NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dit is nooit vanselfsprekend dat ons nie alleen is nie. Dit is slegs genade, oneindige genade, as ons nie alleen is nie. Juis in die massas, die stadsgewoel, tussen derduisende gesigte van vreemdelinge en selfs bekendes, is mense op hulle eensaamste. Bid wanneer jy eensaam voel want gebed plaas jou in die teenwoordigheid van engele – daar kan jy nooit eensaam wees nie.

SCOTT NA DIE SUIDPOOL (2)

Scott se Ekspedisie na  die  Suidpool 1910 – 1913

Lees reeks by Scott na die Suidpool

Deur die Pakys na die Land – Antarktika in sig

Op Woensdagaand 7 Desember is op  breedtegraad 61 die eerste ysberg gesien. Van toe af is allerlei soorte ysberge verbygevaar, van die groot tafeltipe tot die klein, verweerde, deur die water afgeslete soort.  Die skip het baie naby party van hulle verbygestoom en hulle het amper soos groot stukke suiker wat in die water drywe, gelyk.

Van breedtegraad 60 tot 63 was ’n redelike aantal voëls gesien: suidelike stormvoëls, rosse franjepote, malmokke, bruin malmokke en af en toe nog Kaapse seeduiwe.

Scott vertel self:

"Toe die bruin stormvoëls gewaar is was dit ’n sekere teken was ons die pakys nader. Teen dagbreek op 9 Desember was die skip  amper op breedtegraad 65, en het deur dun strome gebroke pakys met skotse van ses tot twaalf voet in deursnee, gestoom. ’n Paar pikkewyne en robbe is gewaar en teen 10 vm. was nie minder as sewe-en-twintig ysberge te sien. Diegene wat hierdie streke die eerste maal binnegegaan het, het in klein groepies op die voorkasteel en die agterdek bymekaargekom."

Hier het hulle geskets en geskilder, en oor die boeë gehang en opgeruimd gesien hoe hierdie ligter ys deur die sterk voorstewe van die skip weggevee word.

Die heeldag het hulle deur pakys gevaar, maar daarrond was die ys nog nie so dig of swaar genoeg om die vordering  op aanmerklike wyse te vertraag nie. Verskillende soorte voëls is ook gesien en hele troppe van hulle wat op die ysberge gerus het. Teen middernag was die son net agter die gesigseinder en ’n wonderlike sonsondergang sigbaar. Eers was die lug ’n vlammende koperkleur wat na ligrooi salm en toe na pers verander het. Die waterpoele tussen die skotse het die weerkaatsing opgevang. Die see was bladstil en elke berg en ysskots het iets van die delikate kleur opgevang.

As ’n mens in die kraaines op die uitkyk is, het jy ’n wonderlike uitsig oor hierdie groot, veranderende ysveld. Terwyl hulle deur stroke helderblou water beweeg het hul in ’n skots vasgevaar en dit met die ysterboeg deurklief; ook oor ’n ander geseil en ’n stuk van twintig ton afgeknaag. Suid, oos, wes, het ons deur strepe oop water gegly, dan weer ’n stukkie wat daar onskuldig uitsien bestorm maar wat die skip byna uit die water lig. Dan weer tru en weer voorwaarts al met ’n kurktrekkerbeweging, terwyl die wonderlike houtskip steeds suidwaarts geloods word, totdat twee groot ysskotse die laning geleidelik nouer laat word en die skip in hul ysige vingers vashou.

 Aan die een kant is skotse, so groot soos ’n voetbalveld, wat almal teen mekaar saamgepers is. Hulle verskeurde kante wys waar elk ophou en waar die drukking toegepas is.

Dan volg twee of drie ysberge wat uit die verre Ysbank uitgesny is en ’n myl of wat af vasgevang sit. Die sagte strale van die aandson werp mooi skaduwees om hulle heen en kus hulle glinsterende kransgesigte.

As ’n mens vanuit die kraaines na onder kyk, sien jy hoedat die skip diep skaduwees oor die ys werp en, terwyl die son net onder die suidelike horison is, vertoon die waterpoele tere blou en groen kleure wat deur geen kunstenaar weergegee kan word nie. Dit lyk soos ’n toneel uit die land van die feë, het Scott gedink.

