NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons leef elke dag in die leuen. Die leuen sit by mense blykbaar in die bloed, van die grootste meneer tot die kleinste kindjie, wat met 'n leuentjie tuiskom. Die leuen het blykbaar burgerreg verkry. Waarom? Om die Waarheid te ken en uit te leef beteken om Jesus Christus as persoonlike Verlosser en Saligmaker te ken. Hy is immers die weg, die waarheid en die lewe. En die wêreld het Hom nie geag nie...

HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (7)

Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd

DR. VERWOERD EN BINNELANDSE VEILIGHEID

Flip Coetzer

Adv. J.RJ. Coetzer SC was van 1953 tot met sy uittrede as direkteur- generaal in  1984 aan die hoofkantoor van die Departement van Justisie verbonde. Hy was o.a. lid van die International Bar Association, die Nasionale Verkeersveiligheidsraad, die Staatsveiligheidsraad en die Regshulpraad. Hy was ook lid van die kommissie in 1979 deur die Staatspresident aangestel om veiligheidswetgewing te ondersoek en aanbevelings te doen. Ná 1984 was hy vir 'n jaar buitengewone professor by die regsfakulteit van UNISA en het hy vir nog tien jaar by die Pretoriase balie gepraktiseer. Hy was ook vir 17 jaar lid van UNISA se Universiteitsraad.

Adv. Coetzer aan die woord:
AS 'N BETREKLIK JONG REGSGELEERDE het ek by 'n paar geleenthede indirek met dr. Verwoerd te doen gekry. Ek het hom nooit persoonlik ontmoet nie, maar vanweë my betrokkenheid by binnelandse veiligheid - in soverre die Departement van Justisie daarvoor verantwoordelik was - het ek uiteraard 'n noukeurige studie gemaak van sy politieke beleidsrigtings en die impak wat dit op landsveiligheid gehad het.

Met dr. Verwoerd as Eerste Minister was dit gebruiklik dat wanneer 'n minister probleme ondervind het (ook mnr. John Vorster as Minister van Justisie), die betrokke lêer na dr. Verwoerd verwys is. Gewoonlik het die lêer dan teruggekom met 'n uitvoerige antwoord waaruit dit duidelik was dat hy nie net ons voorlegging bestudeer het nie. Trouens, hy het sommer ander navorsing ook gedoen, 'n oorwoë bevinding gemaak, en opdrag gegee wat gedoen moes word. Die opdrag was ten volle gemotiveer sodat almal dit kon evalueer. My kollegas en ek het dit altyd met belangstelling gelees en gewonder hoe hy dit reggekry het om te midde van sy veelvuldige verpligtinge so 'n omvattende antwoord op te stel. By my wete het geen ander Eerste Minister ooit so deeglik te werk gegaan nie. Slegs 'n bondige antwoord is gewoonlik gegee.

Dit het voorgekom asof ministers skrikkerig was om dr. Verwoerd teë te gaan. Die volgende is 'n voorbeeld daarvan. In Julie 1964 het die regering 'n kommissie van ondersoek na geheime organisasies insluitende die Vrymesselary, die Afrikaner Broederbond en die Sons of England, aangestel (Verslag R.E 20/1965). Ek onthou goed dat die opdrag aan die kommissie eiehandig deur dr. Verwoerd geformuleer is, in sy eie handskrif. Minister Vorster het ons by Justisie aangesê om nie 'n enkele woord daarvan te verander nie. 'n Verandering was terloops ook nie nodig nie. Die bewoording was perfek en het elke denkbare aspek wat ondersoek geverg het, gedek. Die hoofrede waarom almal so in hulle pasoppens was, was myns insiens die feit dat dr. Verwoerd feitlik nooit 'n fout begaan het nie. Hulle het blykbaar besef dat indien hulle hom sou teëgaan, hulle tien teen een deur hom uitgevang sou word en dan dalk 'n mondelinge afranseling sou moes ondergaan. Miskien sou dit later beter met Suid-Afrika gegaan het as meer ondersteuners van dr. Verwoerd die moed aan die dag gelê het om eie insigte te ontwikkel en openlik uiting daaraan gegee het.

