Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Here het dit so beskik dat ons sy Woord het, daardie Handboek waarin nie net alles opgeteken is wat ons nodig het vir ons saligheid nie, maar ook elke enkele reël wat ons nodig het om hier op aarde 'n 'suksesvolle' lewe te lei – of ons nou 'n sake-onderneming wil begin, of ons kinders reg wil opvoed, of enige ander saak, ALLE VOORSKRIFTE is in sy Woord beskikbaar.
VOLKSREGERING (12)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
AANKOMS VAN VOLKE IN SUIDELIKE AFRIKA
Hedendaags bestaan daar heelwat onkunde oor die volke in Suid-Afrika. Onjuisthede en veral onwaarhede word meestal moedswillig verkondig, soos wie eerste in Suid-Afrika was, al was Suid-Afrika nog geen staat of naam nie en bloot 'n groot stuk grond waarvan die grootste gedeelte onbewoon was wat aan niemand behoort het nie. Daar was geen swart inwoners tussen die weskus en die Kei-rivier nie. Histories kan geen swart volk op hierdie bykans 1 000 km aanspraak maak nie. Vandaar ook die naam Transkei, dit is anderkant (oos) van die Kei-rivier. Om te onderskei tussen swart en blanke volke is noodsaaklik omdat dit die geskiedenis duidelik stel.
Wat die groepie nomades aan die Kaap betref, was hulle nie grondbesitters nie en later word hulle weer vermeld. Vir staatkundige doeleindes neem ook die huidige volkvreemde regering hulle nie in ag nie en het hulle nie politieke verteenwoordiging nie. Tog het die blanke regering in 1961 dit duidelik gestel dat 'n eie grondgebied in die Wes-Kaap aan die derde volksgroep voorsien sal word sodra hulle 'n eie regering sal kan vorm. Die swartes maak ondubbelsinnig aanspraak op al die grondgebied in die huidige Suid-Afrika sonder enige uitsondering. Ons Afrikaners gee erkenning aan almal, maar stel ons eie saak soos ons van die ander volkgroepe verwag.
Dit is een van die beginsels by die toepassing van apartheid. Ons stel dus ons saak op 'n wyse wat alle volke regverdig insluit teenoor die eensydige aansprake van die swart volke, met erkenning van wat hulle toekom.
Die swart volke het nie oor datums beskik nie, ook nie skrif gehad nie, en kan dus geen fynere besonderhede van hulle doen en late aanhaal nie. Dit is onmoontlik vir hulle om noukeurige gegewens te verskaf. Dat hulle die ganske grondgebied beset het, is van alle waarheid ontbloot. Wat ongetwyfeld die geval was, is dat die swartes as afsonderlike of aparte volke met elk hulle eie tale, kulture en gebruike geleef het. Hulle het dus streng apartheid toegepas en as volke voortdurend teen mekaar oorlog gemaak, soms weens oorlogsugtigheid, soms uit verdediging. Geen vermenging met ander volke was verdra nie.
Afgesien ons eie betroubare aangetekende geskiedenis blyk dit uit die geskiedenis van die Arabiere dat die swart volke suidwaarts beweeg het en in die elfde eeu die Zambesi-rivier bereik het. Die Arabiere het oorspronklik na hulle as "kafirs" (heidene) verwys. As dit as 'n skeldwoord beskou word, moet die woord "heidene" ook verban word. Landdros Cuyler (1808) 'n Amerikaner, Stockenström (Sweed) en Goewerneur Cradock (Engels) het ook van "Caffirs" geskryf.
Uit die Portugese geskiedenis: Diogo Cao het van hulle in 1482 by die mond van die Kongorivier raakgeloop en Vasco da Gama in 1498 in Mosambiek. Die oorlewendes van die gestrande boot Santo Bento (1554) het noordwaarts deur 'n onbewoonde gebied gestap en eers by die Umzimkuklu-rivier op 'n groepie swartes afgekom.
In 1635 is die voorste Kôsas by die Umtata-rivier aangetref. Hiervolgens was die voorpunt van die suidtrekkendes in 1652 in Pondoland. In 1686 is die voorpunt in die omgewing van die Kei-rivier gevind.
Wat vir seker is, is dat die vryburgers wat ooswaarts beweeg het en enkele los rondlopende swartes mekaar in 1770 by die Visrivier raakgeloop het. Die Kȏsavolk was anderkant die Kei-rivier. Teenoor enige swart volk was die vryburgers dus eerste die bewoners as 'n volk in die gedeelte vanaf die Wes-Kaap tot by die Kei-rivier wat oor bykans 'n duisend kilometer strek. Dit is die onbetwisbare werklikheid. Hoe kan enige swart volk op daardie deel van die huidige Suid-Afrika aanspraak maak as hulle nie daar gewoon of gejag het nie of daardie deel nie eens besoek het nie?
Daar is ook die grondgebiede wat die Voortrekkers later meer noordwaarts van swart volke gekoop het deur middel van regverdige en aangetekende onderhandelinge. Alle wettige besettings en transaksies het volgens apartheidreëls van beide swart en wit geskied, aldus is apartheid deur die swart volkere erken en aanvaar, want hulle het self so geleef.
Volgens verskeie jagters, onpartydige buitelandse sendelinge en ander besoekers aan die binneland van suider Afrika, was die gebied ten noorde van die Oranje-rivier verlate. Verder noord in die latere Transvaal was die grootste deel oop, terwyl die Basoetoes onder Mojesj in Basoetoeland (Lesotho) gewoon het. Silkaats en sy mense het vroeë inwoners wat in klein gebiede noord van die latere Vaalrivier gewoon het, na Betsjoeanaland (Botswana) en die noordoostelike berge uitgedryf terwyl hulle self nie daar gewoon het nie.
Een voorste leier, Hendrik Potgieter, maak melding van groot leë gebiede wat hulle aangetref het wat deur Silkaats se wrede en bloeddorstige oorlogvoering veroorsaak was. Silkaats het bloot die andere uitgemoor en dan hierdie gebiede ontruim en verder getrek. Hy of sy mense het nie besit van daardie grondgebiede geneem nie.
Hendrik Potgieter wys ook daarop dat dit die Voortrekkers was wat beskerming en vrede gebring het deur Silkaats te stuit. Nadat die Voortrekkers vir Silkaats aan bande gelê het, het die vorige inwoners na die gebiede teruggetrek en die Voortrekkers het in regverdigheid dit as hulle eiendom erken, soveel so dat die apartheidregering hulle (Boputhatswana) later selfregering laat kry het.
Andries Pretorius, en almal weet dat hy onkreukbaar eerlik was, het verklaar dat hulle verlate krale en doodsbeendere oor 'n wye gebied aangetref het en dat van die klein stammetjies selfs van hulle kinders moes eet om aan die lewe te bly. Professor J D Omer-Cooper van die Universiteit van Zambië het al hierdie getuienisse bevestig. Sal die swartes wat deur ander swart volke verdruk was ooit hul dankbaarheid teenoor die Afrikaners uitspreek wat vrede gebring het deur die bloeddorstiges te stuit?