Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet jy wat ware geloofsvertroue beteken? Om God alreeds vir verlossing te dank voordat die noodsituasie in jou lewe verby is, is ware geloofsvertroue!
WIE IS DIE REGTE APE ? MET DIE BREINPOKKE...
U sal onthou dat daar in Oktober 2019 ‘n voorspellingsoefening van die hele Covid-sage deur die Kabaal in Switserland gehou is. Hulle het selfs voorspel dat sowat 60 miljoen mense hopelik in die “pandemie” sal sterf. Dit was stilgehou tot in Maart 2020 toe die res van die wêreld moes verneem van die “dodelike virus” en almal beangs hulle regerings se drakoniese opdragte gehoorsaam het. Maar teen hierdie tyd weet die meeste mense dat dit ‘n poging van die Geldmag is om beheer oor die wêreld ten einde ‘n eenwêreldregering te vestig. Hulle kan egter nie in een so ‘n sarsie volle mag bekom nie en nou staan ons voor die tweede sogenaamde pandemie naamlik “Monkeypox” of dan Aappokke.
In 2021 hou die Kabaal toe weer ‘n voorspellingsoefening, hierdie keer oor die virus “Monkeypox”. Soos by dié oefening besluit, is hierdie "pandemie" nou gereed om die plek van die “Covid-pandemie” (wat terloops, sommer net so skielik verdwyn het) in te neem.
Aappokke is 'n siekte wat toevallig baie van die simptome van gordelroos naboots – soveel so dat die Departement van Gesondheid in Queensland, Australië, sommer dieselfde foto gebruik het om albei infeksies te illustreer – die foto's is sedertdien verwyder...
Die eerste Europese geval van Aappokke is op 7 Mei 2022 in die VK bevestig. Die eerste saak in die VSA is op 18 Mei 2022 aangemeld. Toe, skynbaar oornag, is gevalle oor die hele wêreld aangemeld. Op 20 Mei 2022 het die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n noodvergadering gehou om verslae van meer as 100 vermeende gevalle in nege lande, waaronder België, Frankryk, Duitsland, Italië, Nederland, Portugal, Spanje, Swede, die VK, die VSA, Kanada en Australië te bespreek. Intussen het België ‘n mandaat afgekondig waartydens almal wat positief vir Aappokke-toets, 21 dae in isolasie sal moet deurbring.
Teen 23 Mei is glo gevalle van Aappokke in drie bykomende state aangemeld: New York, Florida en Utah. Daar word gesê dat al die pasiënte in 'n goeie toestand was en staatsgesondheidsdepartemente was dit eens dat die gevalle geen ernstige risiko vir die publiek inhou nie.
Maar Biden het reeds 'n bestelling van $119 miljoen vir Aappokke-entstof geplaas en die VK doen 'n beroep op almal wat direkte kontak met 'n bevestigde geval gehad het om vrywillig vir 21 dae te isoleer – maar so ken ons mos die VSA en die VK en die redes waarom hulle dit doen. Al hierdie “pandemie-tekens” is presies wat die regerings wêreldwyd nou nodig het om hulle gesondheidsdepartemente aan die WGO oor te gee – heel gepas net ná die DAVOS-beraad oor hierdie saak, sou mens sê...
Aappokke is 'n tipies ligte virussiekte wat gekenmerk word deur koors, hoofpyn, spierpyne, uitputting, geswelde limfkliere en 'n uitslag wat geneig is om op die gesig te begin voordat dit na ander dele van die liggaam versprei.
Die etter-gevulde knoppies staan bekend as "pokke." Die knoppies word droog en verdwyn na drie tot vier weke. Die infeksie is nie maklik oordraagbaar nie, aangesien dit direkte kontak met liggaamsvloeistowwe vereis.
Alhoewel daar geen effektiewe behandeling bekend is nie, herstel die meeste pasiënte sonder enige behandeling hoegenaamd. Histories het die infeksie hoofsaaklik die Afrika-kontinent geteister waar 'n paar duisend gevalle elke jaar aangemeld word. Baie van die huidige gevalle is egter nie gekoppel aan reis nie, wat die huidige uitbraak in soveel verskillende gebiede 'n seldsame eienaardigheid maak – maar met die Geldmag en sy sataniese planne in ag geneem is dit nie werklik vreemd nie.
Wat navorsers uit voorlopige genetiese data kan waarneem is dat die stam van die Aappokke-virus wat in Portugal voorkom, verwant is aan 'n virusstam wat hoofsaaklik in Wes-Afrika voorkom. Hierdie stam veroorsaak ligte siektes en het 'n lae sterftesyfer – sowat 1% in arm landelike bevolkings – laag in vergelyking met die een wat in Sentraal-Afrika sirkuleer.
Dit blyk dat die Aappokke-uitbraak ook gebruik word om The Great Reset op ánder maniere te bevorder. VK-gesondheidsamptenare waarsku dat dié virus deur die verbruik van besmette vleis kan versprei, en ons weet reeds dat die uitskakeling van vleisverbruik ‘n ernstige deel van die globalistiese agenda is, dus gaan daar moeite gedoen word om vleis te besmet.
