NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoop is soos ‘n spier wat met oefening al hoe sterker word.  Gee dit gereeld oefening totdat dit ‘n gewoonte word en jy ‘n permanente, gelukkige gees ontwikkel.

SCOTT NA DIE SUIDPOOL (13)

Scott se Ekspedisie na  die  Suidpool 1910 – 1913

Lees reeks by Scott na die Suidpool

Die Reis na die Suide — die Motorsleë vertrek

Op 24 Oktober het die voorhoede van die suidelike geselskap wat uit Day, Lashly, Hooper en lt. Evans bestaan het, met twee motorsleë van Kaap Evans vertrek. Hulle het drie ton voorrade, poniekos en petrol op vyf 12 vt.-sleë vervoer en hulle eie tent, ens., op ’n kleiner slee. Hulle het so ’n swaar vrag voorrade vooruit gestuur omdat die ponies teen die gevare van die wisselende see-ys, wat op party plekke bulterig en op ander weer so glad was dat ’n mens nie daarop kon staan nie, wou gevrywaar word. Verder het hulle geweet dat dit oor die eerste dertig myl oor die Ysbank moeilik sou gaan en dat die ponies, tensy hulle ’n ligte vrag sou vervoer, daardeur onnodig uitgeput sou word. Hier was dit dus ook weer nodig om die motors vir die swaar sleepwerk te gebruik.

Toe hulle om 10.30 vm. deur ’n klompie van die kêrels vaarwel toegeroep is, was die weer mooi. Nadat die motors ’n paar keer vasgesteek en gesnork het, het hulle regtig op dreef gekom. Hulle het die kaap met vragte verlaat en die gladder see-ys bereik. Die ys het, namate verder gevorder was, steeds verbeter.

Uit elke motor het ’n lang as drie voet ver uitgesteek. Aan die voorste deel was die stuurtou vasgemaak. Dit het uit ’n stel menstuie met ’n lang string bestaan. Aan die agterkant van die as is die sleep-draagriem of die sjortou vasgemaak; watter van die twee  gebruik is, het daarvan afgehang of die sleë langs mekaar of agter mekaar gesleep was. Oor die bruikbaarheid van die motors is baie bedenkings uitgespreek, maar geen ag was op die gespot van die vriende wat afskeid kom neem het, geslaan nie. Hulle het geweet dat die manne hul bes sou doen om die motortog te laat slaag en hulle uiterlike gespot het maar net hul opregte verlange dat die manne daarin moet slaag om die vragte op die Ysbank te kry, bedek.

Aanvanklik is daar een myl per uur gevorder en het hulle op Skeermesrugeiland stilgehou. Hier het is die middagmaal genuttig en daarna het die twee motors en die drie ton voedsel en voorrade gestoot, getrek en so oor nog ’n myl aangesukkel. Die moeilikheid het nie ontstaan omdat die motors kapot geraak het nie, maar vanweë ’n gladde, blou ys-oppervlakte. Om 10 nm. is kamp opgeslaan en die slaap van die vermoeides geslaap. Op 25 Oktober het ’n harde wind gewaai en dit het die oggend gelyk asof die motors nie sou vat nie. Om 8 vm. is ontbyt genuttig en om 10.45 is met die motors begin werskaf, maar weldra is gevind dat die ys te glad vir die vervoer van die volle vrag is. Die sleë is skofsgewyse vervoer. Na tien uur se uitputtende werk is daar minder as drie myl gevorder. Dit het meesal daarop neergekom dat hulle self die slee moes trek terwyl hulle pluk, hys, hulle tot die uiterste inspan en swets. Dit was ’n toutrekkery en eintlik moes dit hulle moed gebreek het maar toe hulle so teen nege-uur kamp opgeslaan het, het hulle almal weer geglimlag.

Gedurende die dag het dit stil, mooiweer geword, maar die harde ys was besig om die rollers van albei motors te verniel.