Gedurende ledige oomblikke in die nag, as ’n mens dit nag kan noem, het die kraaines besoekers ontvang en is warm kakao in bedekte potte met behulp van seinvalle opgestuur. Geeneen van die skeepsoffisiere het al vantevore pakys gesien nie, maar hulle het gou geleer om uitkykwerk te doen en om die skip deur die oop waterstroke te laat vaar en mettertyd het hulle ook geleer om die dunner ys van die dikkere en gevaarliker ysblokke te onderskei.

Op 10 Desember is die skip tot stilstand gebring en aan ’n swaar ysskots vasgemaak. Hier is genoeg ys opgelaai om agt ton vars water van te maak. Terwyl hulle hiermee besig was, is die diepte gemeet en dit op 1964 vadem vasgestel. Plankton en waterbottelmonstertjies is tot op ’n diepte van ongeveer 280 vadem uitgehaal. ’n Paar pikkewyne het nadergekom en die manne het ’n hele aantal robbe gesien. Die middag het hulle weer voortgegaan en omtrent agt myl ver deur die pakys wat geleidelik dikkergeword het, gesukkel. Robbe op 'n ysskots is gesien en die manne het die skip tot naby hulle gebring, en twee of drie ander manne het hul vuurwapens gereed gekry en almal vanuit die voorkasteel geskiet.

Daardie nag is robbelewer vir aandete aangebied. Een of twee van die kêrels was geneig om hul neuse daarvoor op te trek, maar, soos Scott aangetoon het, die tyd sou nog kom dat robbelewer ’n lekkerny sou word waaroor ’n mens net sou droom.

Op die môre van die 10e dag is die Suidpoolsirkel oorgevaar en gedurende daardie gelukkige dae kon nie gedroom word dat die beste van die lede dit nooit weer ’n keer sou oorgaan nie.

‘n Paar diepseepeilings is gedoen waarvan etlike op hierdie eerste reis na die suide oor die 2000 vadem was.

Wat die pakys betref, was die vaart  ietwat ongelukkig en is daar van noord na suid seker goed deur 400 myl pakys gereis. Met al die honde en ponies daar opgehok en besig om agteruit te gaan terwyl die Terra Nova kole verteer en sestig honger manne groot maaltye verslind, was dit asof of daar nie veel vordering gemaak word  nie. Natuurlik kon niemand dit verhelp nie, maar hulle geduld is swaar beproef.

Dikwels is in die pakys stilgehou en selfs die vure geblus en die seile oopgesprei. Partymal was die ys so aaneengedruk dat geen watergat eers sigbaar was nie. Dit het soms daelank aangehou. Dan, skielik en sonder enige begryplike rede is daar weer oop stroke en verlei die diepswart water hulle om weer onder stoom te vaar. Scott was wonderbaarlik geduldig, want die ander lede het altyd iets gehad om hulle besig te hou. Evans en Pennell het bevoorbeeld gedurig waarnemings gedoen en berekenings gemaak ten einde die posisie vas te stel en ook om die veranderlikheid en die rigting van die stroom vas te stel. Verder moes magnetiese waarnemings aanboord en buite op die ys, weg van die skip se magnetiese invloed gedoen word.

Op 11 Desember het lede met ontblote hoofde op die dek gestaan terwyl kaptein Scott die erediens gelei het. Die wit stilte is op ’n vreemde wyse deur die sing van twee liedere verbreek. Die weer was ongunstig. Daar was sneeu en selfs reën, dog oor die algemeen kon hulle nie oor die weer kla nie. Terwyl hulle vasgeys was, het feitlik die hele skeepsbemanmng op die ysskotse geoefen. Die volgende dag het die pakys effe losser geword en het ohulle probeer om daardeur te seil. Gedurende die volgende agt-en-veertig uur het hulle ’n halwe graad suidwaarts gevorder. Hier en daar het hulle ’n paar myl gevorder, maar toe die toestand van die ys gunstiger vir vinniger vordering geword het, was dit beter om die vure aan te steek en so vinnig moontlik vorentoe te druk. Op die 13de Desember het hulle ’n paar kwaai stampe opgedoen en aangesien die gestamp die skip geen goed kon aandoen nie, en omdat  daar tog nie suidwaarts teen ’n snelheid van meer as een myl per uur gevorder kon word  nie, is die vure heeltemal geblus en vir die koms van gunstiger weer gewag. Die voigende paar dae is daar nie veel te doen nie en het die weer ook nie gunstiger geword nie.

Die kraaines is gedurig besoek, op soek na ’n pad uit die pakys. Op die 16de en 17de Desember was die lug erg betrokke en die wind sterk met sneeu en hael en reën. Die geluid van die wind is baie spookagtig en dit was altyd asof die ys ’n geluid vererger.

