Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy alleen kan so maklik ander mense in die verderf inhelp òf hulle na Christus lei – iets waarvoor jy eendag verantwoording sal moet doen (Rom 5:19)
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (12)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Jussuf Ibn Makhmur kon hulle maklik net tegemoet ry of langs die pad inwag, maar al het hy ‘n geweldige oormag, laat hy niks aan toeval oor nie, nie dat toeval vir ‘n uiters getroue volgeling van Mohammed soos hy, ‘n rol speel nie. Alles is immers die wil van god – Ins’ “Allah”.
Juis daarom het hy presies vyf kilometer na die eerste voetheuwels van die bergreeks, tussen die hoë klowe, ‘n goedbeplande hinderlaag opgestel, met skuts weerskante van die pad en die voertuie gereed om voor en agter die konvooi in te beweeg om hulle sodoende in te perk.
Natuurlik sal hy ‘n oorgawe eis, maar daarna sal nie een man oorbly om daarvan te vertel nie. Hy sal hulle ook, volgens die shariawet onthoof, net om seker te maak. Net waar die eerste voetheuwels begin, is ‘n agt meter hoë, alleenstaande koppie en hierop het hy vier van sy betroubaarste manne ontplooi as wagte.
Die leier van die groep het ‘n sterk verkyker, waarmee hy die konvooi dophou. Wanneer die stippeltjies teen die hoogte, sowat drie kilometer van hulle af ry, verstel hy effens aan die fokus. Opgewondenheid bruis deur sy are as hy die voertuie sien naderkom en hy beduie met handseine vir sy makkers, op die koppie skuins agter hulle, wat op hulle beurt weer vir die ander waarsku dat die konvooi op pad is.
Jussuf Ibn Makhmur wys geen emosie nie, maar innerlik is hy uitgelate bly.
*
Bill hou stil. Die ander voertuie trek agter hom af en die manne klim almal uit.
“Something the matter?”
“I’ve this feeling, mate. Something is wrong.”
“It’s been too easy, too… we had to have had some kind of interaction between us and the locals. Why is it so empty. Have you seen the small villages we passed – nothing, nobody. It is as if they were told to…”
“To what?”
“To ignore us, not to harass us with handouts, beggars, children asking for bakshish, for sweets.”
“So, what do you suggest?”
“Do you see those mountains – they are the last barrier between us and the border. If we can skip those, we may just avoid being ambushed somewhere.”
“That means that we have to pass through and over one of the driest and inhabitable deserts in the world. Deep sand, wind, sun and whatever else mother nature throws at us.”
Bill gee vir hom ‘n goedige klap op die skouer.
“What a pleasure, eh mate?”
*
Tydens elke krisis, hetsy natuurlik of mensgemaak, insluitende onluste, droogtes, oorstromings, aardbewings, of volkskaalse gewapende konflikte, is daar verskillende fases waardeur die mense gaan. Dis nie baie verskillend van traumahantering nie, dat hulle aanvanklik in ontkenning sou leef, skok, “bargaining”, woede, aanvaarding en uiteindelik vrede. Afskeid van jou vorige lewe is die moeilikste.
Die groot verskil is daarin geleë dat in ‘n oorlog, veral ‘n burgeroorlog, die onsekerheid en aanpassing in ‘n totaal anders en nuwe lewensstyl erg ingrypend is.
Aanvanklik sou die meeste verwag dat dit maar ‘n kwessie van tyd is – hopelik ‘n kort een – maar later vervaag die hoop daartoe. Die toekoms word ‘n onduidelike, donker wolk wat dreig om jou te oorspoel, met gevaar op elke horison en om elke hoek en draai.
Met die dood wat so deel word van alledaagse gebeure, wonder elkeen onwillekeurig wie die volgende slagoffer gaan wees en met die hoop dis nie iemand bekend nie; nie familie of vriende nie, nie iemand waarvan jy hou of herken nie.