Terwyl hulle gereed gemaak het om te gaan slaap, het Simpson en Gran die groep besoek. Hulle was na Hutpunt op pad. Simpson is vertel van die las  met die oppervlakte het en hy het belowe om kaptein Scott van Hutpunt af op te bel.

Die volgende dag is, na ietwat gesukkel, tog aangedruk. Gran en Simpson was vier myl van Hutpunt teëgekom. Hulle het nuus gehad:  ’n groot geselskap manne wat die slee sou trek, van Kaap Evans op pad is om hulp te verleen. Die weer was besonder gunstig en almal was erg deur die son verbrand. Om 2 nm. het kaptein Scott met sewe ander die manne ingehaal, maar die motors het toe goed getrek, en gevolglik het hulle, sonder om te wag, na Hutpunt aangedruk.

Intussen is die middagmaal genuttig en later is ’n swak stuk oppervlakte getref wat baie ergernis veroorsaak het. Hutpunt is om 8 nm. bereik en die nag in die hut aldaar deurgebring saam met Scott se geselskap en met Meares en Dimitri gekampeer.

Die motors se masjiene was bepaald geskik vir ’n gematigde klimaat, maar die stadige vordering was te wyte aan die feit dat die kettings op die harde ys gegly het. Scott was bekommerd, maar hy het genoem dat, indien daarin sou geslaag sou word om die vragte van die lengte tussen Wit Eiland en Ross-eiland te bring, hy doodtevrede sou wees.

Meares en Bowers het ’n heerlike robbebraad gaargemaak en is ’n gelukkige aand by Hutpunt deurgebring. Danksy Meares en Dimitri was die hut nou, die klimaat inaggenome, ’n puik woning. Die robbespekstoof was nou ’n ingemesselde oond met ’n ruim skoorsteen, en hulle was besig om warm plate, met genoegsame kookruimte vir die manne se  behoeftes, aan te bring.

Op 27 Oktober is die kosmakers om 6.30 wakker gemaak en om agtuur is ontbyt genuttig. Toe is met die motors tot regoor Kaap Armitage gereis. Lashly se motor het vertrek en omtrent drie myl sonder stilhou gevorder. Die ander se  vergasser het gedurig koud geword en moes dikwels stilhou. Teen ’n geringe helling is die Ysbank uitgery, en is  daar omtrent ’n driekwartmyl verder gegaan.

Hier is vir Lashly en Hooper gewag wat hulle om 2.30 nm. ingehaal het. Hulle het heelwat moeite met hul masjien gehad. Daar is  gemeen dat die masjien dalk te warm geword het. Toe Day se motor van die see-ys afgegly en op die Groot Ysbank beland, het Scott en sy geselskap hul luid toegejuig en Day het hulle toejuiging met ’n seunsagtige oorwinnaarsglimlag erken. Sodra Lashly op die Ysbank was, het Scott sy geselskap na Kaap Evans teruggeneem. Hulle sou teleurgestel gewees het as hulle geweet het dat die manne pas daarna ’n onheilspellende geratel gehoor het. Dit was die koper-suierstangkop van een van die dryfstange wat besig was om stukkend te maal. Dit was aan swak gietwerk te wyte.

Gelukkig het hulle ’n reserwestang gehad. Terwyl Day en Lashly dit aangesit het, is met die 10 vt.-slee na Veiligheidskamp gegaan. Hier was voorrade volgens opdragte opgegrawe en hulle, ten einde verdere vertragings met die oorlaai van die slee te vermy, na die kamp teruggeneem. Toe is tee gemaak om Day en Lashly daarmee op te warm. Hulle het flink gewerk en het die motor teen 11 nm. gereed gehad en daarna tot middernag aangedruk. Toe die kamp opgeslaan was, het die termometer —19.8° aangedui en gedurende die nag het die temperatuur tot —250 gedaal.

