Gedagtes vir elke dag
Om verbondsvolk van die lewende God te mag wees is 'n voorreg maar ook 'n groot verantwoordelikheid. Niemand kan reken op die Here se seën sonder gehoorsaamheid nie. "En Ek sal in julle midde wandel en vir julle 'n God wees, en julle sal vir my 'n volk wees. ...Maar as julle nie na My luister nie... Ek sal verskrikking oor julle beskik... en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi..." Is die Afrikanervolk ná talle waarskuwings nie reeds hier waar ons lyke só gestrooi word nie? En nóg luister ons nie! "En as julle ook hierom nie na My luister nie... sal Ek julle stede puinhope maak... selfs die land verwoes sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan". Hoe naby is ons aan die verwoesting van moontlik aardbewings en burgeroorlog - net omdat ons verwyderd van Hom leef?
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (9)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die kinders is skaars uit die motor, toe die skote klap. Hulle hardloop die huis se ruïne binne voordat enigeen van hulle raakgskiet kan word. Elkeen is ongemaklik bewus van die verkoolde oumense aan die punt van die gang, maar hulle het nie ‘n keuse nie. Koot is ook bewus daarvan dat hulle ammunisie beperk is en skiet nie onnodig nie. Tussen hulle het die kinders, skoonkinders en kleinkinders van Rob en Lida drie gewere, en vyf handwapens, maar hulle ammunisie is beperk. Niemand het vooraf begroot vir ‘n lang, of uitgerekte geveg nie.
Die manne in die plantasie weet ook teen hierdie tyd dat hulle raakgeskiet kan word en hou hulle skuil agter die bome en uitgediende plaasimplemente. Na ‘n driekwartier van skote verruil, het een man ‘n ligte vleiswond aan sy linker voorram gekry en dis al. ‘n Onaangekondigde en brose skietstilstand heers tans.
“Dink jy ons kan by die karre kom, sonder dat ons getref kan word?”
“Nee. Ek is ook verbaas dat hulle nie meer op die karre skiet nie. Hulle wil dit seker gebruik.”
Nege van die aanvallers beweeg agteruit, uit die klein plantasie en begin met ‘n flankbeweging na die huis se regterkant. Daar is ‘n hooimied, ‘n ou Vaaljapie-trekker wat met een pap wiel staan en waar die ander agterwiel moet wees, staan dit op ‘n dik houtblok.
Rob het vandat Lida siek geword het, nog nie kans gehad om die wiel dorp toe te vat nie. Die groep van nege beweeg verby die hooimied en trekker, tot waar hulle agter die voertuigskuur kan staan. Van hier af is dit maklik om aan die lang kant verby te loop en is dan nie net naby die opstal nie, maar ook waar daar ‘n ruimte is om tot in die huis te beweeg.
*
In 2022 het die SARS na vele oproepe, dreigbriewe en dagvaardigings meer as sestig miljard ekstra ingesamel, wat hulle as ‘n grootste poging en ewe veel sukses beskryf. Wat egter duidelik is, is dat die belastingbetalers nie meer so gretig is om tot die staat se skatkis by te dra nie. Niemand voel meer dat daar ‘n morele verpligting op hulle is om dit te doen nie, inteendeel – waar hulle voorheen, aangepor deur die Bybelverse waar Jesus sê gee aan God wat Hom toekom en aan die keiser wat hom toekom, voel selfs die mees gelowige mens dat dit nie meer die keisier toekom nie. Hulle betaal dus die minimum om uit die moeilikheid te bly en so laat as moontlik, ook meestal net wanneer die keiser hulle dreig met hofsake.
Gedurende die grensoorlog en die eerste jaar daarna, het die blanke belastingbetalers, wat die grootste persentasie uitmaak, steeds verplig gevoel om hulle deel by te dra, want Troep Snoeks en Sannie Smit se seun moet uniforms kry, gewere, kos en ammunisie.
Die Bonus-Obligasies waarin jy geld kon belê (sonder rente) en kans gestaan het om die boerpot te wen, word ywerig ondersteun, om dieselfde rede: die oorlog moet van ons woonbuurte weggehou word (en natuurlik die kans om groot geld te wen).