In sy boek Long Walk to Freedom maak oudpresident Nelson Mandela beswaar dat hy nie 'n antwoord van dr. Verwoerd ontvang het nie op 'n brief wat hy in die vroeë sestigs aan hom gerig het, en waarin hy daarop aangedring het dat 'n nasionale konvensie gereël word. Inderdaad onthou ek verskeie briewe en telegramme wat Mandela of ander ampsdraers van die ANC destyds aan die regering gerig het. (Sodanige stukke is gebruiklikerwys aan Justisie gestuur vir verdere hantering.) Die probleem met Mandela se brief en ander soortgelyke stukke wat ontvang is, was dat dit feitlik sonder uitsondering bedekte dreigemente of eise bevat het wat in die omstandighede wat toe geheers het, totaal onrealisties was. Geen Suid-Afrikaanse regering sou toentertyd op sulke briewe of telegramme gereageer het nie, onder andere omdat dit die indruk sou skep dat hy hom laat afdreig of dat hy onderhandelinge aanknoop met 'n organisasie wat kop in een mus met Kommuniste was. Destyds was almal in die Weste - insluitende die magtige Amerika - uiters wantrouig jeens en selfs bevrees vir Kommuniste; gegewe hulle leiers se uitgesproke doelwit om wêrelddominering vir die Sowjetunie te bewerkstellig. Volgens 'n berig in Die Burger van 24 Mei 1980 het president Leonid Brezjnjef van Rusland byvoorbeeld in Augustus 1973 prontuit verklaar: "Ons sal die wêreld teen 1985 regeer."

Derglike uitinge van Kommunistiese leiers - wat van tyd tot tyd gepubliseer is - en ander getuienis met dieselfde strekking wat gereeld beskikbaar geraak het, het meegebring dat die owerhede, veral met inagneming van Suid-Afrika se kwesbaarheid vir oorname, Kommunistiese bedrywighede in die land met valkoë dopgehou en met beslistheid beveg het. Persone wat beweer dat die land nooit deur Kommunisme bedreig is nie, is of moedswillig of hulle dra nie kennis van die ware feite nie.

Die kwessie rondom Mandela se brief word dikwels deur die ANC en sy simpatiseerders aangehaal om te bewys hoe "hardvogtig" dr. Verwoerd sou gewees het. Hy wou dan nie eers met hulle praat nie, word gesê. Maar - afgesien van die oorwegings hierbo genoem - waarom sou hy in elk geval met 'n nie-verteenwoordigende groep gepraat het? Soos ek in my boek Gister se dade, vandag se oordeel aantoon, het een van Mandela se mede-aangeklaagdes in die Rivonia-verhoor van 1963-1964, Walter Sisulu, onder kruisverhoor erken dat die totale ledetal van die ANC op daardie stadium nooit meer as een persent van die swart bevolking van Suid- Afrika uitgemaak het nie. Dit is in dié verband ook van belang om daarop te let dat, volgens Alan Paton se getuienis in die Rivonia- verhoor, asook dokumente waarop by Lilliesleaf beslag gelê is, die swart bevolking nie deur die aangeklaagdes ingelig is aangaande hulle verbintenis met Kommunisme nie. Die ANC het dus nie 'n mandaat gehad om namens swart mense in die algemeen te praat nie. Die verdediging het ook nie 'n enkele swart mens as getuie geroep om die beskuldigdes se standpunt dat hulle namens die mense opgetree het, te staaf nie. Die verhoorregter in die Rivonia- saak het die volgende veelseggende opmerkings hieroor in sy uit- spraak gemaak:

... I have heard a great deal during the course of this case, about the grievances of the non-European population. The accused have told me, and their Counsel have told me, that the accused who are all leaders of the non-European population, had been motivated entirely by a desire to ameliorate these grievances. I am by no means convinced that the motives of the accused are as altruistic as they wish the Court to believe. People who organise a revolution usually plan to take over the Government, and personal ambition cannot be excluded as a motive.

Die stelling kan derhalwe gemaak word dat die ANC, in die breë gesien, nie in daardie jare werklik 'n faktor in die swart politiek was nie. Die tuislandleiers het toe verreweg die meeste aanhangers gehad en met hulle het dr. Verwoerd gereeld samesprekings gevoer. Trouens, dit is 'n bekende feit dat hulle merendeels hoë agting vir hom gekoester het en sy beleid grootliks ondersteun het. Daarby was die ANC, soos reeds aangedui, verstrengel met die Kommunistiese Party wat in die vroeë sestigerjare met skrikwekkende sabotasiedade in Suid-Afrika begin het, en is Mandela en sy makkers dan ook in die Rivonia-saak skuldig bevind aan dade wat op hoogverraad neergekom het. Dr. Verwoerd het dwarsdeur sy loopbaan gewys dat hy probleme met swart mense deur dialoog wou oplos. Indien die ANC 'n minder aggressiewe houding ingeneem het en nie met die Kommuniste saamgespan het nie, sou dr. Verwoerd waarskynlik ook met hulle beraadslaag het ondanks hulle onbeduidende ondersteuningsbasis in swart geledere.

