NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Afsondering is een van die oudste behoeftes van die mens. Elkeen van ons wil soms bietjie alleen wees sodat ons rustig kan wees, sonder die inspanning wat ander mense se teenwoordigheid bring. Ons moet egter onthou dat ons nooit, nooit sonder God se teenwoordigheid is nie. Afsondering beteken dus vir die Christen om alleen saam met God te wees, soos wat Christus in afsondering gaan bid het voor sy kruisiging.

SCOTT NA DIE SUIDPOOL (9)

Scott se Ekspedisie na  die  Suidpool 1910 – 1913

Lees reeks by Scott na die Suidpool

Voorlopige Verkenningstogte

Op 27 Junie het dr. Wilson met Bowers en Cherry-Garrard op ’n buitengewone reis na Kaap Crozier wat, oor Hutpunt en die Ysbank, byna sewentig myl van Kaap Evans was, vertrek. Die doel van hierdie onverskrokke manne was om die uitbroei van die keiserspikkewyne te bestudeer in hul boerplek wat, na ons verneem het, naby die bymekaarkomplek van die rand van die Ysbank en die rotsagtige krans van Kaap Crozier was. ’n Mens moet in gedagte hou dat dit die eerste Suidpoolreis in die middel van die winter was en dat die drie manne noodwendig met abnormaal lae temperature en ongekende ontberinge tydens hul sleereis oor die ysige Ysbank te doen sou kry. Hieromtrent het hulle genoeg kennis gedurende die sleereise tydens die najaar en ten tyde van die Discovery- ekspedisie opgedoen. Kaptein Scott het dus nie sonder aansienlike bedenkinge sover gekom om Wilson toe te laat om die winter-ekspedisie na Kaap Crozier te onderneem nie.

Afgesien van die dierkundige inligting wat Wilson van plan was om tydens die besoek aan Kaap Crozier in te win, kon hulle ook ’n groot hoeveelheid ander inligting bekom oor toestande op die Ysbank, veral weerkundige toestande, maar boweal het hulle geweet dat, met vinnige en betroubare waarnemers soos Wilson en sy maats, hul ook bykomstige inligting oor sleerantsoene sou inwin, want die geselskap het belowe om proewe uit te voer ten einde die standaardrantsoen vir die kouer winterweer waarmee hulle gedurende die tweede helfte van die komende reis na die Pool te doen sou kry, vas te stel.

Wilson het twee 9 vt.-sleë geneem en, nadat die geselskap se foto’s geneem is, is hulle deur ’n klein afskeidsgeselskap tot by Gletsertong weggehelp. Uit die staanspoor is hulle deur die swak lig lastig geval en dit het die geselskap twee dae geneem om tot op die Groot Ysbank te vorder. Hulle vordering was ontsettend stadig. Hieroor hoef ’n mens nie verbaas te wees nie, want hulle het vragte van 250 lb. per persoon getrek, die oppervlaktes was veel slegter as wat hulle tot dusver mee te doen gehad het, en die temperatuur was selde bo —6o°. Afloswerk moes gebruik word en dit het die geselskap agtien dae geneem om Kaap Crozier te bereik. Die weer was aanvanklik mooi, dit wil sê, kalm, maar die swak oppervlaktes het hulle geweldig gehinder. Nadat hulle om Kaap Mackay gegaan het, het hulle ’n winderige streek binnegegaan en ’n reeks sneeustorms teëgekom. Die maanlig was die beste lig waarop hulle kon reken, en die bewolkte lug het die maanlig afgesny. ’n Mens kan jou voorstel hoe swaar hulle moes gekry het: Bevrore slaapsakke, bevrore finnesko’s waarin hulle hul voete moes steek telkens as die kamp opgebreek word, vingerpunte wat gedurig bevrore geraak het en partymaal ook bevrore tone en hakke.

