Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom koes mense so vir stilte? Is hulle bang vir wat hulle omtrent hulself sal ontdek? Daar is niks sterker en meer genesend as stilte nie; dit is die beginpunt van gebed en kan meer van jouself en jou Skepper onthul as ure se gepraat.
OP DIE TRANSHUMANIS- TIESE NWO-PAD
ONS IS NET KNOPPIES OP HUL KONTROLEBORD
COVID-entstof is 'n bedryfstelsel, sê Moderna, die vervaardigers daarvan. Ja, u kan dit self gaan lees op Moderna se webblad by www.modernatx.com
‘n Bedryfstelsel is nie ‘n entstof of ‘n ‘vaksiene’ nie, om dan die anglisisme te gebruik. ‘n Bedryfstelsel is in Engels ‘n “operating system”; of te wel ‘n stelsel wat deur iemand bedryf, bestuur of beheer moet word.
Die COVID mRNA-entstof is 'n bedryfstelsel wat u eie DNA kan programmeer en ú liggaam dus kan programmeer. Is dit ‘n oordrewe stelling? Nee! Want Moderna sê op hul webwerf dat hul mRNA-tegnologieplatform die “sagteware van die lewe” is en dat dit baie soos 'n bedryfstelsel op 'n rekenaar funksioneer. Dit staan só op hul webwerf geskryf:
“Dit is so ontwerp dat dit met verskillende programme kan wissel en speel. In ons geval is die 'program' of 'app' ons mRNA-middel – die unieke mRNA-volgorde wat wat kodes gebruik om 'n proteïen te kry.”
Die Geldmag se spelplan maak dus van elke mens net 'n digitale knoppie op die beheerstelsel se kontrolebord.
Ons beweeg vinnig na die wêreld van transhumanisme waar ons natuurlike biologiese liggame gekaap en met sintetiese dele waaronder patogene wat siek maak, geïnfiltreer word. Die Nuwe Wêreldorde (NWO) se base wil 'n soort Microsoft-kantoorstelsel of te wel ‘sagteware’ in u liggaam en brein aflaai en u aan die JEDI- en / of Amazon-CIA-wolk koppel, sodat hulle direkte toegang tot u brein het. Dan kan hulle 'entstowwe' wat nie entstowwe is nie, uitrol om u voortdurend op te dateer, net soos rekenaarsagteware gereelde opdaterings kry – dit het Bill Gates al male sonder tal self gesê, dat daar veelvuldige inentings vir elke persoon beoog word. Daarom sal die ‘virus-pandemie’ nooit stop nie, mense moet blywend siek en oortuig voel dat hulle die ‘inentings’ nodig het.
Alison McDowell vat die huidige transhumanistiese NWO-pad met die grootste waarskynlikheid hieronder saam, wat sosiale krediet, 5G, die Smart Grid en AI insluit:
“Binne hierdie tegnologiese stelsel, sal volkome gehoorsaamheid van die mens geëis word. In die eerste fase word ons geoefen vir 'n toekoms waar ons met mekaar sal moet kompeteer om te sien wie die meeste gehoorsaam is aan die reëls. Om te oorleef, sal beteken dat u moet voldoen aan die streng bepalings van die psigopatiese planne waarvoor u gehoorsaamheid finansieel vergoed sal word. Indien u nie gehoorsaam is nie, verbeur u toegang tot alle fondse en lewensmiddele. In wese word die aarde herbou as 'n geo-omheinde digitale gevangenis waarvoor 5G- en satellietkonstellasies gebruik word. Al u data sal by u 'permanente rekord' gevoeg word om u waarde as mensekapitaal vir beleggersportefeuljes te evalueer. Die miljardêrs voorsien 'n toekoms waar vryheid 'n voorreg is wat beperk is tot hulself. Wees verseker die AI-stelsel (Artificial Intelligence)is reeds in gebruik en die opsporing van persone se sosiale kredietwaardigheid is goed op dreef. ”
Dit is nie luukse sprokies nie, maar eerder 'n besef dat ons deel is van die skepping van 'n nagmerrie-wêreld deur toe te laat dat ons persepsie deur die media geskep word, dat ons gebreinspoel word om die Nuwe Wêreldorde met sy Een Wêreldregering te help bewerkstellig. Hulle gebruik ons energie om dit te doen! Dit is 'n somber toekoms, maar hierdie beplande toekoms is egter nie ‘n voldwonge feit nie. Totalitêre transhumanisme is nie 'n uitgemaakte saak nie.
Dit is belangrik om te weet en om ander te vertel dat die huidige mRNA COVID-entstof nie 'n entstof is nie maar ‘n sintetiese patogeen. Hierdie inspuitings is ontwerp om u op fundamentele vlak te herprogrammeer. Dit is nie entstowwe nie, dit is nie dwelms nie, en dit is nie behandelings of medisyne nie. Dit is chemiese toestelle, bedryfstelsels, sintetiese patogene waarmee hulle u genetika permanent wil verander en die hele wêreld onder hulle mag kry.
Lesers, artikels soos hierdie is nie die versinsels waarvan dit beskuldig word nie. Dit is nie “conspiracy theories” of te wel sameswering-teorieë soos dit deur die werklike samesweerders uitgemaak word nie. Nee, dit is 'n wekroep aan almal om harder te probeer om hierdie donker, skelm agenda te stop terwyl daar nog tyd is! Dit is ‘n pleidooi dat mense wakker moet skrik en die diaboliese plan van die satan om mense hulle die ewige lewe te ontneem, raaksien. As u twyfel, asseblief, gaan lees weer u Bybelboek Openbaring hoe die mense van “daardie tyd”, en daardie tyd staan nou voor u deur!, nie sal kan koop of verkoop tensy hulle die merk van die dier dra nie. Daardie merk is die merk wat u van die Nuwe Wêreldregering sal ontvang deur middel van die inspuitings wat nie inentings is nie. En wanneer u die eerste van die inspuitings ontvang het sal dit te laat wees om om te draai.
Wie nie glo nie se bloed sal aan sy eie hande wees....