Die 28ste Oktober was lt. Evans se verjaardag. Al die manne het hom gelukgewens en hulle het die briewe van sy  vrou en van Forde en Keohane, wat die datum nog van die vorige jaar onthou het, gegee. Om elfuur was almal gereed om te vertrek. ’n Koue windjie het sterk gewaai. Dis toe ontdek dat die mans wat kom help trek het sy persoonlike tas afgelaai het. Hy het dus ski’s aangesit en na Hutpunt, ses myl agtertoe, teruggegaan. Daar is Meares gevind. Hy was verras maar het hom hartelik verwelkom en met sy verjaardag gelukgewens. Mears het hom vir ete genooi  maar moes taamlik vinnig eet. Omdat hy beter gevoel het,  het hy oor die rand van die see-ys na die rand van die Ysbank voortgesnel en vandaar op die Ysbank, waar hy die spoor van die motors gevind het, dit sewe myl ver gevolg. Terwyl hy geski-loop het, het hy oor die toekoms van die suidelike geselskap nagedink en gewonder hoe sake ’n jaar na vandag daar sou uitsien, Hulle gaan die onbekende tegemoet.

Indien die Nore so kon voortsnel, sou hulle daar nie in slaag om Koningin Alexandra se vlag eerste by die Suidpool in te plant nie. Om die waarheid te sê, terwyl hy op pad was om die motors in te haal, was Amundsen en sy Poolgeselskap reeds anderkant die 80ste breedtegraad, besig om suidwaarts aan te druk, terwyl die afstand tussen hulle en kaptein Scott, wat nog nie eens vertrek het nie, by die uur groter geword het. Ja, Amundsen was meer as 150 myl verder suid en die lopers van sy sleë het geblink oor die sneeu, die poeierige sneeudeeltjies in mooi klein wolkies eenkant toe gewerp, terwyl hy vinnig besig was om die motors met hulle swaar beproefde bedieners, Day, Lashly en Hooper, in te haal. Dit mag nou wreed klink, maar wat help dit tog om die waarheid te verswyg?

Nadat lt Evans nege myl afgelê het, het hy die motors laat in die middag ingehaal. Hulle het drie myl afgelê, terwyl hy vyftien afgelê het. Hulle  het maar met hulle vragte aangekruie en, so het dit hom voorgekom, elke paar minute stilgehou om die masjiene te laat afkoel. Om 11 nm. was hulle egter so warm dat vir die nag stilgehou was. Hy was taamlik uitgeput, maar darem nie so moeg dat hy nie die ete wat Hooper gaargemaak het en die baie lekkernye wat hy tevoorskyn gebring het, kon geniet nie. Hooper het vir Bowers van sy verjaardag vertel en allerlei lekkernye in die hande gekry. Dit het hulle geëet onderwyl hulle in die tente teenmekaar gebondel gesit het, want toe hulle, ver na middernag, gaan slaap het, was die temperatuur 20° benede zero.

Hulle kon die ellendige motors nie voor 10.45vm aan die gang kry nie. Selfs toe het dit slegs ’n paar snorke gegee en toe weer gaan staan. Daar kon dus geen merkbare vordering voor 11.30 vm. gemaak word nie. Heeldag was maar gesukkel en om 5 nm. was hulle verplig om kamp op te slaan, want Day se slee het ingegee. Hulle kon nie vroeër vir die middagete stilhou nie, want het ’n mens eenmaal stilgehou, het jy nooit geweet wanneer jy weer aan die gang sal kom nie.

Hier het hulle, teneinde die vrag op Day se slee ligter te maak, vier groot blikke petrol en twee dromme filtraat afgelaai. Om sesuur het hulle vertrek en weldra gevind dat die koper-suierstangkop van silinder nommer twee van hierdie slee ook gedaan was. Gevolglik is nog twee blikke petrol en ’n kis filtraatolie afgelaai. Daarna het hulle met ’n slakkegang aangekruie, totdat die suierstang om 9.15 nm. deur die silinder gebreek het. Hulle het besluit om hierdie slee daar te los en het ’n opslagplek van die reserweklere, die robbevleis, die Kersfeeskos, die ski’s wat aan Atkinson en Wright behoort het en die vier swaar kiste hondebeskuit aangelê. ’n Briefie is in ’n ooglopende posisie op die opslagplek, wat teen middernag voltooi is, gelaat. Hulle het dadelik gaan slaap.