In die kamp was geen geriewe nie, want op sy beste kon hulle slegs sit en rittel van die koue terwyl hulle die kos voorberei, en sodra hulle die slaapsakke oopgerol het, het meer moeilikhede gevolg. Dit het Cherry-Garrard bevoorbeeld tot 'n driekwartier geneem om in sy slaapsak te kom en sodra hy binne was, het hy daar gelê en bewe en nogtans half-verys geraak. Vir hierdie reis het die geselskap 'n dubbele tent gebruik, dit wil sê, ’n ligte voering is aan die binnekant van die vyf bamboestentpale gespan, met die gevolg dat, as die gewone winddigte seil oor die pale gespan was, ’n lugruimte daar tussenin was. Sterk meningsverskil oor die waarde van die tent het voorgekom. Wilson se geselskap, asook Scott, was baie tevrede daarmee. Die matrose het dit gehaat en geminag. Wanneer hulle oor die onderwerp van die dubbele tent geraadpleeg is, het hulle altyd aangevoer dat dit sneeu en ryp versamel en die gewig van die goed wat ons moes saamsleep te veel laat toeneem het. Miskien was hulle reg en ek onthou dat twee lede van die ekspedisie, nadat hulle die voering baie honderde myle gedra het, dit met die opmerking: "Tot siens, jou blikskottel; jy het lekker gery!” neergesmyt het.

Die toneel binne die klein groen tentjie kan kwalik beskrywe word: In ’n kits vorm die asems van die drie manne en die stoom uit die koker ’n dik, wit ryp aan die kante van die tent. Die geringste beweging laat die ryp neerstort in ’n bui wat vir almal ’n klam ongemak veroorsaak. Die sleelantern met sy eetbare kers (want menere Price en Kie. het ons kerse eetbaar en nie-giftig gemaak) gee ’n baie dowwe liggie, alles is styf van die ys, pelsskoene, sakke en pelsmoffies breek indien hulle onverskillig gehanteer word, want hulle is so hard soos plank. Die koue het diep plooie in die gesigte van die klein geselskappie ingekeep. Maar, ten spyte van hul lyding en ongemak kon hulle nog, skynbaar sonder inspanning, glimlag en vrolik bly. Hierdie opgeruimdheid en die aangename reuk van braaiende pemmikan was die enigste twee glanspunte in ’n aaklige bestaanswyse, dog die ongemak was maar net ’n voorsmaak van wat later sou volg. Een nag het die temperatuur 770 benede zero, dit wil sê, tot 109° vries gedaal. Alhoewel kaptein Soott gevind het dat Roald Amundsen op een van sy noordelike reise met ’n temperatuur wat amper so laag was, te doen gekry het, is daar feitlik geen rekord van so ’n lae temperatuur nie. Wilson se geselskap het gevolglik feitlik niks geslaap nie, maar hulle ondervindinge op pad na hul bestemming kon nogtans nie opweeg teen die moeilikhede waarmee hulle by Kaap Crozier, wat hulle op 15 Julie bereik het, te kampe sou kry nie.

Ten einde die hellings van Berg Terror naby Crozier te bereik, moes die geselskap oor groot ysribbels wat deur drukking gevorm is, klim en met ’n steil helling op na ’n plek tussen die einde van ’n gletserpuin-terras en die opvallende heuwelte wat as Die Knop bekend was. In hierdie opening is die laaste kamp in ’n windoorwaaide sneeuholte opgeslaan. ’n Kliphut is agter ’n landrug bokant hierdie holte gebou en die geselskap het ’n hoeveelheid los klippe en harde sneeu gebruik om mee te bou. Die meeste van die bouwerk is deur Cherry-Garrard gedoen, terwyl die ander die materiaal verskaf het. Met sy gewone deeglikheid het Cherry ‘n modelhut gebou voordat hulle Kaap Evans verlaat het. Die hut was 800 vt. bo seëspieël. Die dak was van seil, en een van die sleë het as balk om die seildak te stut, gedien.

Op 19 Julie het die geselskap met die sneeuhange na die broeiplek van die keiserspikkewyne neergedaal. Die reis na onder was baie moeilik. In die yshange was skeure wat oor die gelykte onder die rotskranse gehang het. Die poging op die 19de het inderdaad nie geslaag nie, alhoewel die groepie naby die broeiplek gekom het. Hulle het dit egter op die 20ste bereik toe die lig byna verdwyn het, en was teleurgesteld toe hulle net omtrent honderd keiserspikkewyne in plaas van die twee- of drieduisend waaruit die broeiplek glo tydens die Discovery-ekspedisie bestaan het, ontdek het. Miskien was dit nog te vroeg in die seisoen, maar hulle het tog ’n halfdosyn eiers versamel en drie hiervan is na Engeland geneem. Wilson het ronde stukkies ys by die broeiplek opgetel. In die waan dat hulle eiers was, het die onnosele keiserspikkewyne die ysstukkies vertroetel. Dit wil voorkom asof die moederinstink by die keiserspikkewyn baie sterk is. Die geselskap het drie van die voëls doodgemaak en afgeslag en toe is hulle na die beskutting van die kliphut terug. Dit het nogal moeilik gegaan.

