NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dis waar dat siekte maar min male moontlik 'n straf op jou sonde is – wat wel waar is, is dat God ernstig met jou praat deur siekte, deur die pyn wat aan jou liggaam knaag. Maak oop jou ore en jou hart en hoor wat Hy besig is om spesifiek vir joú te sê.

SCOTT NA DIE SUIDPOOL (16)

Scott se Ekspedisie na  die  Suidpool 1910 – 1913

Lees reeks by Scott na die Suidpool

Terugreis van die Laaste Hulpgeselskap

Teddy nog aan die woord:
Ten spyte van die ongunstige weerstoestande wat sake deurentyd vir hom bemoeilik het, het Scott reeds ’n groot geografiese reis afgelê, maar nogtans het hy nie na verwagting gevorder nie en alhoewel die bereiking van die Pool feitlik binne sy bereik was, moes hy nog die lang terugreis van 900 myl aflê. Dit was hoofsaaklik as gevolg hiervan dat kaptein Scott sy reisplan gewysig het en Bowers uit die laaste hulpgeselskap geneem het.

Ná die eerste dag van die terugreis het ek besef dat ’n skof van nege uur onvoldoende sou wees. Indien ons op die terugreis oor die kaal, sneeubedekte plato op volle voedselrantsoene wou bly, moes ons daagliks 17 myl aflê.

Alhoewel die eerste dag van die reis na die noorde ’n heldere mooiweersdag was, en die reisoppervlakte so goed was soos ’n mens maar kon begeer, was ons verplig om tot taamlik laat aan te druk indien ons die voorgeskrewe afstand wou aflê — want ’n kort skof op die eerste dag sou vir ons ’n moeilike toekoms voorspel het.

Teen my sin moes ek erken dat die afstaan van een van my manne te veel van ons geverg het, maar daar was geen verbykomkans nie en uiteindelik was ek verplig om die toestand aan Lashly en Crean te verduidelik. Hulle het my skitterend bygestaan en die onvermydelike blymoedig aanvaar. Gedurende ons hele terugreis het die drie van ons letterlik minute en sekondes by elke dag gevoeg ten einde ons reisskofte te verleng, want dit was nou ‘n stryd om die behoud van ons lewens. Die dun lug het ons swaarder laat asemhaal en telkens as die oppervlakte baie ongelyk raak en ons die skielike plukke aan die toue deur ons moeë liggame voel, het ons kortasem geword.

Dag na dag het ons noordwaarts oor die hoë Poolse platorand aangeswoeg. Noudat net ons drie alleen was, was die stilte vir ons aaklig, want afgesien van ons eie stemme en die gekraak van die sleelopers wanneer die oppervlakte swak was, was daar geen geluid hoegenaamd om ons aan die buitewêreld te herinner nie. Namate ons die een myl na die ander afgelê het, het ons gedagtes van die ekspedisie weggedwaal na ons mense tuis, en dan het die een gedagte op die ander gevolg, totdat die bevredigende uitwerking van die laaste maaltyd verdwyn het en die lewe in een geweldige verlange na kos verander het.

Drie dae nadat ons kaptein Scott verlaat het, het ons in ’n sneeustorm beland en was ons verplig om met ons reisskofte voort te gaan, alhoewel navigasiemoeilikhede dit vir ons onmoontlik gemaak het om iets meer te doen as om net bloot min of meer in ’n noordelike rigting aan te hou. Ons het ons dig in ons winddigte klere toegewikkel en ons uiterste gedoen om te verhoed dat die stoffyn sneeuvlokkies selfs deur die kleinste opening in ons klere deurdring. Die sneeustorm het ons verblind en ons van stryk gebring en ons verplig om ons gesigte gedurig weg te draai. Die bytende wind het ons wange soos die geprik van ’n duisend bevrore naalde gesny en gekerf.

Die eerste sneeustorm wat ons teëgekom het, het drie volle dae geduur en aan die einde van daardie tydperk was ons aansienlik ver uit koers uit.

Op die 7e Januarie het Lashly, Crean en ek, ten spyte van ’n temperatuur van 22° benede nul, ’n fris suide-wind en vallende sneeu, ’n afstand van 19 myl afgelê.

Op die 8e het ons weer hierdie afstand afgelê, alhoewel die weer so sleg was dat ons die spoor heeltemal byster geraak het. Die volgende dag, toe die sneeustorm op sy ergste was, het ons sestien myl gevorder. Toe die sneeustorm uiteindelik bedaar het, was die weer mistig, maar ons het die son tog af en toe gesien. Dit het ons in staat gestel om ons koers reg te stel en op 13 Januarie was my geselskap reg bo die Shackleton-ysval en het ons op die gelyker vlak van die Beardmore-gletser, honderde voet onder ons, neergekyk.