Die feit dat 'n oefening van 'n Aappokke-uitbreking in Maart 2021 plaasgevind het en die begindatum van hierdie fiktiewe scenario middel Mei 2022 was, maak die spontane uitbreek van Aappokke baie onwaarskynlik, die toeval is net te groot. Die Aappokke-oefening is deur die Nuclear Threat Initiative (NTI) gehou, wat deur Bill Gates gefinansier word wat reeds alles verklap. Die fiktiewe begindatum van die Aappokke-pandemie in hierdie oefening was vir 15 Mei 2022 beplan. Die eerste Europese geval daarvan is op 7 Mei 2022 geïdentifiseer.
Verwagte maatreëls vir die Aappokke sluit alles in wat ons tydens die Covid-pandemie gesien het soos maskermandate, die verbod op massa-byeenkomste, reisgesondheidsondersoeke en entstofpaspoorte wat in baie lande verpligtend was. Dit ondanks oorweldigende bewyse dat hierdie strategieë op sy beste ondoeltreffend is terwyl dit verwoestend vir openbare gesondheid en ekonomieë is.
Wat weet ons van die “Monkeypox-entstof”? Die entstof wat tans deur die VSA en Europa opgegaar word, is nie spesifiek vir Aappokke nie. Dit is eintlik 'n pokke-entstof. Daar word beweer dat dit 85% doeltreffend is om pokke te stop. In die VK het noue kontakte van diegene wat met Aappokke besmet is, reeds die pokke-entstof ontvang – 'n strategie bekend as "ring-inenting." In die VSA is daar tans twee pokke-entstowwe beskikbaar:
•ACAM2000-inspuiting is in 2007 deur die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie goedgekeur en is hoofsaaklik beperk tot gebruik in militêre personeel weens sy veiligheidsrisiko's, met soveel nagevolge dat dit die dood insluit. Verdere newe-effekte sluit in miokarditis en perikarditis teen 'n koers van 5,7 per 1 000 ingeëntes, asook enkefalitis, erge velinfeksie, blindheid, fetale dood en meer. Huishoudelike kontakte staar dieselfde risiko's in die gesig as die ingeënte individu, dus is daar net soos in die Covid-gifinspuiting stowwe in wat oorgedra kan word na mense naby aan jou.
•Jynneos (bekend as Imvamune in Kanada of Imvanex in Europa35) is in 2019 deur die FDA goedgekeur. Dit is 'n verswakte lewende entstof, aangedui vir die voorkoming van pokke en Aappokke by volwassenes van 18 jaar en ouer, en diegene wat nie met ACAM2000 ingeënt kan word nie weens kontra-indikasies soos atopiese dermatitis, immuunversakende toestande, borsvoeding of swangerskap. Dit is die enigste FDA-goedgekeurde Aappokke-entstof vir nie-militêre gebruik.
Maar Moderna het reeds 'n Aappokke-entstof in pre-kliniese proewe. Dit is onduidelik wanneer daardie proewe begin het maar net die feit dat Moderna hiermee gemoeid is vertel ons hoe gevaarlik hierdie sogenaamde inenting gaan wees.
Soos opgemerk deur die onafhanklike joernalis Whitney Webb, sal Emergent BioSolutions en SIGA Technologies – wat albei onlangs erg finansiëel gesukkel het – groot munt slaan uit die Aappokke-vreesbewind wat nou begin. Soos kommer oor Aappokke toegeneem het, het die aandele van Emergent BioSolutions en SIGA Technologies ook toegeneem. Beide maatskappye het in wese monopolieë in die Amerikaanse mark, en ook ander markte, op pokke-entstowwe en behandelings. Gevolglik het die aandele van Emergent BioSolutions verlede Donderdag met 12% geklim, terwyl dié van SIGA met 17,1% gestyg het en so sal dit bly styg.
Vir hierdie maatskappye is die Aappokke-vrees 'n uitkoms, spesifiek vir SIGA, wat 'n pokkebehandeling vervaardig bekend onder sy handelsnaam TPOXX. Dit is SIGA se enigste produk.
Tensy daar een of ander genetiese verandering deur opsetlike genetiese manipulasie deur die werklike ape in die Kabaal gepleeg is, is Aappokke nie 'n beduidende biobedreiging nie, en is dit nog nooit in die verlede as 'n hoë bedreigingspatogeen beskou nie. Dus, ignoreer die vreesaanjaers soos CNN en hulle media-bendes met hul doelbewuste disinformasie onder die dekmantel van joernalistiek. Laat ons hierdie keer saam staan en nie weer val vir die leuens van die media wat betaal word om ons oor die randjie van die afgrond te stoot nie. Onthou, die siekte is nie die groot gevaar nie, die inenting wat nie 'n inenting is nie maar 'n gifinspuiting, is die groot gevaar!