Die drie voëls wat deur die geselskap doodgemaak is, het ’n dik laag spek gehad en die olie wat hieruit verkry is, het goed gebrand.

Die Ross-see was tot aan die gesigseinder bevrore. Teen die tyd dat die geselskap hul skuiling bereik het, het twee van die eiers gebreek en Cherry-Garrard se moffies deurweek. Die optimistiese jong man het selfs hierin die goeie gesien, want hy het beweer dat sy moffies op pad terug na Kaap Evans baie makliker ontdooi het as die van Bowers en dit het hy aan die vet van die gebreekte eier te dank gehad!

Daardie nag het hulle die eerste maal in die kliphut geslaap. Miskien was dit hulle geluk, want die wind het al harder gewaai en later in ’n geweldige storm verander. Een van die geweldige windstote het die dak van die hut afgewaai en twee dae lank moes die manne half-versmoor deur die fyn, drywende sneeu in hul slaapsakke lê. Die tweede dag was Dr. Wilson se verjaardag. Hy het my gesê dat, as die storm nie bedaar het nie, hulle almal sou beswyk het. Hulle kon dit nie waag om die geringe skuiling van hul slaapsakke te verlaat nie. Wilson het baie gebid dat hulle gespaar mag word. Sy gebed is wel verhoor, maar eerdat nog ’n jaar om was, het twee van die dappere groepie hul lewens as gevolg van hul dors na wetenskaplike kennis verloor.

Nadat die drie manne uit hul slaapsakke in die sombere wintergrou uitgekruip het, het hulle rondgevoel en na hul tent begin soek. Die tent het van die plek waar dit naby die kliphut opgeslaan was, weggewaai. Hulle was besonder gelukkig om dit ’n kwartmyl daarvandaan weer te kry. Dit was feitlik nie beskadig nie. Cherry-Garrard beskrywe die gebrul van die wind terwyl dit in hul skuiling geloei het. Hy sê dit het net soos die vaart van ’n sneltrein deur ’n tonnel geklink.

Hierna het Wilson, Bowers en Cherry-Garrard teruggedraai. Hulle is weer deur ’n sneeustorm oorval wat hulle ’n verdere agt-en-veertig uur lank in hulle tent vasgekeer het. Hulle olie vir kook- en verwarmingsdoeleindes het nou begin min raak, maar na ’n strawwe reis vol ontberings het die klein geselskappie uiteindelik deurgedruk en Kaap Evans op 1 Augustus bereik. Hulle het die aaklige wintertoestande op die wrede Ysbank vyf weke lank getrotseer. Hoe verlore het hulle tog nie daar uitgesien nie. Dit was pateties om hulle by die hut ingeslinger te sien kom. Toe Wilson later in staat was om ’n samehangende verslag te gee oor wat hy en sy geselskap moes uitstaan, het hy met groot lof oor Birdy en Cherry gepraat.

Die geselskap is deur Wilson ondersoek. Hy het raad en aanwysings oor hulle onmiddellike diëet gegee. Dit het gelyk asof hulle brood, botter en konfyt bo alles nodig gehad het en die broodjies wat deur Clissold verskaf is, het besonder vinnig verdwyn. Hulle het erg weens slaapgebrek gely, maar binne ’n paar dae was hulle weer reg. Een van die merkwaardige kenmerke van die reis was die toename in die gewig van die toerusting. Dit was te wyte aan die ys wat in hul slaapsakke en aan die toerusting versamel het. Hulle drie sakke, wat by die vertrek van Kaap Evans sewe-en-veertig pond geweeg het, het aan die einde van die reis honderd-en-agtien pond geweeg. Die gewig van die ander goed het in dieselfde verhouding toegeneem en as gevolg hiervan was dit baie moeilik om die sleë te sleep.