Die wolke het straalsgewyse uit die suidooste opgesteek. Hulle het gevrees dat dit die voorloper van ’n sneeustorm was en die volgende dag het dit dan ook, net na ontbyt geëet is, oor hulle losgebars. Vir hulle was daar niks anders te doen as om maar weer in hulle slaapsakke te kruip nie en hier het hulle die dag deurgebring.

Op die 31ste was hulle pas na sesuur uit hulle slaapsakke. Die sneeu het nog geval, maar het tekens van opklaar begin toon. Na ontbyt is die sleë uitgegrawe en Lashly en Day het die sneeu uit die motor gehaal. Dit was ’n lang en onaangename werk. Die weer het teen omtrent 11 vm opgeklaar en teen die middaguur was hulle weer op pad. Dit het ’n mooiweersdag geword en hulle het die vragte 7 en 'n halwe myl verder vervoer en om 10.40 nm. kamp opgeslaan.

Dit was lang skofte en, alhoewel hy dit nie gesê het nie, moes Day bitter teleurgesteld oor die mislukking van die motors gewees het. Sy fout was dit nie. Dit was ’n kwessie van probeer-en-tref. Vandag weet almal veel rneer van lugverkoelde masjiene en ook van die aankruiende tenks, want Scott se motorsleë kan ewewel as die voorlopers van die oorlogstenk beskou word.

Op 1 November is ses myl gevorder en toe het die motor ingegee. Day en Lashly het urelank daarmee gespook en die volgende dag is met die ellendige ding tot by Hoekkamp aangesukkel en selfs die vragte tot daar gesleep.

By die aankoms by hierdie belangrike opslagplek is die honde se pemmikan afgelaai en drie sakke hawer verder geneem, maar nadat 11 myl met die motor gereis was, het die koper-suierstangkop van silinder nommer een ingegee. Die motor is toe daar gelaat en hulle het te voet aangesukkel, met ses weke se kos vir ’n eenheid van vier man. Die  werklike gewigte was 185 lb. per man. Hulle het die hele 740 lb. op die 10 vt.-slee gelaai gekry, maar met die wind van voor was dit ’n taamlike swaar vrag. Hulle het tot 8 nm. teen ’n snelheid van een myl per uur voortgegaan.

By die opslagplek by Hoekkamp is ’n briefie gelaat waarin Scott van die moeilikhede vertel is: hoe die masjiene te warm geword het, sodat stilgehou moes word, hoedat die vergasser, teen die tyd dat die masjiene redelik afgekoel het, nie wou werk nie en met ’n blaaslamp opgewarm moes word, hoe Day en Lashly gesukkel het om die motors te laat vat — kortom, hoe alvier met alle mag aan die sjortoue van die slee op sleetou gehang het om die spanning van die wegtrek te verlig, en hoe die masjiene ’n paar maal snork en dan gaan staan. Maar die belangrikste saak wat in hul guns was, moet hulle  nie vergeet nie: die motors het die noodsaaklikhede vir die reis na die suide 51 myl aangebring oor rowwe, glipperige en gekraakte ys en het die ponies die geleentheid gegee om tot by Hoekkamp met ligte vragte te reis. Dit was al wat Oates verlang het.

Dit was nou makliker werk om die vragte reguit suidwaarts aan te sleep as om die heel dag rond te sukkel en al hulle kragte op die motors te verspil. Selfs Day het erken dat sy verligting kop-aan-kop met sy teleurstelling geloop het. Sowel hy as Hooper was oor die ses voet lank en geeneen van hulle het ’n oortollige vetjie gehad nie. Lt. Evans en Lashly was stewiger en korter. Die  span is so ingedeel dat die twee langes voor getrek het, terwyl die twee swares agteros gespeel het. Soott beskrywe hulle sleereis hier as "Besonder goeie vordering”.

