Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou – Spreuke 16. Hierdie woorde geld ook vir 'n hele volk; en as ons volk nie vrede met ons vyande het nie soos dit vandag die geval is, dan het die HERE mos nie behae in die weë van die Afrikanervolk nie!
WAT SÊ DIE BYBEL OOR ONWETTIGE IMMIGRASIE?
“’n Relevante analogie is dat die meeste mense snags hul deure sluit – nie omdat hulle die mense buite haat nie, maar omdat hulle lief is vir die mense binne. Dit is die plig van elke regering en elke bekwame burger om die swakkes binne ons grense te versorg en te beskerm”.
Terwyl die Trump-administrasie begin het met deportasies en strenger toepassing van hulle immigrasiewette, wonder baie mense wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê. Sommige redeneer dat dit empaties en deernisvol is om buitelanders in’n land te verwelkom, daarom is dit glo verkeerd om onwettige immigrante in hegtenis te neem en te deporteer. Ander glo dat die beskerming van ons land Bybels is, en arrestasies en deportasies noodsaaklik is om die veiligheid van burgers te verseker.
Christene wêreldwyd, is erg verdeeld oor die kwessie van onwettige immigrasie. 'n Pew-opname het bevind dat 51% van die Evangelies en 47% van die Katolieke saamgestem het dat die verhoogde aantal deportasies van onwettige immigrante 'n goeie ding is. Aan die ander kant staan die Evangelical Immigration Table, 'n koalisie van Suidelike Baptiste-leiers, die National Hispanic Christian Leadership Conference, en die National Latino Evangelical Coalition – slegs 'n paar jaar gelede gevorm om die Kongres te beywer vir pro-amnestie-immigrasiewetgewing.
Die huidige immigrasiekrisis en Trump se sterk standpunt oor onwettige immigrasie het natuurlik hierdie gepolariseerde Christelike reaksie verskerp. As Christene dan 'n konsekwente debat oor onwettige immigrasie gaan hê, moet ons natuurlik beraadslaag oor wat die Bybel oor hierdie kwessie te sê het.
Die mees betroubare navorsing wat duidelikheid verskaf oor onwettige immigrasie en die Bybel, kom van die Ou-Testamentikus James K. Hoffmeier. Hoffmeier voer 'n argument dat die Ou-Testamentiese gedeeltes waarop die Christene hul beroep om onwettige immigrasie te regverdig, totaal verkeerd verstaan word. Hierdie Skriftekste praat van iets heel anders as onwettige immigrasie.
Elke gedeelte waarop hulle hul beroep soos Deuteronomium 10, verwys eintlik na Israel se behandeling van immigrante wat toestemming gekry het om in die land Israel te bly (Deut. 10:18-19). Die immigrante was wettiglik daar met die toestemming van die regering, baie soos ons paspoort- en visumstelsels. Hoffmeier merk op dat die Bybel drie Hebreeuse terme gebruik wat hier van belang is: 'ger', 'nekhar' en 'zar'.
Die belangrike punt wat Hoffmeier maak, is dat die terme verskillend in die Skrif gebruik word. Terwyl 'nekhar' en 'zar' verwys na mense wat deur 'n vreemde land gaan met geen voorneme om daar te bly nie, verwys 'ger' na buitelandse inwoners wat met toestemming vir 'n lang tydperk bly.
Hoffmeier gee die voorbeeld van die Bybelse figuur Josef, wat in Genesis 45:16-18 toestemming van Farao vra dat sy familie hulle in Egipte mag vestig. In reaksie op Josef se versoek het Farao aan Josef se familie die land Gosen gegee, soos in Genesis 47 opgeteken. Die wet van Moses wat gebaseer is op die skepping- en verlossingsverordeninge in Genesis beveel weer die Hebreërs om die vreemdeling, die ‘ger, wat in hulle land vir 'n lang tydperk woon, op 'n regverdige en deernisvolle wyse met volle toegang tot al die sosiale strukture en regte van 'n Israeli, te behandel. Maar ’n intrinsieke deel hiervan is dat die ‘ger’ ook verplig is om volgens die wette van Israel te lewe.