By hulle aankoms was die drie manne byna in die ys toegewikkel en die arme Wilson se klere moes byna van hom losgesny word.

Soos reeds gemeld, is die gegewens wat tydens hierdie reis ingewin is, die uiteindelike sleërantsoen vir die reis na die Pool uitgewerk. Dit sou bestaan uit: beskuit, pemmikan, suiker, tee en kakao.

Dit lyk asof dit maar min vir ’n honger sleeman is, dog niemand sou in ’n gematigde klimaat so ’n hoeveelheid kon opeet nie. Dit was ’n gawe versadigende rantsoen, selfs vir die Suidpoolgebied. Die pemmikan het uit die allerbeste biefekstrak met 60 persent suiwer vet bestaan, en dit het in ’n dik, smaaklike sop opgekook. Dit is spesiaal deur mnre. Beauvais van Kopenhagen vir ons vervaardig.

Geen ongevalle het gedurende die winter voorgekom nie, maar dr. Atkinson se hand het op 4 Julie tydens een van die sneeustorms erg bevrore geraak. Simpson het ’n paar termometers op die see-ys en op die helling opgestel en tydens ons wandelinge het ons hulle altyd besoek. Die termometerlesings is deur vrywilligers gedoen wat hulle voornemings aan Simpson te kenne gegee het. Dit is gedoen ten einde oorvleueling van die waarnemings te voorkom. Tydens sneeustorms het ons die termometers nie besoek nie, maar Atkinson het gemerk dat die wind gedurende die agtermiddag minder straf waai en hy het toe pligsgetrou oor die ys vertrek en was nie teen die aandete terug nie. Soekgeselskappe het in verskillende rigtings vertrek, elk met ’n slee met slaapsakke, brandewynfles, termosfles vol kakao en noodhulptoerusting. Signaalvlamme is aangesteek en op Winddalheuwel aan die gang gehou, waar Simpson se weerkundige pos bokant die hut verrys het. Ons het in alle rigtings gesoek. ’n Ligte sneeuval het dinge bemoeilik. Atkinson het blykbaar by Tent-eiland uitgekom en ure om die eiland bly stap, in ’n poging om Kaap Evans weer te bereik. So het hy hopeloos verdwaal geraak en, nadat hy een van sy moffies ’n tydlank verloor het, het hy in ’n getyskeur geval en die hut nie voor byna middernag bereik nie. Die soekgeselskappe het die een na die ander teruggekeer en hulle was bly om die goeie nuus omtrent Atkinson se terugkeer te verneem. Een geselskap wat suid van Kaap Evans gesoek het, het nie opgemerk hoe die tyd heensnel nie en het die hut om 2 vm. bereik. Kaptein Scott het hulle tegemoet geloop en die kakao was baie welkom. Atkinson se hand het daar aaklig uitgesien. Op die laaste drie vingers van sy regterhand het hy blase soos groot opgeblase slakke gehad, terwyl drie verdere bolagtige blase — een was ’n duim in deursnit —op die voorvinger was. Dae aaneen moes die hand gedurig verbind word. Onderoffisier Evans het die verpleging gedoen en hy het dit besonder goed gedoen. Alles inaggenome was die manne  tydens Scott se ekspedisie betreklik vry van bevriesing, en Atkinson se ongeluk het ongetwyfeld daartoe bygedra dat die ander versigtiger sou wees.