Ons kon die gletser op twee moontlike maniere bereik: Ons kon òf om die ysval reis, soos ons op die reis na die suide gedoen het en so drie volle dae verkwis, òf ons kon met lewensgevaar probeer om die slee oor die val te loods. Dit sou geweldige steil dalings wat in ’n ramp kon eindig, as gevolg hê. Ons het gou besluit en met ’n gevoel van onrus het ons die reis teen die groot ysval af aanvaar. Ons het ons ski’s op die slee gelaai, gespykerde ysspore aan ons finnesko’s geheg en die slee oor die doofhof van hobbels en ysskeure gestuur.

Die oppervlakte is deur die wind gladgestryk en gevolglik was dit te glad. Keer op keer het die slee teen ’n glibberige blou yshelling afgestorm en dan omgeslaan. Plek-plek was dit so steil dat ons al ons gesamentlike kragte moes inspan om te verhoed dat ons in een van die gapende afgronde langs ons afstort. Ons was genoodsaak om in ons tuie aan die slee vasgebind te bly, want anders het ons gedurig gevaar geloop om in een van die ysskeure te val waarvan ons die slee probeer weghou het. As gevolg hiervan is ons, tydens die geruk en gespring van daardie aaklige reis na benede, dikwels van ons voete geslinger en, terwyl ons dan daar in ons tuie vasgevang en gepootjie lê, het die slee oor ons gegly. Keer op keer het ons so geval. Ons het kneusplekke, snye en skaafplekke opgedoen, maar wat uithouvermoë en geduld betref, het ons met mekaar gewedywer. ’n Mens het kwalik ’n klag verneem en tog was die slagoffer byna naar van die pyn as die slee met ’n slag wat hom op sy tande laat byt om homself van ’n uitroep te weerhou, teen sy hakskene vasloop.

Ons het die hele agtermiddag na die gelyker oppervlakte van die groot gletser afgesukkel, maar die eintlike afdaling met die Shackletonse Ysval is binne ’n halfuur voltooi. In daardie kort tydjie het ons baie honderde voet gedaal.

Geeneen van ons sal daardie opwindende reis na benede ooit vergeet nie. Op een plek moes die slee teen ’n snelheid van 60 myl per uur afgestorm het. Ons het teen ’n steil blou yshelling afgegly. Dit was onmoontlik om te rem, want die slee het handuitgeruk. Een of twee van ons kon probeer het om die slee met sy voet te keer, maar indien ons dit op enige manier tot stilstand sou gebring het, sou dit ’n gebreekte been tot gevolg gehad het. Terwyl ons op ons mae op die slee lê, het ons so al wat ons kon vasgehou. Skielik was dit asof die slee in die lug spring. Ons het die ys verlaat en oor ’n gapende ysskeur gespring, amper nog voordat ons van die bestaan daarvan geweet het. Ek glo nie ons was langer as ’n sekonde in die lug nie, maar in daardie kortstondige oomblik het ek na Crean gekyk. Hy het sy wenkbroue opgelig, asof hy wou sê: "En nou?” Toe het ons op die ysrug oorkant hierdie skeur neergestort. Die slee het omgeval en om en om gerol en ons drie met hom saamgesleep totdat hy tot stilstand gekom het.

Ek weet nie hoe ons daar ooit in geslaag het om onbeseerd te ontkom nie. Nadat ons effe tot verhaal gekom het, het ons onsself en die slee ondersoek. Gedurende die vaart na benede het een van my ski-stokke aan ’n stuk ys vasgeraak en is dit van die slee afgeskeur. Die stok het oor die groot, blou-swart afgrond waaroor ons "gevlieg”  het, afgestort en ek het yskoud geword toe ek daaraan dink dat dit met ons ook kon gebeur het. Nadat ek van my angs herstel het, het ek ’n bietjie rondgekyk en toe het ek besef dat ons feitlik weer op die Beardmore is en dat ons gevaarlike avontuur ons drie volle dae se reis te voet en ook drie dae se voedsel bespaar het. Ons het dus ons tentjie opgeslaan, behoorlik geëet en, hoogs in ons skik met ons vordering, het ons tot 8 nm. voortgereis. Daardie nag het ons in ons slaapsakke soos drie gekneusde pere gevoel, maar omdat ons destyds taamlik gebrei was, het ons kneusplekke en snye ons hoegenaamd nie uit die slaap gehou nie en het ons heerlik en tevrede geslaap.

