Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk jou gesindheid en optrede binne die omgewing waarin jy leef en gesien word? Is jy ook een van dié wat hoor maar nie regtig luister nie, wat ervaar maar nie belééf nie, wat bestaan maar nie regtig lewe nie? Daar is 'n manier waarop jy hierdie saak kan regstel: in elke taak, optrede en handeling, vra eers vir jouself wat dink jy Jesus sou gedoen het soos toe Hy hier op aarde as mens was. As jy hiermee volhou sal jy intens bewus word van sy voortdurende nabyheid en leiding, en dit sal die begeerte van jou hart word om altyd die regte ding te doen en te sê.
VOLKSREGERING (74)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
KRAG VAN DENKE
Die krag van menslike denke lê in die daad. Om diepsinnig te dink en niks te doen nie, is om koersloos te wees. Die krag van die siel laat ons voortgaan om op elke terrein van die lewe te ontwikkel. Die belangrikste voordeel is dat besielingskrag staatkundige vryheid meebring – groei tot volkeenheid – en dit is onuitputlik.
'n Volk wat koersloos is, wat slegs van dag tot dag lewe, kom nêrens. Daar is nie 'n begeerte om op ander terreine soos landbou, nywerhede, onderwys, geneeskunde en wetenskap te ontwikkel en skeppend te wees nie. Hoe sal ons nageslag ons oor 50 of 60 jaar beoordeel as hulle soos Israel as slawe van Egipte behandel word? Dit is besig om te gebeur.
Hoe sal hulle ons beoordeel as ons soos in Moses se tyd nou, al is dit vir 40 jaar alleen in die woestyn, vir ons nageslag veg sodat hulle in vrede, voorspoedig en onafhanklik in hulle eie land woon? Sal hulle op ons roem soos ons vandag die Voortrekkers roem, asook ons later voorouers wat 'n vrye republiek aan ons besorg het?
Volkeenheid beteken veel meer as bloot die erkenning van elkander se regte. Dit veronderstel ook die bestaan van bande met 'n bindende krag sterker as die skeidende wat daar mag wees. Gehegtheid en getrouheid lê ongedwonge beslag op ons. Dit vorm dan ook vanself die grondslag van iets groters en diepers, 'n innerlike vergeesteliking, wat ons koersvas hou.
Twee beginsels staan soos twee torings uit: Iemand wat in die Bybel glo as Godswoord, moet noodwendig apartheid onderskryf. Hierdie twee geloofsbeginsels is onlosmaaklik van mekaar na die voorbeeld van Christus oor die grootste gebod in die wet en gelykstaande hiermee naasteliefde wat onlosmaaklik is. (Mat 22:36 – 39). Iemand wat apartheid misken, verloën sonder twyfel God se woord wat apartheid betref soos in die Bybel uiteengesit.
Wat ons nou moet doen is 'n hewige stryd vir selfregering. Ons het sprekers, skrywers, digters en sangers nodig wat ons eie en ons volk se dade kan besing om ons trots op ons eie dade te beklemtoon. Om die mooie in ons volk se hedendaagse lewe en vaderlandliefde te huldig. Ook gerig op ons oogmerke wat ons Afrikanerharte wil bereik.
Ons mense strewe aldeur na vrede, veiligheid, selfbeskikking, ontwikkeling en verkondiging van die evangelie. Die staat word gesien as 'n lewende werktuig waardeur regverdige uiting aan die staatkundige behoeftes en die wil van 'n volk gegee kan word.
Op die oomblik is daar 'n groot groep volkgenote wat onopsigtelik agter die gordyn stewig bou aan die fondament van ons volk. Ons is bouers, nie afbrekers of hensoppers of oorlopers nie. Daarom is dit verraad om na die anderkant oor te loop en steun en stem aan hulle te gee. Hulle is nie ons mense nie. Hierdie werklikheid wil ons hoor en lees. Ons kan van ons volk, klein in getalle, 'n groot volk maak.
Kom sprekers, skrywers, digters en sangers, help asseblief bou.
TROU
Ek hou van 'n man wat sy man kan staan,
ek hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan,
'n oog wat nie wyk, wat 'n bars kan kyk
en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan!
Jan F E Cilliers