Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Wat jy tot My gebid het... het Ek gehoor". Ook in tye van krisis en nood luister die HERE na sy kinders soos Hy hier geluister het en Hiskía gehelp het.
INENTING-SLANG IN DIE GRAS
Dit is nie net in Israel waar die strop al nouer om die bevolking se nekke getrek word nie; die Amerikaners is hewig in opstand oor die rigting waarin verpligte inenting nou beweeg. Jongmense en selfs babas gaan blykbaar nou gedwing word om die inentings te ontvang, net soos in Israel waar die kinders nie eers hulle eksamen mag gaan skryf tensy hulle ingeënt is nie. Dit nadat die COVID-19 oorlewingsyfer by kinders en jong volwassenes vanaf geboorte tot 19 jaar ‘n uitstekende 99,997% is . Onder die kinders wat in die hospitaal opgeneem is, is slegs 0,19% van die kinders aan COVID-19 oorlede. Hier is duidelik ‘n yslike slang in die gras is.
Ten spyte van die feit dat COVID-19 min invloed op kinders gehad het, is gesondheidsbeamptes in ‘n paar lande besig om druk uit te oefen vir die wydverspreide inenting van kinders en jongmense. Die Universiteit van Oxford, wat saamwerk aan 'n COVID-19-entstof met AstraZeneca, skryf reeds kinders tussen die ouderdom van 6 jaar tot 17 jaar in vir hul Britse inentingsproefneming ten spyte daarvan dat 'n COVID-entstof vir babas en kinders net so gevaarlik en dwaas is soos die entstof teen hepatitis B vir babas.
Moderna skryf ook 3000 kinders tussen die ouderdom van 12 tot 17 in om hul COVID-19-entstof te toets, met nogal dieselfde dosis wat aan volwassenes gegee word, terwyl Pfizer ook sy kliniese toetse uitgebrei het tot kinders so jonk as 12. Johnson & Johnson het selfs aangekondig dat hy op 28 Februarie 2021 begin het om COVID-19-entstof op babas te toets, insluitend pasgebore babas, swanger vroue en mense met 'n aangetaste immuunstelsel, alles dinge wat totaal teen die grein van vorige ervarings en kennis inwerk.
Daarby is die COVID-19-entstof regtig nie 'n entstof in die mediese definisie van 'n entstof nie. Dit is 'n eksperimentele geenterapie, waarvan die doeltreffendheid en veiligheid nog lank nie bewys word nie. Gedurende die eerste ses weke nadat die entstof beskikbaar gestel is, is meer as 500 sterftes na inenting en byna 11 000 ander nadelige voorvalle by die Amerikaanse verslagstelsel vir inenting teen ongewenste voorvalle (VAERS) aangeteken. Onthou, in Israel het die dodesyfer in die eerste twee maande van inenting verdubbel!
Volgens Children's Health Defense (CHD) se professor Dolores J. Cahill, Ph.D., 'n molekulêre bioloog en immunoloog, verwag hy om opeenvolgende golwe van ongunstige reaksies op die eksperimentele messenger RNA (mRNA) inspuitings te sien wat wissel van anafilakse en ander allergiese reaksies, reaksies op outo-immuniteit, sepsis en orgaanversaking.
Aangesien COVID-19 'n uiters lae risiko het, veroorsaak inenting nou ‘n baie groter risiko as voordeel, en ouers kan verstaanbaar huiwerig wees om hul kinders hierdie eksperimentele en ongelisensieerde geenterapie te laat ontvang. Openbare gesondheidsamptenare het dit egter duidelik gemaak dat die inenting van kinders afgedwing gaan word.
En hier is die rede vir die slang in die gras: Reeds in April verlede jaar - toe niks oor die epidemiologie van COVID nog bekend was nie en kandidaat-entstowwe skaars begin bestudeer is - stel Bill Gates dat pediatriese druk uitgeoefen behoort te word en verklaar dat die einddoel is om COVID-19-entstowwe deel te maak van die roetine-skedule vir pasgebore inenting. Die verskoning hiervoor is dat dit sal bydra om sogenaamde kudde-immuniteit te skep.
Wat egter grootliks geïgnoreer word, is die studies wat toon dat kinders nie naastenby so vatbaar vir die COVID-19-virus is nie, en hulle dit waarskynlik minder oordra as wat volwassenes doen.
Kudde-immuniteit, wat voorkom wanneer genoeg mense immuniteit teen 'n aansteeklike siekte verkry sodat dit nie meer wyd in die gemeenskap kan versprei nie, word bereken met behulp van die getal, R-nul (R0), wat die geskatte aantal nuwe infeksies is van een besmette persoon. R0 van onder 1 (met R1 wat beteken dat een persoon wat besmet is, na verwagting een ander persoon sal besmet) dui aan dat die gevalle afneem, terwyl R0 bo 1 daarop dui dat die gevalle toeneem. Dit is egter nie 'n presiese wetenskap nie, aangesien die vatbaarheid van 'n persoon vir infeksies afhang van verskillende faktore, insluitend hul gesondheid, ouderdom en kontak binne 'n gemeenskap. Voorlopige verslae bevind dat kinders, veral jonger as 10 jaar, minder vatbaar en aansteeklik kan wees as volwassenes, in welke geval hulle gedeeltelik weggelaat kan word van die berekening van kudde-immuniteit. Daarby is COVID-geenterapie nie ‘n konvensionele entstof wat ‘n antigeen van die siekte gebruik om teenliggaampies te vorm nie; dit bestaan uit sintetiese RNS-fragmente wat in ‘n nanolipied-draerverbinding ingekapsel is; dit is ‘n proteën en kan nie immuniteit bewerkstellig nie.
Op 'n virtuele perskonferensie wat op 28 Desember 2020 deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gehou is, het WGO-amptenare gewaarsku dat daar geen waarborg is dat COVID-19-entstowwe sal voorkom dat mense besmet word met die SARS-CoV-2-virus en dit oordra na ander mense nie. Nou in hemelsnaam, waarom dan die mense daarmee inspuit?
Daar is net een antwoord: die superrykes van die wêreld, die Geldmag met al sy seekatarms, maak triljoene uit hierdie hele sogenaamde pandemie wat hulleself geskep het, en sodoende bereik hulle hul doel om die hele wêreld onder hul beheer te plaas met ‘n Een Wêreldregering wat nie meer lank onsigbaar sal wees nie. Wanneer hulle hul ideaal bereik het deur eenderde van die wêreldbevolking uit te wis, sal dit vir hulle makliker wees om van die res deur middel van digitale beheer slawe te maak en arm te hou. Dus, om grootliks babas en jong kinders te laat sterf vergemaklik die hele proses – hulle weet hulle kan nie elke volwassene dwing om die gifstowwe te laat inspuit nie maar as dit wetgewing is om elke baba by geboorte daarmee in te spuit het hulle die hele volgende generasie onder hulle beheer. Diegene wat dit oorleef sal in soveel gesondheidsellende verkeer dat hulle nie vir die voortbestaan van die Geldmag gevaar sal inhou nie.
Dit is waarheen die hele sage op afstuur – en dit is nie misinformasie nie maar die korrekte feite, die tyd sal dit nog bewys!