Simpson het in sy weerkundige bespreking aangedui, dat hulle in hierdie opsig veel meer as Amundsen gely het wat op die Ysrif, ver van die land af, uitgekamp het. Dit was ’n bittere pil, maar in die lig van latere gebeurtenisse is ’n mens verplig om te meld dat indien die ekspedisie by sy oorspronklike plan gehou het en vierhonderd of wat myl ten ooste van Ross-eiland geland het, sou hulle  heel moontlik die grootste gedeelte van die slegte weer waarmee hulle te kampe gehad het, vrygespring het. ’n Vergelyking met die gegewens vir Framheim, Amundsen se waarnemingspos, toon dat by Kaap Evans omtrent tien maal soveel sterk wind soos die Nore gehad het. Hulle windsnelhede het 60 myl per uur oorskrei, terwyl daar skynbaar geen rekord van ’n windsnelheid bo 45 myl per uur op Amundsen se basis aan die Baai van die Walvisse was nie. Party van ons windmeterrekords was baie interessant. Gedurende Juliemaand, toe Wilson se geselskap afwesig was, het hulle 258 sneeustorms, d.w.s. suidewinde met ’n snelheid van meer as 25 myl per uur, aangeteken. Dit was die rekord vir die wintermaande, maar terwyl hulle besig was om opslagplekke te lê en gewag het dat die see in die buurt van Hutpunt moes vasys, is nie minder nie as 404 uur sneeustorms in een maand aangeteken — en dit was in Maart. Dink net daaraan: meer as die helfte van die maand het uit sneeustorms met die daarmeegepaardgaande ongerief en gevaar, bestaan. Die sneeustorm wat byna die dood van die manne wat na Kaap Crozier gereis het, ten gevolge gehad het, het ’n windsterkte van 84 myl per uur bereik. Geen wonder dat die seildak van die kliphut weggevoer is nie.

Hulle minimum temperatuur by die hut se weerkundige stasie was 50° benede zero. Dit was in Julie 1911. Die maksimum temperatuur gedurende die winter is in Junie aangeteken. Dit was 190.

Alles inaggenome, het die tien ponies die winter baie goed deurgemaak. Een van hulle is byna aan kramp dood, maar nadat Evans en Oates hom die heelnag versorg het, het hy wonderbaarlik herstel. Ten spyte van die name wat hulle die diere gegee het — hoofsaaklik omdat hulle deur sekere skole, inrigtings en persone aan die ekspedisie  gegee is — is die ponies op die name genoem wat die matrose en diegene wat met hulle vir oefening gaan stap het, aan hulle gegee het. Die tien diere wat tans nog aan die lewe was, was James Pigg, Christopher, Victor, Nobby, Jehu, Michael, Snatcher, Bones, Snippets en ’n Mantsjoeryse dier met die naam Chinaman, wat hom baie sleg gedra het, daar hy altyddeur ’n keel opgesit het en die ander ponies gebyt en geskop het. Indien ’n besoeker aan die stalle gehelp het om die robbespek wat gewoonlik daar aan die braai was, om te roer, was hy altyd welkom en is hy deur die stalmanne getrakteer. Oates en Meares, wat in bevel van die stalle was, het albei in die Suid-Afrikaanse Driejarige Oorlog geveg en kon baie omtrent hulle ondervindinge gedurende die oorlog vertel. Oates was meer gewild by die seeliede as enige ander offisier. Hy het die manne volledig begryp en kon baie deur hulle gedaan kry. Dit was vir hom baie voordelig, want sy Russiese staljong was sy enigste permanente assistent. Hy het gewoonlik na werksure van vrywillige helpers gebruik gemaak om sy werk te doen. In die twee lesings wat hy oor "Die Sorg en Beheer van Perde” gegee het, het Oates getoon hoeveel tyd en aandag hy aan die diere wat aan sy sorg toevertrou was, asook aan die komende sleewerk met die ponies op die Groot Ysbank, gewy het.

Gedurende die tweede helfte van die winter het luit. Evans en Oates baie met mekaar te doen gehad. Terwyl Wilson se geselskap weg was, en ook daarna, is die ponies elke dag op die see-ys vir oefening uitgelei. Hiermee is volgehou totdat die weer lig genoeg vir Evans se landmeterswerk geword het. Oates het gewoonlik twee ponies gelei — Christopher, die laspos, en Jehu, die luiaard — terwyl die vabond van ’n Chinaman aan Evans se sorg toevertrou was. Wanneer die ponies mooi geloop het — en, behalwe in slegte weer was dit altyd die geval — het hulle mekaar van hulle oorlogsdiens en van hulle gemeenskaplike vriende vertel. Oates het die komende reis na die suide dikwels bespreek en sy ambisie was om die kruin van die Beardmore-gletser te bereik. Hy het nie verwag dat hy vir die suidelike geselskap gekies sou word nie. Die plan was dat die geselskap uit slegs vier man sou bestaan — twee van hulle moes ’n besondere kennis van die navigasiekuns hê, sodat hulle mekaar se waarnemings kon kontroleer — die derde moes ’n dokter wees en die verwagting was dat die vierde ’n matroos sou wees. Omdat hy hoegenaamd nie van sy eie goeie hoedanighede bewus was nie, was Oates oortuig dat hy geen kans sou staan om gekies te word nie.