Die dae in die pakys was baie onaangenaam want tydens die wag daarbo in die kraaines was dit bitter koud maar die wag was noodsaaklik om vir oop kolle in die pakys te soek.Tweehonderd myl in die pakys in het die ys ’n verrassende verskeidenheid van vorme getoon. Party plekke was die pakys maar ’n paar duim dik is, dan verander dit skielik in groot skotse wat vier voet bo die water lê en wat twaalf tot vyftien voet diep is. Op die 18de Desember is daar deur geweldige kanale oop water gestoom. Die aand het hulle ’n baie eienaardige gebeurtenis aanskou. Die kielwater van die skip het ’n skots onder die water laat omkantel en op die drywende rug van die skots was ’n vis gestrand.

Vroeg op die 19de was hulle naby ’n groot ysberg met ’n hellende kus soos ’n eiland, en het hulle verbygevaar. Daar is vinniger in ’n suidwestelike rigting begin vorder en in ’n reeks oop kanale gevaar. Die eerste keiserspikkewyn, ’n jongetjie, is opgemerk en ook twee seeluiperds, asook krapeter-robbe, baie pikkewyne, ’n paar reuse seeswawels en ’n stormswawel. Op daardie middag het hulle by geweldige stukke ys verbygevaar. Daar was egte soliede skotse, tien tot twaalf voet bo die water en, volgens skatting, 50 voet onder die water. Hier was die water helderskoon.

Die 68 breedtegraad was  bereik en pikkewyne was volop. Ten einde die vars kosvoorraad langer te laat hou, het Archer en Clissold, die kokke, vir hulle pikkewyn-bredie gaargemaak. Die pikkewyne het dikwels die skip kom ondersoek.

Die voorraad steenkool het nou tot 300 ton gekrimp. ’n Deel hiervan moes noodwendig aan land gebring word, tesame met die 30 ton patente brandstof wat onder die voorrade op die voorstewe was. Terwyl die skip in die pakys vasgesit het, het Scott die kleiner besonderhede van die wetenskaplike program ingestudeer en die wetenskaplikes op sy goedige manier aan die gang gehou.

Op die 22ste het Bowers, Wright, Griffith Taylor ’n klomp jong pikkewyne op die ys gejaag en nege vir die Kersmaal in die hande gekry. Daardie jaar was dit ’n baie aangename Kersfees en baie aandag aan kos gewy. Kaptein Scott het die Kersdiens gelei en almal was teenwoordig, want die skip het in die pakys sonder stoom vasgesit. Die offisierskajuit is met sleevlae versier en ’n nuwe blou tafeldoek het die eetsalon opgehelder. Vir die middagete was daar  vars skaapvleis op tafel  en die seeliede het hul hoofmaal toe geniet. Die offisiere het die hoofmaal om 6.30 nm. geniet. Hierdie groot ete is gevolg deur ’n saamsingery wat tot middernag voortgeduur het. Hieraan het selfs die skaamstes meegedoen. Gedurende die Kersweek is maar stadig gevorder en was die  beste vordering maar sowat 31 myl, maar op die 29ste het die skotse dun geword en was daar tekens dat die ys maar onlangs gevorm het. Omtrent 2.40 vm. het die skip ’n strook oop water wat omtrent ses myl lank was, bereik.

‘n Paar lede was bymekaar en het oor hulle toekoms gesels.

Teen 6 nm. op die 29ste het ’n sterk wind begin waai. Sneeu het geval en is onder stoom en seil voortgedruk. Vroeg op die 30ste is die skip uit die pakys uit. Al die seile is gespan en teen agt knope per uur voor die wind uitgeseil.

Later in die dag was die wind van voor, saam met stuiwende sneeu, sagte reën en ongelukkig ook ’n aansienlike deining van voor. Dit het tot gevolg gehad dat die skip so geweldig geskommel het dat die ponies weer begin moeilik word het. Oates het gevra dat stadiger gevaar word, maar die moeilikheid is te bowe gekom deur voorskip- -en langskeepseile te hys en deur die neus van die skip vier of vyf kompasstreke van die rigting van die wind af te hou. Op Nuwejaarsaand was dit weer moeilik, want die wind het sterk uit die suid-suidooste gewaai. Dit was toe nodig om die skip gedurende die grootste gedeelte van die dag sonder seil te kiel, terwyl die masjiene baie stadig werk, om die deining op die boeg te hou. Die môre het hulle ’n dun strokie pakys gesien en dit was ’n bedekte seën, want die skip is tot naby die rand van die ys geneem en die ys het ’n natuurlike breekwater gevorm en die deining baie goed gebreek.