Hoffmeier merk egter op dat geen sulke bepalings uitgebrei word na die 'nekhar' en 'zar', die vreemdelinge wat bloot deurtrek nie. Hulle kry nie al die regte en voorregte om 'n Israeli te wees nie want hulle is nie burgers van die land nie. Hulle verblyf is tydelik en hulle kan, by implikasie, enige tyd en om enige rede uitgeskop word.
Hoffmeier kom tot die gevolgtrekking dat goedmenende Christene dus die informele dwaling van dubbelsinnigheid pleeg deur verkeerdelik Bybelse gedeeltes wat spesifiek wettige immigrante, dié in Israel met toestemming, op onwettige immigrante toepas. Daar is 'n duidelike verskil tussen die immigrante wat toestemming gekry het om permanent in die land Israel te bly en diegene wat bloot deurtrek. Eersgenoemde het al die regte en voorregte om 'n burger van Israel te wees terwyl die ander dit nie het nie.
Die belangrikste gedagte hier is dat die immigrant in die Skrif verplig is om die wette van Israel te volg. As ons daardie verpligting op onwettige immigrante wil probeer toepas, moet ons vra: hoe op aarde volg 'n persoon wat onwettig hier is, die wette van die land? Per definisie kán hy of sy nie, en dus word hulle wettiglik óf toegang geweier óf wettiglik gedeporteer.
Op soortgelyke wyse is dit net so problematies om na Jesus as 'n onwettige immigrant te verwys toe sy gesin hulle in Egipte hervestig het. Dit is omdat Egipte onder dieselfde politieke administratiewe eenheid was as wat Judea, Galilea en Samaria was, wat die Romeinse Ryk was. Hierdie argument ignoreer die radikale verskil tussen die Verenigde State se politieke verhouding met Latyns-Amerika en Rome se administratiewe verhouding met Egipte. Gegewe die bedreiging waar hulle onder Herodes was, sou dit beter wees om te sê dat Jesus en sy gesin 'n soort politieke asiel en veiligheid gesoek het onder die grense van 'n ander administrasie wat nietemin steeds onder dieselfde imperiale administrasie was.
Die Bybel skakel nooit grense uit nie. Dit herdefinieer hulle beslis, maar daar is geen onbelemmerde oop ingange in die Skrif nie. Dit geld veral vir Israel, maar dit is ook wáár van die kerk. Paulus se briewe bewys baie duidelike grense tussen Christelike lewe, heidense lewe en Joodse lewe. Wanneer dit by landsgrense kom, is die kwessie Bybels én histories een van nasionale veiligheid, iets wat ook die ware kerk histories as reg en goed bevestig het. Die beskerming van 'n land se eie burgers, veral die swakkes, is die morele plig van enige regering. Dit was nog altyd die kerk se geskiedkundige standpunt oor grense en nasionale veiligheid.
’n Relevante analogie is dat die meeste mense snags hul deure sluit – nie omdat hulle die mense buite haat nie, maar omdat hulle lief is vir die mense binne. Dit is die plig van elke regering en elke bekwame burger om die swakkes binne ons grense te versorg en te beskerm. As die ANC kort na hulle oorname nie Suid-Afrika se grense oopgestel het vir onwettige immigrasie van al wat ‘n Afrikaland is nie en sy plig as regerende liggaam uitgevoer het, sou ons dilemma vandag baie kleiner gewees het. Hul negering daarvan was ‘n fatale stap en is besig om die Christendom in Suid-Afrika vinniger uit te roei as enige ander bedreiging!
Bid asseblief saam dat God hierdie land as sy eiendom, Self sal kom reinig, elke afgod uitroei, dwaalleraars en verraaiers vernietig en ons sal verlos van die sataniese geldmagte sodat dit weer die laaste bastion vir sy Koninkryk sal wees waar alle Christene van oor die hele wêreld veilig sal wees tot Hy ons finaal sal kom haal!