Na 1994 is daar aanvanklik nie ‘n groot afname en belastinginvordering nie, maar mettertyd gaan stemme op dat die betalers nie kry waarvoor hulle bydra nie. Die eerste tekens dat belastings misbruik word en die skok dat die nuwe demokratiese Suid-Afrika (wat natuurlik nie waar is nie – dit was altyd ‘n demokratiese instelling, maar nie almal kon hulle stemreg uitbring nie, behalwe in hulle tuislande) nie ‘n reënboognasie is nie, maar ‘n pot goud wat deur die polities-gekoppeldes gesteel word, laat skokgolwe deur die land stuur en natuurlik slaan dit SARS (SAID) hard.
Om die verkleining van die belastingbasis (baie multi-miljoeners emigreer) die hoof te bied, word BTW verhoog en nuwe belastings, veral die sogenaamde “sonde-belasting” verhoog.
Steeds voel die betalers dat hulle nie net nie waarde vir hulle geld kry nie, maar dit word totaal en al gesteel. Paaie val uitmekaar, die waterstelsels loop deur, Eskom begin sy eerste hoesie te gee en BEE, Transfomasie en Regstellende aksie neem produksie uit die sakesektor uit.
Om kop bo water te hou, leen die regering geld uit die buiteland, todat die rente op die skuld later die grootste deel van die BBP is. Voeg hierby die verregaande hoë salarisse van ministers, die president, en die hele staatsdiens, die steun wat aan die verliesmakende Staatsbeheerde Entiteite gegee word uit belastinggeld, die SASSA-uitbetalings om stemme te trek en te behou, kan elke regdenkende mens sien die land is bankrot. Niemand wil in ‘n bankrotsaak geld belê nie en die belastingbetalers begin voel hulle steun korrupsie en diefstal met hulle geld, wat hulle, streng gesproke, aandadig aan misdaad maak.
Die feit dat die SAID dit aan die grootklok hang dat hulle die 60 miljard ingesamel het van wanbetalers, veroorsaak dat ander ook begin wag totdat hulle aangeskroef word. Uiteindelik besef meer en meer mense dat die politieke mag nie by die stembus lê nie, maar in hulle bankrekeninge en geldbeursies. Belastingboitkotte begin al meer en meer toeneem.
*
Net voordat Max en Bella by die diep waterpan kom en by die hoë wal, waarteen die Frontier moes uitklim, kan hulle tussen die bulte en rotse, die plaashuis, die werf, die plantasie en die implemente sien. Hulle kan ook sien dat daar ‘n aantal manne verby die waenhuis sluip.
“Max, is daar nog ander mense in die huis, dink jy?”
“Daar was toe ek daar verby is.”
“Ja, ‘n oom met ‘n bekommerde uitdrukking op sy gesig en blykbaar sy vrou wat baie siek is. Hy het my toestemming gegee om hiernatoe te kom.”
“Maar nou is die huis afgebrand – kyk daar: daar is ‘n klompie boosdoeners wat verby die skuur sluip.”
“Waar?”
“Kyk daar, Max – aan ons linkerkant!”
“Bly jy hier”
Max vat sy Ruger Hawkeye geweer, ‘n .338 Winchester Magnum, twee pakkies rondtes en kruip teen die rots langs die kar uit, waar hy die hele werf, en ook die manne wat verby die skuur sluip, kan sien. Sover hy kan raai, is dit sowat vier honderd en vyftig, na vyf honderd meter van hom af. Tussen die bome deur kan hy die effense blink van motorverfwerk en ruite sien. Hy hoor veraf die klap van skote en dan is dit stil.
*
Niemand wil dit sê nie, maar onbewustelik steek die gedagte van krygswet sy kop hier en daar uit. In wese verval die hele regstelsel gedurende krygswet. Dan geld die grondwet nie meer nie, en daarmee saam ook menseregte wat daarin verskans is. Alle mag word in so ‘n geval oorgedra na die militêr toe, waar hulle onder die dekmantel van krygswet feitlik enigiets kan doen, sonder benadeling.
Burgerregte word opgeskort, huise kan sonder lasbriewe deusoek en onteien word, en so ook “vyande van die staat” sonder verhoor opgeluit word, en eweneens solank as wat nodig geag word. Dit is nie veel anders as ‘n militêre diktatorskap of outoritêre stelsel nie en menige regeerder, veral in Afrika, droom daarvan. So het Jacob Zuma gesê hy sou graag ‘n diktator net vir ses maande wou wees.
Natuurlik word siviele wapens in hierdie toestand gekonfiskeer, met die verskoning dat dit hetsy vir die weermag gebruik kan word, of om ‘n rebellie te voorkom. Dit laat die burgerlike indedaad sonder ‘n manier om hom òf te verset teen die staat, òf teen misdadige elemente. Die buiteland het nie meer ‘n geregtigde afkeur van die heerders se optrede nie en hulle kan dus nie gesanksioneer word daaroor nie. Die groot probleem is hoe om hierdie toestand te bewerkstelling.