Die vlak water naby die vasteland is bereik en die diepte van die water het van 1111 vadem op die 30ste na 180 vadem op hierdie dag verminder. Middernag het die jong klomp ’n geweldige lawaai opgeskop deur die klokke te lui, die skeepsfluit en die mishoring te blaas en te juig en sing.

Dit het vreemd gevoel om weer in die oop see te wees en in enige rigting wat ’n mens verkies, te stuur, terwyl dit helder dag is. Teen die middag was hulle maar ’n paar dae van Kaap Crozier. Daar was feitlik geen ys te sien nie, en in plaas van die pakys was daar ’n sonbestraalde somersee, met ’n blou lug en stapel-bankwolke wat so anders was as die grys, koue lug waarmee die groot ysveld waardeur hulle so pas gevaar het, altyd oortrek was. Namate die dag gevorder het, het die wind gunstig begin waai en teen 10 nm. was hulle onder seil alleen en het teen ses knope gevaar. Aan die westekant was hoë berge sigbaar. Dit was deel van die Admiraliteitsberge. Twee pragtige pieke het bo die ander getroon en dit het gelyk asof die pieke Sabine en Herschell kon wees. Gedurende die dag het hulle Coulman-eiland in die verte gesien.

Dit was vir hulle ’n wonderlike gewaarwording om die Suid-poolvasteland te sien. Die land is die eerste maal op Nuwejaarsaand gesien en  almal het aan boord gekom toe die geroep: "Land!" weerklink het.

Namate steeds nader aan Kaap Crozier gekom is, het Wilson se belangstelling steeds toegeneem. Hy was baie gretig dat daardie kus as hulle basis gekies moes word en sy geesdrif was aansteeklik. Scott was beslis bereid om te land, selfs afgesien van die voordele wat ’n nuwe basis sou bied. ’n Basis aan die kus van Kaap Crozier sou dit moontlik gemaak het om die Pool gouer te bereik, want dan sou dit nie nodig wees om oor die skeure te reis wat van White-eiland uitstraal en dan  met ’n omweg te gaan nie.

Namate gevorder, het die land in die verte duideliker sigbaar geword en kon die verskillende pieke van die sneeubedekte bergreeks bewonder en uitgeken word. Aangenamer kon die jaar nie begin het nie. Die kerkdiens is in die warm son gehou, terwyl die temperatuur etlike grade bo vriespunt was. Die ledige uurtjies is deurgebring deur in die son te sit, te klets, pret te maak en deur gelukkig te wees.

Op die 2de Januarie is  ons probeer om ’n witpens- walvis in die hande te kry, maar die walvisgeweer was heeltemal te swak en die harpoen het ver te kort geval.

Op die tweede Januarie was die weer net so heerlik en Oates het vyf van die ponies na die bodek geneem en hul stalle laat skoonmaak. Die arme diere was toe agt-en-dertig dae lank pal op stal en hul kaste was twee tot drie voet diep vol mis. Die ponies wat op die bodek gehuisves was, het daar betreklik goed uitgesien, maar almal se bene was styf.

Na ontbyt op die 3de is Kaap Crozier vir die eerste maal gesien en die Groot Ysbank het om 11.30 in die oggend soos ’n dun strepie aan die suidelike gesigseinder verskyn. Teen etenstyd was die Kaap naby en teen 1.30 nm is die seile ingehaal sodat  die skip makliker gestuur kon word. Die Terra Nova het tot naby die kant van die Groot Ysbank gestoom, en toe langs die westekant, totdat ’n baaitjie bereik is waar die Ysbank by Kaap Crozier aansluit. Die gety wat teen die steiltes van die ys aangespoel het, was nogal taamlik sterk. Terwyl die son naby die noordelike gesigseinder was, het alles daar baie wit, amper soos kalk, uitgesien, maar later die middag is die blou en groen skaduwees oor die ys gewerp. Toe het dit sagter en mooier gelyk.

