NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die gelykenis van die ponde in Lukas 19 vertel dat God ons nie almal ewe veel talente gegee het nie. Maar wie baie gekry het is veronderstel om net soos dié wat min gekry het, met alles daarvan te woeker, dit wil sê in die Here se diens hier op aarde te gebruik; daarvoor sal ons eendag voor die Troon verantwoording moet doen. Die verantwoordelikheid is vir sommiges net groter as ander s'n – span u al u talente in om ook hierdie volk tot Christus te laat terugkeer?

REISIGER NA DIE KOELTE

LAND VAN ONS VADERS

(Lees reeks by Land van Ons Vaders)

Dolf van Niekerk

Jy wil hê ek moet aan die lente raak... en jou vertel hoe dit in mý land bot. Want, so sê jy mos, alle paaie lei na koelte, en elke rit het sy boom, en elke boom kry nou sy blaar. Ek weet – jy hét gesien toe die witstinkhout op die spruit se wal nou die dag spikkelgroen uitslaan. Of het die wilde salie vanjaar éérste ingespring? Want so gebeur dit mos: wanneer die dag stil raak, wanneer die son en die geluide gaan lê, dan kom die skemerluggie en roer aan die geure van die wêreld; hy krap in die spruit rond, stoot die saliegeur los, en dié ry loshand op die stilte tot by jou.

Maar ek sal jou sê: ek het gedroom dat die soetdoring se swart stam skielik uit die niet 'n groeisel aanhet – dié soort groen wat net die natuur kan meng: dié groen waarin jeug se hart, die oog van vreugde, 'n skewe glimlag van die skoonheid en stuifmeel van die liefde saamgeroer is. En elke boom ken dié genade van die seisoen:  wanneer die eerste warmte, selfs sonder vog, hom aangeraak het. Tot die mees beskeie boom wat in my land groei. Daarom sal ons op dié rit seker altyd koelte hê tot in die hart van die Kalahari.

Laat my toe om in die Karoo te droom – langs 'n braksloot of 'n lopie – in die koelte van 'n karee. Eenkant lê die boerbok, en ek sit en slaap en kou aan 'n blaar of 'n bessie. Want wie in die Karoo kou nie aan die karee se blaar of sy bessie nie? Of ek soek skuiling onder 'n gharriebos, en bo my kop werk die bye een stryk deur – want van toeka se dae af maak die by van gharriebos suiwer sandsuikerheuning soos jy dit nêrens anders kry nie.  My ouma het geglo dat die bye die sandsuikerkristal net so van die ghwarriebos afhaal.

Somermiddag op die vlakte waar niks behalwe 'n melkbos of 'n vaalbos groei nie. Kruip dan maar met jou kop onder die bos in as die son te kwaai raak oppad huistoe – en dis nog myle ver. Daarom het ons voorouers goeie name vir plekke gekies: soos Rusbos waar die laat vye 'n bietjie kan rus en waar 'n mens miskien eet of iets drink opkoers van die skoolaf plaastoe. Later was daar perde om die kar te trek, en ons het minder stilgehou. En toe die motor kom, het die rusbos en die koelte én die leer van die natuur se binneste vergete geraak.

My reis sal dadelik na al die broers van die doringboomfamilie toe lei. In Noord-Transvaal proe ek die koelte van die Anaboom, byna negentig voet hoog. Van hom af speel ek al langs die  Apiesdoring, Rooidoring, Kameeldoring...   'n Groot familie wat dwarsdeur die land sy koelte gelaat het.

Miskien moet ons hier 'n bietjie vertoef om vas te stel watter rol die boom in die voorgeslagte se lewens gespeel het. Dink maar aan die plekname – en jy wonder of die wêreld ryk aan die bome was, en of die plase na die enkele boom vernoem is: Boekenhoutskloof, Olienhoutkraal, Spekboomrivier, Naboomspruit, Sederberg, Keurboomsrivier.

'n Boom wat skaduwee gegee het toe dit bitter warm was – of 'n boom soos die Karee op De Wildt.

Teen die rooi sand van die Kalahari staan die vaalkameeldoring, ook genoem die basterkameel, volstruiskameel of kaboom. Watter boom in dié land het meer takkrale gemaak as die doringboom? Takkraal teen die roofdier en tweebeenvyand by die laer.  Watter ander boom se takke moes meer verspoeling keer as dié van die doringboom? En hoe het swart én wit nie die bas van die wortels vir medisyne gebruik nie? Weinig kinders ken deesdae die lekker skoon smaak van die doringboom se gom.

Al met die name langs. Tot in Natal se laeveld waar die raasblaar my beskut het. Raasblaar of niklaasklapper, raasbos... Die Transvaler heet Kierieklapper. Elkeen het sy eie koelte. In die Oos-Kaap het 'n jong nieshoutboom hom oor my ontferm. Dis glo die hardste hout wat in Suid-Afrika groei – of die onverganklikste. Of Hardekool sy tier is, weet ek nie.

Ek sien die nieshoutpale van my jeug – hoekpale van die koeikamp – en elkeen wat 'n knipmes besit, grawe elke dag sy nies uit die paal soos 'n ou gebruiker van snuif. Die Xhosas snuif die hout om hoofpyne te verdryf. Die Vendas van Noord-Transvaal noem dit die boom wat sleg na hekse ruik. In die Transkei heet hy plek-plek umThati – en so het Umtata en Umtati die nieshout se naam aan die land gekoppel.