Volgens internasionale reg en daarmee gepaardgaande goedkeuring, kan krygswet net onder baie ekstreme toestande afgekondig word, soos ‘n geweldige groot natuurramp, ‘n inval vanuit buite die landsgrense of ‘n rebellie van binne die grense. Enige regering kan dus nie hierdie wet afkondig wanneer dit hom pas nie en dikwels lei dit tot erge frustrasie. Die oplossing hiervoor is om ‘n klimaat te skep waar die burgerlikes nie meer hulle ontevredenheid kan wegsteek of onderdruk nie en dit tot uitbarsting kan lei.
Dis nie moeilik om redes te kry vir die afkondiging van ‘n noodtoestand nie – ‘n natuurkrisis kan dit veroorsaak. Ook ‘n ramptoestand is nie buite bereik nie, veral as jy self een skep, maar krygswet is effens meer ingrypend en moeilik om te reël.
‘n Hipotetiese voorbeeld hiervan is om die ekonomie van ‘n land geleidelik te kelder, deur korrupsie, onbevoegdheid en kaderontplooïng.
Al die beskikbare geld word gekanaliseer na ‘n elitegroep en hulle uitgesoekte vriende. Die voor-die-hand-liggende beskikbaarheid van geld is uiteraard geleë in Semi-Staatsinstellings, oftewel Staatsbeheerde Entiteite. So kan ‘n land se wapenvervaardiger gekaap word, die vervaardiger van brandstof, die poskantoor, spoorweë, die uitsaaibedryf (wat ook misbruik kan word om nie net die waarheid van die gepeupel weg te hou nie, maar hulle ook ten gunste van die staat te kondisioneer met (s)linkse propaganda), die departemente van binnelandse sake, waar miljarde beskikbaar is deur dokumente en paspoorte, so ook buitelandse sake en vele ander.
Die hoofbron sou egter die elektrisiteitsverskaffer wees, waar elke huishouding ‘n groot deel van hulle inkomste hieraan spandeer. Dis nie moeilik om in te samel waar wet en orde heers nie (behalwe waar dit stemme kan keer of onwettig aangesluit is), met die dreigement dat die stroom onmiddellik onderbreek kan word weens wanbetaling en natuurlik voorafbetaalde krag wat eenvoudig nie meer sal werk nie.
Soos ‘n massiewe en fynuitgewerkte skaakspel, moet die voornemende outokrate in ag neem dat die weermag, die polisie en metropolisie die wet en orde kan herstel. Daarom is dit nodig dat hierdie instellings ondermyn en onbruikbaar gemaak moet word. Dit kan gedoen word deur hulle deel te maak van die korrupsie, waar die senior lede onbevoeg en onopgelei is, waar hoër range betrek word by misdaad, en die laer range dit kan raaksien.
Hierdie lede voel dan vry om ook te deel in die beskikbare fondse, met die wete dat hulle heel moontlik nie aangekla gaan word nie en indien wel, hulle uiteindelik skotvry daarvan sal afkom. Die uniformmagte raak op hierdie manier tandlose honde, wat geensins die respek van die burger geniet nie.
Dit is ook baie belangrik om die bevolking te verdeel. Die maklikste manier om dit reg te kry, is om rasse teen mekaar af te speel en op te maak, veral waar daar nie ‘n homogene samelewing is nie.
Blanke elitisme is maklik om uit te wys, hetsy gewaan of werklik. In Amerika, byvoorbeeld, is die hele sage rondom blanke polisiebrutaliteit teenoor ‘n swart Amerikaner, George Floyd, aan die groot klok gehang, wat gelei het tot grootskaalse onluste en die inperking van die polisie se mag. Dis ook eenvoudig om eertydse slawe-eienaars voortdurend van die skending van menseregte te beskuldig – ‘n etiket wat onverwyderbaar is.
Sodra rassegroepe onherrroepelik teen mekaar opgemaak is, en rassespanning uiteraard begin oorkook, kan enige klein insident tot grootskaalse geweld lei.
Vir ‘n regering om sy bevolking so ver te kry om sodanig op te tree om krygswet te regverdig, moet daar dus onweerlegbare bewys te wees van burgerlike opstand, of voornemende rewolusie. Indien daar nie ‘n eksterne vyand is om dit te doen nie, word ‘n interne een geskep. Natuurrampe is uiteraard ook onvoorspelbaar (alhoewel bruikbaar) en daarop kan nie gereken word nie.
