NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hemelse Heer, dankie dat ek kan hoop omdat ek in U glo. Dankie dat die vlam van hoop helder brand in my ongeag my uiterlike omstandighede omdat ek met groot sekerheid kan staatmaak op u liefde en elke belofte in u Woord. Dankie dat U self my hoop is.

DRIE SUSTERS VAN DIE KAROO

LAND VAN ONS VADERS

(Lees reeks by Land van Ons Vaders)

Dolf van Niekerk

Ek ken hulle nie in die middag nie; ek ken hulle nie wanneer dit reën of in die nag nie – ek ken hulle nie in die fel sonlig wanneer die Karoo rittel en bewe van die hitte nie. Ek ken die Drie Susters net in die môre; kan jou vertel wat hulle doen terwyl die dag breek.

Ek het uit die Suide gekom: 'n dagbreek tevore weggespring, vóór Tafelberg sy nagkabaai afgegooi het, terwyl die oggendnewel oor Tafelberg se liggies soos gaas hang en die skelette van bote die gedagtes verskeep in die ruim van 'n spookskip wat ewig rusteloos sonder rus vaar en oppyl en oor die waterhorison verskiet.

Uit dié Kaap het ek noordwaarts gedraai sodat ek na baie omswerwinge die susters kon ontmoet. Want hulle is glo altyd tuis, en geen swerwer trek tevergeefs deur die Karoo nie, want die Karoo is nie suining vir ruimte nie.

Die pad na die Noorde, sê hulle in die Suide. En hulle glimlag, want dis vreugde om te dink aan Drakenstein en Du Toitskloof en Heksriviervallei wat vorentoe wag – net om daarna agter in jou verstand te gaan lê en altyd kort-kort verlange te word na die heide en die protea, na die ou jong bergstrome wat skerp of dof maar altyd blink in die son of skaduwee van die klowe lê, na die wingerde –skuinsprieel of dakprieel – vóór die jaar heeltemal ryp is, waar die wyn ryp is, want die son het lank genoeg daarin gelê.

Maar enkeles suid van die Heksrivierberge weet ook van die Drie Susters. Iemand praat oor die Karoo van die oertyd, van die Camdeboo en Nuweveldberge, van die stuk plat aarde van Beaufort-Wes af, die perdeskoenkom van die Karoo; die dam van tye gelede waar geraamtes van dinosauri en ander binnelandse meerdiere in die klei begrawe is – om baie later oopgestoot te word deur 'n padskaper wat 'n goeie teerpad vir die reisiger se masjiendier wil aanlê.

Praat oor die Drie Susters – hoe hulle in die boloop van dié groot Karoodam oor die water getroon en gewaak het – gestaan het as een, maar deur die tyd uitgekalwe is tot drie koppe en lywe en hange. Drie Susters wat snags of naby dagbreek weer saamsmelt en een word wanneer hulle treur oor die water wat iewers, iewers deurgebreek en weggeloop het. Miskien treur hulle in dié dae oor die reisiger wat naby hulle moet wegswaai wanneer hy oor Kimberley na die Noorde wil reis. Want vlak tussen Nelspoort en Drie Susters swenk die pad links... op 'n plato... en weg.

Maar ék het reguit aangehou, miskien omdat ek nog ingedagte was oor die honderde peerbome langs Beaufort-Wes se strate – ou peerbome met groot stamme en persoonlikheid; jong peerbome wat nog beskeie langs die oues in die plek van dooies staan... En die wit huisies wat op die kant van 'n straat sit – nie iewers diep agter bome of mure nie – astrant naby die verbygaan van mense, en hulle sê: dag, kom binne, as jou kop nie te hoog staan nie, as jy nie omgee om op die stoep te sit en praat en koffie te drink uit groot dik koppies nie, want die voorkamer se binders is af teen die hitte... En voor die huisie lê die watervoor vol blink koel water in die droogte, en 'n dogtertjie druk haar rokkie iewers in en loop in die water. Na drie uur verbeel jy jou dis verskriklik laat, maar geen tyd het verlore geraak nie, want die Karoo het nie sulke soort tyd nie.

En toe kom ek by die uitdraaipad net voor die dag breek en ek soek na die Drie Susters.

