Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Woorde is magtig en kan ander baie gelukkig of baie seer maak. Woorde is ook openbarend oor wie jy werklik is. Jou karakter skyn sommer gou deur jou woorde. Wees versigtig wat jy sê – jy het 'n veranderwoordelikheid teenoor ander sowel as teenoor jouself. Dink vóór jy praat, en wees daarmee anders as die meeste mense wat onnadenkend leef.
HOF BESLIS TÉÉN GIFSPUIT
Uiteindelik goeie nuus! Die Amerikaanse Hooggeregshof het die universele dwang tot “inenting” teen die Covid-19-virus tot niet verklaar in 'n groot oorwinning vir die mense wat die inspuiting as dodelik beskou. Die regsgeding is aanhangig gemaak deur 'n groep wetenskaplikes onder leiding van senator Robert F. Kennedy Jr. Ná die uitspraak in die Amerikaanse Hooggeregshof mag Amerikaners nie meer gedwing word om “ingeënt” te word nie!
In die hof is besluit dat die Covid-19-entstof ten alle koste vermy moet word.
Die Amerikaners Bill Gates, Antoni Fauci en ook Big Pharma het 'n saak in die Amerikaanse Hooggeregshof verloor deur nie te kon bewys dat hul entstowwe die afgelope 32 jaar veilig was nie!
Kenney het dringend die aandag gevestig op belangrike kwessies rakende die Covid-19-inenting:
“Vir die eerste keer in die geskiedenis van alle inentings, het die hof sorgvuldige insig getoon deur te bevestig dat die sogenaamde volgende-generasie mRNS-entstowwe 100% bewys het dat hulle direk inmeng met die pasiënt se genetiese materiaal.
“Dit is nou 'n bewese feit dat die individu se genetiese materiaal verander word ná die Covid-19-inspuiting, dit wil sê die ingespuite persoon is geneties gemanipuleer.
“Genetiese manipulering is reeds in die verlede verbied en voorheen as 'n misdaad teen die mensdom beskou. So is dit by die 1945 Neurenberg-verdrag onderteken.
“Die COVID-19- of Sars 2-inspuitings is nie tradisionele entstof nie. Tradisionele entstof was altyd die patogeen, die mikrobe of die virus self wat verswak is, dus onskadelik gemaak is, en in die liggaam ingebring is om teenliggaampies te produseer.
“ Die COVID-19-inspuitings is deel van die nuwe mRNS (Messenger Ribonucleic Acid) groep. Sodra die mRNS binne 'n menslike sel is, herprogrammeer dit die sel se RNS; die sel se RNS herprogrammeer weer die sel se normale DNS om 'n ander proteïen te begin produseer. Met ander woorde, dit werk nie soos tradisionele entstowwe nie want dit is 'n genetiese manipulasie-instrument!
“As gevolg van die ongekende mRNS-inenting sal ingeënte persone nie meer kan voortgaan met behandeling van die entstofsimptome nie. Hulle sal die gevolge moet aanvaar omdat hulle nie meer genees sal kan word deur bloot die gifstowwe uit die menslike liggaam te verwyder nie, net soos 'n persoon met 'n genetiese defek soos Down-sindroom, Klinefelter-sindroom, Turner-sindroom, hartversakingsgenetika, hemofilie, fibrose, Rett-sindroom, ens, want die genetiese defek is ewig!
“Dit beteken: as 'n inentingsimptoom ná die mRNS-inenting ontwikkel, sal geen terapeut kan help nie, want die skade wat hierdie tipe inenting veroorsaak, sal geneties onomkeerbaar wees.” – slegte nuus vir diegene wat reeds ingeënt is...
Eindelik het al die lande van die wêreld, burgerlike organisasies en almal wat teen hierdie dodelike gifinspuiting veg, nou regte wetenskapsinligting en ‘n hofbeslissing om te bevestig hoe skadelik hierdie sogenaamde entstof is. Hier in Suid-Afrika is genadiglik ‘n groot groep persone met insig en inisiatief wat vroegtydig dwarsdeur die hele spul gesien en hulself nie laat besoedel het met wat die Geldmag en die ANC op hul probeer afforseer het nie. Geluk aan hulle en ook baie sterkte want dit is hulle wat gaan bly leef om van ons land weer ‘n Christelike land te maak en alles van voor af op te bou wat die genetiese verwoesters tot op die bodem toe afgebreek het!