Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons mag ook op God staat maak dat Hy ons liggame beskerm - Dawid sê God is vir hom alles, sy Erfenis, Onderhouer van sy hele toekoms, en hy weet dat God sy siel nooit aan die doderyk sal oorgee nie, daarom skuil hy by Hom, en, sê Dawid, "...ook sal my vlees in veiligheid woon."
BEHOED ONS VAN 2e “LOCKDOWN”!
Het ons gedink die inperking in Suid-Afrika is ten einde? Dan moet ons kennis neem van wat besig is om in ‘n aantal ander lande te gebeur. 22 van 31 Europese lande, waarvan die meeste streng inperkings tydens die eerste virus-sage toegepas het, het nou glo weer hoër infeksiesyfers, soos berig deur The Guardian, 16 September 2020:
"Volgens die European Center for Disease Prevention and Control (ECDC), was Skandinawië se 14-dae kumulatiewe nuwe gevalle Dinsdag 22,2 per 100,000 inwoners, teenoor 279 in Spanje, 158,5 in Frankryk, 118 in die Tsjeggiese Republiek, 77 in België en 59 in die Verenigde Koninkryk. Intussen het infeksiesyfers in Swede 'n laagtepunt bereik.”
Dat daar ‘n aantal griepgevalle in die winter soos Europa nou betree, voor kom, is normaal, maar met al die leuens wat die eerste maal oor die besmettingsyfers geseëvier het sal dit dom wees om virussyfers ‘n tweede maal goedsmoeds as die werklikheid te aanvaar.
Dit is ook nie onmoontlik dat die ANC-regime die tweede golf sal ry nie. Soos ons hulle ken sal hulle seker weer in sterkste rat kom om ‘n punt te bewys en kan ons ook moontlik ‘n drakoniese opvolg grendelstaat beleef.
Ons het darem vir Swede as voorbeeld indien ons steun soek om teen ‘n tweede ingrendeling te protesteer. Vanaf middel September 2020 het die infeksiesyfer van Swede 'n laagtepunt bereik en COVID-19-verwante sterftes was nul. U sal onthou Swede is ‘n land wat geweier het om die Wêreldgeldmag te gehoorsaam deur nie landswye ingrendeling af te dwing nie. In plaas daarvan dat die hele land ingegrendel is, het Swede slegs hoërskole en kolleges tydelik gesluit, byeenkomste van meer as 50 mense verbied en bejaardes ouer as 70 gevra om hulself te isoleer. Anders Tegnell, die hoof-epidemioloog in beheer van die koronavirus-reaksie in Swede, het aan The Guardian gesê dat die hoofdoel van die genoemde paar inperkings was om die verspreiding van die virus te vertraag om só die noodsaak vir ‘n oorweldigende hoeveelheid mediese dienste te vermy. Dit was klaarblyklik die oorspronklike plan vir almal. Die verskil is dat Swede by die oorspronklike plan en doelwit gehou het, terwyl ander lande hulle reaksieplanne verdraai het om op die oog af die oordrag van infeksies heeltemal te probeer voorkom. Swede verwag ook nie soos nou die geval is met ander lande, ‘n tweede wydverspreide besmetting nie aangesien dit blyk dat kudde-immuniteit daar gevestig is weens hulle aanvanklike optrede teen die virus.
Op hierdie stadium blyk Swede 'n waardevolle toetsvoorbeeld te wees wat toon hoe ondoeltreffend en onnodig die wêreldwye stilstand was. Alle lande soos Suid-Afrika wat drakoniese vryheidsbeperkings ingestel het, het nie naastenby so goed gevaar as Swede nie, inteendeel!
Soos opgemerk deur die National Review in April 2020:
"In teorie kan minder fisieke interaksie die tempo van nuwe infeksies vertraag. Maar sonder 'n goeie begrip van hoe lank COVID-19 se virale deeltjies in lug, in water en op kontakoppervlakke oorleef, kan daaroor maar net bespiegel word. Dit is moontlik dat die vinnigste en veiligste manier om die kurwe plat te maak, is om jongmense toe te laat om normaal te meng, terwyl slegs verswakte en siekes geïsoleer moet word.”
