Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek het my Hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan, 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene... Jesaja 65:2-3
SWEDE ‘N VOORBEELD VIR ONS
Soms is die beste ding om te doen, om heeltemal niks te doen nie. Neem nou vir Swede waar die regering besluit het om niks toe te grendel nie, veral nie die ekonomie nie! Swede is vir elke land ‘n voorbeeld hoe om ‘n goeddeurdenkte balans te handhaaf. Skole, restourante, winkels en gimnasiums funksioneer soos normaalweg. Terselfdertyd het die regering die bevolking goed ingelig en op hoogte gehou van die werking en risiko’s van Covid-19 waardeur hulle die kans op besmetting tot die minimum beperk sonder dat hulle onder huisarres hoef te wees.
Swede se sterftesyfer is laag in vergelyking met die meeste lande en 99,980% mense het nie gesterf nie. Hiermee bewys hulle dat daar ‘n beter manier is om publieke gesondheidskwessies aan te spreek as om ‘n roekelose polisiestaatbeleid wat die ekonomie onherstelbaar skaad, in te stel.
Oor die finale resultate van Swede se keuse om die viruskwessie te hanteer, sal ons dalk eers na jare seker wees maar na verwagting sal die stygende immuniteit teen Covid-19 juis as gevolg van meer blootstelling die uitbreek daarvan mettertyd heeltemal en moontlik gouer as in ander lande hokslaan. Hierdie verwagting word versterk in die wete dat in sommige lande waar die grendeltyd nou stadig opgehef word, die besmettingsyfers van voor af die hoogte in skiet. Onthou hiermee saam dat die sterftesyfers in al die lande nog onder twee persent is en dat minstens 80% van die geïnfekteerdes ligte simptome ontwikkel en volkome herstel.
Wat die ekonomie betref, ons weet dat die meeste lande nie sommer triljoene dollars kan druk om die vernietigende effek van ‘n “lock down” op die ekonomie te keer nie. Dié lande gebruik nou hulle reserwes en leen groot somme geld by die Internasionale Monitêre Fonds om vir die tekort aan produksie te probeer vergoed. Dit gaan meebring dat hulle vir jare met stadige herstel en ‘n hoë werkloosheidsyfer gaan swoeg om uit die gemors te kom wat hulle leiers vir hulle bewerk het.
En dit geld ook vir Amerika, selfs al druk die regering nou op ‘n roekelose wyse geld om al hulle rekenings te betaal. Die onvoorsiene kostes vir Amerika kom nog in die vorm van ‘n langtermyn werkloosheidkrisis as gevolg van die miljoene middelgroot en klein besighede wat insolvensie in die oë staar.
Dit is waarom na lande soos Swede gekyk moet word waar die balans gehandhaaf word deur mense toe te laat om self te besluit waarvoor hulle kans sien. So het ‘n gedeelte van die bevolking wel uit hul eie besluit om te isoleer waar nodig. Maar groot dele van die ekonomie is op die been en sal dit nie ‘n krisis wees om weer volle produksie-kapasiteit sonder korrupsie te bereik nie.
‘n Sweedse staatsepidemioloog, Anders Tegnell, se kommentaar oor die situasie aldaar soos volg:
“Die waarheid is dat ons hier dieselfde beginsel as ander lande handhaaf. Soos almal probeer ons ook om die tempo van besmetting te vertraag. Maar die verskil tussen ons en ander lande het sy oorsprong in die tradisies en kultuur van Swede. Ons verkies vrywillige maatstawwe, en daar is ‘n hoë vlak van vertroue tussen die bevolking en die owerheid, daarom is ons in staat om geforseerde maatreëls te systap.”
Tegnell is nie ‘n radikale opportunis nie, hy is Swede se hoof-epidemioloog en het vir hoofstroomorganisasies soos die Wêreld-Gesondheidsorganisasie en die Europese Kommissie gewerk. Hy weet dus waarvan hy praat wanneer hy sê dat Swede met sy drie streke reeds in ‘n staat van fisieke weerstand teen die virus is. Talle mense is deur vinnige blootstelling nou reeds imuun daarteen en is die virus nie langer ‘n pandemiese bedreiging nie.
Suid-Afrika sal, soos sommige ander lande reeds het, die duur les nog leer dat R500 miljart verlies in 5 weke nie die gevolge werd was nie en uiteindelik ‘n baie hoër prys daarvoor betaal. Om in vyf weke R5.8 miljard vir elke sterfte te betaal laat mens wonder of die wiskundeprobleem in ons regering verder as Zuma strek... Maak maar gereed om deur derduisende meer bedelaars as gewoonlik, by straathoeke en winkels oorval te word – hierdie keer moontlik eerder aangerand te word vir ‘n stukkie kos, en verwag 'n sterk styging in gruwelmisdade van duisende geldlose hongeres wat die sterftesyfer werklik kan laat styg!