaan en toekyk. Uiteindelik het gewapende burgerlikes hulle eiendom teen die plunderaars beskerm. Dit was die ergste onluste sedert die tagtigerjare.
• Gedurende hierdie tyd is meer as 10 000 000 (tien miljoen) rondtes uit ‘n vragskeepshouer op Durbanhawe gesteel (wie het die skip weggekeer vanaf Kaapstad, waar sy oorpronklike vasmeerplek was en geweet tussen die duisende vraghouers watter een die ammunisie bevat?) tesame met duisende AK-verwante gewere en nege millimeter pistole. ‘n Paar duisend rondtes is “teruggevind”.
• Die afgelope dekades het die SANW en die SAPD letterlik honderde duisende wapens en baie miljoene rondtes ammunisie aan “diefstal” verloor – na wie toe?
• Gedurende die Julie-onluste is ook gespesialiseerde mediese toerusting gebuit, wat teatertoerusting, medisyne en duisende liter bloedplasma insluit.
• Meer as 140 ton droërantsoene is in goedgeorganiseerde vragmotorkonvooie gelaai en weggery uit pakhuise.
• Gesofistikeerde radio-toerusting is gebuit, sowel as kamptoerusting.
• Op 9 Desember 2022 het die Russiese vlootvragskip, die “Lady R” van koers af gewyk, die sateliet-opsporingsmeganismes afgeskakel en in Simonstad onder groot geheimhouiding vasgemeer. Dit is ingewag deur ‘n lang konvooi vragmotors, onder begeleiding van private sekuriteitsvoertuie. Vir etlike nagte is vragte afgelaai uit die skip en ander vragte uit die vragmotors opgelaai en andersom.
• Na volgehoue druk vanuit die opposisie het die minister van verdediging, Thandi Modise, erken dat AK-verwante wapens afgelaai is vir die Suid-Afrikaanse Spesialemagte. Hoeveel? En wat nog?
• Ingeligte bronne meen dat skaars metale en ander minerale aan Rusland gelewer is, vir hulle oorlog in Oos-Europa, in ruil daarvoor, ten spyte van die sanksies en embargo teen Rusland deur NAVO en die VSA. Dis algemeen bekend dat die Suid-Afrikaanse regering, te wete die ANC, nooit hulle steun aan Rusland ontsê het nie.
Onwillekeurig sal logiese denkers al hierdie feite bymekaar tel, en ten spyte van al die moontlikhede, is daar een wat duidelik uitstaan: die ANC is besig om ‘n private leër toe te rus met wapens en ammunisie, mediese toerusting, insluitende bloedplasma vir gewondes, droë rantsoene, kamp en radiotoerusting en alles verder wat nodig is. Uit wie sal hierdie leër bestaan? Die logiese antwoord is natuurlik huursoldate en daarvoor is baie geld nodig. Miskien verduidelik dit ook waarom die afgelope jare triljoene rande uit die fiskus en SBE (Staatsbeheerde Entiteite of Semi-Staatsorganisasies) gesuig is.
“Nicodemus, hulle wil ‘n nuwe leier kies.”
“Dit is hulle reg en hulle kan as hulle wil.”
“Gaan jy nie eens dit teengaan nie?”
“Tamar, waarom moet ek? As die mense so voel, met ander woorde as ek hulle gefaal het, is dit okay by my.”
“Kom die ou, sagmoedige-Neelsie van ‘n Nicodemus Verwey nou weer deur?”
“Hy is nog altyd daar. Ek moes hom net tydelik eenkant toe stoot.”
“Wil jy nie eens weet wie hulle voorkeurkandidaat is nie?”
“Nie werklik nie, maar jy wil vir my sê, so gaan maar voort.”
“Dis daardie outjie met die raserige, irriterende, fyn stemmetjie daar van die Wes-Transvaal of Noord-Kaap. Ek kan nie mooi onthou nie. Japie of Skapie of so-iets van iewers naby Vryburg.”
“Die baster-Israeliet?”
“Dis net hy. Ken jy hom?”
“Nee, maar ek het voorheen met hom gekommunikeer en hom genooi vir ‘n openbare vergadering. Hy wou nie. Waarom is hy hier en wie het hom ingelaat?”
*
Skielik is Bella nie so seker sy het die regte besluit geneem nie. Sy gee nie om om alleen te wees nie, en kan heeltemal op haar eie regkom, sonder ander mense. Sy is immers ‘n boervrou en weet hoe om haar eie kos te produseer.