Dit is in werklikheid die eerste keer dat gesonde mense in kwarantyn geplaas is eerder as die siekes en kwesbares. Soos Fredrik Erixon, die direkteur van die Europese Sentrum vir Internasionale Politieke Ekonomie in Brussel, verlede week in The Spectator (UK) geskryf het:
“Die teorie van' lockdown ' is nuut, vreemd en tot nou toe ongetoets. Dit is nie Swede wat 'n massa-eksperiment doen nie. Dit is almal anders. ''
Ten spyte van Swede se taktiese sukses, gaan baie lande steeds voort om nuwe afsluitingsbeperkings toe te pas en dit kwansuis as gevolg van nuwe hoë syfers in positiewe toetse. Byvoorbeeld, op 22 September 2020, het die Britse premier Boris Johnson nuwe beperkings aangekondig wat vir die volgende ses maande van krag sal wees, en gewaarsku dat as die Britte nie die reëls nakom nie, hulle dalk 'n tweede volwaardige grendelstaat sal beleef. Johnson se aankondiging kom op die hakke van voorspellings deur professor Chris Whitty en Sir Patrick Vallance, wie se modelle voorspel dat die Verenigde Koninkryk moontlik teen middel Oktober na 50 000 nuwe "gevalle" (dws positiewe toetse) gaan kyk, tensy nuwe beperkings ingestel word. Maar die realisering van hierdie voorspellings is net so onwaarskynlik as dié met die eerste grendelstaat. Kan u onthou hoeveel miljoene mense daar voorspel is sou sterf waarvan nie ‘n honderdste gerealiseer het nie? En intussen is daar nog nie eers noemenswaardig verhoogde syfers van positiewe gevalle in Brittanje nie; nou waar kom hierdie dreigement vandaan, of moet mens eerder vra, is dit alweer die Geldmag wat nog ‘n rondte beoog en Johnson voorskryf om die publiek met ‘n totale grendelstaat te dreig?
Ons hoef nie te verbaas te wees indien dieselfde hier gebeur nie. Die enigste verdedigingsargument sal wees dat ons reeds uit ons winter gekom het en nou nie griepvirusse in oormaat sal beleef soos tydens wintersmaande nie. ‘n Ander moontlike argument is die ekonomiese skade wat ons reeds gely het maar met ‘n regime wat niks daarvan verstaan nie beteken ‘n totale ekonomiese ineenstorting vir hulle nie veel nie en gaan dít hulle nie keer om steeds korrup en onverantwoordelik op te tree nie.
Of sal ons soos die wyse manne in Swede kan maak? In April 2020 het Emma Frans, wetenskaplike en 'n postdoktorale navorser in mediese epidemiologie aan die Karolinska Instituut in Stockholm, aan die National Review gesê:
"Die strategie in Swede is om te fokus op sosiale afstand tussen bekende risikogroepe, soos bejaardes. Ons probeer bewysgebaseerde maatreëls gebruik. Ons probeer dit by die alledaagse lewe aanpas. Die Sweedse plan is om maatreëls te hê wat die mense kan bly nakom. “ ‘n Mens mag droom...
As gevolg van hulle sinvolle benadering tot die pandemie, het Swede die finansiële ondergang grootliks vrygespring. Dit beteken ook dat hulle die impak van die pandemie op geestesgesondheid tot 'n minimum beperk het. Soos Tegnell aan The Daily Mail op 4 April gesê het: "Ons kan nie al ons dienste vernietig nie. En werklose mense is 'n groot bedreiging vir die openbare gesondheid. Dit is 'n faktor waaraan u moet dink."
