Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In Februarie het spanning tussen Israel en Iran vergerger toe Israelse leiers Iran blameer het vir nog twee aanvalle. Op 13 Februarie is die Israeliese Ambassade gebombardeer in verskeie state. Die ontploffings was soortgelyk aan aanvalle op Iran se kernwetenskaplikes 'n paar jaar gelede waarvoor Iran vir Israel blameer het. Kortom, Israel waarvan Jerusalem die hoofstad is, is voortdurend in oorlog. Waarom? Glog tog maar vir Jesus wanneer Hy huilend die stad op 'n donkie inry en sê: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie." - Luk 19.
Het Suid-Afrika dalk ook die gunstige besoek van God nie opgemerk?...
ONDERWERPING AAN HIERDIE OWERHEID
In hierdie tyd waarin ons leef is dit opnuut ‘n aktuele vraag tot welke mate hierdie Godsveragtende regime gehoorsaam moet word.
Die owerheid se taak is om losbandigheid hok te slaan sodat alles ordelik kan verloop. Die owerheid moet orde handhaaf, boosdoeners straf, en deugsames en die heilige Woordbediening beskerm.
In Romeine 13 lees ons dat elke mens hom moet onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is omdat daardie magte deur God ingestel is. Daarby word gesê dat verset teen die owerheid onder die oordeel van God sal staan.
So lees ons ook in 1 Tim 2:2 dat dankseggings en gebede gedoen moet word:
“...vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid”.
Die owerheid moet dus alle afgodery en vals godsdienste teëgaan en uitroei, die ryk van die antichris vernietig en die koninkryk van Jesus Christus bevorder deur steun te verleen dat die evangelie orals verkondig word.
Die onderdaan moet hom onderwerp, belasting betaal en gehoorsaam wees aan elke bevel wat nie in stryd met die Woord is nie.
Uit voormelde is dit reeds duidelik dat die wanorde, misdaad en algemene losbandigheid in hierdie land afmetings aangeneem het wat die afleiding regverdig dat hierdie owerheid nie sy pligte nakom nie.
Daar is geen sprake daarvan dat hierdie owerheid afgodery en vals godsdienste wil uitroei nie. Inteendeel. Die grondwet van hierdie land het juis die teendeel ten doel!
Van ‘n rustige en stil lewe is daar kwalik sprake in ons land. Hierdie owerheid is kennelik nie in staat om sy opdrag uit te voer nie. Boonop is daar van kritiek van die kerke se kant af weinig sprake sodat niks aan die situasie gedoen word nie.
Boonop word blatant teen die Afrikaner gediskrimineer sodat hy nie eens die voordeel van sy belastings sien nie.
Ook Jesus was by geleentheid deur die Fariseërs gekonfronteer met die vraag of dit geoorloof is om aan die Romeinse keiser belasting te betaal. Sy antwoord was bevestigend alhoewel die eer steeds God toekom. Betaal dus aan die owerheid wat hom toekom, maar aan God is ons groter gehoorsaamheid verskuldig.
Toe die Joodse owerheid in Rome vir Petrus en Johannes gelas het om nie in Jesus se naam te spreek of te leer nie was hulle antwoord dat dit onmoontlik sal wees. Die les vir ons daaruit vir hierdie tye is om helder en duideliker te getuig téén die vergrype van hierdie owerheid en nie om stil te bly nie. So lees ons in Hand 5: 29
“Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense”.
Absolute onderwerping aan die gesag van God beteken nie ‘n klakkelose napraat van die oënskynlike opdrag van Romeine 13 nie. Allermins. Feit is dat hierdie owerheid sy opdrag gruwelik versuim!
Vir baie mense beteken Romeine 13 klaarblyklik die verafgoding van die regering van die dag – dink maar aan die afgod “Madiba”.
In Efesiërs 6 lees ons dat ons worstelstryd (‘n stryd op lewe en dood) teen ‘n leërskare van hooggeplaaste geestelike wesens is wat met krag en gesag beklee is, wat in die duisternis van die sonde versink het. Ja, teen die owerhede!
Aan die een kant dus het ons die opdrag om die owerheid gehoorsaam te wees en aan die ander kant is ons in ‘n doodstryd met dieselfde owerheid gewikkel! Hoe is dit moontlik?
Word boonop na die owerheid in hierdie land gekyk sien ons hoe hulle:
- God onteer en misken
- alles inspan om die Afrikanervolk te verneder en te ontmagtig
- kennelik toelaat dat wetteloosheid hand oor hand toeneem.
Dis moeilik om só ‘n owerheid te gehoorsaam. Tog moet ons die basiese doen terwyl ons nie net bid vir uitkoms uit hierdie bestel nie, maar ook ernstig sal werk aan ‘n alternatief. Die owerheid tas ons wreed en ru aan in ons geloofsgevoel, Christentradisies en kerklike opset. Ons het ‘n heidense owerheid.
Die dag kom vinnig nader dat hierdie land in absolute chaos sal verval wanneer daar van “regeer “ en ‘n “owerheid” nie sprake sal wees nie. Wanneer daar bloed in die strate sal wees. Vir daardie dag moet ons voorberei want dit sal ons Christelike plig wees om dan self ‘n owerheid oor ons aan te stel wat ons as volk sal moet uitlei en rigting gee.
Intussen het ons baie om te verduur en nog meer om voor te bid en te werk!