Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
En dink aan ju Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie – Prediker 12.
VOLKSMOORD OP SY BESTE!
Die uitvoerende hoof van Pfizer wat Israel van miljoene dosisse Covid-entstof voorsien het, Albert Bourla, sê Israel is die wêreld se laboratorium, menende Pfizer is besig om sy entstof op die Israeli’s te beproef.
En wat gaan werklik in Israel aan?
Daar is reeds 90% van alle Israeli’s ouer as 60 ingeënt. En nou na twee maande van intensiewe massa-Pfizer-inentings het die aantal sterftes verdubbel, twee maal hoër as wat dit nog ooit was. Ook die Covid-gevalle het skerp gestyg sommer reeds die eerste maand van inentings waarvan 76% van die nuwe gevalle mense onder die ouderdom 39 is. Slegs 5,5% is ouer as 60. Het die inentings die rigting van die infeksie na ‘n ander demografie verskuif, of het die entstowwe ‘n meer virulente stam van die virus geskep wat jonger mense teiken? Waarom het swanger vroue skielik almal kritieke sorg nodig en waarom het Covid onder babas die hoogte ingeskiet met ‘n yslike 1,300%? Algehele positiewe toetse neem toe, en die R is hoër as 1, wat aandui dat die epidemie versprei. Dit kom voor by die meeste volwassenes wat ingeënt is en byna die hele hoë risiko-populasie is volledig ingeënt.
Hier is 'n uittreksel uit 'n onderhoud met die joernalis Gilad Atzmon wat verduidelik wat werklik gebeur het:
“Nadat die inentingsveldtog begin het, het ons 'n baie interessante verskuiwing gesien. Terwyl die Ortodokse Jode in 'n groot mate die inspuiting gekry het, het die Palestyne (Israeliese Arabiere) nie hierdie patroon gevolg nie. In die vroeë stadiums van die inentingsveldtog in Januarie, het ons 'n styging van 15 keer soveel siektes in die Ortodokse Joodse segment gesien, terwyl ons 'n beduidende daling (in siektes) in die Israeliese Arabiese segment gesien het. Deur nie die entstof te neem nie, het die vlak van siektes skerp gedaal. Toe begin ek agterkom daar is 'n verband tussen die inenting en siektes. ”
Wat beteken dit alles? Wat vertel hierdie ontstellende resultate ons oor die aggressiefste inentingsveldtog wat ooit in 'n land gevoer is wat effektief van die res van die wêreld afgesluit is? (Israel is steeds in die afsondering).
Dit vertel ons twee dinge:
1. Dat die media disinformasie versprei oor Israel se fiktiewe sukses om Covid-19 te beveg.
2. Dat die inentings 'n nuwe infeksiestam tot gevolg het wat meer aansteeklik en dodeliker kan wees as die oorspronklike.
Hier is hoe Atzmon dit saamgevat het:
“Die bewyse wat in Israel versamel is, dui op 'n noue verband tussen massa-inenting, en die hoeveelheid gevalle en sterftes. Hierdie korrelasie wys op die waarskynlikheid dat dit die entstof is wat die virus versprei, of selfs 'n reeks mutante wat verantwoordelik is vir die radikale verskuiwing in simptome hierbo.”
Bingo! Die entstowwe is die bron van 'n nuwe mutasie waarvoor lande soos Brasilië, Suid-Afrika, en die Verenigde Koninkryk die skuld kry terwyl die skeppers van hierdie klug goed weet dat die entstowwe self die bron van die probleem is, die bron van die demografiese verskuiwing, die bron van die nuwe gevalle, die bron van die nuwe hospitalisasies en die bron van die nuwe sterftes. Hulle weet dat hierdie chemiese inspuiting ontwerp is om presies te doen wat dit nou doen in Israel, die Verenigde Koninkryk, Portugal en al die ander lande wat tans groot dele van hul bevolking met hierdie giftige stof inspuit.
En watter rol speel die media in hierdie ongekende tragedie?