Maar die mooiste koelte van my jeug het ek van die olienhoutboom ontvang. 'n Grysaard onder olienhoute, half eenkant op 'n klipkoppie. Kort en gespierd, die ou, knokkig en sonder aansittery. Ek sit met Oupa se kierie teen sy stam en klop – 'n kierie wat Oupa in sy jeug van dieselfde ou olien gesny het – sit en praat met die tydlose ou klipsteen terwyl die skape wei... En vanaand gaan sit ek opsetlik op die stoel wat Oupa vir sy broer gemaak het, sit en vryf aan die vlamme in die hout wat deur die ouderdom blink gemaak word.

Oral in die groot Karoo staan murasies van opstalle, en naby die murasie – asof dié plek 'n ewige plek is – sal daar 'n yslike peerboom staan. Die murasie en die halftreurige peperboompie langs die muur, alles sal deur die uitbarsting van peperbloeisels oorheers word. Die bye sal daar wees, en die peerblomgeur sal dik hang asof honderde mense uit die murasie gaan kom om te ruik soos lentemiddae van lank gelede.

Iemand vra my hoe die wilgerbome hulle pad deur die land gevind het. Die vreemde wilgers wat ons eie geword het, net soos die eiebome vandie Boland. Maar die wilger: waar die voorvaders gegaan het, het die wilger gegaan; van een wasplek na die ander, van een waterplekkie na 'n ander klammigheidjie. Want die vrou van die huis moes skaduwee hê waar sy wasgoed was. En die eerste jare word die wilgerstompie omhein teen die donkies en ander honger diere, tot die boom sterk genoeg is om sy koelte te beskerm. En nou staan die ou enkeles oral op die vlaktes – sodat al die vlaktes 'n lappie groen kan hê.

Maar nou kry ek groot verlange na ou Rietrivier se wilgers – mooier as die ander, digter, frisser. Nêrens kan jy op 'n somermiddag makliker lê as onder hulle nie – ná swem, of sommer net op 'n dik tak wat ver oor die water gegroei het, soos 'n likkewaan in die warm koelte lê en byna-slaap terwyl jou arms weerskante van die stam in die water hang...

Wie ken 'n tent onder 'n njalaboom of 'n jakkalsbessie, 'n middagslapie onder 'n mopanie of 'n waterbessie teen 'n wal?

En waar sal ek weer koelte kry soos in die Boland? Hele strate vol koelte, lane skaduwees...  Niks word met 'n eikeboom vergelyk nie – die eik wat Van der Stel spesiaal vir die gerief van tortelduiwe ingevoer het. Selfs in die genadigste boom in mý wêreld het ek nog nooit tortelduiwe hoor koer soos in 'n eikeboom nie. Waar 'n tortelduif jou koel roep met die roep wat hy net in die Boland, net in 'n eik kan roep. En ken jy tarentale teen die effense lig voor skemer in 'n bos soetdorings?

Ek sal tevrede wees met die klein populierbos se spreeus en vinke. Want ek is daarvan oortuig dat die vaalpopulier ook saam met die voorouers getrek het. En oral waar die geringste belofte van 'n klammigheid is, gaan staan die populier en maak 'n bos.

Waar is die slaprandhoed van jou jeug – en die loop tot jy stokflou is – loop agter lammerskaap aan? Wanneer die son sy kwaaiste uithaal slaan jy byna neer onder die bloubos naby 'n klipkoppie – onder die lae takke in om van die son af weg te kom.

'n Harde stuk van die land waar 'n ordentlike boom 'n wonderwerk is. As mens Pafuri  en ander streke van Noord-Transvaal ken – die njala en die jakkalsbessie en die olifantsoor – dan sien jy die ligtes en die jonges nouliks raak; en die walle van die Limpopo – waar die wildevye 'n hoë dak soos 'n natuurwerk se koepel oor jou hou, waar die anderwêreldse kremetart jou laat swyg omdat hy nooit klaar wonder oor sy herkoms en geaardheid nie. September is die maand wanneer die rooiboekenhout blom – blomme in digte are soos kwassies wat ondertoe hang. Rooiboekenhout in die sandplekke van Waterberg en Soutpansberg. Mooi hout ook, maar dis 'n beskermde boom.

'n Reisiger na die koelte. In die Laeveld slaan die hitte wat die bewoners van die plato met sy skerp vlug vasdruk en versmoor. Op so 'n dag het ek onder die boom te lande gekom wat die swartes "hemelse geneurie" noem – die witsering – een van die mooiste bome in die Laeveld. Later sou die rooi-ivoor en die laventelboom ook tussen my en die son staan.

Die uitspanning is naby – en daar is bome. Daar sal dae kom wanneer die koelte ver bly lê, wanneer jy ure lank tussen skaduwee en skaduwee sal reis.

Maar die koelte ís daar...   iewers...   iewers in dié land wat nie ryk aan bome is nie. Maar ek sou sê: terwyl die land arm aan natuurlike bosse is, laat óns ryk wees aan liefde vir die enkeles wat ons nog besit. En as jy twyfel of dié liefde goed is, soek dan net sy koelte wanneer jy dit bitter nodig het. Nie dat hy jou wil omkoop nie – net maar omdat hý die beste gee wat hy het sonder om te vra wat jou naam is. En wie weet, miskien herberg sy takke nog die nes van 'n dagbrekertjie of 'n kokkewiet – en kry jy moontlik musiek vir die koelte.

Wat mý betref: ek sou graag in elke boom se koelte wou lê.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1922 gaste aanlyn