NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel." -  Pred. 5:17

DIE MOOISTE STRAAT IN DIE WÊRELD

LAND VAN ONS VADERS

(Lees reeks by Land van Ons Vaders)

Dr MCE van Schoor

"Bloemfontein se President Brandstraat is die mooiste straat in die wêreld!"

Die man wat so praat is 'n argitek – eintlik 'n professor in argitektuur. En hy kom oor die water – 'n man wat dus al heelwat van die wêreld gesien het.

Ek kan my ore nie glo nie. Ek stel 'n teenvraag: "Is die hooggeroemde hoofstraat van Edinburgh, Skotland, met sy mooi ou geboue en parke nie mooier nie?"

"Nee," is sy besliste antwoord, "daar is geen straat in die wêreld wat met President Brandstraat vergelyk kan word nie.

As iemand wat maar 'n klipgooi van hierdie straat gebore is, het die woorde soos musiek in my ore geklink.

Dis al meer as vier dekades dat ek in Bloemfontein die lewenslig gesien het. Toe was die ongeteerde en stowwerige President Brandstraat nie so karaktervol soos vandag nie. En tog is die hedendaagse skoonheid en uniekheid van hierdie straat reeds in die pioniersjare van die verre verlede bepaal.

Kom ons wend ons na daardie verskiet, want wat is vir die historikus lekkerder as om die wysers van die horlosie terug te skuif, ver terug ... terug tot daar doer in die twintigerjare van die vorige eeu.

So 'n myl of wat van die voet van die lang plat heuwel waarop die wit perd vandag pryk, meer na die suidekant, het 'n sterk fontein geborrel, net soos dit vandag nog steeds by die skeure van die plaveisel van Bloemspruit uitborrel. Hier het menige leeu sy dors kom les terwyl die bles- en springbokke, blou- en swartwildebeeste, elande, hartbeeste en bontkwaggas versigtig eenkant aan die soetgras in die vlei staan en vreet het. Tussen hulle fladder en loop mahems, poue, wildekalkoene, korhane, tarentale, bloukraanvoëls en flaminke.

'n Skoot knal! Die diere spat in alle rigtings uiteen en verdwyn oor die bulte. Hoog in die blou lug draai 'n aasvoël rond. Die veeboer het in hierdie ongerepte wêreld sy intrek geneem. Aan die fontein het Nicolaas Brits en sy vrou, Hannetjie, hulle hartbeeshuisie opgerig. Waarskynlik het die plaat blou klawerblommetjies hulle laat besluit om hul plaas Bloemfontein te noem. Dit kan ook wees dat die wapad wat na hierdie nederige woninkie gelei het miskien ook die eerste koers van 'n President Brandstraat aangedui het.

Maar soos menigmaal tevore sou die byna idilliese veeboerlewe vir 'n hegter beskawing moes wyk. Een oggend in Maart 1846 het 'n sekere kapt Warden, gesagvoerder van haar majesteit, Koningin Victoria, met sy rooibaadjies by Nicolaas Brits opgedaag en sy plaas vir ongeveer R75 van hom gekoop en die hartbeeshuisie tot 'n Britse Residensie omskep. Die turfpad wat eenmaal President Brandstraat sou word het 'n nuwe baas gekry. En met al die nuwe doenigheid sou die pad dikwels tot stof of 'n pappery getrap word. Toe die swierige dinamiese Kaapse Goewerneur, sir Harry Smith, twee jaar later die Residensie aandoen om die landstreek tussen die Groot- en Vaalrivier tot Britse gebied te verklaar, het die pad 'n nuwe aansien verkry.

Dieselfde jaar het 'n landmeter 'n plan van die nuwe dorp, Bloemfontein, getrek, maar selfs baie jare later toe die dorp die hoofstad van die Vrystaat geword het, sou President Brandstraat – die straat sonder naam en aansien – niks meer as die heel westelike grens van 'n klein gemeenskap van Engels- en Afrikaanssprekendes uitmaak nie.

Maar sy wording was in sig. Aan die mees suidelike punt van die straat het 'n langwerpige geboutjie met 'n rietdak verrys: 'n plek waar 'n oud-soldaat as meester die lat geswaai het wanneer raadshere nie in erns besluite geneem of die magistraat vonnisse oor oortreders gevel het nie; 'n plek waar die jong ds Andrew Murray, wat later so 'n groot rol in die kerklike lewe van die Afrikaner sou speel, Sondae sy preekstem verhef het; en veral 'n plek waar die Vrystaatse volksvaders byeen sou kom om aan die jong Republiek sy modelgrondwet te gee en 'n Staatspresident sou ontslaan omdat hy die Basoeto-opperhoof met 'n vaatjie kruit begunstig het. Skool, kerk, raadsaal, hofsaal, konsertsaal – dit alles sou hierdie geboutjie wees om later as Nasionale Monument en as unieke sieraad van President Brandstraat ons met sy klein venstertjies, dik mure en koel binneruim terug te voer na dae lank gelede toe die gees van pioniere nog geheers het.