Inderdaad, om gesonde mense te verbied om te werk vernietig die middelklas in lande, en het 'n massiewe toename in selfmoord en ander tragedies tot gevolg gehad. Soos opgemerk deur Robert F. Kennedy Jr. in sy artikel "Hoe die regering angs gebruik om ons te beheer", is uit die 1980's bevind dat daar vir elke 1-punt toename in werkloosheid 37,000 oortollige sterftes was, 4,000 oortollige gevangenisstraf en 3,300 oortollige opnames in geestesinrigtings. Kennedy noem ook onlangse gegewens van 'n hospitaal in San Francisco wat verklaar dat hulle genoeg selfmoorde vir een jaar in een enkele maand gesien het, 'n toename van 1200%.
Daarby het Britse navorsing getoon dat daar gedurende vyf weke 30 000 oortollige sterftes in verpleeginrigtings gedurende die ingrendeling was, met slegs een derde van hulle aan COVID-19 te danke.
Met ander woorde, die sterftesyfer weens isolasie was dubbel dié van die virus s’n. Mense het nie die nodige mediese sorg gekry vir chroniese toestande nie. Kennedy wys ook tereg daarop dat wat ons sal sien - en reeds sien - die uitwissing van die middelklas en die verskuiwing van rykdom van die armes na die alreeds ultra-rykes is. En hier slaan hy die spyker op sy kop! Alles gaan oor geld, daar word nie verniet gepraat van die Geldmag wat hier agter is nie. So is ook die ANC-regering biljoene ingestop om te lieg oor besmetting- en sterftesyfers, en sal hierdie korruptiewe spul dit sonder ‘n oogknip weer doen indien hulle nog geld aangebied word.
Daar is oral bewyse dat die hele virus-kabaal nie veel met die virus nie maar alles met geld en mag te doen gehad en steeds het. Anthony Carnevale, direkteur van die Georgetown University Centre for Education and the Workforce, het vroeër die jaar gesê: “ Wat ek hier sien gebeur, is 'n kernaanval op suksesvolle universiteitsopgevoede gesinne, wat die nuwe soort Amerikaanse families uit die middelklas is. Daar is 'n professionele mag wat op hulle toeslaan. Wat baie belangrik is, is dat die totale sterftesyfer van alle oorsake nie beduidend anders is as in vorige jare nie, soos bespreek deur my onderhoud met Denis Rancourt. Baie ander sterftes is verskuif na COVID-19, wat 'n groot toename in COVID-sterftes op papier meebring, maar as u na die area vir totale sterftes kyk, verskil dit regtig nie van vorige jare nie.”
Hierdie statistiek is ook deur die Amerikaanse Instituut vir Ekonomiese Ondersoek benadruk. Reeds in April 2020 het hulle na die COVID-19-pandemie verwys as “ 'n ernstig statistiese horrorverhaal wat gelei het tot 'n vandalistiese afsluiting van die ekonomie. Die jongste syfers oor die totale sterftesyfer as gevolg van alle oorsake, toon geen toename nie. Sterftes is laer as in 2019, 2018, 2017 en 2015, en effens hoër as in 2016. Enige bevoordeelde opwaartse word veroorsaak deur bevolkingsgroei”.
'n Globale studie wat in Israel gepubliseer is deur professor Isaac Ben-Israel, voorsitter van die Israeliese Ruimteagentskap en Raad vir Navorsing en Ontwikkeling, skryf “ ...dat die verspreiding van die koronavirus ná 70 dae tot byna nul daal - maak nie saak waar dit toeslaan nie, en dit maak nie saak watter maatreëls regerings instel om dit te probeer stuit nie. Trouens, deur die immuniteit van kuddes, veral onder studente en ander nie-vatbare jongmense te belemmer, het die ingrendeling die mediese probleem verleng en vererger.”
Gaan ons hier in Suid-Afrika ‘n tweede ingrendeling duld, of gaan ons stemme saam daarteen dik maak as dit gebeur?