In hierdie proses, net soos in die skaakspel of kultoertjies waarmee die meesterbreine dikwels besig is, is dit nodig om die aandag van die hoofsaak af te lei. In ‘n militêre operasie is dit uiters noodsaaklik om ‘n fopaanval of skyndreigement daar te stel. So het die Geallieerde magte gedurende die Tweede Wêreldoorlog die Duitsers oortuig dat ‘n inval naby Dunkirk (Duinekerken), die naaste plek tussen Engeland en Europa, sou plaasvind. Hulle het dit gedoen deur valse informasie aan bekende spioene te gee, letterlik opgeblaasde (met lug) foptenks en kanonne in die woude te plaas, vliegtuie van hout en burgerlikes in uniform te paradeer waar die vyand dit kon sien en uiteindelik, op D-dag, op ‘n heel ander plek toe te slaan.
Natuurlik moet ‘n regering op ‘n ander manier te werk gaan en die strooipoppe wat hulle opstel om afgeskiet te kan word, is onbevoegdheid, diefstal en ‘n verval van dienste op alle vlakke. Die deursnit inwoner word kwaad omdat hy nie water het as die krane oopgedraai word nie, niks gebeur as hy die ligteskakelaar druk nie, paaie is stukkend, sigbare verval wat intree, vullis wat nie meer verwyder word nie, riool wat in strate afspoel en vele meer. Ontevredenheid gaan oor in ongelukkigheid. Onderlinge weerstand begin insypel, en weereens gee die een groep apartheid die skuld en die ander groep op hulle beurt, swart onbevoegdheid en korrupsie. Uiteindelik is almal se geduld op en hulle staan reg om mekaar aan die kele te gryp. Al wat nodig is, is ‘n vuurhoutjie in die bos, of ‘n vonk in die kruitvat. Die afleier in hierdie geval is onbevoegdheid en korrupsie, maar dis bloot om die aandag af te trek van die werklike doelwit, naamlik krygswet.
Wanneer dit onvermydelik gebeur dat die een bevolkingsgroep mekaar of die ander sou aanval, is die bestaande uniformmagte nie meer in staat om die geweld te keer nie. Al wat nodig is, is ‘n groot genoeg onrus om krygswet te regverdig.
Die militêre reg kan egter nie aan die bestaande, onbevoegde weermagleiers oorgedra word nie. Daarvoor is ‘n geheime militêre mag nodig – een wat byvoorbeeld toegerus is met wapens uit ‘n Russiese militêre vragskip, ammunisie uit ‘n paar vraghouers wat in Durban geberg is, droë rantsoene uit pakhuise wat in die geheim gebuit is tydens brand en breek, radiotoerusting, kamptoerusting en alles wat ‘n Derde Mag of Vyfde Brigade sou nodig kry tydens krygswet. En natuurlik doelaangestelde generaals wat die mag in eie hande kan neem.
*
Bella Vos is meer as net gefrustreerd. Sy is desperaat. Vanwaar sy kan sien, tref Max se goedgemikte skote die nege manne een-een wat om die waenhuis sluip na die huis se sykant een na die ander. Sy sou ook wou meemaak aan die geveg, maar nie net is sy ongewapen nie, sy het ook ‘n erg beseerde enkel.
Uiteindelik draai die laaste drie sluipers om en hardloop terug na waar hulle maats skuil. Max versit sy teikenprentjie en mik nou na die plek waar die ander in die plantasietjie skuil. Ook hulle besluit genoeg is genoeg en vlug in verskillende rigtings. Daar is niks so moreelafbrekend as skote wat van ver kom en jy kan nêrens wegkruip nie.
Doelbewustelik neem sy haarself voor om nooit weer onbeweeglik te wees nie, ordentlike en doelmatige vuurwapens te bekom en opgelei te word daarmee, sodat sy behoorlik kan skiet.
Sy besef hoe naïef sy was in haar aanvanklike beplanning en die uitvoering daarvan. As dit nie vir Max was nie, sou sy heel moontlik uiteindelik omgekom het van ontbering op die berg en hierdie mense hier onder, sou uitgewis wees.
Bella kyk op na waar Max dooierus neem op die rots. Hy is kalm en bedaard, maar doelgerig in sy vaardigheid. As sy ‘n man was, sou sy soos Max wou wees.