Reg bokant die Raadsaaltjie was 'n oop plein geleë wat enkele jare gelede verdwyn het toe die nuwe landdroshof en –kantore met sy imposante ingang van granietwerk daar verrys het. So staan hulle dan vandag daar teenoor mekaar: die allervroegste en huidige geboue waar mense se doen en late in die weegskaal van geregtigheid geplaas word. Die oorlewering wil dat dieselfde sir Harry Smith ná die Slag van Boomplaats – toe die Boere hulle teen die Britse indringing in hulle land verset het – ene Thomas Dreyer op dieselfde plein sonder verhoor laat doodskiet en begrawe het om vir die Boere 'n les te wees om nie weer die Britse vlag oor Bloemfontein neer te haal nie.

Ironie, bittere ironie, wou dit hê dat die Brit self die Union Jack oor hierdie landstreek gestryk het. Op die Fort, nie so ver van President Brandstraat nie, sou weldra die Vierkleur wapper.

En tog sou al hierdie staatkundige beroeringe baie jare nog niks doen om hierdie straat uit sy slaap wakker te roep nie. Slegs die oorkruisende, kabbelende fonteinwaters, die wildsbokke wat kere sonder tal dit tot aan die standgrense gewaag het, die uitbundige gelag van seuns wat langs Bloemspruit met kleilatte speel en die gefluit van bees- en skaapwagtertjies sou die rus hier af en toe versteur.

Die jong staat, ten spyte van sy ernstige tekort in die staatskas en dreigende Basoeto-gevaar, het egter nie stilgestaan nie, en sy groei en bloei kon ook in dié van sy hoofstad waargeneem word. Die eerstydse huisie van Brits is lankal deur 'n stewige woning vervang – 'n woning wat ook as eerste presidentshuis sou dien. In die loop van daardie sestiger- en sewentigerjare is hierdie woonplek van die eerste burger van die Vrystaat voortdurend gelap en gelas totdat die Vrystaatse Volksraad gevoel het dat hulle President, wat toe al 20 jaar in die tuig was, iets waardigers verdien. 'n Nuwe presidentwoning het vlak langs die oue verrys. In 1886 sou pres Brand sy intrek neem en die laaste twee jaar van sy lang bewind daarin woon.

In hierdie groot gebou, wat aan die forsheid van 'n kasteel herinner, sou ook president Reitz en Steyn hulle intrek neem en menige eerbiedwaardige gas, ondermeer ook Paul Kruger, ontvang. Ná die Britse verowering van Bloemfontein het dit as amptelike tuiste vir lord Roberts en die luitenant-goewerneur van die Oranjerivier-Kolonie, sir Hamilton Gould-Adams, gedien. Na Uniewording het hierdie gebou na die uiterlike onverander gebly – steeds 'n toonbleed van puriteinse soberheid en grasie van die tydperk toe Boere-republikanisme die karakter van die Vrystaat bepaal het, maar na die innerlike was dit al 'n skool in wie se pragtige voorportaal ek self my eerste onderwys ontvang het, 'n koshuis en kantore vir menige instellinge. Gelukkig was daar reeds fluisteringe dat hierdie geskiedkundige gebou,waar die Vrystaatse Presidente soveel lief en leed deurgemaak het, die Vrystaat se kultuur-historiese museum sou word.

Anderkant die spruit was ook reeds roeringe, en meer nog, 'n gebou wat sedert 1875 as staatskantore en vergaderplek van die Vrystaatse Volksraad moes dien. Hierdie gebou wat aan die bo-punt van Maitlandstraat, die hoofstraat van Bloemfontein, pryk, sou weldra die ontplooiing van President Brandstraat tot sy latere karakter bepaal. Voor en rondom was 'n reuse tuin waarin die Presidente en ander hooggeplaaste persone soos Paul Kruger en Cecil Rhodes ook bome geplant het, waarvan sommige nog vandag te sien is, of so nie, met jonger bome vervang is.

Toe hy na 24 jaar se presidensiële diens in die tuig sterf het die dankbare Vrystaters vir president Brand voor hierdie gebou 'n standbeeld opgerig – 'n standbeeld wat nog steeds oor President Brandstraat die wag hou. Van toe af, nog voordat Van Riebeeck se standbeeld daar in die verre Kaap, die stad van Brand se geboorte, 'n hoofstraat sou versier, sou president Brand se standbeeld die eerste wees om 'n hoofstraat van 'n hoofstad in Suid-Afrika volmaak af te rond – byna so volmaak soos die spreuk wat op die voetstuk pryk: "Alles zal recht komen."

Argitektonies sou hierdie gebou met sy lomp en stomp toring nooit uitmunt nie, en dit was asof die groot brand wat dit in 1908 vernietig het, wou wraak neem omdat dit nie langer in skoonheid tussen die ander geboue kon pryk nie. Die Oranjerivier-Kolonie het na die oorlogsverwoesting so pas selfbestuur ontvang en die nuwe bewind onder premierskap van Abraham Fischer het dit dadelik laat herbou. Die resultaat was dat daar vandag agter die standbeeld van president Brand waarskynlik een van die mooiste toringgeboue in ons land pryk.