Terwyl rondgevaar is, het Ponting die geleentheid gehad om ’n aantal rolprentopnames van die Ysbank te maak. Toe is in die baaitjie waar die Ysbank by Kaap Crozier aansluit, stilgehou. ’n Boot is laat sak en Scott, Wilson en etlike van die ander het die kus in ’n walvisboot genader. Maar omdat die deining te hoog was, kon daar nie geland word nie. Die kuiken van ’n keiserspikkewyn en ’n paar volwasse keiserspikkewyne is gesien, asook baie Adelie-pikkewyne en bruin roofmeeue. Toe is naby die oorhangende steiltes wat dreigend oor die uiteinde van die Groot Ysbank wagstaan, verbygeroei. Hulle swart kleur het vreemd teen die lae, kristalagtige yssteiltes van die Ysbank afgesteek. Op een plek het skuim van ’n taamlike groot waterval hulle natgespat en het hul besef dat die somerson wat op hierdie swart heuwelrûe neerbrand enorme hoeveelhede ys en sneeu moet laat smelt. ’n Eienaardige osoonreuk is opgemerk. Dit moes die stank van die ghwano van die pikkewyne se slaapplekke gewees het, maar enige landreuk was aangenaam, want dit het hulle laat besef dat ’n volgende fase vir die ekspedisie wag.

Pennell het die koers van die skip tot naby die steiltes van die Ysbank aangegee en die boot het langs die kus gevolg. Die Terra Nova is heeltemal deur die groot rotsagtige kranse verdwerg en toe is vir die eerste maal besef hoe hoog die kranse regtig is.

Nadat kaptein Scott vasgestel het dat dit onmoontlik was om te land, het diegene wat in die boot was na die skip teruggekeer. Toe het  die skip na die slaapplek van die pikkewyne wat ’n myl of wat verder wes was, gevaar. ‘n Halfmyl van die kus af het die bodem vinnig vervlak. Die vlakste plek was 9.5vadem diep. Hierrond was etlike klein ysberge wat op die strand gedrywe het, maar die deining wat oor die strand gebreek het, het hul maar te duidelik laat besef dat dit onmoontlik sou wees om te land. Terwyl die skip stadig langs die kus gestoom het, is die strand deur verkykers bekyk. Die plan om te land is toe laat vaar en in die rigting van die McMurdo-engte begin vaar. Sodra die neus van die skip na die nuwe  bestemming gedraai is, is Ross-eiland gevind, iets wat die aansig op die kaart van die eiland heeltemal verander het. Na 10 nm. is betreklik digte pakys teëgekom.

Om 4.30 vm. is deur die ysveld van Kaap Bird gedring en die koers tot by Kaap Royds wat om 6.30 vm. verbygevaar is, aangegee. Deur  verkykers kon Shackleton se winterhut gesien word. Dit het daar heeltemal nuut uitgesien na ‘n paar jaar.

Kaap Royds is verlaat en hulle het met die McMurdo-see-engte opgevaar tot by Inaccessible-eiland.

Daar is gevind dat die engte van oos na wes vasgeys is. Onderwyl langs die kant van die see-ys gevaar is, is vasgestel dat dit nie binnegedring kon word nie, alhoewel op verskillende plekke probeer is om dit binne te dring, en wel om ’n deel te bereik wat soos oop waterruimtes, 'n myl of twee van die rand van die ys, gelyk het. Daar is  gevolglik stilgehou en kaptein Scott en Wilson het na die salings geklim en goed rondgekyk. Daar is besluit om te land en ’n plek te soek waar ’n baie goeie strand skynbaar was. Gedurende die ekspedisie van die Discovery was hierdie plek as die kus van die bruin roofmeeue bekend, want dit was die geliefkoosde nesmaakplek van die bruin roofmeeue. Die skip is so na as moontlik aan hierdie plek geloods. Dit was halfpad tussen Kaap Bird en Kaap Armitage, op Ross-eiland. ’n Ysanker is neergelaat en hulle het op die see-ys geland, en ’n myl of wat daaroor geloop tot by die betrokke kapie.

Dit was ’n ideale winterkwartier en hulle het dit as basis gekies. Kaptein Scott het dit Kaap Evans, na adm Evans, vernoem. ‘n Kaap langs die kus van Victoria-land op die breedtegraad 82 is toe al reeds na Wilson vernoem.

Dadelik is begin om die motorslee, die ponies, ens., aan wal te bring. Nadat die verskillende geselskappe geland het, is  teneinde beter te kan werk, die standaardtyd van lengtegraad 180 wat twaalf uur voor die Greenwich-mediaantyd is, aangeneem.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1059 gaste aanlyn