Asof dít 'n teken is, stoot 'n klein stukkie rooidag in die Ooste op – net 'n skrefie, sodat ek die susters se koppe kan sien... en die sluiers wat wil bedek. Maar ek sien net twee koppe... En wie staan voor en wie agter? Die Saterdagmôre gaan groter oop, en dis of die twee susters in my gesigsveld na mekaar toe gaan. Is dit die aarde wat draai... of hoe sny die pad dan hierlangs? Maar die een suster lê met haar kop op die ander suster se skouer... en sy huil. Ek verbeel my dit nie – sy huil soos wanneer 'n meisie huil, 'n meisie wat binnekant toe huil; miskien oor liefde... of sommer net. En die oudste suster troos haar, hulle koppe is naby mekaar en dit lyk of álbei huil. Die derde suster staan iewers waar ek haar nie kan raaksien nie. Moontlik is sy skaam in die môre; moontlik weet sy dat die ander twee altyd hartseer is, hou sy wag om hulle te waarsku wanneer vreemdelinge aankom. Skielik skei die hartseer susters, die derde suster kom nader, dis of sy voor staan, of sy die ander twee beskerm en vra waarom ek hulle nie met rus laat nie, hulle is moeg, hulle wil slaap. Maar hulle slaap mos tyd na tyd, dink ek, maar hulle lyk nou hartseer en ek stry nie.

Ek hoor weer die grysaard se stem – ek hoor hom vertel van dié nag baie jare gelede; miskien sal ek dan begryp waarom die drie susters teen dagbreek vol weemoed is. Dit was nag – twee-uur se kant, sê die grysaard. Hulle was op koers na die Suide- miskien na die Noorde. Die maan het sy lig op die Karoovlakte laat ry – myl na myl. Toe sien hulle die drie... En terwyl hulle nog kyk en besluit om stil te hou sodat hulle die gesprek tussen die Karoomaan en die Drie Susters kan hoor, sluk die motor en raak stil – doodstil soos motors maak wanneer die brandstof gedaan is. Hulle kom tot stilstand en toe hulle opkyk, staan die Drie Susters daar. Hulle word effens bang, nie juis bang nie, eintlik net klein voor dié drie gestaltes. Die maan is skerp aan 'n skoon hemel en die Drie Susters swem in die ligdam van die groot Karoomeer. Die reisigers stap stasie toe. Die susters verlaat hulle nie. Die nagvoorman beduie: iewers naby woon 'n persoon wat moontlik brandstof het, want hy wat voorman is, ry net trein. Die reisigers stap waar die maanlig wys – aan die voet van die ousus – en hulle weet dié tyd van die nag is 'n vreemde tyd vir 'n mens wat haastig is, want die maan en die susters speel en die spel is nie van dié eeu nie. Hulle loop vinniger, stiller. Naderhand sien hulle 'n flou ligskynsel en almal begin gelyktydig te praat van verligting. Maar net so skielik raak hulle stil, en haastiger.

Hulle klop hard aan die deur, klop nog harder wanneer daar nie oopgemaak word nie, want die ewigheid staan regop langs hulle – die ewige Drie Susters. Die deur gaan oop. 'n Man staan bleek en grys voor hulle... en sy gesig en oë en ore is gereed om te hoor.

Ons petrol is...
Moenie hard praat nie.
Ons wil net sê...
Bring júlle die tyding?
Watter tyding? Ons petrol is op, ons wil net...
Moenie hard praat nie – ek wag om te verneem.
Wat verneem?
Dan bring julle nie die tyding nie.
Ons brandstof is op. Ons het verneem dat u moontlik kan verkoop. Ons moet nog ver ry vannag...
Moenie – asseblief- moenie so hard praat nie. Ek is nie gereed om harde woorde aan te hoor nie.
Wat makeer dan?
Ek sit en wag – Hulle sal my kom sê... Daarom brand die kers... My broer sterwe – ek wag... Hulle sal die boodskap stuur... Ek kan nie teenwoordig wees nie... Maar ek het 'n bietjie petrol – julle kan dit vat...

Toe loop hulle later saam met die Drie Susters tot by hulle ryding... en hulle leer van die Karoo iets wat hulle nie dadelik verstaan het nie...

Só het ek aan die grysaard gedink toe die dag dáár by Drie Susters wou breek. En die môrester sit glad bewoë en knik – miskien omdat die son hom netnou van die uitspansel af gaan verjaag. Want die son werk hard in die Ooste om op te kom. Die susters word nou vinnig groot hulle is klaar oud wanneer die lig oor hulle straal – oud maar elke môre jonk in die doulug soos eeue gelede toe hulle jonk was en die groot Karoodam vol water gestaan het en elkeen van hulle 'n groen rok gedra het, en die rok elke môre nuut was in die son wat nooit op hulle voete geskyn het nie.

Drie Susters van die Karoo – by die hek, by die voordeur na die perdeskoendam van die voortyd – kyk oor die vlaktes asof daar 'n geliefde sal kom, drie minnaars... of die water van weleer. Want die Karoo is droog en die susters is droog... en die reën is te weinig om hulle gestaltes te verander. Maar skielik raak die son aan hulle koppe en hulle bloos soos jong meisies. Dit is dag...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3359 gaste aanlyn