Op 14 Januarie het ons om 5.45 vm. opgestaan (eintlik wat dit 4.45 want, omdat ek my maats nie onrustig wou maak nie, het ek met my horlosie na die eerste dagskof van die terugreis gepeuter; elke môre voordat ons opgestaan het, het ek my horlosie se wysers ’n uur aangeskuiwe, en as ek dan later die kans kry, het ek die wysters weer teruggestel; ons het gevolglik van 10 tot 12 uur elke dag gereis). Ons het ons slee ses uur lank aangesleep, totdat ons die boonste gletseropslagplek onder die Darwinberg bereik het. Hier het ons, volgens afspraak, voorrade opgelaai. Nadat ons die goed uitgesoek en die opslagplek oorgepak het, het ons die middagete genuttig en toe met die gletser langs voortgereis. Om 7.30 nm. het ons regoor Buckley-eiland gekampeer. Dit was taamlik naby die land. Daardie nag het die temperatuur tot bokant nul gestyg.

Die volgende dag het ons om 8 vm., met ons ysspore aan ons voete, vertrek. Ons het langs verskeie steil yshange afgedaal. Dit was blou ys wat soos glas gelyk het. Lashly het voor getrek en ek en Crean het die slee teegehou. Ons moes heelwat stampe verduur en af en toe het die slee omgeslaan. Nogtans het ons byna 22 myl afgelê. Op 16 Januarie het ons tussen 18 en 20 myl afgelê en ons was hoogs in ons skik met ons vordering. Ons het egter tussen drukkingsribbels en groot ysskeure gekampeer. Dit was veertien myl van die Wolkemaker of die opslagplek in die middel van die gletser. Ons het gehoop dat ons hierdie opslagplek die volgende dag sou bereik. Die 16e Januarie was ’n aangename dag wat vredig geëindig het. Ons het genoeg uitstekende sleerantsoene gehad en het verwag dat die volgende dag ewe aangenaam sou wees. Op hierdie dag was ons vol moed. Ons klere was droog, die weer was mooi en belowend, en bowendien het ons kamp opgeslaan met die tevrede gevoel dat ons reeds baie myle afgelê het. Ons het ons aankoms by die volgende opslagplek opgeruimd bespreek. Ons het gevoel dat daar geen rede vir onrus was nie, selfs al was die weer slegs redelik mooi met nie te veel sneeustorms nie. Die musikale gedreun van die primusstofie en die welkome geur van die braaiende pemmikan het ons eetlus geweldig verskerp. Terwyl ons drie daar rondom die koker op ons opgerolde slaapsakke gesit het, het die tevrede uitdrukking op ons vuilbruin bebaarde gesigte ons amper mooi laat lyk. Ons het wonderlike lugkastele gebou oor die lekkernye wat Lashly, wat ’n uitmuntende kok was, by ons terugkeer by die winterhoofkwartier vir ons sou voorberei. In ons gletsergrot by die hoofkwartier was nog van die Nieu- Seelandse bees- en skaapvleis opgeberg en iets waarna ek veral uitgesien het, was die niertjiepastei wat Lashly my daar belowe het.

Na die ete het ons ons slaapsakke oopgerol en heerlik in hulle gaan lê. Die onlangse mooiweer het ons ’n kans gegee om die pels behoorlik te laat droogword en om van die ongerieflike klammigheid in die sakke ontslae te raak wat veroorsaak is deur die bevriesing van die klammigheid uit ons liggame en wat die slaapsakke so uiters ongerieflik gemaak het. Die weer het daar baie gunstig uitgesien. Die lug was heeltemal wolkloos en teen tienuur was die son nog in die S.S.W. sigbaar. Toe ons gaan slaap kon ons die son deur die dun, groen seilwand van die tent sien. Dit was nog helder dag en die hitte wat as gevolg hiervan ontstaan het, het ons in staat gestel om lekker te slaap.

Ek het om vyfuur die oggend wakker geword en nadat ek my maats wakker gemaak het, was ons in ’n kits op. Weereens is die primusstofie en die kookapparaat in die tent gebring. Ons slaapskoeisel is uitgetrek en ons het ons reis-finnesko’s aangetrek. Aan die sagte pelsskoene is gespykerde ysspore geheg. Hulle moes ons ’n houvas op die plekke gee waar die ys blou en glibberig was. Teen 6 vm. is die groen tentjie afgeslaan, die slee was stewig gelaai, en die drie van ons het die dagskof begin. Alhoewel dit meer as nege jaar gelede gebeur het, onthou ek hierdie dag nog so goed dat ek nie eens nodig het om my sleedagboek daaroor te raadpleeg nie.

