Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In die Bybelboek Sefánja is die volk met net een uitweg gelaat: hulle moes besef dat hul eie heldedade nooit die uitkoms vir hulle sou bied teen hulle vyande nie, dat hulle nie hulle eie krag kon vertrou nie. Ons klein Boerevolkie sal vandag weer daardie enigste uitweg moet volg: ons eie krag sal ons nie red uit ons huidige situasie waar ons stelselmatig uitgemoor word nie; ons sal as volk weer ons hoop en volle geloof in God moet stel om vir ons die oorwinningsmaal te berei.
‘BIG BROTHER’ WIL JOU KONTANT VAT
Daar is ‘n ou uitdrukking wat so lui: moet nooit ‘n goeie krisis vermors nie; in ander woorde: gebruik die skuiwergate in ‘n moeilike tyd tot jou voordeel. Sommige gaan selfs so ver dat hulle self die krisis skep sodat daar skuiwergate kan ontstaan. Dit is presies wat die internasionale geldmag gedoen het met die Koronavirus-sage. Terloops, die ou mediese handleiding AMA 1989 gee op bladsy 1051 ‘n skematiese uitleg van verskeie virusse en langsaan beskrywings van die siektes wat elkeen veroorsaak. Langs “Coronavirus” is die enigste beskrywing “Common cold”. Daar het ons dit uit die perd se bek!
Terug na skuiwergate: die superrykes wat die wêreld probeer voorberei vir die Nuwe Wêreldorde waar hulle volle beheer oor elke lewende siel en dooie voorwerp wil uitoefen, het die gewone verkouevirus in ‘n laboratorium aangepas sodat dit meer aansteeklik is en mense ernstiger as gewoonlik aantas, en daarmee het hulle ‘n hele paar skuiwergate geskep. Die belangrikste skuiwergat is natuurlik die entstof wat nou inderhaas “ontwikkel” moet word sodat hulle daarmee saam ‘n mikroskyfie kan inspuit wat hulle toegang tot digitale beheer gee oor elkeen wat dit gaan ontvang. Nog ‘n skuiwergat wat hulle hiermee geskep het, is die versnelling van hulle plan om ‘n kontantlose wêreld te skep. Almal sal met ‘n digitale kaart/foon/mikroskyfie toegerus word waardeur die geldmag presiese beheer kan uitoefen oor elke sent wat jy toegelaat sal word om te spandeer.
In kommunistiese Sjina is dit jarelank reeds die gebruik waar niemand sonder ‘n selfoon, toegang tot enigiets kry nie. Of die persoon op ‘n trein wil klim of wat ookal wil betaal, net die foon kan hom toegang daartoe gee wanneer hy die betaling daarmee doen.
Die afgelope weke tydens die inperking het Brittanje ook goed gevorder met hierdie planne. Besighede is aangesê om geen kontant te aanvaar nie en sommige het dit op voorwaarde dat dit die presiese bedrag is, wel nog aanvaar. Een van laasgenoemde is die Go North East Busdiens wat geen kleingeld meer uitdeel nie en aandring op die presiese bedrag. Die bestuurder van dié maatskappy bewoord dit so: “This is the latest change we’ve made to improve safety for both our workforce and our customers.” – Want die virus word glo deur kontant versprei. Toe volg ander busmaatskappye hierdie voorbeeld en word kontant in Brittanje nou vinnig uitfaseer. “Banknotes theoretically could carry the virus”, sê dr Christine Tait-Burkard, ‘n kenner van infeksie en immuniteit. So word daar onder vaandel van die virus goed gevorder met totstandkoming van die Nuwe Wêreldorde.
Maar in Londen is die stad reeds sedert 2014 kontantloos en word net kaarte gebruik. Tog is daar nou 29 busbestuurders aan Covid-19 oorlede?
Ross Clark, outeur van “The War Against Cash”, skryf dat sy epos-mandjie vanaf Januarie gereeld oorvol word van mediavrystellings waarin banknote en muntstukke die skuld kry vir die vinnige verspreiding van Covid-19. En met geen verbasing het hy opgemerk dat dié briewe almal van instansies kom wat direkte belang by ‘n kontantlose samelewing het. As voorbeeld het hy Fin Tech uitgelig wat die vooruitskatting maak dat hulle teen 2023 hulle huidige $1triljoen wat hulle met elektroniese hanteringsfooie invorder, sal verdubbel.
Neil Clark, joernalis en skrywer, vertel meer oor die geldmag se planne: “Hulle sien ‘n kontantlose samelewing as die sleutelkomponent van die ‘nuwe normaal’ wat hulle op ons wil afdwing wanneer die inperking uiteindelik verby is. Die planne byvoorbeeld met kroeë wanneer dit weer oopgestel word, is om klante vir hulle drankies deur middel van hul slimfone te laat betaal waar hulle by tafels sit wat ver uitmekaar is.
“Ons moet hierdie bose planne om verskeie redes hand en tand beveg. Dink net aan mense wat nie slimfone of ‘n bankrekening het nie. Veral oumense weet dikwels nie hoe om so ‘n foon te gebruik nie. Dan is die plan ook om elke transaksie wat ons doen te monitor en beheer. Wanneer jy reëls oortree bv hoeveel geld jy aan iets spandeer het, of iets op sosiale media kwytgeraak het waarvan hulle nie hou nie, sal jy van die finansiële stelsel afgesny word. Die Sjinese stelsel waar mense punte kan verdien of verloor vir ‘goeie en slegte gedrag’ is ‘n uitstekende voorbeeld van die totale beheer oor die ganse mensdom wat vir ons voorlê.”
Kontant is ‘Big Brother’ se grootste vyand. Dit gee aan die besitter daarvan genoeg onafhanklikheid om die owerheid te omseil. Die geveg wat nog voorlê om kontant in omloop te hou sal ‘n uiters belangrike geveg wees wat gewen moet word as ons nie soos marionette aan toue onder beheer van die komende Een Wêreldregering wil staan nie. Die prys wat ons gaan betaal as ons nie wen nie, sal by verre te hoog wees.