Hulle was baie trots op die motorgeselskap en was vasberade dat hulle nie deur die ponies ingehaal sou word nie, want dan sou hulle ’n las vir die hoofgroep geword het. Dit sou egter nie kon gebeur nie, want Scott het opsetlik stadig gereis, sodat die swakker diere ook kon byhou. Eintlik het hulle, wat hulle gemiddelde skofte betref, die trekdiere uitgestof, want ten spyte van hulle volle vrag het hulle daagliks tot 17 myl afgelê, totdat hulle seker was dat hulle nie ingehaal sou word voordat hulle nie die plek van samekoms op breedtegraad 80° 30' bereik het nie.

Reistoestande was gunstig. Die weer was mooi, die oppervlaktes goed en dit was nie te koud nie. Hulle  roetine word goed deur die volgende proefbladsy uit hierdie stadium van die reis weerspieel:

Hulle geselskap was baie gelukkig saam en onderwyl hulle besig was om die kos gaar te maak, het hulle almal gesing en gesels. Nadat hulle  van die motors ontslae geraak het, het niemand ooit moeg geword nie. By sekere plekke het hulle bakens aangelê om die terugkerende geselskappe ’n aanduiding te gee. Op 6 November het hulle ligte sneeu gehad en af en toe was die weer effe betrokke en mistig, maar oor die algemeen was die lig goed en hoewel dit ver op die Ysbank uit was, kon hulle die Victoria-land-bergreeks soms sien. Die reeks het daar baie mooi uitgesien maar het ’n mens vreeslik eensaam laat voel.

Die voorgebergte het duideliker as die ander gewys, want dit was baie nader aan hulle, en die groen tent daar so alleen het bejammerenswaardig klein en ondoeltreffend daar op die Ysbank gelyk, met geen ander menslike wese naby nie — net die sleespoor en die opgehoopte sneeu op die val van die tent, ’n deurmekaar warreling van sastrugi (’n onvertaalbare Russiese woord wat dui op die riffels wat deur die wind in die bevrore sneeu gemaak word — Vert.) wat in geen besondere rigting lei nie, ’n glinsterende vonkeling hier, daar en oral as die son skyn, en die verafgeleë land wat soos ’n sfinks oor die westelike gesigseinder strek, met sy beskadude wit hellings en sy naakte dagsome van swart basalt. In die South Polar Times het Wilson ’n paar reëls geskrywe wat hy "Die Stilte van die Ysbank” genoem het — partymaal is die stilte deur die tierende sneeustorm onderbreek. Dit was die enigste onderbreking, behalwe die geluide wat deur die handjievol mense wat hierlangs gereis het, gemaak is. Dit was slegs gedurende Scott se eerste ekspedisie en Shackleton se Nimrod-ekspedisie dat die mens nog ooit so ver was.

Een-ton-kamp is op 9 November bereik en vier kiste beskuit en een paar ski’s geneem, waardeur hulle vragte op 205 lb. per persoon te staan gekom het. Selfs met hierdie addisionele gewig kon hulle nog 12 myl per dag aflê, maar hulle het altyd baie vroeg opgestaan. Dit is ’n sleereisgewoonte waaraan Evans sy lewe te danke het. As gevolg hiervan het hulle baie ure op die heen- en die terugreis bespaar.

Op Breedtegraad 80° het hulle ’n eienaardige verandering in die oppervlakte aangetref: Dit was so sag dat hulle van 8 tot 10 duim in die sneeu ingesink het. Dit het tot gevolg gehad dat hulle op die 13de November ’n baie moeilike reis ondervind het. Op daardie dag het hulle, met ’n gemiddelde gewig van 190 lb. per persoon, ’n afstand van 12 myl deur die los sneeu afgelê. Hulle was bekommerd oor hoe die ponies oor hierdie gedeelte sou vaar, want hulle sou volle vragte sleep. Op die 14de was die oppervlakte nie beter nie, maar hulle het 10 uur lank aangesukkel en 12 myl afgelê.