Die dag het teëspoedig begin, want ’n lae laagwolk het soos ’n tafeldoek oor die Beardmore uitgesprei en die gletser in mis gehul. Dit het ons baie by die bepaling van ons rigting gehinder, want ons het geen bakens gehad waarvolgens ons kon stuur nie. Ek het egter min of meer geweet in watter rigting ons moet afdaal en kon dus met behulp van 'n min of meer ontoereikende kompas na benede daal. Die stuurhulpmiddele kon ons egter nie op die stewige blou ys hou, waarlangs ons sou afgedaal het indien ons ’n volledige uitsig oor die gletser sou gehad het nie. Ons pad het nou oor ruwer ys gegaan as wat ons normaalweg sou gekies het, en die vooruitsigte was alles behalwe aangenaam. Die lug was vol van die talryke klein drywende yskristalle en die groot yshobbels het spookagtig uit die bevrore mis opgedoem. Ek het besef dat ons in die moeilikheid gaan beland, maar ek het gehoop dat die mis, namate die son styg, sou verdwyn. Ons het heelwat geval en tot my ontsteltenis het die oppervlakte slegter en slegter geword. Ons het egter nog steeds min of meer noordwaarts gehou en met ’n blote vasberadenheid het ons span iets reggekry wat vir ons, toe ons die eerste maal hierdie wit, swyende vasteland gesien het, onmoontlik sou gelyk het.

Dit sou nie gehelp het om terug te gaan nie en ons het nie geweet of die goeie baan regs of links van ons was nie. Namate nuwe en lastiger hindernisse opgedoem het, het my maats steeds dapperder probeer deurdruk. Die onsekere lig in die mistigheid het ons aldrie gehinder en ten einde te kan sien, moes ons ons skermbrille afhaal.

Ons het tot die middag voortgegaan. Tot my groot verligting het dit toe gelyk asof die mis gaan opklaar. Uiteindelik het die son, soos ’n sieklike, geel bal, deur die mis verskyn. Die son was met ’n stralekrans omring wat weer in die kleure van die reënboog in die klein, drywende yskristalle weerspieël was. Ek het na ’n geskikte kampplek begin soek, want ons was haas uitgeput en dit sou die moeite werd wees om te wag totdat die mis opgeklaar het. Ons sou geen tyd verspil nie, want gedurende die pouse sou ons ons middagmaal nuttig. Met die grootste moeite het ons eindelik ’n plek vir ons tent tussen die yshobbels gevind. Uiteindelik het ons ’n plek gevind wat min of meer sou deug en ietwat bedruk het ons drie vir ons ’n koker vol tee gemaak. In stilte het ons ons beskuit gekou. Ons was te moeg om te praat. Af en toe het ek na buite gegaan en dit wou vir my bepaald voorkom asof die lug helderder was. Die eienaardige vorms aan die ooste- en die westekant kon ’n

mens herken as die omringende berge wat nog deur so min mense gesien is. Geleidelik het hulle gedaante aangeneem en kon ek ons posisie min of meer vasstel. Ons het klaar geëet; Crean het gerook en toe het ons vertrek. Dit was die samesprekings wat ons met mekaar gehad het, asook hul heelhartige vriendskap wat dit vir my so aangenaam gemaak het om as die leier van daardie twee manne op te tree.

Die tee het ons verwarm, die maaltyd het ons beter laat voel en die rustydjie het ons verkwik. Ons het dus weer aangedruk, alhoewel ons onseker oor die pad verder was, en dit boonop onmoontlik was om terug te draai, want ons was te uitgeput om weer die vrag boontoe te sleep na ’n plek vanwaar ons opnuut sou kon begin, selfs al sou ons daarin slaag om die plek waar ons die vorige nag gekampeer het, weer te vind.

Urelank het ons aangedruk. Partymaal het ons ysskeure met die slee oorbrug, mits die slee natuurlik hiervoor lank genoeg was. Die somerson het die sneeu van hierdie deel van die gletser opgeruim en sodoende die groot, blou-swart krake in die ys ontbloot, en hulle het daar aaklig uitgesien. Indien ’n skeur te wyd was, het ons langs die wal aangesukkel totdat ons ’n ysbrug gevind het waaroor ons kon gaan. Namate die son se strale sterker geword het, kon ons ook beter sien en ek moet erken dat ons teleurgestel was toe ons ’n woesteny van drukkingsribbels en versteuringe voor ons sien uitstrek het. Ons was in die hartjie van die Groot Ysval wat halfpad langs die Beardmore-gletser is. Ons het maar aangesukkel. Indien ons nie in volmaakte liggaamlike toestand en behoorlik afgehard was nie, sou ons aldrie seker daar beswyk het. Ons moes die slee letterlik dra, en hy het byna vierhonderd pond geweeg.