Dit is ook 'n onweerlegbare feit dat die regering van die Nasionale Party ná die onluste van die vroeë sestigs in 'n voortdurende oorlog van wisselende intensiteit met die rewolusionêre magte betrokke geraak het. Dit is bekend dat Mandela ten tye van sy gevangeneming nie bereid was om tot 'n vergelyk te kom nie. Terwyl hy op Robbeneiland aangehou is, was die ANC gedurig in kontak met die Russe en het die ANC/SAKP-alliansie deurlopend wapens en ander hulp van die Russe ontvang. Die ANC en sy meelopers het dan ook hulle hoop op 'n oorwinning in Suid-Afrika hoofsaaklik op Rusland en sy satelliete gevestig.

Eers in die laat tagtigs, nadat dit duidelik geword het dat die Sowjetunie besig was om in duie te stort, het Mandela van deuntjie verander toe hy, in sy eie woorde, besef het "that a military victory was a distant if not impossible dream". Gevolglik het hy besluit "[to] begin discussions with the government" (Long Walk to Free¬dom, p. 513). Gegewe hierdie omstandighede is dit onbegryplik hoe daar geredeneer kan word dat die vorige regering op 'n vroeër tydstip met die ANC/SAKP-alliansie moes onderhandel het. Hulle enigste doelwit was immers om Suid-Afrika, met buitelandse hulp, gewelddadig oor te neem. Die vorige regering het dus een van slegs twee keuses gehad. Hy moes voortveg totdat 'n aanvaarbare oplossing opduik, of hy moes die witvlag hys en oorgee. Laasgenoemde scenario was klaarblyklik nie aanneemlik nie. Anders gestel: daar was eenvoudig nie ruimte vir sinryke onderhandeling voor die val van die Kommunisme rondom 1989 nie. Indertyd was daar grondige redes om te glo dat indien die rewolusionêre magte daarin sou slaag om die beoogde "military victory" te behaal terwyl die Sowjetunie nog lewenskragtig was, Suid-Afrika 'n kommunisties-georiënteerde regeringstelsel sou kry met vernietigende gevolge vir die land en al sy mense, swartes inkluis.

Daar kan derhalwe geen twyfel wees nie dat dr. Verwoerd en sy opvolgers in die jare sestig en daarna in die beste belang van almal in die land opgetree het deur vas te skop teen die Kommunistiese bedreiging, al was Suid-Afrika in die spervuur by die VN en Westerse lande oor rassediskriminasie (wat terloops nie deur Suid-Afrikaners gekonsipieer is nie, dog deur die Britte hier geplant is). Die vorige regering kon eenvoudig nie voortydig toegee aan die eise rakende 'n een-mens-een-stem bedeling nie.

Dr. Verwoerd het 'n aansienlike bydrae gelewer om die Kommunistiese aanslag die hoof te bied. By Justisie is ons dikwels gevra om antwoorde te vind op kritiek uit die buiteland. Dr. Verwoerd het dit vir ons makliker gemaak deur gronde te verskaf vir die argument dat die regering reeds besig was om die swart volke op die pad na onafhanklikheid te plaas. Hierdie argument het meestal indruk gemaak en het vir ons tyd uitgekoop. Dit was veral so nadat Ethiopië en Liberië hul aanklag aangaande onderdrukking in Suid- wes-Afrika by die Wêreldhof in Den Haag laat vaar het as gevolg van die formidabele saak wat ons regspan oor apartheid opgebou het. Daarna het die genoemde lande op 'n tegniese punt staatgemaak, wat ook op niks uitgeloop het nie. Suid-Afrika het uiteindelik geseëvier en hierdie uitspraak van die Wêreldhof wat in 1966 gelewer is, was 'n groot oorwinning vir die beleid van afsonderlike ontwikkeling en vir dr. Verwoerd. Hy het 'n reuse-aandeel gehad in die beplanning van die strategie wat deur die Suid-Afrikaanse regspan gevolg is.

Dit is belangrik om enige staatsman en sy werk in die konteks van sy tyd te beoordeel. Adv. D.E de Villiers, die leier van die regspan in die Suidwes-saak, se boek The Case for South Africa (1970) is insiggewend omdat dit gegrond is op die feite en omstandighede wat destyds bestaan het, en nie op nabetragting soos meer onlangse werke oor "apartheid" in al sy gedaantes nie. Ook die Franse joernalis E Giniewski se boek The Two Faces of Apartheid (1961) is betekenisvol omdat dit deur 'n onafhanklike waarnemer geskryf is min of meer ten tye van die formulering van die beleid van afsonderlike ontwikkeling. Die wêreld het sedert dr. Verwoerd 'n ander era binnegegaan met nuwe ideologieë, nuwe prioriteite, nuwe opvattings, nuwe geleenthede en nuwe uitdagings. Kortweg, alle tersaaklike omstandighede het fundamenteel verander. Ons moet egter nooit ons historiese perspektiewe verloor en sodoende toelaat dat ons beoordeling van dit wat ons voorgangers gedoen het, verwring raak nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3373 gaste aanlyn