Afgesien van die moeilike oppervlakte, het hulle die weer aangenaam gevind. Dit was ’n stil, mooi blou lug. Op 15 November het hulle, nadat hulle ’n sneeubaken wat as wegwyser moes dien gebou het, suidwaarts tot by breedtegraad 80°31'40" S. lengtegraad 169° 23' O., voortgegaan en hier het hulle gekampeer om die aankoms van Scott met sy geselskap en die ponies af te wag. Evans het aan die hand gedoen dat hulle hier ’n enorme baken moes bou om die opslagplek by 80.5° aan te dui. Na die middagmaal het hulle hulself dus ondersoek en niks ergers as ’n geringe sonbrand en ’n geringe gewigsverlies by almal vasgestel nie.

Na ’n kort rustydjie het hulle met die bou van die baken begin.

Die 16de November het stil verbygegaan, sonder dat daar enige teken van die ponies was en op 17 November het hulle die heeldag in die kamp oorgebly en gewonder waarom die ponies hulle nog nie ingehaal het nie. Hulle het gedink dat hulle darem baie stadig reis. Net om besig te bly, het hulle ure aaneen aan die baken gewerk. Weldra was dit geweldig groot. Hulle het dit Hooper-berg, na hulle jongste lid, Day, vernoem. By Hooper-berg-kamp het Day hulle baie vermaak verskaf.

Day was maer en vrolik, met ’n baie aangename geaardheid. Hy het die ander graag vermaak.

Die nodige aantal ure is tydens die voormiddag aan die bou van die baken gewy. Daarna het die middagmaal gevolg, en daarna die lekker warm slaapsakke en Day se voorlesery. Dit was onvergeetlik en almal het sy gesig dopgehou wat altyd die uitdrukking van die karakter oor wie hy besig was om te lees, aangeneem het.

Destyds het hulle baie geslaap en ook gaan wandel. Die wandelinge het altyd oor ’n reguit lyn van die tent af gestrek en dan weer reguit terug na die tent. Hulle was sekerlik die eerste mense wat ooit ’n week se vakansie op daardie bevrore Sahara, die Groot Ysbank, deurgebring het.

Oor die wagtyd daar by Hooper-berg is min te sê. Hulle kon meer as hulle rantsoen geëet het, en ten einde brandstof te bespaar, het hulle dikwels bredie vir aandete gehad. Om dit te maak, is beskuit opgebreek en die pemmikan oor die primusstofie gesmelt, en dan die beskuit half uitgedroog in die vet pemmikan. Dit was ’n voedsame ete. Die temperatuur het gewissel van twintig grade benede zero tot ’n paar grade bo.

Op die 20ste November het hulle ongeduldig begin word want daardie dag het Evans in sy dagboek geskrywe:

"Weereens was daar geen teken van die ponies nie. Ons lug ons ontevredenheid en sien na die volgende maaltyd uit. Day lees weer uit die Pickwick Papers voor en dit hou ons besig. Ek het waarnemings vir foute in, en vir die snelhede van, die chronometer-horlosies gedoen, maar dergelike lesings is nie bevredigend wanneer die verblyf op ’n plek van so ’n kort duur is en wanneer die verandering in die sonhoogte so stadig plaasvind nie. Behalwe die waarnemings het ek werklik niks gedoen nie. Temperatuur om 8 nm. was 70. Wind wes-suidwes 3—4. Veerwolke wat uit die suid-weste uitspiraal. Minimum temperatuur —14°-”

Maar uiteindelik is hulle van hulle ledigheid verlos. Op 21 November, kort voor 5 vm., het Lashly gesê dat die ponies gekom het. Hulle het almal uitgespring en daar was Atkinson met die arme ou "Jehu”, Wright met "Chinaman” en Keohane en ou vriend "James Pigg”.