Toe die namiddag al baie ver gevorder was, het ons nog steeds myl na myl oor die rigting waarlangs ons eintlik wou reis, aangesukkel, want ons wou om die skeure gaan. Dit het gelyk asof die skeure groter en groter word. Teen omtrent 8 nm. het ons op ’n lys tussen twee geweldige gapende afgronde gereis. Ons vind toe ’n verbindende brug wat skuins oor die afgrond strek. Ek het besef dat ons of om die skeur sou moes reis, of dat ons oor ’n aantal van hierdie gapende afgronde sou moes gaan ten einde die duine te bereik wat ons, uit ons ervaring op die ys, geweet het die einde van hierdie gebroke deel van die gletser sou aankondig. Tevergeefs het ek myself probeer wysmaak dat die ysduine nie meer so ver kon wees nie.

Om oor die verbindende brug waarna ek so pas verwys het, te gaan, sou op sy minste ’n gevaarlike manier van doen wees. Maar dit sou ons ’n myl of wat uitspaar en vanweë ons vermoeide toestand was dit iets om te oorweeg. Nadat ons ’n minuut of wat gerus het, het ons die slee op die ysbrug gesit en, soos Crean dit later beskrywe het, "Ons het oor die dwarsbalk van die H van die hel gegaan.” Dit was geen onpaslike naam nie, want Lashly, wat die voortou geneem het, kon dit nie waag om regop te loop nie. Hy het wydsbeen oor die brug gaan sit, terwyl ons die bergklimmerstou vir hom stadig laat skiet het. Hy het oorgeskuiwe, te bang om in die inkblou afgrond daaronder af te kyk. Sy oë was op die oorkantse ysmuur gerig en hy het gehoop dat die tou lank genoeg sou wees, sodat hy dit kan bereik en daarteen opklim, want hy sou dit nooit kon gewaag het om terug te kom nie. Die tou was lank genoeg en hy het daar uiteindelik in geslaag om die kruin van die rug voor hom te bereik. Hy het omgekyk en verskrik na my en Crean gekyk. Ek dink ons het almal die spanning gevoel, maar ons het dadelik die oortog aangedurf. Ons het as volg te werk gegaan: Die slee het op die smal brug gerus. Die vorm van die brug was sodanig dat slegs een loper aan elke kant op die rand van die brug kon rus. Die helling wat van ons af weggestrek het, het soos ’n omgekeerde "V” gelyk . Terwyl Lashly versigtig op die oorkantse wal gesit het en versigtig en nie te hard aan die tou getrek het, het ek en Crean, met die gesigte na mekaar, aan die kante van die slee vasgehou en die hele affêre se ewewig probeer bewaar. Dit was een van die mees opwindende oomblikke van ons lewe. Terwyl ek geskree het: "Een, twee, drie — stoot!” het ons die slee voetjie-vir-voetjie oorgestoot. Telkens as ons op my teken gereageer het, het ons nader aan die yshang aan die anderkant gekom. Die ewewig is natuurlik deur my en Crean bewaar en ons moes uiters versigtig oordeel. Afgesien van die teken om te stoot, het geeneen van ons gepraat nie. Ons het mekaar slegs vas in die oë gekyk, en ook kon ons dit nie waag om af te kyk nie. ’n Enkele verkeerde beweging kon ons almal, saam met die slee, in die blou-swart ontsaglike afgrond daaronder laat afstort het. Dit was ’n baie werklike gevaar, maar ons uiteindelike veiligheid het van hierdie oortog afgehang. Soos ook tydens ander oomblikke van gevaar, het die gespanne stilte van daardie oomblik ’n onuitwisbare indruk op die geheue gelaat. Klein, belaglike besonderhede het ons aandag getrek. Ek het bevoorbeeld die spoortjies in my maat regoor my se vuil gesig opgemerk, want Crean het sy wangbaard en sy baard onlangs afgeknip. My blik was ook vasgenael op ’n sny, of liewer oop bars wat in een van sy lippe deur die son en wind veroorsaak is. Duisende vinnige gedagtes het mekaar verdring. Dit het ons gevind toe ons later oor die ding gesels het. Eindelik was ons so naby aan Lashly dat hy die slee kon aanraak. Hy het na onder gereik, want op die plek waar die brug met die hang waarop hy gesit het, verbind was, was die brug effe ingeduik.

Terugreis: vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 999 gaste aanlyn