Teen die lente was al die ponies gereed vir die afrigting vir die reis na die suide en hul regte leiers het die diere nou elke dag in hul tuie afgerig. Die oudste slee is gebruik en van nagemaakte vragte is verder gebruik gemaak. Die gewigte het na gelang van die ponie se kondisie en sterkte gewissel. So goed en so sorgvuldig het Oates die diere wat aan sy sorg toevertrou was, opgepas, dat slegs Jehu teen die tyd dat hulle na die suide moes vertrek, bedenkinge laat ontstaan het. Maar selfs Jehu het daarin geslaag om ’n redelike vrag oor ’n afstand van byna 280 myl te trek.

Hier volg die besonderhede oor die honde:

Afgesien van die sleehonde was daar  ook ’n teef met die naam Lassie. Sy is vir aanteeldoeleindes saamgebring, maar sy was ’n slegte dier wat haar kleintjies doodgemaak het. Sy kon dus ewewel in Nieu-Seeland, waar ons haar gekry het, gebly het.

Die honde het die winter baie goed deurgemaak en gedurende die sneeustorms het hulle hulself eenvoudig in ronde pelsballe opgerol en die sneeu maar oor hulle laat heendryf. Meares en Dimitri het die hondespanne baie goed opgepas en het hulle met behulp van sterk sneeuskuilings teen die heersende winde beskerm. Die swakkere of siek diere is altyd in die bygebou waar Birdie sy voorrade gehou het, geneem, of so nie na die hondehospitaaltjie wat deur Dimitri gemaak en deur Meares vervolmaak is.

Op die 22ste Augustus het die son teruggekom. Vanweë ongunstige weer kon die son nie gesien word sien nie, want op die 22e en 23e Augustus was daar ’n sneeustorm. Daar die son die vorige dag nie gesien kon word nie, het hulle  gehoop dat hulle die son op die middaguur van die 23e sou sien, maar ook dit was hulle nie beskore nie.

Hoe bly was hule tog nie toe hulle die son uiteindelik gesien het nie. Hulle het sjampanje gedrink om die son te eer. Party van hulle  het gedigte oor die son geskrywe en Birdie Bower se poging is in die South Polar Times gepubliseer. Die diere het daar halfmal van geword. Hulle het gehuppel, geskop en selfs van hul leiers af weggebreek. Die ou ponietjies het skynbaar maar te goed begryp dat die ergste deel van die winter verby was — arme ponies!

Dit lyk asof ’n mens nou nie juis veel gesê het deur te beweer dat die son teruggekeer het nie, maar die feit, wat vir diegene buite die Suidpoolsirkel van min belang is, het ’n onuitwisbare indruk op hulle gelaat — die toegesneeude hut wat deur die groot wit uitgestrektheid omring is, die ietwat verbaasde uitdrukking op die honde se gesigte, die gesnuif aan ’n mens se knieë en die stertgeswaai as ’n mens naderkom om hulle op die koppe te klop, die ruk van die ponies se ore en neusgate, en die ietwat onnutsige houding van die diere, die skop af en toe wat heel moontlik heeltemal speels bedoel was, en boweal die glimlag op die gesigte van die Russiese staljongens. Ja, hulle het almal geglimlag toe die son teruggekom het, en selfs die gesigseinder het hulle uit die noorde vriendelik toegeglimlag. Die Barne-gletser het sy genadelose harde grys aanblik verloor en sagter gekleurd daar uitgesien en die hange van Erebus is nou in alle moontlike skakerings van oranje, ligroos en pers gebaai. Aanvanklik was hierdie mooi kleure slegs van korte duur, maar weldra het die aangename tinte oor die môre en die namiddag uitgestrek. Hulle was nooit ledig in die hut nie, maar dit het gelyk asof die terugkeer van die son sowel die vingers as die harte opgebeur het.

Vervolg: Die Lentereis om Opslagplekke aan te lê...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 907 gaste aanlyn