Een van die probleme is dat, byvoorbeeld Kanada en Amerika, waar daar groot parke en ontoegedeelde grond is, waar ‘n mens kan gaan bly, dit anders in Suid-Afrika is. Elke duim grond behoort aan iemand, al is dit die Parkeraad. Indien sy op iemand se grond oortree, begaan sy die misdaad van betreding. Indien sy toestemming vra, is die eienaar bewus van haar teenwoordigheid.
Die tweede probleem is dat, al kry sy mense wat reeds na ‘n plek onttrek het, is sy nie seker dat hulle haar sal alleen laat en nie haar besittings gemeenskapseiendom maak nie. Die logistieke probleme laat haar nadink oor haar keuse.
*
Vier maande gelede het die ou ‘n Isuzu Frontier ingebring.
“Mister Max, man, I want you to make me a proper bundu-basher, you know what I mean?”
Die voertuig is ‘n vierwieldryf weergawe, met ewenaargrendel op die agteras, die ou, swaar, dors V6 320, wat gewillig is, maar nie bedoel vir iemand wat dit elke dag gebruik nie. Max lig die enjinkap en kyk krities na die enjin. Dis nog op die oog af in goeie toestand en daar is ‘n “chip” op die agterkant vasgegom met epoksie.
“Hey, my man, I had stage five done by SAC. It pumps almost two hundred kilowatts out on the flywheel, you know, and four hundred newtons. No problem there.”
“So, mister Rajbansi, what do you want done?”
“Bigger tyres, you know, like thirty threes? And cut-out fenders, a camo paint scheme, better diff-ratios, maybe four twenty sevens, you know my man?”
“Shouldn’t you just go out and buy a Land Cruiser of Land Rover? What you are suggesting is going to cost you a lot of money.”
“Nah. I like this one. It goes like hell, you know? Could you do it?”
“Off course. But you will need a lift-kit, new rims, maybe ten-J. And we will have to install disc brakes at the rear. Those thirty threes will take a lot of stopping. And beef up the steering as well as the front CV’s and steering. We can do it, but it will take a lot of cash.”
“Can you give me a ball-park figure?”
“I’ll have to make some calls for parts availability and cost. Phone me tomorrow afternoon.”
Rajbansi was tevrede met die geweldige koste, het helfte in kontant kom betaal en Max wonder hoeveel hiervan is “warm” geld. Die man bel twee keer ‘n dag om te hoor hoe ver trek die ding.
“Please mister Max, my man. I need it quick. This country is going to hell in a hand-basket and I want to extract into the desert or mountains.”
Uiteindelik is die dak op versoek verwyder en die agterdeure aan die bak vasgesweis, ‘n afslaan windkerm gefabriseer en alle oortollige gewig, soos die agtersitplekke, verwyder en die voorstes met Recarro’s vervang. Na ‘n maand en ‘n half is die voertuig klaar en Max kyk baie krites na sy handewerk. Al wat hy anders gedoen het is om 285/75/16 bande op te sit in plaas van die 33’s.
Net na ses bel hy vir Rajbansi. Die selfoon lui net en twee dae later, na nog vrugtelose pogings, bel ‘n prokureur hom.
“Meneer Maxim asseblief?”
“Dis hy wat praat.”
“Meneer, my naam is Jacob Pienaar, van Pienaar-Dreyer Ingelyf en ek is die eksekuteur van wyle meneer Ahmed Rajbansi se boedel.”
“Wyle? Hoe bedoel u nou?”
“Ja, meneer Rajbansi is sowat ses weke gelede in ‘n geweldsmisdaad oorlede. U het miskien daarvan gelees in die media?”
“Nee, jammer. Ek lees nie meer koerante of kyk TV nie.”
“Wel dis waar. Ongelukkig wil die familie die boedel so vinnig as moontlik afgehandel hê, en die enigste uitstaande item is ‘n Isuzu Frontier, registrasienommer CN 7396.”
“Ja, dis by my. Hy skuld my nog heelwat geld en as dit afbetaal is, kan julle die voertuig kom haal.”
“Meneer, daar is nie geld daarvoor nie, wat die bedrag ookal mag wees. Ek kan aan u die aanbod maak dat u die voertuig hou en die waarde afskryf aan wat die oorledene u geskuld het.”
“Dis nie aanvaarbaar nie.”
“Wel meneer, in daardie geval sal u moet wag en as ek u kan help met u besluit, dit gaan lank wees, indien ooit. Aanvaar eerder ons aanbod, asseblief. Dit sal my werk ook baie vergemaklik.”
Uiteindelik is Max in besit van ‘n voertuig wat hy nie wil hê nie, maar besluit om die onderdele stuk-stuk te verkoop. Twee dae later kry hy die oordrag en registrasievorms per koerier.