Die ponieleiers het daar moeg en ook maar oes uitgesien met hulle lang hare wat vol van die los rendierhare van die slaapsakke was wat ook aan hulle baarde en truie gekleef het. Nadat hulle oor en weer gegroet het, was hulle bly om te verneem dat dit goed met mens en dier gegaan het. Die vertragings was aan sneeustorms te wyte en ook omdat hulle versigtig gereis het, sodat die swakker diere kon byhou. Day het skertsend opgemerk: "Ons het nog niks van Amundsen gewaar nie” — terwyl die dappere Noor op daardie datum op breedtegraad 85° 30' S. en byna elfduisend voet bokant die hoogte van die Ysbank was. Dit is maar goed dat hulle dit toé nie geweet het nie.

Hulle het maar voortgesels en mekaar van die wedervaringe vertel. Toe het hulle die koker aan die gang gekry om die ontbyt gereed te kry en om die koms van kaptein Scott en die sewe sterker ponies af te wag. Scott het aangekom voordat ontbyt gereed was. Weer is daar gegroet en die motorgeselskap was baie bly. Scott het sy tevredenheid oor hulle aandeel in die reis gelug, haastig verdere opdragte gegee en toe is hy verder en hulle sou 32 myl verder by hul kamp aansluit. Hulle het gevolglik ’n eenheid voorrade by die baken afgelaai, ’n bamboesstok met ’n groot swart vlag daarop ingeplant, twee kiste beskuit van Een-ton-kamp daar gelaat asook drie blikke paraffien en toe vertrek.

Hulle het die hoofkamp om 10 vm. bereik, tent opgeslaan, ’n samespreking met kaptein Scott gehad, ’n paar beskuite gebedel, en toe het hulle die middagmaal gaargemaak en in hulle slaapsakke gekruip en tot 6 nm. gewag, wanneer hulle hul baanbrekersreis na die suide sou begin.

Scott het die volgende ponieleiers by hom gehad:

Wilson, Oates, Bowers, Cherry-Garrard, Edgar Evans, en Crean, behalwe nog die reedsgenoemde drie met die "poniesukkelaars”.

Meares en Dimitri het met die hondespanne gereis en almal was gesond en opgeruimd. Hulle leier het die motorgeselskap, of liewer die manspan, soos hulle nou genoem is, gelas om elke dag 15 myl aan te druk en om op sekere voorafbepaalde afstande bakens te bou, opmetings en navigasielesings te doen en om ’n kampplek te kies. Die ponies moes in die nag reis en bedags, as die son hoër en dit warmer was, moes hulle rus. Meares se honde sou die agterhoede uitmaak en hulle moes ’n paar uur ná die ponies vertrek, omdat hulle soveel vinniger gereis het.

Hulle het dus om 8.15 nm. vertrek, 7 myl en nog ’n entjie afgelê en toe geëet. Op ’n afstand van vier myl het hulle ’n "keil”-baken gebou, twee bakens by die plek waar geëet is,  een baken drie myl verder, en so voorts, volgens die plan. Atkinson se tent het hulle beskuit, kaas en robbelewer gegee en daardie dag het hulle dus rojaal geëet . Na die ete het hulle voortgegaan totdat hulle die volle voorgeskrewe afstand afgelê het.

Hulle het gemerk dat daar yskristalle was wat soos spykers gelyk het en dat ’n mens nie oor hulle kon voortgly nie. So het die oppervlakte tot 3 vm. gebly en toe het dit skielik beter gegaan.

Stewige poniemure is deur die ponieleiers by hul kampplekke gebou en al hierdie bakens het gedien om die terugweg baie duidelik aan te merk.

Vervolg: Op die Beardmore-Gletser en verder...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 922 gaste aanlyn