Wanneer dit naby jou kom, gaan jy deur ‘n rouproses, maar hierdie een is deurspek met dankbaarheid dat dit nie jy self is nie, en natuurlik met woede wat opbou soos ‘n hoop vullis in jou gemoed.
Die nuwe manier word die normale. Ou waardes, veral in die sosiale sisteem, word met ander stel daarvan vervang. Diefstal binne die groep, byvoorbeeld, word summier en swaar gestraf en tog word daar in sommige gevalle verwag dat jy by ‘n ander groep sou buitmaak.
Geld en status is nie meer belangrik nie, maar manne en vroue word nou gemeet aan hulle waarde om die groep se oorlewing te verseker. Diegene wat hulleself in dapperheid en kundigheid bewys, word meer na waarde geag as iemand wat voor die oorlog ‘n sekere posisie gehandhaaf het omdat hulle beter aangetrek, mooier motors en huise gehad het. Taaiheid, oorlewingsinstink, vaardigheid met wapens en bewese strategie, verpleging, innoverende kosmaakvaardighede met beperkte vooraad, is nou belangrik. Die veiligheid en gemeenskaplikheid van die groep is nommer een.
Niemand is meer seker van wat die toekoms inhou nie en daarom is die hier-en-nou skielik belangrik, maar ook sal hulle elkeen op sy eie en soms in gesprekke bestek-opname doen van hulle geloof en veral rondom die lewe na hierdie een. Godsdiens begin weer belangrik word, want hoop lê binne die groep, maar ook in die hande van ‘n Opperwese.
Selfs diegene wat nog kort vantevore kerkloos en sonder geloof gelaat is as gevolg van ‘n teleurstelling en daaropvolgende wantroue in enigiets geesteliks, begin luister as die dominees in die groep oor Bybelse waarhede praat.
Dis maklik om agnosties of sonder geloof deur die lewe te gaan as die toekoms mooi en vol beloftes is, as jy vertroue in jouself het, maar net soos jy nie ‘n ateïs in ‘n loopgraaf kry nie, is daar min dinge wat ‘n mens soveel intropseksie laat doen as die feit dat elke dag vol gevare is en met geen belofte daarvan dat jy lewend deur die dag kan kom nie.
*
“Het jy ‘n plan, Max?”
“Een vir nou, of vir vorentoe?”
“Beide.”
Die akute gevaar is vir eers verby, met Bella veilig uit die berg, die geveg by die opstal verby en die pad wat oop voor hulle lê.
Natuurlik het niemand langtermyn beplan nie en indien hulle het, is dit nie meer belangrik of uitvoerbaar nie. Daar is nie huise of werksplekke, besighede of bekende omgewings om na terug te keer nie. Op korttermyn moet hulle veilig bly, hulle moet skuiling en lewensmiddele soos kos, drinkgoed en medisyne hê, maar daar moet ook langtermynbeplanning gedoen word.
“Nou vat ons dit dag vir dag. Om te oorleef gaan ons dringendste optrede wees. Ons moet op ‘n manier bepaal wat in die land aan die gang is, hoe groot en wydverspreid die aanslag is en wat ons daaraan kan doen. Ons moet ook ‘n opname maak van wat ons het, in terme van ons weerbaarheid, ons voertuie en die kaliber mense saam met ons. Die grootste is dat ons elkeen ‘n ommeswaai van ons denke en prioriteite sal moet maak. Waar ons vantevore onsself in ‘n gemaklike lewensstyl ingeleef het, moet ons nou oorgaan na ‘n oorlewingsdenke. En glo my, dis nie so maklik nie. Ek dink egter jy het dit reeds gedoen en dis waarom jy berg toe gekom het, of hoe?”
“Dit is so, maar ek was naïef in my verwagtinge en ek het nie die gevolge mooi deurdink nie. Ek sal nie weer daardie fout maak nie.”