Hulle speel dieselfde rol as wat hulle altyd speel deur middel van leuens en fiktiewe stellings om die publiek in die donker te hou. Kyk nou na hierdie uittreksel uit 'n artikel in Technology Review:
'' In 'n uitgelekte wetenskaplike verslag, wat gesamentlik opgestel is deur die Israeliese ministerie van gesondheid en Pfizer, word beweer dat die Covid-19-entstof van die maatskappy nege uit tien infeksies stop en dat die land teen volgende maand kudde-immuniteit kan nader.
“Die studie, gebaseer op die gesondheidsrekords van honderdduisende Israeli's, het bevind dat die entstof die oordrag van die koronavirus skerp kan beperk. 'n Hoë opname van entstowwe kan die pandemie betekenisvol stuit en bied hoop vir die uiteindelike beheer van die pandemie, aangesien inentingsprogramme regoor die res van die wêreld toeneem," volgens die skrywers.
Die landwye studie is Donderdag deur die Israelse nuuswebwerf Ynet beskryf en 'n eksemplaar is deur MIT Technology Review verkry. Volgens hierdie artikel is alles in Israel net reg. Dinge kan net nie beter wees nie. Volgens die outeurs is kenmerke van die nuwe mRNS-entstowwe die:
1. Voorkoming van Covid (“die entstof kan die meeste infeksies voorkom, ook die wat nie simptome veroorsaak nie ...”)
2. Staking van oordrag - (“Covid-19-entstof sny die oordrag skerp af… stop nege uit tien infeksies ... ”)
3. Vermindering van hospitalisasies - (“die entstof is in staat om siektes en sterftes van Covid-19 met meer as 93% te verminder.”)
4. En die weg baan vir wydverspreide (kudde) immuniteit - (“die land kan kudde-immuniteit teen volgende maand benader.”)
Dit is ‘n triomfantelike verslag! Die skrywers bevestig dat die entstowwe nie net volgens ontwerp werk nie, maar dat Israel effektief die oorhand gekry het in die oorlog teen die dodelike pandemie.
“Nee, dit is nie waar nie,” sê die hoofwetenskaplike van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), dr. Soumya Swaminathan. “Ek glo nie dat ons die bewyse het oor enige van die entstowwe om so vol vertroue te wees dat dit sal voorkom dat mense die infeksie kry en dit dus kan verkondig nie." (COVID 19 News Watch Archive, Children's Health Defense). Mens sou op hierdie punt wou vra waarvoor die WGO dan die inentings aanbeveel!
So, wat beteken dit?
Dit beteken dat die entstowwe nie doen wat hulle moet doen nie. Hulle verhoed nie dat iemand Covid opdoen nie, en verhinder ook nie dat die infeksie na ander versprei nie. Dus, oor die twee belangrikste kwessies, misluk die entstowwe.
Beskou die kort uittreksels van die opmerkings van dr Geert Van den Bossche, 'n onafhanklike viroloog en entstofdeskundige wat voorheen werksaam was by GAVI en die Bill and Melinda Gates Foundation:
“'n Ope brief ‘Waarom massa-inenting te midde van 'n pandemie 'n onherroeplike monster skep’. Gerig aan'alle owerhede, wetenskaplikes en kundiges regoor die wêreld, en virwie dit mag aangaan ...om die massa-inenting teen Covid onmiddellik te staak te midde van bewyse dat die voortgaan van die inentingsprogram die gevolge van die pandemie dramaties sal vererger. Basies sal ons baie gou gekonfronteer word met 'n super-aansteeklike virus wat ons kosbaarste verdedigingsmeganisme heeltemal weerstaan: die menslike immuunstelsel.’ “
Openbare gesondheidsamptenare moet vrae beantwoord en mense se vrese besweer of stappe doen om die inentingsveldtog onmiddellik te beëindig. Want as selfs 'n klein deel van wat Atzmon sê waar is, kan ons die grootste wêreldwye openbare gesondheidskrisis in die geskiedenis voorspel. Daar is eenvoudig geen manier om te weet hoeveel mense onnodig sal sterf of onherstelbare fisiese skade sal ly as gevolg van die oorhaastige implementering van 'n potensiële volksmoordprogram wat geskryf is en bestuur word deur miljardêr-aktiviste en hul bondgenote. Dit alles net vir hulle versteurde, sataniese politieke doelstellings vir mag en geld!