En vanuit die toring van hierdie gebou, waarvandaan elke kwartier 'n soete klokkespel beier net asof dit sy eie skoonheid en dié van die omgewing met al sy sierbome en tuine wil verkondig,val ons blik skuins oorkant President Brandstraat op 'n bouwerk wat hierdie eerste toringgebou as raadsaal van die Vrystaatse Volksraad sou vervang. Ja, ons verwys na wat in die volksmond vandag algemeen as die Ou Raadsaal bekend staan – 'n baken wat elke Vrystater, maar waarskynlik ook die meeste inwoners van ons land ken. Sou woorde die skoonheid en trefkrag van hierdie meesterstuk van sandsteen in Ioniese boustyl kan beskryf? Sal ons dit waag? Nee, laat ons liewer volstaan met woorde wat president Reitz met die inwyding van hierdie gebou in 1893 uitgespreek het: "Wij hebben hier een gebouw dat van binnen zowel als van buiten zierlik is. Volgens het oordeel van allen is dit een fraai huis, in den besten Grieksche stijl zoo eenvoudig en toch zoo schoon. Deze vergaderplaats moet dienen als een symbool van uw standvastigheid, de waardigheid, de deugden, de aspiratiën van het volk."

Hierdie gebou was inderdaad 'n simbool van 'n volk se drome, en omdat dit nog steeds die simbool is van 'n Republiek wat 'n heldedood moes sterf, het die gebou self, tesame met die verruklike tuine en die allersierlikste traliewerk daaromheen, 'n aangrypende skoonheid wat eintlik ook innerlik is. Maar wie is dit wat op daardie vurige perd sit en met die sambok na die noorde wys? Natuurlik hy wat hierdie selfde Ou Raadsaal en alles waarvoor dit gestaan het met al sy geniale militêre gawes sou verdedig: die dapper Boere-generaal, Christiaan Rudolph de Wet met sy onvergeetlike ryperd, Fleur! By hierdie standbeeld staan 'n mens net en kyk... kyk asof die sand in die uurglas nooit leegloop nie...

Stil broers,
daar gaan 'n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar's nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Aan die oorkant van president Brand staan die altoos swyende Appèlhofgebou. Soos die sandsteen waarvan dit gebou is, is dit daar stil net asof daar nooit iemand die gebou in- en uitgaan nie, maar saans sal tot in die nagtelike ure plek-plek 'n lig in 'n venster brand, en dan weet ons dat die appèlregters oor die feite van 'n saak met hulle regsboeke in diepe bepeinsing sit om dalk die volgende dag daaroor uitspraak te gee. Deur die deure van hierdie gebou het al wyse manne gestap – regters en advokate van faam – maar dikwels ook hulle wat deel van die tragedie van die beoefening van geregtigheid uitmaak. Hulle wat die bekragtiging van 'n vonnis moes aanhoor en dan met 'n hart so swaar en donker die duisende helderkleurige papawers in die felle sonlig verbystap sonder om van hulle glorie bewus te wees. Net 'n ou man met 'n kierie of 'n klein seuntjie wat 'n vlinder jaag, is van die kleureprag teen die groen grasperke bewus.

En dan is daar die oop plein wat aan die een kant deur die Ou Raadsaal, aan die ander kant deur die eenvoudigste maar statige nuwe staatskantore en aan die oorkant van die straat deur die uiters karaktervolle stadskantore en stadsaal met sy onmeetlike tuine omlys word: die JBM Hertzogplein waar later op 'n reuse vlak van wisselende landskapeffekte 'n gedenkteken ter ere van een van die grootste bouers van die Vrystaat en Suid-Afrika sou verrys.

Maar daarmee saam het ons nog nie al die geboue in President Brandstraat beskryf of opgenoem nie. Nee, ons moet eintlik weer terug op ons eie spoor en daarop wys dat ons die Vrystaatse Hooggeregshof in sy sierlike Grieks-Romeinse boustyl ongemerk verbygestap het en dat die brandweerstasie en sy tuine daar vlakby, wat altyd so onberispelik netjies daar uitsien, slegs die besondere karakter van President Brandstraat verhoog. Ook ander sakegeboue en die ou Jubileum-Sinodale-saal van die NG Kerk in die Vrystaat wat die jaar met die eeufees van die Kerk deur 'n nuwe en moderne sentrum, ook in President Brandstraat, vervang is, doen geen afbreuk aan die unieke voorkoms van hierdie straat nie. Die stadvaders sien ook noulettend toe dat dit nie gebeur nie.

Ons beweeg weer stadig die bultjie uit; terug van waar ons gekom het; daar waar die eerste beskeie woning van 'n Nicolaas Brits in President Brandstraat verrys het. In hierdie straat is die karakter van 'n eeu vasgevang; het natuur en kultuur 'n beeld geskep wat tegelyk oud en modern is. Dit is groots en skoon, en nou weet ook ek, 'n kind van hierdie stad: President Brandstraat is die mooiste straat in die wêreld!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2716 gaste aanlyn